Soorte resepte:

Einde van die pad vir vissmeer in SA

Pecks Anchovette- en Redro-vissmeer gaan binnekort van Suid-Afrikaners se ontbyttafels verdwyn. (Foto: Snapnsave.co.za)

Pecks Anchovette- en Redro-vissmeer gaan binnekort van Suid-Afrikaners se ontbyttafels en uit kosblikke verdwyn wanneer dié handelsmerke deur Pioneer Foods van die winkelrakke gehaal word.

Volgens Pioneer se woordvoerder het dié maatskappy die vervaardiging van vissmeerprodukte einde verlede jaar gestaak as deel van sy “voortdurende portefeuljehersiening”.

“Ons het ons kliënte daaroor ingelig, vervaardiging gestaak en die verkope van verwante items in Desember verlede jaar beëindig,” het die woordvoerder aan Business Insider gesê.

Pecks Anchovette is oorspronklik van Brittanje afkomstig en dateer terug na 1891. Dit het in die 1960’s in Suid-Afrika aangekom. Voor dít het Suid-Afrikaners gesmul aan Redro, ʼn plaaslike vissmeer wat met ʼn plaaslike familieresep in die 1930’s ontwikkel is.

Redro was die voorste produk in die plaaslike soutsmeermark vir langer as 30 jaar. Die produk se gewildheid is aangehelp deur ikoniese Suid-Afrikaanse televisieadvertensies. In dié advertensies praat ʼn jong seun, Rudy, as ʼn verslaggewer weg van die kamera af en vertel hoekom hy alles – insluitend sy hond en sy ma – Redro noem: “Want dit is alles wat jy liefhet”.

Redro is egter afgegradeer toe Pecks in Suid-Afrika begin versprei het en Rudy en sy hond het in die niet verdwyn.

Gegewe dat Pecks steeds ʼn internasionale teenwoordigheid het, hoofsaaklik in Australië, is dit moontlik dat ʼn alternatiewe verspreidingskanaal vir dié vissmeer heropen sal word. Dit is egter die einde vir Redro, die 90 jaar oue plaaslike produk.

Aangesien Pioneer reeds in Desember die vervaardiging van vissmeer gestaak het, raak winkelrakke reeds geleidelik leeg. Pioneer sê wanneer die huidige voorraad uitgeput is, sal daar nie meer vissmeer van fabrieke af by winkels afgelaai word nie.

“Die produkte sal dus beskikbaar wees aan verbruikers vir so lank as wat winkels voorraad het. Ons is in die proses om verwante handelsmerke aan ʼn derde party te verkoop,” het Pioneer se woordvoerder gesê.

Dit blyk dat Woolworths en Pick n Pay reeds net aanlyn voorraad beskikbaar het en dat Shoprite en Checkers ʼn paar botteltjies vissmeer het wat nog aan verbruikers beskikbaar is.

Checkers in die Wes-Kaap het bevestig dat sy vissmeervoorraad reeds so te sê uitgeput is, maar dat daar moontlik nog smere op De Aar, Upington en Colesberg te vinde sal wees.

In Durban is daar ook nie ʼn enkele botteltjie vissmeer te koop nie, met KwaZulu-Natallers wat sal moet afsit na Bethlehem, Ermelo of Secunda om vissmeer te koop.

In Johannesburg is daar nog plek-plek Redro en Pecks in winkels oor die hele stad beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Jacobus ·

Eintlik pateties. Kamtige handels besluit. Deel van ineenstorting van ons samelewing – melodramaties, dink nie so nie.

Pierre ·

n samelewing se ineenstroting word gemeet aan vissmeer altyd gewonder hoe meet hulle dit, die werklikheid is heel moontlik dat dit nie winsgewend is om te vervaardig nie weens dalende aankope.

Swerwer ·

Dalende aankope met dien versande dat diè wat dit gekoop het besig is om uit te sterf

Foefie ·

Dis nou rerig jammer. Ek koop dit nie so gereeld nie want ek is alleen so dit raak sleg in die yskas, maar dit was en is nog altyd een van my gunsteling smere.

Se maar net ·

Kan hulle asseblief dan met ons die resep deel? Dit is teleurstellend dat dit nou nie meer gemaak gaan word nie. Die maatskappye verstaan nie dat ons met kinders wat Asbergers, ADHD, ens. se kinders eet net sekere goeters en hierdie is een van die goed waarvoor my kind lief is. ????

Daleen ·

1 blikkie sardientjies 120 g (behou olie)
1 blikkie ansjovis 50 g (gooi olie af)
2 eetl tamatiepuree
Blits goed saam in voedselverwerker voeg bietjie sardientjie olie by om meer smeerbaar te maak indien nodig. Gebruik binne 2 weke.

VaalDonkie ·

Gaan koop vir jou ‘n blikkie vis, en “blitz” hom met ‘n versapper. Daar gaat jy.

Treurwilger ·

Slegte, teleurstellende nuus!
Wat nou van ‘anchovy toast’ en tee na ‘n harde oggend se inkopies? Of Sondagoggende?
Die wêreld raak nie ‘n beter plek nie, stem saam met Jacobus.

Jacobus ·

Dit is presies hoekom hulle dit van die mark afhaal. Verkope het drasties gedaal.

Koen ·

Jaco Bus, jy reken dalk dis die daling in die smaelweing standaarde? Hoe verstaan ek jou nou?

Samuel ·

Bsie teleurstellende nuus. Dit is byna tradisie. Ek vrek oor vissmeer. Wat gaan nou in hulle plek kom?

Danie ·

Gulde geleentheid vir ‘n plaaslike besigheid om toe te tree.

Bart-Man ·

Nog n bekende sterf. Binnekort is dit Bovril en dan kaas smeer. Al wat op die winkelrakke oor gaan wees is Lucky Star, en baked beans.

JM ·

Nog ‘n dierbare advertensie verdwyn saam met die vissmeer! Só jammer!

Rudolph ·

Twee diereprodukte minder op winkelrakke is iets om oor bly te wees. Ek was baie lief vir Redro en Peck’s Anchovette gewees. Interesant dat ek nooit daaraan gedink het dat biljoene onskuldige diere (jip, visse is diere) versmoor word sodat mense ‘n vissmaak saam met hulle brood kan kry nie

KatjieDeKat ·

Jy het seker gister op die planeet Aarde aangekom Rudolph. Welkom. Hier eet mense diere. Jammer as jy dit onsmaaklik vind. But it is what it is.

Vonkprop ·

Ai jinne. Ek het nog tot onlangs salmsmeer gekoop, wat vir my beter gesmaak het, maar het dit nou al vir ‘n geruime tyd nie meer gesien nie. Niks so lekker as toast met vissmeer op.

JohanR ·

Vir Pecks sou my oorlede Pa 250km ry as hy dit nerens in die dorp kon kry nie.

Bosveldbul73 ·

Ek is op laerskool ook altyd uitgehaal oor Wedwou – my naam is Rudi.. :-)

Jannie van Niekerk ·

Uitstekende geleentheid vir ‘n Suid Afrikaanse maatskappy om hierdie mark oor te neem. Maar ongelukkig sal die ANC weer sorg dat daar eerder gemors ingevoer word as om die SA produkte suksses te gun. Alle kossoore wat ingevoer word is minderwaardig en gemors op groot skaal.

piet ·

Kry mens nog ingelegde kerrievis? Dit lanklaas gesien. Gelukkig nie te moeilik om dit self te maak nie. Ek maak deesdae sommer kerrievis van geblikte sardyne, gooi net eers die sous af. Nogal heel lekker (al is dit fyn). Nog ‘n ding wat ek mis, is perskekonfyt, maar nie die fyn wat jy nou kry nie. Mens het jare terug heel skywe/stukke perskekonfyt op winkelrakke gekry. Dit was nou lekker.

Blikkies ·

Nee man, nou wat nou? Hoe kan hulle sommer net so sulke besluite neem, ek dink Pioneer foods val uitmekaar uit. Seker nie meer lank nie dan verdwyn al hulle produkte van die rakke af.

Hennie ·

Absolute tragedie! Wat gaan ek nou op my rooster brood smeer? Nee man.

Marthinus W ·

Die Amerikaners wat Pioneer Foods nou besit is besig om ons land en sy kultuur te vernietig. Wat is volgende? Weetbix?

groenboer ·

Dit is seker nie onmoontlik nie dat een of ander ander maatskappy hier ‘n geleentheid gaan sien. Daar is immers ‘n mark. Dalk nie groot genoeg om dit vir Pioneer die moeite werd te maak nie, maar dalk vir ‘n kleiner maatskappy? Ons sal maar wag en kyk.

Ockert ·

Wat verwag julle van die klomp Amerikaners? Pepsico het Pioneer Foods gekoop vir ‘n skamele $1.7biljoen dollar. En so sien alle SuidAfrikaanse maatskappye hul alie. Word gesmous aan buitelanders en die ander word in die grond in gery deur AA en BEE goros

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.