Eienaar van hondeherberg aangekla van dieremishandeling

Een van die diere wat glo erg verwaarloos is by’n hondeherberg in Bloemfontein. (Foto: Facebook)

Tien honde is dié week uit ʼn hondeherberg in Bloemfontein verwyder nadat die dierebeskermingsvereniging (DBV) op die erg verwaarloosde diere afgekom het.

Van dié honde was so verwaarloos en uitgeteer dat hulle uitgesit moes word. Die eienaar van die herberg word nou aangekla van dieremishandeling.

“Die DBV het gereageer op ʼn anonieme wenk dat honde in baie slegte toestande by ʼn hondeherberg aangehou word,” sê die organisasie in ʼn plasing op hul Facebook-blad.

“Met ons aankoms op die perseel het ons gesien dat die hokke vuil en vol ontlasting was, die honde het nie water gehad nie en dit was baie koud en donker in die gebou waar hulle aangehou is,” sê inspekteur Duán Matthee van die Bloemfonteinse DBV.

“Ons het op ʼn Napolitaanse mastiff afgekom wat op die vloer gelê het en gesien dat hy skaars op sy agterbene kan staan. Die eienaar het aan ons gesê die hond is baie aggressief en dat nie een van die werkers naby hom kan kom nie,” sê Matthee. Die DBV het ʼn waarskuwing aan die eienaar uitgereik en gesê van die diere benodig dringend mediese aandag en dat sy die hokke moet skoonmaak. “Toe ons het die volgende weer by die huis opdaag, was daar geen verbetering in hul omstandighede nie en ons het begin om van die diere te verwyder. Ons moes die mastiff na die voertuig dra aangesien hy skaars ʼn meter ver kon loop,” sê Matthee.

Volgens die eienaar betaal ander mense haar om na die honde om te sien, maar die DBV sê dit is duidelik dat die honde nie eers behoorlik gevoer word nie. “Van die honde het pasta opgegooi. ʼn Veearts kon bevestig dat een van die honde kanker gehad het en die ander een ʼn mantelvliesbreuk. Hierdie diere het ontsettend gely,” sê Matthee.

Vier van die honde, insluitend die mastiff, moes uitgesit word omdat hul mediese toestand onbehandelbaar was. Die DBV het ook hoenders en ‘n paar duiwe van die erf verwyder.

Die DBV het lede van die publiek aangemoedig om wanneer hulle ʼn hondeherberg vir hul diere kies, seker te maak die plek voldoen aan die basiese standaarde en dat hul diere behoorlik versorg sal word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Misky ·

Wat gaan in Bloemfontein aan rakende diere? Dis nou die hoeveelste keer wat dieremishandeling daar plaasvind!!!! Sies man en dis skandelik, my hart is so seer as ek sulke dinge hoor en sien

Toffie ·

@ DBV. Hoekom sien dinge is haglik, die persoon waarsku en eers ‘n paar weke later weer gaan kyk…..liewe hemel mense dit kan mos nie so werk nie! Hoe moes die arme diere nie gely het in die paar weke nie en dit was juis so koud?

Snowball ·

Ek stem saam Helena, hoe los jy diere in sulke haglike toestande vir nog etlike weke. Jy kan mos sien die wil en vermoë om na die diere om te sien ontbreek. Mense betaal HAAR, om na hulle diere om te sien. Ek sal myself moeilik kan inhou as ek van aangesig tot aangesig moes kom met so ‘n een.

Magda ·

Sluit toe – Maroela wat het geword van daai vrou van die ANC wat haar diere ook so mishandel het ? Hoor NOU net mooi niks meer van daai saak nie.

Pierreli ·

Ons sal ook nie hoor nie. Hulle sal net sê dis nie hul skuld nie.

Sandra ·

En ek huil oor ‘n hamster wat moet uitgesit word! Ek kan nie verstaan hoe mense onskuldige diere so kan mishandel en dink hulle gaan wegkom nie. Bitter jammer vir die diere wat so moes ly.

Gemaskerde Sopbeen ·

Stem saam met ander. Sluit die Bloemkrimineel toe.

Genis ·

Ek dink mense bedoel aanvanklik goed, dan raak dinge uit beheer uit… Hierdie is n groot verantwoordelikhied, opoffering en mens kort finansies/borge ents… baie hartseer en wreed…

VannieBaai ·

Dit sou nou gehelp het om te weet watter kennels dit is????

Suzette ·

Hoekom word die naam van die herberg en eienaar nie bekend gemaak nie? Ek stem saam dat die plek toegemaak moet word. As die persoon se naam bekend is kan die publiek en bure seker maak dat sy nooit ooit weer enige diere in haar besit het nie. Dis ‘n uiterste skande!!

marius ·

Mense se ware kleure kom uit in die manier hoe hulle teen diere optree. Wat is die vordering met die hoogeplaaste dame wat in die parlement sit se saak ? Word die virus blameer of is dit onder die mat ingevee?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.