Eienaar van SanWild sterf tragies

Louise Joubert. Foto: Facebook.

Louise Joubert, die geliefde stigter en direkteur van die SanWild Wildlife Sanctuary in Limpopo, is Maandagmiddag in ʼn motorongeluk oorlede.

Sanwild het as ʼn toevlugsoord gedien vir diere wat beseer is, getraumatiseerd is, of sonder heenkome of wees gelaat is.

Volgens die Wild Heart Wildlife Foundation het die ongeluk op die R526 tussen Gravelotte en Mica gebeur. “Geen verdere inligting oor die voorval is in die stadium beskikbaar nie,” het die stigting in ʼn Facebook-plasing geskryf.

Lizel Kachelhoffer, Joubert se dogter, het Dinsdagoggend op Facebook geskryf haar hart is in ʼn miljoen skerwe gebreek. “Waar my hart was is ʼn leë pynlike gat. Die oproep wat ek elke dag gevrees het, het gister [Maandagmiddag] 17:30 gekom. Die oproep wat sê dat my ma in ʼn tragiese motorongeluk oorlede is.”

Kachelhoffer het gesê alles voel vir haar onwerklik en dat sy nog steeds elke minuut hoop om nog ʼn oproep van haar ma te ontvang oor nog ʼn ietermago wat sy gered het en “die vreugde in haar stem te hoor oor sy nog ʼn diere-siel gered het”.

“Hoe onregverdig voel hierdie wêreld vandag… neem my ma weg van my af, van al die diere af. Ten minste sal sy onthou word as ʼn ongelooflike diere-ambassadeur en ʼn ma wat altyd daar was vir my. Ek wens net ek kon gister [Maandag] daar gewees het vir jou. Rus in Vrede ma.”

Kachelhoffer het verder gesê sy sal haar bes probeer om SanWild aan die gang te hou.

Intussen het huldeblyke vir Joubert op sosiale media ingestroom. Pet Healthcare het op Facebook gesê hulle hoop Joubert rus in vrede.

SA People berig Joubert het in 2016 geveg om Big Boy, ʼn “pragtige witrenosterbul” te red. Hy sou glo deur trofeejagters geskiet word. Volgens die berig is Big Boy Saterdagaand deur stropers doodgeskiet.

Louise Joubert. Foto: Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

RUS ·

LEES IN DIE BEELD, daar is details van die ongeluk, toe sy in die afleweringsvoertuig vasgery en op slag oorlede is, ook van die karkas van die Renoster wat sy gestreel het Big Boy ens. Vreemd dat julle nie meer detail het nie. .. RUS IN VREDE dit is ‘n groot verlies vir die MENSE EN DIERE!

Ronel ·

So jammer, dis dubbel tragies as dit ‘n ambasadeur van diere was, rus in vrede, sterkte vir die familie en vriende.

miekie ·

Ek weet mense mag nie vra hoekom nie. Die vrou het ‘n hart van goud gehad en ‘n passie vir diere. Ek kan nie eens myself indink na wat sy vir die Renoster gedoen het dat wreedarts hom net van kant maak nie. Liezl weet net ek dink aan jou en jou geliefde moeder en mag daar vir haar ‘n klomp diere vriende wag. My innige simpatie aan jou en jou geliefdes

Johan. H. ·

Vernoem asb n straat of brug, provinsie na haar,, Sy het dit deur en deur verdien ..

Ben Prinsloo ·

Dankie nig vir al jou toegewydheid aan Die Skepper se skeppings deur al die jare. Nie net ons nie maar hulle het dit ook opreg waardeer dat jy vir so n lang tydperk van jou lewe daaraan gewy het om die wereld n beter plek vir hulle te maak en n beter tuiste aan hulle te bied. Hulle sowel as Jakkals jou man en al die wat agterbly sal jou mis. Rus in vrede. Hottie.

Wolf ·

Rus, ek se amen op jou skrywe. Wat n groot verlies vir die famielie en die land is haar afsterwe nie. Dankie Louise vir als wat jy vir die ontwil van die diere gedoen het, Ons waardeer en saluut jou.

Jaco ·

Baie hartseer, jy het omgegee vir weerlose diere, dankie vir dit wat jy vir die samelewing en dier beteken het. Rus in vrede pragtige siel.

Erich Taljaard ·

Sy het wonderlike werk gedoen vir diere. Aangename mens en altyd tyd gehad vir besoekers. Rus en vrede vir jou en sterkte aan jou familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.