Eienaars van gewilde reservaat aangeval

(Foto: Dube Private Game Lodge/Facebook)

Die eienaars van die Dube-wildreservaat in Brits, Noordwes, is Dinsdagaand by hul huis aangeval en beroof.

Volgens kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, het Gert (67) en Celia Scheepers (64) Dinsdag omstreeks 20:00 buite die huis op die veranda gesit toe hulle deur twee mans met klapmusse oorrompel is. Die huis is op die reservaat geleë.

Die twee mans het die egpaar erg aangerand, met Gert wat ernstige kopbeserings opgedoen het.

“Die verdagtes het onder meer ’n televisiestel en twee selfone gebuit en daarna te voet gevlug,” sê Tselanyane.

Volgens Leandré Spies, woordvoerder van Hartbeespoort Emergency Medical Services (HEMS), was Gert met paramedici se aankoms op die toneel in ʼn ernstige toestand. Celia het slegs sagteweefselbeserings opgedoen.

“Die egpaar is per ambulans na die Brits Mediclinic vervoer. Gert is Woensdagoggend na die Midstream Mediclinic oorgeplaas,” bevestig Spies.

Die reservaat het aan Maroela Media gesê dat hulle nie in hierdie stadium kommentaar gaan lewer nie.

Tselanyane vra dat enigiemand met meer inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, lt.kol. Charmaine Jenner van die Brits-speurtak by 079 257 3857 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

TruthDealer ·

Lyk my mens sal maar moet begin om jou hele huis toe te bou, soos n hamster hok, as jy in hierdie land iets so normaal wil doen soos saans op jou stoep sit. Pateties!!

Danie ·

Dis nie meer n kwessie van net roof en ons gaan.Die gemors skuim moet ook martel en vermink elke mens in die misdadige land moet begin kyk na hulself.Die polisie en regstelsel is nie meer daar vir ons mense hulle kry lekker as ons slagoffers is.

Meerkat ·

CCTV CAMERA DAAR MOET MOS GENOEG WEES MET SO GROOT PLEK.
STERKTE

Andries ·

die area om te dek is weliswaar hopeloos te groot vir kameras.

Chris dupreez ·

Daar is kameras en heinings en sekuriteit. Dit maak mens skrikkerig as jy dink ons ouer mense kamp daar meestal vanaf Sondag tot Vrydag oggend.

Vonny ·

Dis sò hartseer om diè te lees.
Waar was die gaste of
Kampers?

Klink vir my soos n’ inside story”!!!

Bid vir beterskap. Sterkte!

Andries ·

Hul woon nie naby die kampplek nie maar ‘n paar honderd meter weg.

Emma ·

Ek het ook vir hulle gesê die inside story maar geen reaksie na ons deur roof is by hulle

Adri ·

Jy is nêrens in Suid-Afrika meer veilig nie. Nêrens! Behalwe in Kleinfontein en Orania waar ons self vir ons veiligheid sorg.

Johan ·

Erg hartseer, dit ruk n mens tot stilstand wanneer so onbesonne daad gepleeg word en dit in n reservaat (ons wil rus en hulle vat).

Vrede & vreugde

Joseph ·

‘n Mens en veral bejaardes kan nie meer na donker buite sit nie. Die lafaards teiken bejaardes. Dit is die gemors waarmee ons sit, te danke aan die regering. Die diewe en moordenaars het vrye teuls en ons moet agter slot en grendel sit.

hpven ·

Gert en Celia, ons hoop, bid en vertrou julle herstel ten volle om weer op die veranda te ontspan! Die keer met ‘n gelaaide vuurwapen langs julle, letterlik byderhand. Ook binnehuis 24/7 vuurwapen altyd byderhand, dit is ongelukkig dat ons so moet lewe maar ons het geen ander keuse nie….

Pietersillie ·

Ons het vir hulle potensiële oplossing gegee om die veiligheid te verskerp.
Hulle eie sekuriteit het eers 40min nadat ons hulle ( wat ook amper n uur was) daar aan gekom. Vriende van SAPD garsfontein het ongeveer dieselfde tyd daar aangekom.
Tot vandag toe was daar net gese jammer en hulle sal die sekureteit op skerp.

Ek is regtig jammer om te hoor van hulle aanval. Niemand het nodig om daardeur te gaan nie.
Dis jammer dat Dube nou eers na die eienaars se en dalk die sekuriteit eers op skerp. Dit is altyd mos erger as dit met jouself gebeur. Want dan kan ons meer moeite doen.
Jammer Gert vir julle slegte ondervinding.
Dit was my skoonma se 75ste verjaarsdag naweek waarop sy aangerand was.
Een van my skoonsusies was swanger en erg getraumatiseerd. Die 9 jarige tweeling wat moes sien en hoor hoe hulle ma en ouma deur die aanranding moet gaan. Ek wat op geskied was. My vrou en my tweeling wat dalk so amper sonder n pa gesit het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.