Eiendomsmagnaat sterf ná aanval

Cosmas Cavaleros. Foto: Flickr/Mary Ann Hutchison.

Cosmas Cavaleros, eiendomsmagnaat en hoof van The Cavaleros Group, is oorlede byna twee maande nadat hy by ʼn winkelsentrum, in die ooste van Pretoria, se parkeerterrein aangeval is.

Leila Daya, woordvoerder vir die familie, het Cavaleros se afsterwe aan Maroela Media bevestig. Sy het geen verdere besonderhede bekend gemaak nie.
Cavaleros en ʼn passasier het op 26 Februarie in die parkeerterrein van Menlyn Maine in sy Bentley gewag vir ʼn parkeerkaartjie, toe drie mans hulle na bewering genader en vuurwapens op hulle gerig het.

“Terwyl die rowers die vuurwapens op hulle gerig het, het Cavaleros deur die valhek teen ʼn muur vasgejaag. Die lugsakke het ontplooi. Die rowers het probeer om juwele van die ander insittende te verwyder, maar is gesteur en het gevlug,” het Daya destyds aan Maroela Media gesê.

ʼn Omstander het noodbehandeling op Cavaleros toegepas terwyl hulle op die ambulans gewag het. Veiligheidspersoneel en familielede is na die toneel ontbied. Cavaleros is in ʼn bedenklike toestand na ʼn hospitaal in Pretoria gehaas. Hy het glo ʼn hartaanval gekry ná die aanval.

Kapt. Jan Sepato, woordvoerder van die polisie, het bevestig ‘n geregtelike doodsondersoek word gedoen. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AL ·

Dis n skande dat onskuldige landsburgers so getraumatiseer word deur gierige, lui om te werk vir n loon skuim-van-die-aarde gebroedsels.
Mag hul dag van afrekening dieselfde wees.
Sterkte aan die familie.

Hennie ·

Stem saam Al, ons wil dit almal sien. Gemors wat die botoon voer, te sleg om te lewe en slegs goed genoeg om mense lewens te verwoes.

Johann ·

Nie die enigste geval by Menlyn Maine nie! Hoe is dit moontlik dat sekuriteit SO pateties is dat NIEMAND gevang is nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.