Eiendomsikoon Pam Golding oorlede

Pam Golding (Foto verskaf)

Suid-Afrika se eiendomsikoon en sakevrou, Pam Golding, is Dinsdag oorlede by haar Wittebomen-huis in Constantia, Kaapstad.

Pam Golding Eiendomme het gesê Golding het vreedsaam in die ouderdom van 90 heengegaan.

“Dit was aanvanklik ʼn stokperdjie wat ʼn lewenslange passie geword het, en met ʼn vreeslose entrepreneurskap vir mense, eiendomme en ondernemings, het sy uiteindelik ʼn vooruitstrewende internasionale eiendomsmaatskappy op die been gebring. Mev. Golding het die hoogs mededingende eiendomsbedryf ʼn nuwe koers laat inslaan, en dit duur vandag nog voort,” het die Golding-familie in ʼn verklaring gesê.

“[Sy was] dapper, doelgerig en het ʼn unieke sjarme en deursettingsvermoë gehad om enige uitdaging te oorkom. Sy het die Pam Golding Eiendomsgroep in 1976 op die been gebring – in ʼn tyd toe die eiendomsmark deur mans beheer is, en nog ietwat van ʼn ‘tuisbedryf’ was. Sy het vinnig ʼn mark geïdentifiseer vir ʼn professionele eiendomsagentskap in Suid-Afrika, en het in dié proses ʼn reputasie opgebou in die verkope van die land se luuksste eiendomme met die integriteit, vertroue en respek van die Pam Golding Eiendomme-handelsmerk.”

Golding het in 1986 ʼn kantoor in Londen oopgemaak en saam met haar seun en uitvoerende hoof Andrew, is die onderneming oorsee verder uitgebrei tot meer as 300 kantore oor Suider-Afrika, Afrika, Europa en eilande in die Indiese Oseaan.

“Sy was ʼn inspirasie vir vroue oor generasies heen – in Suid-Afrika en selfs oor die wêreld. Haar eweknieë, die eiendomsbedryf en die sakesektor het haar gerespekteer. Sy het verskeie benoemings en toekennings ontvang gedurende haar roemryke loopbaan.

“Sy is geken aan haar natuurlike goedhartigheid en opregte belangstelling in enigiemand wat sy ontmoet het. Haar familie, insluitend haar seuns Peter en Andrew, dogter Jilly, hul eggenote en 10 kleinkinders, gaan haar mis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marina ·

Wat n wonderlike mens was sy nie. Sy het almal met respek behandel. Rus sag.

Hendrik ·

Ons kan haar maar ‘n staatsbegrafnis gee. Sy het iets beteken vir S.A.

Gestremde ·

Dus na so ikoon waarna vroue dag verwys kan word. Sy het in vrede heen gegaan en my innige simpatie met haar familie.

Piet Pompies ·

Pam Golding het haar werk ‘n lewenspassie gemaak en ‘n permanente stempel in die eiendomsmark afgedruk.

Johan. H. ·

I Ikoon by uitstek, Iemand om na op tekyk,,,winnie ???? nie so seker nie HAHa

BB ·

Maroela media, dankie vir die berig. Mag daar meer mense kennis neem van hierdie fenominale vrou. Sy het voorwaar ‘n unieke sjarme gehad en het die bedryf op ‘n nuwe platform geplaas met haar intergriteit en werks etiek. Sy was ook nederig en sonder vertoon.

Afrikaanse Knaap ·

Sy was ‘n besonderse vrou. SA gaan haar mis. My innige simpatie met haar familie.

Theresa ·

Wat ‘n lieflike voorbeeld vir ander mense en die jong mense van die land!
Voorwaar die tipe karakter en gesindheid wat vooruitgang en vrede uitstraal.
‘n Dame wat gebou het, nie afgebreek het nie. Wat besigheidsbesluite geneem het met positiewe uitkomste. Harde, eerlike werk en ware sukses!
Innige simpatie met haar familie en vriende.

Oom Kalahari ·

Pam was en is altyd ‘n mense mens, pragtig en met haar voete op die grond gewees. Sy was ‘n wonderlike en besonderse mens wat groot uitdagings aangepak het en verrys het na die mees respekvolle vrou en besigheids sukses. Sy was maar altyd Mev. Eiendomsmark en het hoe standaarde nagestreef. Haar heengaan is ‘n groot verlies en haar gehalte van mens kan nie met Winnie vergelyk word nie. Sy was ‘n unieke mens en glo haar nalatinge sal voortleef. Sy laat ‘n groot leemte. Rus Sag en in Vrede Pam. Aan al die familie en vriende asook kollegas, innige simpatie met jul groot verlies en wens jul ook alle sterkte toe gedurende hierdie rou tydperk.

LB S ·

Wat ‘n merkwaardige inspirasie vir ons almal. Sy was waaragtig ‘n legende in haar tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.