Eienaar van roofdierpark wond ‘renosterstroper’

(Foto: SAPD)

Sake van poging tot moord en renosterstropery word ondersoek na ’n voorval by ’n roofdierpark op Vierfontein in die Vrystaat.

Daar word beweer dat die eienaar van die roofdierpark en sy twee seuns Donderdag in die vroeë oggendure op vyf vermeende stropers naby die renosterboma afgekom het. ’n Heining naby die boma was geknip.

“Een van die stropers het glo ’n jaggeweer op die pa en seuns gerig. Die klaer het skote op die vermeende stropers afgevuur,” het brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, gesê.

’n 48-jarige verdagte is in die arm en been gewond en is na ’n hospitaal in Klerksdorp geneem vir behandeling. Hy is onder polisiebewaking. ’n Tweede verdagte (43) is in die omgewing van die toneel in hegtenis geneem. Die verdagtes sal binnekort in die Viljoenskroon-landdroshof verskyn.

Volgens Makhele is op ’n pistool, ’n magasyn met vyf patrone, ’n .375-jaggeweer en ’n byl beslag gelê. Die ander drie verdagtes is steeds soek.

’n Renoster is op 30 Julie in die roofdierpark doodgemaak en onthoring. “Die polisie soek steeds na die verdagtes wat by die voorval betrokke was,” het Makhele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Harley Davidson ·

Meneer jy moet meer oefen en akkuraat skiet dit wat jy gedoen het is onverskoonbaar.

Prikkie ·

Maar nou is die man se vuurwapen heel moontlik in die polisie se besit, so waarmee skiet hy nou?

SjN ·

Knap gedaan, Laat dit vir hul n les wees, hoekom hospitaal toe vat, laat hy lei soos die arme diere wat gestroop word.

Anoniem ·

Sake van poging tot moord, “glo dit is ovan toepassing op die stropers “, en renosterstropery word ondersoek na ’n voorval by ’n roofdierpark op Vierfontein in die Vrystaat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.