Eienaar van lodge dood gevind

Arno Niehaus. Foto: Facebook

Arno Niehaus (53), die eienaar van die Big Creek Guest Lodge naby Rustenburg in Noordwes, is Sondagoggend dood in sy woning by die lodge aangetref.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn man se liggaam is omstreeks 11:00 op die vloer van sy woning by die lodge in die Maanhaarrand-gebied gevind. Volgens Moleko was die man se liggaam halfnaak en was daar kneusplekke reg oor sy liggaam.

“Daar was ook sigbare merke aan sy nek en die polisie vermoed dat hy verwurg is. ʼn Nadoodse ondersoek sal egter die oorsaak van sy dood bevestig,” het Moleko gesê. Sy het gesê daar kan nie in dié stadium bevestig word of daar enigiets uit die woning gesteel is nie, aangesien die man alleen was toe hy oorval is.

ʼn Saak van moord word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê volgens sy kennis het Niehaus se minderjarige seun op sy liggaam afgekom. Müller het gesê AfriForum se trauma-eenheid sal berading aan Niehaus se kinders verskaf.

Die nuus oor Niehaus se dood het vinnig op sosialemediaplatforms versprei en boodskappe van skok en medelye is deur verskeie mense gedeel. Aprille De Carvalho het Sondag geskryf Niehaus was iemand wat net goed vir baie mense was. “Ek het geen woorde nie. Net ʼn diep pyn in my bors,” het sy geskryf.

Niehaus se moord is een van talle aanvalle wat die afgelope naweek landswyd plaasgevind het. Piet en Tilla van Zyl is dood nadat hulle Saterdagaand op hul plaas in die Roedtan-omgewing in Limpopo oorval is. Anton Smuts (62) van Kinross in Mpumalanga is ook Saterdag tydens ʼn plaasaanval vermoor.

Drie mense is Sondag op ʼn plaas in die Barberton-omgewing oorval en vasgebind. Daar word verneem die boer het slegs beserings opgedoen.

Nóg ʼn aanval het Maandagoggend op ʼn plaas in die Winterton-omgewing in KwaZulu-Natal plaasgevind. Maroela Media verneem dat een verdagte tydens die aanval doodgeskiet is, maar dit kon nog nie deur die polisie bevestig word nie. Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is steeds op die toneel en hy sal eers later meer inligting oor die voorval kan gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Santie ·

Baie jammer vir die familie en ander vriende vir die verlies, dit is so tragies……wat gaan van die wêreld tog word!!!!!

Hartseer ·

Eers is tussen 200 000 en 300 000 Suid-Afrikaner vrouens en kinders in konsentrasie kampe deur die Engelse vermoor (dis sonder die getal mans wat in dieselfde oorlog vermoor is hetsy op die slagveld of in konsentrasie kampe), nou word ons deur ons eie labndsgenote en onwettige inwoners van buurstate vermoor. In d huidige omstandighede is dit dan nog ook die geval van “byte the hand that feeds you”. Dit beteken ook dat daar nie ‘n nasie gaan oorbly om weer uit die stof op te staan en op te bou wat vernietig is deur moord en geweld nie. Maar ek is seker die enigste een wat met daardie logika-hoed op redeneer. Ek is baie beslis ten gunste vir dieselfde regte vir almal, maar dit sluit mos dan die reg om te lewe ook in. Maar dis weereens maar net my eie wyse van denke.

Theresa ·

Glo my, menige van ons voel soos jy. Dis egter nie maklik om te weet hoe om dit op te los nie. Doen mens iets, is dit verkeerd. Kyk maar wie word so vermoor. Kyk maar wat word gedoen as mens net selfverdedig. Kyk maar wie kom weg. Dit sal ‘n groot begin van die laaste strooi wees as elkeen wat wil, net optree. Ons is geleer om ordentlik en ordelik te wees. Dus in ‘n tweestryd?

Grassie ·

H – ek stem saam met jou. Daar is net een nulletjie te veel in elkeen van die twee getalle wat jy in die eerste reëltjie noem. Seker maar ‘n tikfoutjie.

Karma ·

@Grassie – so bietjie nuttelose inligting – 22 074 blanke kinders onder die ouderdom van 16 jaar, 4177 blanke vroue bo die ouderdom van 16 jaar en 1676 siek en/of bejaarde blanke mans bo die ouderdom van 16 jaar het in die 2de ABO in konsentrasiekampe regoor die land gesterf. Die getalle swart mense wat in soortgelyke kampe gesterf het, is net rofweg – of glad nie – opgeteken nie en word maar slegs geskat op ongeveer 21 000.

Die swartmense is in aparte kampe ‘gehuisves’ – sonder tente/behuising, rantsoene ens. Hulle moes o.m. vir die kampinwoners en Britte werk – sonder vergoeding. Sommige boervroue het hul huishulpe saam met hulle in die kampe geneem, dus is die moontlikheid dat nog meer swartmense as wat aangedui is, saam met hul ‘huismense’ in die blanke kampe kon omgekom het, veel groter.

Michael ·

President Trump het gesê “if you dont name the enemy you cannot solve the problem ” ons sal nooit die probleem kan aanspreek want in suid afrika is dit nie polities aanvaarbaar nie ….wat gaan ons daaromtrent doen ???

Stiaan ·

Skiet jy hulle word jy beskou as n rasis en gaan tronk toe daar bestaan mos nie meer n ding soos private property nie as jy onwettig op my perseel betree moet jy maar die gewolge dra daar van want jy sal beslus ni lig daarvan afkom nie al wat ek se is een aapie het die besigheid begin toe dink amal dit is reg ons doen dit maar intussen maak hulle dit vir hulle self moeilik want op die ou end van di dag gaan hulle honger ly en wonder nou wat nou so ja en moenie eens dink om polisie tebel nie die tyd wat hulle uitkom dan het die 3de wereld oorlog al begin

Lollie ·

Is daar absoluut niks wat aan hierdie sinnelose moorde gedoen kan word nie? Is daar geen instansie of party wat hulle daarop kan toespits om hierdie moorde meer openbaar te maak sodat almal kan weet wat aangaan en dat die regering verantwoordelikheid kan aanvaar nie? Magtig, aanvaar almal dit maar net?! Ons moet daarop aandring dat dit elke keer op tv geniem word met die nuus en dat dit verder ook in die media genoem kan word. Meeste mense weet nie wat aangaan in ons land nie! Ons word stilletjies uitgemoor en almal kyk anderpad!

E.F ·

Dis aaklig! Die lodge is op Maanhaarrand buite Magaliesburg. Sterkte aan familie en vriende.

Michael ·

Dit is baie hartseer maar dit is nou duidelik die plaasaanvallers is slimmer as die boere want hierdie oorlog wen hulle met meriete. Ek het gaan kyk vir die laaste 14 plaasaanvalle waar die mense doodgemaak is is een verdagte gewond in Muldersdrift so die statistieke lyk nie goed vir die plaas en kleinhoewe eienaars nie die rede hiervoor ????

Boer ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie,as jy nie bewus is van omstandighede op n plaas en wat als op n plaas gebeur nie,moet nie n uitlating maak van dat hul slimmer is as die boer nie.

Penellope Jones ·

Baie sterkte aan die kinders en familielede – mens weet nie meer hoe om mens uit te spreek oor hierdie grusaamheid wat aangaan en nie aangespreek word deur die regering nie.

Theresa ·

Innige simpatie aan familie en vriende. Komaan speurdiens en polisie – spoor die moordenaar(s) op en laat die gereg seëvier.

Vicky ·

Sterkte vir julle as gesin Joey en Izak en Nicole.
RIV Arno. Mag elke helsum sink wat hiermee iets te doen het. n man met n goeie hart gewees

**anoniem** ·

RIV en sterkte aan die familie en vriende!! Mag die skuldige(s) aan die pen ry !

Hennie ·

Dis die gevolg van “demokrasie” wat in die verkeerde hande geval het, dis hoe hulle demokrasie hanteer.

bloem ·

Elke dag lees ek Maroela Media en elke dag is die kommentaar presies dieselfde… Daar is duidelik geen oplossing nie. Ek kan net nie glo hoekom n mens moet dankbaar wees om lewendig wakker te word nie? Rondom my is nou al hoeveel keer ingebreek. (Vrydagnag weer vir die hoeveelste keer) Ek bly vrou alleen en my Jackies slaap by my op die bed. Al is die alarm geaktiveer en hul breek in, sal ek steeds moet 10 minute wag vir Bloemsec om by my te kom aangesien ek ook in n landelike omgewing woon juis vir die spasie vir myself en vir die diere. Moet ‘n mens regtig in n tou staan en jou beurt afwag om vermoor te word? Persoonlik glo ek dat niks ‘n verskil gaan maak nie en want die vererger. Nie eers Angus Buchan se kerkdiens wat oor ‘n miljoen mense getrek het na Bloemfontein, kon help nie. Die land is in chaos en buite beheer… Sterkte aan die slagoffers, wat kan n mens meer se?

Willem ·

Dankie, jy sê wat baie dink, Angus Buchan het amper ‘n miljoen mense op hol gehad, vir wat? Nou’t daai amper miljoen mense net ‘n gedagte van ‘n 100duim big screen met ‘n druis van “amen” en hoe moeilik dit was om na die diens van die plaas af te kom.

Jip, ek glo ons god het van ons vergeet, wag maar jou beurt af vir die “dief in die nag”

Liezl ·

Bloem, Dit is net genade dat jy nog hier met ons is. Hoekom moet jy Oom Angus se byeenkoms uitbring? Dit het gehelp, mense word na God gelei en dis wat God wil hê. Kyk na Hom vir veiligheid. Niemand verlaat die aarde anders as om dood te gaan nie. Ons almal stap hierdie pad. Sterkte vir jou ook. Mag ons Vader Sy hand oor jou hou en jou beskerm en jou gedagtes hernuwe. Ons is nie in afwagting van wie wanneer vermoor word nie, ons is in afwagting op Sy koms, dit gaan gouer gebeur as wat ons dink.

Amanda Labuschagne ·

Ek en my familie ken Arno en sy familie baie goed en het menige naweek as ons ontsnap uit die stad en in die omgewing was daar gaan kuier – ‘n fantastiese mens met ‘n hart van goud en altyd vriendelik en behulpsaam gewees – jou dood is so tragies Arno en ons harte gaan uit na jou familie in hierdie tyd – ons bid vir hulle kalmte en vrede toe. RIP ARNO

Sê maar net ·

Liezl, bitterals het dinge net kom vererger. Lees jou bybel – bitterals is ‘n vervloeking. Dié byeenkoms wou God voorskryf hoe die mense dut wil hê. In plaas dat daar Hom fevra word hoe Hy dit wil hê. Antwe id Bybel. O.a Deut 28

Liezl ·

Dankie, ‘sê maar net’ Alle antwoorde is in die Bybel, ons moet dit net gehoorsaam. Nuwe testament….Jesus het gekom om alles te vernuwe. Therefore if anyone is in Christ, he is a new creation. The old things have passed away. Behold, all things have become new.

dolla ·

?Please be aware:
Arno Niehaus, owner/manager of the Big Creek Lodge (RD18) on the R24 Maanhaarrand was found murdered this morning. Cellphone and personal belongings stolen. Apparently 2 black males with an unidentified vehicle enquired and asked for a room for the night at about 22h00. They were allowed onto the premises and it is suspected that they were responsible for this robbery and murder. SAPS still on the scene and investigating.
No further information is available.

Selfbeskikking ·

Ons moet ons eie land voor onderhanel, dis al hoe ons gaan oorleef. Nou!

Deon ·

Met die onsettende toename in moorde die afgelope tyd, wil jy nou regtig vir my se dat dit nie op groot skaal vooraf beplan is nie. Natuurlik is daar iemand wat toutjies trek wat al hierdie moorde se moordenaars bevonds om te doen waarmee hul tans besig is. Afriforum, Solidariteit, DA…dink dat iemand van jul maar n afspraak met Oom Donald Trump maak, hom gaan sien dat hy sy gewapende magte hier kom indruk….ons is in n oorlog en is die teiken, kan julle dit waariswragtig nie sien nie

Washington, DC ·

I traveled from the United States for the 2010 World Cup and stayed at Big Creek Lodge with Arno. I returned to South Africa several years ago with my wife on our Honeymoon and once again stayed with Arno. I always thought we would return again someday to stay once again with someone I’ve come to think of as a friend. This world needs more people like Arno in it. A genuine kind soul who welcomed us and made us feel like we were family from the moment we arrived. Thoughts and love from Washington, DC to Arno family and everyone else who knew him as a friend.

Elsa ·

‘n Man het oor die veiligheidsradio ‘n beroep gedoen en gese na die onlangse moorde, as jy ‘n wapen in die kluis het, verkoop dit, jou wapen hoort aan jou sy, teen die aanvalle wat net erg is en onverwags, wees paraat en op die uitkyk die moordenaars is een tree van jou af weg, elkeen wat moor sal die verantwoordelikheid dra want God is wakker oor Sy kinders…ons moes almal wapens ingee, vir wat? klink of wapens in verkeerde hande beland het

Nicola ·

Ek raak siek elke keer as ek die goed lees…… Hoeveel meer van die trauma kan ons mense in SA nog verduur?? Ek en my man is self slagoffers van n gewapende huisroof 3 weke gelede. Die Here het ons lewens gespaar, maar die emosionele trauma wat ek nou deurgaan is onbeskryflik. Dit het my hele lewe verander…!! Ek voel so magteloos en kwaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.