Eiendomswaardeerder in hof oor ‘bedrog’

hof-hamer

Argieffoto.

Mbali Ronalds Maclare (29), ʼn voormalige eiendomswaardeerder vir die Stad Johannesburg wat daarvan beskuldig word dat sy na bewering bedrieglike aanpassings en devaluasies van eiendomme gedoen het, het Donderdag in die hof verskyn.

Maclare is deur die gespesialiseerde handelsmisdaadhof op borgtog van R20 000 vrygelaat. Die saak is tot 20 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek.

Die bedrog waarby Maclare na bewering betrokke was, het aan die lig gekom nadat Carte Blanche in November verlede jaar ʼn insetsel uitgesaai het oor onreëlmatighede in die uitvoer van Johannesburg se eiendomswaardasies. Die onreëlmatighede word glo in ʼn verslag ontmasker wat in 2015, onder die vorige administrasie, gefinaliseer is.

Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, het gesê hierdie verslag is met opset vir hom weggesteek en Maclare het bedank voordat hy as burgemeester oorgeneem het. Nadat hy egter deur die Carte Blanche-insetsel van die verslag bewus geword het, het hy die Stad se interne forensiese ondersoekeenheid, onder leiding van genl. Shadrack Sibiya, ʼn afsonderlike ondersoek laat doen.

Die Stad het gesê die bedrieglike aanpassings en verandering van die markwaarde van die eiendomme deur ongeldige uitslagbriewe van munisipale besware het gelei tot die verlies van ʼn geskatte R40 miljoen erfbelasting oor die vyf finansiële jare.

ʼn Adjunkdirekteur van die Stad, wat ook in die Carte Blanche-insetsel ontmasker is, is ook geskors hangende ʼn dissiplinêre proses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AL ·

So steek die ANC hul donker konkelwerk weg. Hul maak skande op skande sonder enige gewete. Dankie Herman Mshaba en Genl Sibiya – saam sal ons almal SA n beter plek maak, die ANC se invloed breek en die mag wat hy het oor naiewe mense.

moeks ·

Ek hoop sy is ook aangekla by die professionele raad SACPVP, dit is as sy wel geregistreer is.

Jem ·

Geluk. Dit is hoogtyd dat al hierdie korrupsie in hierdie land einde kry. Op die einde van die dag is dit die be lasting be tales se geld wat so misbruik word. Die armes wat in plakkerskampe leef en basies lewensnoodsaaklike diens te be nodig moet kripeer van elende want die Fat Cats steel al die geld wat die armes toekom.

Christelle ·

Ek werk in die staat as mense regtig moet weet hoeveel ‘onreëlmatighede’ vind plaas sal hulle in sak en as sit. Ek het ‘n saak voor ‘n direkteur gebring oor diefstal en ure wat gesteel word deur amptenare…weet julle wat het gebeur? NIKS die ‘supervisor’ was gewaarsku teen my en sy is vertel dat ek ‘n ‘pimp’ is en rasisties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.