Eienaar van gewilde lodge vas ná vrou se dood

Elrina van Tonder. Foto: Via Facebook

Die bekende eienaar van ʼn gewilde lodge net buite Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo is in hegtenis geneem in verband met die dood van sy vrou meer as drie jaar gelede.

Konst. Monatse Mamabolo, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê Herman van Tonder (50), wat die eienaar van Mbizi Lodge & Spa buite Bela-Bela is, is Maandag in verband met die moord op sy destydse vrou, Elrina (42), in hegtenis geneem.

“Die polisie het vroeg in 6 November 2014 omstreeks 10:10 gereageer op ʼn saak van ʼn vrou wat by Mbizi-lodge gesterf het. Sy is na ʼn hospitaal geneem waar sy dood verklaar is,” het Mamabolo gesê.

Volgens Mamabolo was daar geen sigbare wonde, buiten ʼn merk aan haar gesig nie. Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin.

Die plaaslike gemeenskapskoerant, Die Pos, het destyds berig daar is aanvanklik gedink Elrina is onverwags weens inwendige bloeding van ʼn bloeiende maagseer dood. Elrina se roudiens is op 11 November 2014 gehou. Van Tonder wou glo nie destyds met die koerant oor sy vrou se dood praat nie.

Mamabolo het gesê die polisie het intussen die geregtelike doodsondersoek afgehandel en die volledige dossier na die direkteur van openbare vervolging (DOV) gestuur vir beslissing.

“Die DOV het opdrag gegee dat die verdagte, die oorledene se man, vervolg moet word.”

Herman van Tonder. Foto: Via Facebook.

Mashudu Malavi-Dzhangi, woordvoerder van die provinsiale nasionale vervolgingsgesag, het Woensdag aan Maroela Media bevestig Van Tonder het op dieselfde dag van sy inhegtenisneming in die Bela-Bela-landdroshof verskyn waar hy op R15 000 borgtog vrygelaat is. Hy moet elke Maandag by die Bela-Bela-polisie aanmeld, hy moes dadelik sy paspoort inhandig en mag nie kontak met enige van die staatsgetuies maak nie.

Van Tonder staan tereg op aanklagte van moord, versekeringsbedrog van R7 miljoen en diefstal. Hy moet weer op 2 Maart in die hof verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.

Mamabolo het gesê die oorsaak van Elrina se dood en die moontlike motief vir die beweerde moord, sal tydens die verloop van die hofverrigtinge aan die lig kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

CvH ·

Is hy skudig? Jy oordeel maklik? Wag eers dat Hof die bevinding maak…

Jaybs ·

Alida… jy oordeel baie vinnig vir iemand wat ni I clue het oor wat die feite en die mites is ni… dis mos nie reg om dadelik te oordeel nie… dis oneties van jou

Megan ·

Lekker ???? werklik…. en wie dink jy is jy om hom te oordeel ? nie jy of die koerant bepaal of hy skuldig is nie. hoop jy sal darem mans genoeg wees om jammer te se as hy onskuldig bevind word – want glo my hy gaan.

Gesiggie ·

Genade tog… so n saak kan darem lank vat”’ as daar geen tekens van beserings was behalwe vir n merk aan haar gesig… wonder n mens? op hoe n manier het hy haar vermoor? hoe kan n mens aanvanklik dink? as daar n doodsondersoek gedoen is.. daar moes n oorsaak vir haar dood gewees het- Nie dalk agv inwendige bloeding , meskien het hy haar vergiftig… of wat anders. Ek glo haar Familie wag ook vir n antwoord om aan te gaan met hul lewe… sterkte vir jul

Boerseun ·

Ja nee die beskuldigde kon self al van ouderdom gesterf het so lank vat hulle

Petro ·

Gierigheid is die duiwel se kussing en te veel of te min geld het al grotes laat val

PJC ·

Ek hoop as hy die skuldige is kry hy lewenslank. Dit is tragies dat hierdie vrou in die fleur van haar lewe so moes sterf.

Christo venter ·

Dit is so hartseer.. herman en elrina het so maand voor haar dood hier by my bokmelk kaasplaas geeet toe hulle oppad was na n bekend wildsplaas in die vaalwater omgewing.ek Sal haar glimlag nooit vergeet nie.ons het altyd lekker gesels. En hulle het so gelukkig gelyk.

Oumie ·

Wat ‘n lieflike mens… Mag die Een wat alles weet baie spoedig die volle waarheid aan die lig bring.

Wouter ·

Hoekom word sy naam genoem maar die res moet eers pleit voordat hulle name genoem mag word. MM julle is baie partydig.

Sune van Heerden ·

Dagsê Wouter

Soos die berig aandui, het die verdagte reeds in die hof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R15 000.
Sy naam is dus reeds publiek beskikbaar gemaak in die hofdokumente en mag dus in mediaverklarings genoem word. Al wanneer ‘n naam nie so vroeg in die hofverrigtinge bekend gemaak word nie, is as daar aanklagte van ‘n seksuele aard is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Lena ·

Mense is met die verkeerde waardes grootgemaak, dat geld alles is. Is dit Langenhoven wat gesê het wie ookal in die huis van die leuen skuil sal gou agterkom daar is nie ‘n agterdeur nie.

jaco ·

Soos gewoonlik is die SAPD te swak opgelei en te onbekwaam om die regte moordenaar te vang. Dis ook nie polities korrek om die ware moordenaar van ‘n wit vrou te soek nie. Dis immers 1 wit uitbuiter minder in SA. So wat word gedoen: blameer haar man. Daars TALLE soortgelyke voorbeelde.

Mariska ·

Ek kan nie eensins dink dat Herman so iets sou doen nie , hy was en ek glo is steeds lief vir sy oorlede vrou , die ma van sy 2 pragtige kinders . Herman is n man wat altyd reg staan om ander te help , die beste vir sy gesin en kinders te gee , n persoon wat hard gewerk het vir alles wat hy vandag het . Herman sterkte , aan jou Karlien en die kinders .. vasbyt dit gan moeilik wees maar weet ons Hemelse Vader sal julle nie los nie .

Marie Senekal ·

Miskien moet ons eers wag en sien. Hou maar by die reël van onskuldig tot skuldig bewys is. Ja dinge raak rof, mens kan niemand meer vertrou nie.

Derick de Meillon ·

Why must innocent people suffer to provide land to those who will lazily sit and watch it wither and die !

lvh ·

2014? – 2018???? Goeie genugtig! Neem aan die hofsaak is dan binne n week of wat afgehandel?

Bella ·

Siestog. Sy het nie besef sy teken haar eie doodsvonnis met daardie polis nie. Mag Vader die wraak neem. Sy was pragtig.

Pippy ·

Ag asb!!! Polisie kry na 4 jaar ewe skielik ‘n gier in hulle alies om iemand tot boek te bring – En arresteer sommer haar man!!! Merk aan haar gesig!!! As julle so seker was sou julle dit net na die moord gedoen het. Pateties!!!

Alta ·

Waar n rokie trek… Die polisie sal nie hom aankla as daar nie bewyse is nie.

JEW ·

Hy is nie so onskuldig soos sommige mense beweer. Stem saam met Alta. Waar ‘n rokie trek is daar wel ‘n groot vuur. Die waarheid moet uit sodat familie en vriende berusting kan vind.

Aggenee ·

Weet iemand dalk wat haar nooiensvan is. Sy lyk soos iemand saam met wie ek op skool was

Tana ·

ek stem saam met jou Mariska. dis ontmootlik om te glo dat Herman so iets sou doen. Hoekom nou na soveel jaar, skielik n moordsaak?? Die storie klink net te fishey to be true.

Tana ·

sjoe maar julle kan vinnig oordeel. die met die groot judgements, ken julle vir herman? of is dit net lekker om sommer op n nuwe nuus storie te reageer, en julle eie snert op te maak. Sies vir al die veroordelaars. Sensasie-soekende sad individuals

Kamper ·

Ek kan nie dink dat hy so iets sou doen nie, hy is die sout van die aarde. Wat my wel tickle van die berig is die “staatsgetuies” vir wie hy nie mag kontak nie.

fm ·

Mag geregtigheid geskied vir die oorledene en wie ookal die skuldige(s) is gestraf word. Sy was nog bitter jonk en het nog ‘n lewe voor haar gehad. Mens lees die vreeslikste nuus deesdae wat grotendeels onmenslik is. Mense is mos nie veronderstel om sulke wrede en nare goed aan ander mense te doen nie!!

Megan ·

Julle wat so vinnig is om vir Herman te kritiseer – ek wonder hoe sou julle gevoel het om in sy skoene te staan, Julle ken hom nie eers nie maar het die meeste te se…. wie dink julle is julle om te oordeel? watse reg het julle ???? julle het GEEN!! Ek hoop julle gaan darem mans genoeg wees om jammer te se die dag wat julle almal verkeerd bewys word.

baie sterkte vir die Van Tonder familie.

HD ·

…wie sê ons ken hom nie?! Dalk ken jy hom nie so goed as jy dink nie…miskien weet ons meer as wat jy weet…wag maar en sien!!!

elsie ·

Baie sterkte aan Elrina se familie en spesiaal aan haar kinders. Sy het dit definitief nie verdien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.