Eiendomsagent vermoor: ‘Sy was so wonderlik’

André en Hanle Lategan. Foto: Facebook

André en Hanle Lategan. Foto: Facebook

Die polisie is steeds besig om al die stukke van die legkaart in mekaar te pas in die ondersoek na die opspraakwekkende moord op Hanle Lategan (52), die eiendomsagent wie se liggaam Dinsdag in ʼn veld langs ʼn waterstroom in Randfontein gekry is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn soektog is van stapel gestuur nadat Lategan, wat Maandagaand 18:00 ʼn kliënt sou neem om na ʼn huis in Rant-en-Dal in Krugersdorp te gaan kyk, in hierdie tyd verdwyn het. Skoolkinders het omstreeks 06:45 Dinsdagoggend op ʼn liggaam in ʼn veld in Randfontein afgekom en die polisie is ontbied. Die liggaam is later as Lategan geïdentifiseer.

André Lategan, Hanle se man, het Woensdag aan Maroela Media gesê sy vrou het Maandag omstreeks 17:20 glo met kliënte klaargemaak voordat sy na ʼn private hospitaal in Krugersdorp gery het, vermoedelik om haar volgende kliënte daar te ontmoet.

“Ek het haar die Maandagmiddag so 16:00 gesien, toe sy my iPad by my kom haal het. Ek was besig om krieket af te rig en was besig met die kinders. Toe sy in haar kar klim, het ek vir haar gesê, ‘Ok meisie, mooi bly.’ En dit was die laaste keer wat ek haar gesien het,” het hy gesê.

Volgens André wys beeldmateriaal van die hospitaal se sekuriteitskameras hoe Hanle op ʼn geel sperstreep stilhou en ʼn rukkie daar wag voordat ʼn veiligheidswag na haar toe stap en haar vra om in die parkeerarea oorkant die straat te parkeer. In die parkeerarea kom ʼn vrou na haar toe gestap en Hanle stap oënskynlik gewilliglik saam met die vrou weg. “Hulle stap weg uit die sig van die kameras uit en mens kan nie verder sien wat gebeur nie,” het André gesê.

Hy het gesê kort daarna het iemand probeer om met Hanle se bankkaart geld te trek, maar omdat die persoon probeer het om meer as die daaglikse limiet te trek, is die transaksie geweier.

Gert Jonker, voorsitter van die Krugersdorp GPF, het aan Maroela Media gesê GPF-lede het later Maandagaand Hanle se motor by die hospitaal opgespoor. ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur tot 02:00 die volgende oggend, het hy gesê.

“Omtrent 09:00 Dinsdagoggend het die GPF my jongste seun gekontak en gesê ʼn lyk is in Randfontein gekry en hulle is amper seker dit is sy. My skoonseun het haar gaan uitken,” het André gesê. Sy is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan.

Die egpaar het twee seuns, onderskeidelik 32 en 28 jaar oud, ʼn 30-jarige dogter en twee kleinkinders. “Hanle was die wonderlikste mens. Daar was niks wat sy nie kon doen nie. Sy was so wonderlik…” het ʼn emosionele André gesê.

Maroela Media het die polisie genader om oor die vordering van die ondersoek te verneem en wag op hul kommentaar.

Lees alle vorige berigte oor Hanle Lategan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Charlotte ·

Aggeneeeee!! Dis so hartseer!! Lyk asof die wittes daar in daai omgewing uitgemoor word……my innige meegevoel met haar familie…mag God jul vertroosting bied en mag Hy gee dat die moordenaars van almal wat daar so vermoor word gevang word….

Esmarie Pretorius ·

Almal moet bid dat die skuldiges vinnig gevang moet word, sommer in die week nog!

Riana ·

Dit is baie seer mens weet nie hoekom doen mense sulke goed nie. Ek wil vir die familie se wees sterk God se hande is Groot en sal julle deur die tyd drae.
Hoop hulle word gevang. En nou moet die klein kinders sonder ouma groot word hoe verduidelik dit mens aan hulle. My hart gaan uit vir julle wees sterk dit is baie seer wat julle het en sy was so mooi vrou.
Here gaan met hierdie Familie in hierdie hartseer tyd gee hulle die krag en genade en hou hulle baie sterk.

Gesiggie ·

Dit is so hartseer, om die woorde van haar man te hoor… hoe sou hy weet dat dit sy laaste woorde aan haar sou wees… ag ek wens net jul kan die mense vang wat haar lewe van haar geneem het? iewers moet daar iets wees wat gebruik kan word op die kamera ? want die vrou wat haar ontmoet het , was dalk betrokke” want Hanle se motor is by die hospitaal gevind waar sy laas gesien is.. hierdie was n lokval en als was beplan… het die veiligheidswag niks opgemerk?… aan Hanle se Man , haar kinders en al haar vriende… God is in Beheer… hierdie mense sal boet omdat hul n prag mens soos Hanle van jul weggevat het… sterkte aan jul. Hoop om gou te hoor, dat die monsters gevang is…

herakles ·

liewe Andre en kinders ~ geen menslike simpatiseer kan ‘n traan keer, geen mense twee hande uitreik kan jou leer hoe om te beweeg van lewe na dood en nie verstaan why, hoekom, waarom? ~ slegs Vader kan julle troos en met geroeste-spyker-deurboorde-hande-voete sal Jesus julle dra ~ Heilige Gees vou julle toe in ‘n vredes kokon van sagte liefde en vee die trane van rou ~ baie sterkte ~

KP ·

Wittes word nie meer geskiet nie sommer dood geslaan in hierdie land.

So onnodig en so sad ·

Jy voel hoe die trane opwel, dit is net eenvoudig onglobaar. Baie sterkte en liefde vir julle gesin, lee woorde vir so grooot seer, maar ons wil he jul moet weet ons dink aan julle deur elke opbstickle deur, dit stop nie net by die groet nie, die onsmaaklike oplos en afhandel van die hofsaak le ook vir julle voor. Ek hoop regtig die gemors word gevang. Polisie, die vrou lok hulle en dan kry sy hulp waar hul weet nie kameras is nie. Ek weet dit is nie reg nie, maar alleen kliente sien is nou ook uit!

Vieslikste ·

Wat vir my die vieslikste nee verfoeilikste is, is dat jul mense se goedheid misbruik om jul bose planne uit te voer. Ek kan net dink hoe dit gelyk het, hierdie pragtige jong vrou, Moeder en Ouma, wat gevra word om ‘n huis te wys, maar ons het nie vervoer nie……. en sy wat dadelik sê geen probleem, kom ry saam met my, o laai net my partner ook op en dan gebeur so iets, werklik dit laat mens regtig baie lelike goed dink en ja nog ‘n deel van ons menswees word geraak, die deel van omgee en uitreik en denke, wese. Instede van mekaar help dink mens wat jy sou doen aan so stuk gemors.

Janneman ·

Ek wens Hanle se gesin, vriende en kollegas sterkte toe in hierdie moelike tyd. Mag julle troos vind in al die goeie herhinderinge en mag jul wonde mettertyd genees. n Normale mens se waarde stelsel vind dit moeilik om hierdie barbaarsheid te verwerk!
As ek mag wil ek graag hierdie platform gebruik om nog n tragedie te voorkom. Ek stel voor dat alle eiendomsagente(en soortgelyke bedrywe) nuwe kliente by hul kantoor ontmoet, hulle vra om n ID dokument en bewys van inkomste en adres, ens saam te bring. n Kansvatter of n “window shopper” gaan nie opdaag nie. Wil jy in elk geval iemand in jou kar laai en 20 huise wys as die persoon in elk geval nie kwalifiseer om te koop of te huur nie?

vermeende ·

Kyk, almal weet wat gedoen moet word en almal weet wat die prys is wat ons moet betaal maar niemand waag om dit te se nie, dit is mos rassisties en jy sal mense se gevoelins mos seer maak.
As jy aangeval, verkrag of vermoor word dan bloei jy alleen, niemand om jou hand vas tehou nie. Blanke Boer jy staan alleen, die hele wereld draai sy rug op jou. Jy kan net soveel myl uit diplomasie uit ry en niks meer nie.

http://mini.iol.co.za/tonight/news/local/hofmeyr-s-dutch-dis-courage-2028593

Lees bo hoe word Steve ontvang is en steeds gaan soek ons iemand om ons hand vas te hou.
Ek wens ek kon vir julle se dit sal nie weer gebeur nie maar dit gaan nog baie gebeur. Ons gaan almal nog bloei, een vir een tot Afrika gereinig is van die rassistiese blankes.

Elmarie Pretorius ·

Dit is vreeslik sy was welbekend en goeie agent BOLO is gegee vir die Opel Vorsa TGS883GP gegee wat saam haar gesien is .gemeenskap van Krugersdorp het hom opgenerk in Blommesteinstr besig om telefoon nommets van ander agente af te skryf. Ongelukkig weg gekom .nou wonder ek hoe kom h6 weg ? Glo my oral in al die gemeenskappe is op uitkyk .ons glo binnekort sal arrestasie gemaak word. Gemeenskappe staan saam.

Dis erg hier rond! ·

Dis welbekend dat Nigeriërs wit vrouens/meisie hier rond gebruik om motoriste te stop of vir hulp te vra en as jy dan doen, gryp hul jou kar of dalk vir jou. Dit het onlangs met ‘n man gebeur wat gery het en skielik het ‘n wit meisie voor hom in die pad gespring en toe hy stop storm ‘n paar Nigeriërs op hom af – maar hy was bewapen en kon homself uit die situasie kry. Ek spekuleer net, maar dink dis wat hier kon gebeur het. Die Nigeriese dwelmhandelaars en alles wat met dit gepaardgaan is ‘n GROOT probleem hier in Krugersdorp. Kan die polisie nie probeer om die vrou op die beeldmateriaal te eien nie? Sekerlik kan hulle alles in hul vermoë doen om dit so goed moontlik te analiseer en te kyk of hul enigsins herkenbare trekke van die vrou kan kry.

Gesiggie ·

Maroela Media, of enige leser’ wat is die doel van die moordenaars? wat probeer hul bereik deur Eiendomsagente te vermoor? waaroor gaan als…. ek verstaan nie regtig wat die motief agter als is… kan iemand my asb inlig… ek het nie al die inligting… net vanoggend gesprek van Jacaranda gehoor? hoe moet die eiendomsagente maak indien hul aan iemand n huis moet gaan wys ? omdat dit nou so gevaarlik is… Dankie…

Theuns ·

Gesiggie, die moordenaars teiken heelwaarskynlik die groep mense omdat dit vir hulle maklik is! Ek vermoed dit werk so! Die telefoon besonderhede word gekry vanaf borde( Ek het gister ‘n foto gesien van Hanlie se huis met ‘n groot bord voor in die straat met al haar besonderhede) en so maak hulle dan afsprake! Dit is die tipe beroepe waar mense mense ontmoet om oor assuransie of huiskoop te praat. Die teiken persoon word dan in ‘n lokval gelei en oorval. Besonderhede word dan uit die teiken persoon gedwing voordat hy of sy vermoor word. Jy kan seker wees die kriminele is altyd meer as een persoon. Hoop die inligting is van nut vir jou. Groete.

linda botha ·

Die media lei ons om die bos ! Dit is die media se plig om die beskuldiges se fotos vir ons te wys en e se dis fabian Luff en Christiaan Kruger en van waar hul kom. Fabian n oud Krugersdorper !!! In die ou dae het die media eerste alle fotos ens geplaas, die dae word die Media deur die Polisie vertel wat om te plaas en nie te plaas nie. Hoekom het ons dan n media. Jul moet soos skelm honde al die nuus gaan uitruik en plaas !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.