Eiers en hoender veilig te midde van voëlgriep

(Foto ter illustrasie: Steve Buissinne/Pixabay)

Twee uitbrekings van die hoogs patogene voëlgriep (HPAI) is verlede maand by kommersiële hoenderplase in die Wes-Kaap aangemeld.

Maroela Media het vroeër berig dat dit ʼn bykomende las op ʼn reeds sukkelende pluimveebedryf plaas.

Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPA) se eierorganisasie het dit onder wilde voëls begin en na kommersiële lêhenne versprei.

“Daar is nog geen gevalle aangemeld waar die virus van die lêhoenders versprei het en na mense oorgedra is nie,” sê dr. Abongile Balarane, hoofbestuurder van die Eierorganisasie by SAPA.

 

‘n Waarskuwing om nie eiers te koop nie doen die rondte. (Foto: Twitter)

 

“Ons wil dus die verbruikers verseker dat dit veilig is om eiers en pluimvee te eet. Sorg net dat die eiers en vleis sindelik hanteer word om kruisbesmetting te voorkom en maak dit deeglik gaar.”

Hy sê die WhatsApp-boodskap wat versprei word wat verbruikers waarsku om nie eiers te eet nie, is ongegrond en skep slegs paniek.

“Daar is geen siekte wat verband hou met pluimvee wat mense beïnvloed, bevestig nie. Die boodskap gee ook nie die rede vir hierdie waarskuwing nie, wat dit moeilik maak om die spesifieke kommer wat geopper is die hoof te bied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Samuel ·

Iemand moet altyd probeer paniek saai. Ek eet steeds hoender en eiers. Hoender is bykans al wat bekostigbaar is.

RS ·

Hier in die platteland gebeur dit elke 2de of 3de dag dat daar niks eiers beskikbaar is om te koop nie, want daar is te korte. Ek kry die mense met n minimale inkomste jammer, want hulle koop eiers as deel van hulle voedsel, maar waarmee vervang hulle eiers as daar nie te koop is nie en dit raak al duurder as gevolg van die te korte.

JvR ·

Niks wat hoë hitte met gaarmaak proses nie kan regmaak nie. Vrees is die dodelikste siekte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.