Eiendomsagent vas vir bedrog met HOP-huis

Helga Kruger. (Foto: Polisie)

Helga Kruger bly voorlopig agter tralies nadat sy Vrydag in Middelburg se handelsmisdaadhof verskyn het op aanklag van bedrog.

Kruger (51), ʼn eiendomsagent, is vroeër deur die Valke in hegtenis geneem vir haar beweerde betrokkenheid by bedrog met HOP-huise op Middelburg.

Fotoboy (Fofo) Makua (55) en Annica van Staden (56) is vroeër in verband met dieselfde saak in hegtenis geneem en sal saam met Kruger aangekla word van bedrog ter waarde van R100 000.

“Daar word beweer dat Kruger op 24 Junie 2014 HOP-huise in die Tokologo-afdeling op Middelburg namens Housing First Property CC bemark het. Laasgenoemde word in die koopaanbod as die eienaar van die eiendom aangedui en die huis was in Van Staden se naam geregistreer,” verduidelik kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke.

“Kruger het glo die huis aan die klaer vir R100 000 verkoop en die koper versoek om die geld in die rekening van Foto Security Services in te betaal. Die regmatige eienaar van die huis (Housing First Property) het Kruger egter nooit ʼn mandaat of toestemming gegee om die huis te verkoop nie.”

Die saak is tot 26 Oktober uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Harley Davidson ·

Die Zimbabwear wat vir my buurman werk het ‘n hop huis waarin hy en sy gesin woon so die koop en verkoop van hop huise blyk ook ‘n alledaagse ding te wees in die piesang republiek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.