Eiendom beskadig: ‘Dis boewery’ sê minister

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het gesê studente, wat universiteitseiendom beskadig, is skuldig aan boewery.

Nzimande het Vrydag, tydens die Moses Mabhida-lesing in Pietermaritzburg, ʼn beroep op studente se ouers gedoen om hul kinders in toom te hou.

“Ek het by die Pietermaritzburg-kampus [van die Universiteit van KwaZulu-Natal] studeer en as oudstudent pynig dit my om te sien vandalistiese dade word gepleeg in die naam van studentebetogings, terwyl ons net pure boewery sien.”

Nzimande het gesê hoewel hy die betogings verwelkom, laat die vandalisme vrae ontstaan oor wat ʼn eerbare doel is. Volgens Nzimande moet diegene, wat verantwoordelik is vir die beskadiging van eiendom, voor stok gekry word.

Elf studente het Vrydag vlugtig in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn, nadat hulle Donderdag in hegtenis geneem is tydens onluste op die kampus. “Dit is onder my aandag gebring studente moet nog sewe dae in polisie aanhouding bly en hopelik sal dit hulle laat bykom. Dit maak nie sin om te staak terwyl die eksamen om die draai is nie.”

Nzimande het ʼn beroep op ander studente gedoen om op te staan teen individue wat nie belangstel in hul toekoms nie. “Waar is die werkers en waar is die ouers wanneer hul kinders so optree?”

Hy het versoek die kommissie van ondersoek na hoër onderwys moet tyd gegun word om hul werk af te handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Stephen ·

ek wonder hoeveel is wel ingeskrewe studente . Skors skuldiges lewenslank van enige universiteit

Boela ·

Nee, meneer die minister, dit is terrorisme – presies dieselfde as wat jy en jou meelopers tydens die vorige bedeling gepleeg het.

Dup du Plessis ·

…..het dit al vroer genoem, skep aanlyn kursusse vir studente wat nie gelde aan universiteite wil betaal nie. Dit kan teen minimale kostes gedoen word. Dan is daar geen geboue wat afgebrand/gebreek kan word nie. Daar is dan ook geen probleme t.o.v. verblyf, etes ens. nie. Rekenaar programme kan die aanbiedings doen ( dalk nog met die moontlikheid van verskillende taalkeuses en sommer ‘n kleurkeuse vir die geanimeerde aanbieder om “ras” ook uit die aanbieding te haal). Eksamens en toetse sal dalk net op bepaalde punte gedoen moet word om eerbaarheid en verdienste te bevestig……. Dis die enigste manier vir die moontlikheid van gratis of goedkoop na-skoolse onderrig……..om egter van ander mense te verwag om iemand anders se studiegelde te betaal is nie ‘n opsie nie.

Ander Koos ·

Goeie voorstel Dup, dan sal SA ook sommer goedkoop en vinnige internet kry wat almal sal baat

Veritas ·

Jy is ‘n mooi een om te praat ou Lem. Julle het die gepeupel aangehits tot geweld om die land onregeerbaar te maak en noudat die skoen aan die ander voet sit, is dit kwansuis nie meer reg nie. Julle is direk aandadig aan die boewery en onopgevoede manier waarop almal deesdae hul mening wil lug. Indien ‘Blade’ ‘n bynaam is, kan ek maar net dink waar dit vandaan kom. Nee-wat ou perd, die spreekwoord is waar: ‘Die wat lewe deur die swaard sal ook sterwe deur die swaard’.

PMB ·

Ek stem saam met jou Blade dit is boewery maar dit is deur julle begin voor die verkiesings om stemme te wen. Julle is die eintlik skuldiges! Verder stem ek saam sluit die boewe toe sonder enige borg. Die boewe is waar hulle hoort.

Piet Piper ·

Ja, Blade, julle maai nou wat julle gesaai het deur die jare………….onkruid, vieslike onkruid.

Andre ·

Om te dink dat hierdie afbrekende, geweldadige, respeklose kriminele is die volgende generasie se dokters, advokate, regters, ingeneers ens.
Ek laat my ook noe vertel dat hierdie massas almal universiteits toelating gekry het nie. Dis vrek hartseer om ons land so te sien brand en ek kan nie help om te wonder waar ons kinders eendag gaan studeer nie.

Lance ·

Ag ou blade dit kom nou van al die lee beloftes wat julle so maak …julle het hierdie situasie op julle self neer gebring …maar dalk sien jy nou klein bq lig met die uitspraak van jou …vat net BAIE lank !

jaco ·

Nzimande is ‘n absolute useless kommunis. In klassieke kommunistiese lande soos Oos-Duitsland en die Sowjet-Unie, was universiteitsopleiding gratis en nogal ook van ‘n hoë standaard. Waarvoor het die ANC dan in die struggle-jare hulp by hierdie lande gekry, as hulle dit wat hulle daar geleer het nie nou kan toepas nie?

Sarie ·

Daar was nie regstellende aksie nie Die slimste kamerade was die professors. Hier is dit ‘n ander balspeletjie. Ons moet eers die kleurboksie invul voor ons aan standaard kan dink. Het jy al gesien hoe min swartes is in Rusland Wonder waarom hulle nie daarnatoe immigreer nie.

Wim Kotze ·

Ja Jaco, maar toegang tot die Vrye Universiteit van Moskou, meer bekend as Patrice Lumumba, was beperk tot swartes en ander van 3de wereld lande met betroubare jong kommuniste om ‘n ogie te hou. Toe Yeltsin die uitgifte gestaak het, het swart gesigte in Moskou verdwyn. Dit is nou nog net Zuma wat daar rondhang om korrupte kontrakte met ewe korrupte sakelui te beding.

Sarie ·

Het ook daaraan gedink. Dit kos ‘n groot hoef om ‘n kleintjie raak te sien.

Ek stem ook vir aanlynkursusse dit kan help. Om skep lokale by openbare biblioteke vir leersentrums Dieselfde prinsiep wat Akademia gebruik. Dis baie goedkoper en sal studente lok wat wil leer.

Ongelukkig word die beurse gebruik om hulle uitgebreide families te onderhou. Dis eintlik waar oor die kwaad gaan.

Jakobus ·

Julle het nou al, al die departemente in die staatsdiens getransformeer, meeste blankes is in die proses dmv regstellende aksie uitgewerk, so ook in die plaaslike regerings en private sektor. Ook is rassekwotas in die private sektor jare gelede ingestel, die % en doelwitte is van tyd tot tyd hersien. Dit het ‘n klomp jaar gevat en dit het verseker dat die swart mense op gereelde besis en deurlopend in die ekonomie opgeneem word, ook die jong mense. Dit was nie afgevolg van ekonomiese groei en werkskepping nie. Dit het die mense tevrede gehou.

Nou, vir die afgelope paar jaar is daardie paadjie wat gevolg is nie meer daar, waardeur die mense indiens geneem en ‘kunsmatig’ werk kry, nie. Van die een was dus tot op daardie stadium weggevat en vir die ander gegee. Ook met die lae standaard vir die slaag van matriek wat die minister van onderwys, ons noem dit ‘uitkomsgerigte onderwys’, en die toemaak van die technikons, daargestel het, het daar hordes, by die massas meer mense in die land wat matriek voltooi het sonder werk begin sit.

Nou is hulle vir werk slegs van die groei in die land afhanklik. En daar is nie groei nie. Dus is dit nie verbasend en jy het nie ‘n Einstein nodig gehad om te kon voorspel wat ons vandag in die jeug sien met hul onverdraagsaamheid en woede nie.

Wim Kotze ·

Hoe nou? Is The Honorable Minista se enigste akademiese prestasie by die Universiteit van Natal dan nie dat hy meegedoen het aan die afbrand van die biblioteek nie?

abba ·

Niks gaan gedoen word nie. Net nog lee beloftes soos die rektore. Geen respek vir hulle nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.