‘Eiendomsagente’ oorval bejaarde vrou 

Klasie van Rooyen. Foto: Verskaf

ʼn Bejaarde vrou is deur drie vroue en ʼn man in ʼn huis in Valhalla, Centurion, oorval nadat hulle hul as eiendomsagente voorgedoen het.

Die verdagtes het omstreeks 13:40 Vrydagmiddag die huis waar Klasie van Rooyen (86) en haar dogter woon, binnegegaan. Die huis is tans in die mark.

“Hulle het my ma geklap en gewurg en die teen grond gegooi. Hulle het haar toe vasgebind en ʼn bed bo-op haar omgekeer,” het De Wet Steyn gesê.

Volgens kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, het die verdagtes hierna met ʼn selfoon, juwele, klere en bottels wyn op die vlug geslaan.

“My ma het twee fone en sy hou een in elke sak. Hulle het die een foon gevat, maar sy kon haar loswikkel en het toe die ander foon uitgehaal en my suster wat by die werk was, gebel.”

Klasie van Rooyen. Foto: Verskaf

Van Rooyen is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling en is Saterdagmiddag ontslaan. “Een van haar vingers is gebreek soos wat die rowers haar ringe afgehaal het. Hulle het ook haar oorbelle en selfs haar bril gevat. Sy het baie pyn in haar hand en arm.”

Daar was ʼn paar weke terug ook ʼn voorval by die huis. ʼn Man het oor die muur gespring en toegang tot die huis verkry. Juwele en ʼn selfoon is tydens die voorval gesteel.

Volgens Steyn het een van die rowers tydens Vrydag se voorval ʼn foon op die toneel agtergelaat. “Ons hoop dit sal die polisie help om hulle te vang.”

ʼn Saak van huisroof word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Termiet ·

Lafaards!!!!!!!! 4 van hulle teen 1 weer lose Tannie! Spreek boekdele van hulle.

Prikkie ·

Oumense moet ‘n alarm wat aan ‘n gewapende reaksie gekoppel is hê. Dit is ‘n absolute noodsaaklikheid en ‘n paniek knoppie om die nek dra.

Laat niemand in nie. NIEMAND wat jy nie ken nie.

En hou daardie alarm aangeskakel. Ons skakel ons alarm aan veral as my wederhelfte alleen tuis is.

Anoniem ·

Ek stem. En MOET NIE jou 86 jarige ma alleen laat om die huis aan agente uit te wys nie. Op 86 kan baie oumense nie meer vinnig dink of optree nie.

Francois Le Cochon ·

Almal wat ek ken wat alarms het, skakel dit net aan wanneer hulle gaan slaap, of die huis verlaat. Daardie alarm moet 24/7 aangeskakel bly, veral die “perimeter” sone.

PieterP ·

Druk die paniek knoppie. Dan bel hulle eers. Helloooo we received a panic signal from you…. Treurig die spul by ons

Eerlik ·

n Saak van huis roof word ondersoek! Dis belaglik, wat van aanranding met die doel om ernstig te beseer of selfs poging tot moord?

Anel ·

En daar gaan niks van kom nie, 1 dis Wierdabrug SAPD, jammer om te sê, die swakste stasie in die land en 2. dit is nie our people wat beseer of geroof is nie.

Cherokee ·

Ek dink ‘huisroof’ sluit dit alles in. Ek dink die klag ‘huisroof’ is ernstiger as wat dit klink.

Johann ·

Dis hartseer En wys op die belangrikheid om jou huis op ‘n profesionele manier te verkoop Verkoop borde voor ‘n huis moet eerder vermy word Dit stel ‘n mens net bloot vir so iets En om dit privaat te verkoop bring ook groot risikos

Anoniem ·

Ons huis is verlede jaar in die mark gewees. Ons het vooraf besef dat omstandighede in Suid Afrika van so aard is dat ons nie oudergewoonte die huis kon oopstel vir die publiek nie. ALLES behalwe ons bed was eers uit die huis verwyder. Ieder en elke besoeker het nie langer as twee minute vertoef nie. Daar was ook skelms wat hulle as agente voorgedoen het. Hulle was nogal geskok om ‘n leë huis binne te gaan. Al wat ek kan sê is die blanke moet waaragtig nou begin wakker word.

annie ·

Ons eiendomsmakelaars bly vasskop op hoè kommissie wat eienaars in ‘n kopersmark laat hoop op ietsie meer uit op ‘n privaatverkoop. Daar is in die grendeltyd verskriklik baie huise ea op die mark. In Pretoria is daar bykans 20 000 woonplekke te koop. Waarheen wil die mense?

Mariana ·

Hoekom haar so seermaak om die paar goedjies te vat. Tweede voorval by dieselfde huis, is hulle dalk verbind met mekaar. Arme vrou. Die kriminele het vrye teuels in die land en dit is besig om toe te neem. Waar is die regering, besig met hul eie agendas. Die inwoners van SA is oorgelaat aan die kriminele. Daai klomp sal seker ook nooit gevind word nie. Dalk goeie idee om die tannie nie alleen te los nie.

Deon ·

Diere, hulle is soos diere,niks anders, geen respek vir die ander een se lewe, breek die vinger om die ring af te kry. 4 teen 1 weerlose OUMENS!!!! Ek hoop die polisie kan hulle vastrek met daai selfoon wat hulle daar gelos het.

Kalla ·

Grootste gemors, Tannie ek bid dat Tannie sommer gou herstel.

Peetjie ·

Huisroof? Wat van aanval met die doel om ernstig te beseer? Lae gemene uitvaagsels om n ou dame so seer te maak…

Karlahari ·

Hoekom is al ons sportmanne wat die knie so buig voor mammon en die swart-mag teken gee nou so stil?
Die begin al hoe meer na beplande genocide (volksmoord) lyk.
Nie swart afrikane is defnitief n teiken.
Hoe kan jy trots voel om n oumatjie van 86 aan te rand?
Gatvol Afrikaner.

Pieter ·

Ek kan net nie meer enige goed in 90% van SA se bevolking sien nie. Wantrou almal en bahandel almal asof hulle jou wil doodmaak, want die kans is goed hulle wil.

LANA is ELANè ·

Word die boosaards ooit gevang? Geen “mens” kan dit aan ‘n onskuldige bejaarde persoon doen nie, en geen SAPD lid gaan enigsins moeite doen om hierdie boosaards te vang nie.

Pieter ·

En ons blankes wil nie standpunt in neem nie al wat ons doen is lewer kommentaar dit is hoekom ons is waar ons is.

Pieter ·

As iemand my net kan sê waar en hoe iets gedoen kan word, sonder dat anc mens van poging tot moord gaan aankla omdat ons dit durf waag om eerlikehid en hardwerkendheid van anc te verwag.

Helene ·

Ek stem saam, maar toe ek n voorstel maak het MM my kommentaar nie geplaas nie. Gatvol Suid-Afrikaner!

netekalleen ·

En valhalla saps is nie verskriklike hulpvaardige mense nie. Mens word aangeval, uitgeslaan en dan soek hulle n volledige beskrywing van die persoon 5 uur in die oggend as dit nog donker is voor hulle n saak open. Useless saps stasie daai

Janc ·

So lewe elke Suid Afrikaner maar in ‘n tronk as jy mooi daaroor dink. Mense uit ander lande is verstom as hulle in Suid Afrika lank en al die diewering om die huise sien. Dis ‘n oorlogsveld op sy eie en jy kan verseker wees as hulle inbreek dat jy letterlik moet veg vir jou lewe. Daai ding van, gee jou samewerking as hulle inbreek werk lankal nie meer nie, want hulle intensies is nie NET om te roof nie maar om dood te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.