Einde aan lang hofstryd ná kind doodskok

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Jare lange hofstryd van ʼn ma van Port Elizabeth wie se sesjarige seun by oop munisipale elektriese drade doodgeskok het, het Woensdag in die stad se hooggeregshof tot ʼn einde gekom.

Liyema Mcwetyana het in Februarie 2011 voor sy ma, Priscilla, se oë doodgeskok toe hy aan ʼn draadheining gevat het wat aan oop elektriese drade geraak het. Liyema het glo bal gespeel saam met sy maatjies toe die voorval in die Mandela-nedersetting in Uitenhage gebeur het.

Volgens hofdokumente is die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse munisipaliteit verantwoordelik vir die installering en instandhouding van alle elektriese kabels in die Uitenhage-gebied. Gemeenskapslede het glo reeds voor Liyema se dood die munisipaliteit ingelig van die oop elektriese drade nadat ʼn koei by die heining doodgeskok het.

Priscilla het gevolglik R3 miljoen se skadevergoeding by die munisipaliteit geëis vir mediese onkoste, psigiatriese behandeling, hospitaalbehandeling en verlies aan inkomste. Die twee partye het verlede jaar buite die hof geskik en die munisipaliteit het R700 000 aan Priscilla betaal vir algemene verliese gelei.

Vroeër vandeesmaand het die munisipaliteit ʼn gevolglike R2 miljoen-eis vir die koste van ʼn versorger vir Priscilla teengestaan. Woensdag het die partye weereens buite die hof geskik en die munisipaliteit het ingestem om R1,5 miljoen uit te betaal vir Priscilla se versorging.

Advokaat Pieter Mouton het Woensdag tydens die hofverrigtinge ʼn psigiatriese verslag aan die hof voorgelê wat aandui dat Priscilla se geestestoestand sedert haar kind se dood so versleg het dat sy “nie op haar eie kan funksioneer nie” en dat daar ʼn goeie kans vir selfverwaarlosing is. Sy is volgens die verslag nie in staat om haar huis alleen te verlaat nie en haar gedrag is aanduidend van erge sosiale onttrekking.

Die hof het Woensdag die uitspraak oor die regskoste van die verdediging voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gert Stoltz ·

Dan kan ons wat aangeval gedood of beseer is in aanvalle ook mos van staat eis want hul is verantwoordelik vir ons veiligheid.Hul weet van sogenaamde “hotspots” by robotte maar mense word steeds aangeval daar!!!

Poppie ·

Ek stem 100% saam met jou Gert Stoltz. Nie net in daai areas nie maar ook in ander. Hulle is verantwoordlik vir ons veiligheid, ons as belasting betalers betaal bitter duur aan dienste wat nie verskaf word nie. Ek dink dis tyd dat ons ook begin sake maak vir as ons seer kry of dood gemaak is in n area waar ons moes veilig gewees het. Stem absoluut saam met jou!!!

Bruno Stef ·

Die ironie van die saak is dat die gemeenskap in 95% van die gevalle self verantwoordelik is vir die onwettige amateuragtige konneksies wat in n poging om vry elektriseteit te bekom pa moet staan.Die konneksies word gewoonlik in die nag gedoen en daar is geen manier om by te hou daarmee nie want hoe vinniger jy dit verwyder hoe vinniger word alternatiewe konneksies weer gedoen.

Gesiggie ·

Skadevergoeding of nie? geen geld kan die lewe van jou kind terug koop”’wat sal met die vergoeding gedoen word? behalwe as hospitaal kostes… dit sal nie gebruik word ten goede van die Ma” Ja die Ma het deur Trauma gegaan en kan dalk die geld benodig om vir n goeie rede te gebruik, maar is die fout reggestel, of nie. Dit is te maklik om geld te wil eis vir n lewe wat geneem is. Soos die spreukwoord… die een se dood , is die ander een se brood. Hoop die Ma verdien wat haar toekom. En herstel gou van die trauma

Lizelle ·

Die geld wat geeis word Gesiggie is om die stelsel bewus te maak daarvan dat ons nie net ons kinders kan afstaan aan die dood a.g.v ‘n ongelukkie of iets wat niemand kon voorkom het nie. In die meeste gevalle eis geliefdes om die boodskap uit te dra dat die nie aanvaarbaar is om ‘n oop draad, swembad sonder net, hond wat gevaarlik is sommer net so te laat staan nie. Ons eis dat iemand verantwoordelikheid gaan aanvaar vir ‘n situasie wat voorkom kon word. Ek sou dit my lewens missie gemaak het om al wat verantwoordelike persoon aan die pen te laat ry vir my onskuldige engel kind se dood. Dit gaan nooit my kind terugbring nie, maar dit gaan beslis ‘n bewusmaking veldtog skep – ek glo nie altyd by die regte instansies nie – maar miskien wys dit ons as Gemeenskap dat ons kan aandring op geregtigheid wanneer ‘n geliefde summier weggeruk word – ons moet ophou kritiseer en saamstaan teen die verlies van diens, beskerming en al die voorregte wat ons ‘blykbaar’ geniet.

ouer ·

As die geld siele rus kan bewerk..wat onmoontlik is. Ouers is lewenslank die verantwoordelike vir jou kind 0-18jaar dan daarna moet jy elke dag vir hul veiligheid BID en sorg sover menslik moontlik. Sal dit dalk oop drade voorkom? Ope vraag.

Lizelle ·

#Absoluut nie Ouer, en ek dink dit is waarom stappe geneem moet word om toekomstige nalatigheid te voorkom. Ek is baie seker daarvan dit gaan vir geen ouer wat ‘n kind verloor het oor die ‘pay-check’ of kompensasie nie. Uit my oogpunt gaan dit oor die feit dat bewustheid geskep moet word oor sekere situasies. In die instansie oop drade wat ‘n onskuldige kind se lewe geeis het. Hoe lank vat dit deesdae om ‘n straatlig, lekkende pyp ens. te herstel? Natuurlik kom dit alles neer op ‘n Regeringstelsel wat nie werk nie. Onskuldige mense ly daaronder, die situasie het ontaard in ‘n debat oor die ma wat ‘geld’ gaan inoes. Tensy sy ‘n moorddadige, skisofreen is (wat ek sterk betwyfel) het sy mos die regte stappe (of ten minste in die regte rigting) geneem om die stelsel verantwoordelik te laat betaal vir die nalatigheid? Ek stem saam met jou Ouer, die geld bring nie haar seuntjie terug nie, maar ek hoop dit laat die betrokke mense so bietjie laat herstruktueer – aan almal wat geliefdes op so manier al verloor het – miskien moet ons almal opstaan en astronomiese eise bring teen instansies. Dalk vergroot dit die bewustheid van die saak.

charlene ·

Ek sal in baie mooi vlot Boere Afrikaans vir hulle sê wat hulle met hulle geld kan doen. Haar kind is dood geskok voor haar oë, niks soos in NIKS sal ooit opmaak daarvoor nie. Fine ek sal ook meer as net sielkundige hulp nodig hê en daarvoor sal hulle betaal. Dis so tragies en as die stadsraad eintlik hulle werk doen kan sulke goed vremy word so maklik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.