Eiendomsagente wéér vas na bedrog

Argieffoto

Eiendomsagente wat mense in Bloemfontein uit miljoene rande geswendel het, is weer in hegtenis geneem.

Die sakevennote Teboho Taso (40) en Annah Molelekoa (37) is skuldig bevind daaraan dat hulle 64 kliënte gedurende 2011 en 2013 uit ʼn geraamde R5,6 miljoen geswendel het. Hulle is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle versuim het om ʼn hofbevel na te kom om die geld aan die kliënte terug te betaal, sê ao. Lynda Steyn, polisiewoordvoerder in die Vrystaat.

Die twee verdagtes is eienaars van die eiendomsagentskap Senotetsha Property Developer and Quick Step Trading in Bloemfontein. In 2012 het die klaers geld in die beskuldigdes se bankrekeninge oorbetaal vir eiendomme wat hulle wou koop. Volgens die polisie het die bedrieërs hierdie eiendomme aan die klaers voorgestel.

“Toe die eiendom nie oorhandig is nie, het die klaers begin navraag doen oor die status van die transaksie en later geëis dat die transaksies gekanselleer word. Die verdagtes kon egter nie meer opgespoor word nie,” sê Steyn.

Die polisie kon mettertyd vasstel dat die eiendom wat klaers “gekoop” het, nooit te koop was nie. Die beskuldigdes is in hegtenis geneem en in die Bloemfonteinse streekshof skuldig bevind op 64 klagtes van bedrog. Hulle is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is, mits hulle in dié tyd nie weer bedrog of diefstal pleeg nie en die klaers terugbetaal volgens die skedule wat deur die hof vasgestel is.

Hulle kon egter nie die betalings nakom soos deur die hof beveel is nie en is weer in hegtenis geneem waarop hulle Dinsdag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

5 Kommentare

Missy ·

Te lekker, terug betaal wat wou, daai geld is laaaankal op haarstukke, sonbrille, motors, horlosies en al die ander blink goete bestee. En na al die genietinge en al die ongerief wat die kliënte aangedoen is kry hulle effektief net 5 jaar agter tralies. Hoop hierdie keer sit hulle vir 20 jaar sonder enige opskorting!

KC ·

Missy- Hulle het geen tyd agter tralies spandeer nie. 10 Jaarvonnis wat in totaal vir jaar opgeskort was!

Elize ·

Hulle wil nie hulle luukse leefwyse prysgee om mense wat jare gespaar her vir n huis terugtebetaal nie,ek voel jammer vir die wat geval her vir die slenter

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.