Eiendomseienaars versoek om te reageer oor grondonteiening

grond-deur-hanzell-vineyards-flicker

Foto: Hanzell Vineyard/Flickr.com.

AfriSake het kommentaar by die waardeerder-generaal ingedien wat handel oor die voorgestelde nuwe regulasies wat op 21 April 2017 in die staatskoerant gepubliseer is. Dié regulasies bepaal hoe eiendom deur die staat vir die doel van grondonteiening gewaardeer gaan word.

Die regulasies bevat kriteria vir eiendomswaardasies wat die beperkings in die Grondwet oorskry. Dit sal onvermydelik daartoe lei dat betrokke grondeienaars nie markverwante vergoeding vir hul eiendom sal ontvang nie weens berekenings wat “ongebruikte eiendom” in ag neem en die waarde van die hele eiendom verlaag. Ongebruikte eiendom sluit skynbaar alle ander grond in waarop daar nie landbouaktiwiteite plaasvind nie of waarop daar geen strukture opgerig is nie.

“Dit is uiters belangrik dat eiendomseienaars die regulasies lees en hul eie kommentaar daarop aan die waardeerder-generaal stuur,” verduidelik Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake. “Die invloed van faktore soos natuurrampe, spesifiek droogte, word nie in dié regulasies verreken nie. Dit sou beteken dat ongebruikte eiendom laer as die ware markwaarde daarvan gewaardeer word. Die regulasies is drakonies en oorskry die mag wat in terme van die Wet op Eiendomswaardasie, 2014 aan die waardeerder-generaal gegee is.”

Sien AfriSake se kommentaar.
Die sluitingsdatum vir kommentaar op die regulasies is 21 Junie 2017.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

stefanie ·

Suid Afrika is nou al so bankot desteel nou wil hulle nog die grond ook van die mense besteel . Daar word nie Na die belang van die land omgesien nie alles gaan oor wat hulle nog kan steel sonder betaaling idioties

Johann Marx ·

En so sal Suid Afrika homself verteer totdat daar NIKS oor is nie. Kyk wat het met die market gebeur toe Minister Mosebenzi Zwane die planne aankondig waarvolgens mynhuise binne 12 maande 30% van alles waarvoor hulle gewerk het net so goedsmoeds vir een of ander swart aandeelhouer moet GEE!! En dieselfde gaan gebeur met alle eiendom. Waarom kan hierdie mense NIKS positiefs tot stand bring nie? Waarom maak hulle besluite TEEN die beste raad en waarskuwings in, net om met die selfgemaakte katastrofes op te eindig, en die blaam te plaas op diegene wat TEEN hulle aksies en wette gewaarsku het? Dit is asof Afrika en Suid Afrika op ‘n onafwendbare pad van selfvernietiging is…en NIKS of NIEMAND kan dit verander of omkeer nie, want die voorlopers op hierdie afwaartse spiraal verstaan nie waarmee hulle besig is nie. Of doen hulle? Suid Afrika het ongelukkig nie meer leiers of ‘n regering nie………..want elke liewe ding wat in hierdie land gebeur word nou voor ‘n hof gesleep. Dit maak die hof en die regters die leiers van die land…want hulle beoordeel en oorweeg elke aksie van die regering, en gee goedkeuring of afkeer. Ons het 20 jaar terug met soveel entoesiasme begin………en in ‘n skamele 20 jaar die grootste ontnugtering beleef. Afrika kan nie van homself gered word nie…..

JoeV ·

@ Johann Marx, nie jou kommentaar gesien voor mynie hier onder;
Ja, alles gaan hof toe want integriteid is nie meer ‘n veryste of ‘n opsie nie, en net die “hof” het integriteid. Is maar ‘n teken van die tyd en ook deel van die “proses” van vervalling. Dit vervaag oor ‘n tydperk so dat mense nie meer hof toe gaan nie, maar groepe stig in dorpsgebiede waar elkeen op eie “integriteit” wette toepas. (sal byvoorbeeld deur “doane” gaan tussen Boksburg en Benoni, moet radio lesensie uitneem vir jou voertuig in die een dorp wat nie geldig is in die ander dorp nie)
Voorts word kos baie skaars en belas deur sekere groepe soos wat hulle goed dink. Vragte op trokke word in elke distrik belas volgens wat die vrag is… en so gaan dit tot net die groepe wat georganiseerd is met die beste wapens in beheer is.

Anoniem ·

Nee heng man, hoe maklik is dit dan nou. Daar is 20,000 plase in die mark. Gaan koop die op. Los die plase van mense wat hard werk om kos te voorsien.

Dawid ·

Gaan kyk biejie op Goggle earth dan sien jy wie besit al die grond. En ek ek seker hulle betaal nie belasting daar op nie.

Net my opinie ·

Die ANC se beleid is ongelukkig in lyn met die VN se agenda dat enige privaateiendom nie volhoubaar (sustainable) is nie. Ek dink dit is uiteindelik waarop ons afstuur: die onteiening van enige en alle privaateiendom. Mense wat in die pad staan van die internasionale agenda sal natuurlik geneutraliseer word en daarom klink al meer praatjies van burgeroorlog op.

Eish ·

Hoekom trek Afrisake nie n memorandum op waarin die knelpunte teen bewaar gemaak word en laat die betrokkenes die petisie teken. Die kundigheid lê in elk geval by hulle.

Johann Marx ·

Eish…..dit help nie om memorandums op te trek en beswaar aan te teken en hofsake te begin nie…….die ondeurdagte “plan” wat die minister sommer net so goedsmoeds in die lug gooi…het alreeds enorme ekonomiese skade aan die land gedoen. Dit het alreeds die persepsies gevestig dat hierdie nie ‘n land is om in te belê nie….want jy gaan als verloor. DIS…..die probleem, Eish. Gaan lees die koerantopskrifte: Markets Bloodbath as Zwane shocks Mining Sector !!! Hierdie mense speel met die land en 55 miljoen mense se toekoms. Hulle kan mos nie net toegelaat word om te sê en te maak en te breek soos hulle wil nie?

Eish ·

Johann Marx,
Groot bewondering dat jy die moed van oortuiging het om die situasie in die suidelike sleepsel van Afrika so treffend vas te vat. Dit verskaf egter steeds nie ‘n oplossing vir ons situasie as minderheid met ‘n Westerse orientasie nie.
” Hul kan mos nie net toegelaat word om te sê en te maak en te breek soos hul wil nie? ”
Wie gaan iets daaraan doen? Wat kan gedoen word? Wie gaan dit doen?
Ons is ‘n minderheidsgroep in ‘n land waar Christelike waardes oorboord gegooi is. Verseker gaan dit erger word. Sien ‘n JoeV se kommentaar. Daar is ‘n positiewe voorstel in sy kommentaar te midde van die verval.

JoeV ·

Solank mense van mening is dat in Afrika iets sal gebeur wat in lyn is met die ontwikkelde wereld se metodes van ontwikkeling en volhoubare ekonomise groei, word baie tyd en geld gemors met die teenstand wat mense daar teen bied.
GEEN Afrika land het nog OOIT so ‘n beleid gevolg nie, ook nie Suid Afrika nie. Om na die grondwet te verwys dui slegs op ‘n helse mate van onkunde, geen kieser wat vir die meerderheids party stem in die land voel enige iets vir ‘n “grondwet of die romeinse reg nie. Met die nuwe liberale internasionale “kommunistiese” uitkyk, kan mens selfs internasionale teenstand verwag indien daar nie voldoen word aan die Afrika siening nie.
Dit is tragies om te dink dat oor ‘n leeftyd baie bymekaar gemaak is wat in waarde so gaan verminder dat dit meer ‘n las as bate sal wees.
Gebruik die energie eerder om mense bewus te maak van hulle kultuur en geskiedenis, wat ook deur die regering onderdruk word, en so ten minste ‘n gedeelte van ‘n land se bevolking op ‘n pad sit van volharding en volhoubaarheid. (daar word meer gedoen vir boere kultuur in Argentinië as in SA)
Na 17 jaar se konsultasie werk in Afrika lande is dit my opinie dat ons op ‘n fiasko afstuur wat die kontinent nog nie gesien het nie en wat nie in ‘n westerse hof beslis sal word nie. Raak solank gewoond aan Chinese kos, ons ondersteun tog almal Chinese handel.

Adam ·

Die beoogde wetgewing is van die mees ondeurdagte snert wat ek nog ooit gelees het. Net so is die verhoging van 26% aandeelhouding na 30% in die mynsektor totaal belaglik. Grondhervorming behoort maklik plaas te vind. Koop ‘n ekonomiese eenheid teen markwaarde en plaas dit in ‘n mpy of trust ten gunste van die beoogde bevoordeeldes. Betaal die plaaseienaar 70% onmiddellik en laat hom as bestuurder en mentor, teen vergoeding natuurlik, aanbly vir 3 jaar waarna hy die oorblywende 30% ontvang. Dit sal verseker dat daar volhoubare produksie vir daardie periode is en ‘n gladde oorgang tot gevolg he. Dit help niks om grond aan individue te geen in onekonomiese. nie produserende vorm nie deurdat dit slegs plakkers van mense maak wat op hulle eie eiendom plak. Om boere en myn eienaars te “besteel” is nie die antwoord nie. Indien die ANC net kan besef dat die ekonomiese koek moet groter word en ophou om die bestaande koek anders te probeer herverdeel, sal dit klaar beter gaan. Korrupsie, swak opleiding en wanbestuur is die oorsaak van die armes se gesukkel en dit kan op geen manier “reg-gesteel” word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.