‘Eindig inperking nou; SA ekonomie kan dit nie langer bekostig’

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. (Foto: VF Plus)

Die beste bedoelings met die Covid-19-inperkingsmaatreëls kan nie meer opgeweeg word teen die rampspoedige en tragiese gevolge van ʼn gebroke ekonomie en rekordhoë vlakke van werkloosheid nie.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, meen pres. Cyril Ramaphosa moes teen hierdie agtergrond die land lank reeds vrygestel het van enige inperking wat enigsins ʼn impak op die ekonomie kon hê. “Om nou na vlak 1 te beweeg met ʼn derde vlaag Covid-19-infeksies wat skerp afneem, dien geen doel nie.”

Ramaphosa het Donderdagaand die land toegespreek oor wysigings aan die land se reaksie op die Covid-19‑pandemie en aangekondig dat daar van Vrydag af na vlak 1 van die inperking geskuif word. Die aandklokreël is onder andere verander en geld nou van 00:00 tot 04:00, terwyl groter byeenkomste mag plaasvind en die verkoop van alkohol word toegelaat volgens normale lisensievoorwaardes. Die dra van maskers bly verpligtend.

Groenewald meen Covid-19 het tot nou toe nie die rampspoedige gevolge in Suid-Afrika gehad soos wat aanvanklik voorspel is nie. “Kundiges is selfs van mening dat die gevolge van natuurlike immuniteit tesame met die aantal inentings tot dusver reeds ʼn volgende vlaag infeksies kan voorkom.

“Hierteenoor is die land se ekonomie, met werkloosheid wat volgens Bloomberg die hoogste in die wêreld is, op ʼn kantelpunt en die skade onmeetbaar wanneer totale armoede, hongersnood en ʼn gebrek aan alle aanvaarde lewensmiddele in ag geneem word.

“Anders as in ander lande met sterker ekonomieë, is hierdie groeiende miljoene werkloses die ware tragedie van Covid-19 in Suid-Afrika. Veral die miljoene jeugdiges sonder werk of enige hoop op ʼn toekoms is ʼn vulkaan wat reeds besig is om uit te bars soos duidelik gesien kan word in die land se skerp stygende misdaadsyfers.

“Een manier om dit om te keer, is om dadelik enige vorm van inperking op die ekonomie te laat vaar. Dit is op kort termyn. Daarna moet die land se kiesers saam van die ANC ontslae raak sodat die ekonomie weer opgebou kan word.

“Gebeur dit nie, gaan daar ʼn vulkaniese uitbarsting van geweld in die land plaasvind, gevoed deur hongersnood en armoede, wat Juliemaand se onluste en anargie totaal sal oorskadu.”

‘Stop die inperking, die ramptoestand en korrupsie’

John Steenhuisen, leier van die DA. (Foto: DA/Twitter)

DA-leier John Steenhuisen het ook sy party se beroep op pres. Ramaphosa om die inperking te beëindig, herhaal.

“Mense ly en werk gaan steeds onnodig verlore weens sinnelose beperkings wat lankal deur sy eie party geïgnoreer word. Slegs ernstig onverskillige leiers sou voortgaan om werksvernietigende beperkings op wetsgehoorsame mense af te dwing terwyl hulle self die reëls oortree, soos die ANC verlede week weer gedoen het met die bekendstelling van sy manifes.

“Dit is skynheiligheid van die ergste orde. Almal wat die wet oortree het, moet vervolg word soos al die gewone mense wat die afgelope 18 maande aangekla is weens die oortredings van die inperking.”

Die ramptoestand moet ook beëindig word aangesien dit korrupsie moontlik maak, deur regeringsdepartemente toe te laat om strenger finansiële beheermaatreëls te omseil, meen Steenhuisen.

“Die spesiale ondersoekeenheid se verslag oor die Digital Vibes-skandaal wys hoekom die ramptoestand onmiddellik beëindig moet word en hoekom die ANC so huiwerig is om dit te doen.”

Daar is volgens Steenhuisen geen regverdiging om die inperking of om die ramptoestand voort te sit nie. Covid-19-gevalle neem in al nege provinsies af en alle volwassenes het nou genoeg geleentheid gehad om ingeënt te word terwyl mense ook deeglik bewus is van die voorsorgmaatreëls wat hulle moet tref om die risiko’s wat hulle in die gesig staar, te bestuur.

Die regering moet eerder sy pogings daarop toespits om mense bewus te maak en aan te moedig rakende die veiligheid van entstowwe. “’n Entstofveldtog wat goed uitgevoer word, sal baie doeltreffender wees as ’n verpligte inentingsbeleid.”

Boonop kantel die beperkings eenvoudig die kiesveld vir diegene wat bereid is om die wet te oortree, wat die vooruitsigte vir ’n vrye en regverdige verkiesing ondermyn, voer Steenhuisen aan.

“Meneer die president, beëindig die inperking en die ramptoestand nou en stop die korrupsie ter wille van die miljoene Suid-Afrikaners wat dieper in armoede gedompel is en deur ’n ongelooflike onseker toekoms in die gesig gestaar word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Marius ·

Die regering gaan te veel geld verloor as die inperking beeindig word. Hulle is te lief vir geld al is dit nie
hulle geld nie en vir die res van die volk voel hulle niks nie.

Magda G ·

Hoekom kan sekere Staatsinstellings nie terugkeer na n volle maand se werk nie.
Die werknemers werk elke 2de week. Hier is voorbeelde:
Lugmag Waterkloof – 5dae werk, 5 dae af
City of Tshwane – 5 dae werk, 5 dae af
Maar die werknemers kry volle SALARIS asook hulle voordele
El ken verskeie mense wat daar werk

Deon ·

Ons verkeers afdeling maak vroeer toe agv covid, so asof die virus sekere tye van die dag sekere plekke besoek

Stephen ·

En by SAL Tegnies het ons voltyd moes werk vir 50 en 25 % salaris. Nou het hulle die man wat Denel gehelp breek het as interim CEO… As mens nie in die pad van agteruitgang staan nie…. Gebeur dit?

chantelle ·

ek werk vir city of Tshwane en ons werk elke liewe dag…
sal graag wil weet waste kantore so lekker werk…

op vlak 4 en 5 werk ons op rotering maar nie 3 2 en 1 nie

Cherokee ·

Ombudskantoor se beamptes werk vanaf hul huise sedert die begin van die ramptoestand, en diens is teen slakkegang.

Jerry ·

Ek hoop net dat die skielike oplewing van politieke partye en hulle groot beloftes nie net weer stem jag is nie.

SlinkseKoljander ·

Natuurlik is dit, hulle kan nooit aan die beloftes voldoen nie.

Elinette ·

Enige een wat dink of glo dat ENIGE politieke party iets vir hom of haar PERSOONLIK gaan doen of beteken, sal ook glo dat daar ‘n man op die maan is.

battleaxe ·

Natuurlik is dit! Sodra die stemmery verby is gaan ons terug na level 3 of 5 want dis dan mos die 4de vlaag en Mense gaan mos met vakansie in Desember! So alles gaan weer toegemaak word.

Piet parys ·

As mens die Eff se beloftes gehoor dan kan mens seker nie anders as om vir hulle te wil stem nie as jy natuurlik n paar brein selle te kort het natuurlik. Kinders moet kleuterskole toe gaan verniet soos als waaroor JM gepraat het en genoem dat kinders van kleins af menslik behandel word en nou wonder ek as wat word hulle dan gebore. ???

Josua ·

Nou begin julle in die regte rigting beweeg FV+ en moes dit lank al gedoen het en op die punt, vra asb dat hierdie belaglike masker dra inspuiting asook die verpligting daarvan dadelik gestaak word want dit gaan nog ‘n grooter inpak hê op die ekonomie as dit nie nou gestop word nie.

annie ·

Die waarheid is: Ons land is kapot. Cyril is onvanpas vrolik op die begrafnis van ons ekonomie want hy dink hy gaan nog 3,2 biljoen pledges van dom buitelandse sakemanne ontvang deur klimaatsverandering spookstories op te dis. En dan spring die ANC maar weer weg op dieselfde vakansie-roete met hul ou tricks mooi verfyn. Die covid-inperkings het nie die kameel se rug gebreek nie. Skelm staatslui het en hul word eerder geprys vir hul manhaftigheid as gestraf. Die hoop beskaam.

Porseleintjie ·

Dink die meerderheid in SA is oorversadig aan hierdie korrupte regering. Aksie word benodig en nie net n gepraat nie.

Boeretroos ·

het julle nog nie agtergekom nie , dis Staats kaping in die ergste graad en niemand se n woord nie en alles gebeur voor ons Oe

SlinkseKoljander ·

Die ANC kaders maak te veel geld met al die imperkings, hulle kan dit nie nou lig nie. Na die verkiesing is ons weer terug op vlak 3 sodat hulle weer kan skep!

Frank John ·

ANC moet nou uit hulle het meer as genoeg skade veroorsaak.

Elinette ·

Jammer, maar ek deel nie die VF+ se sentiment nie. Hierdie virus en pandemie is NOG LANKAL NIE verby nie. Die oomblik wat die inperking beëindig word (nie dat almal hulle ewe veel aan die inperkingsregulasies steur nie!), klim die infeksie-getalle weer. Desember lê en loer vir ons – dan gaan baie met vakansie en die matrieks gaan “rave” en woeps! daar gaan ons alweer met die 4de vlaag.

Michael ·

Alles is bog, wanneer ophou tel sal die “pandemie” verby wees. Hulle vang julle met vrees om julle te beheer. Carim het op nuusonderhoud verklaar dat die volgende vlaag op 3 Des 2021 sal begin. Net verdere bevestiging dat ons met ‘n plandemie te doen het

Piet parys ·

As dit so is dan moes ons in Kw Natal se chaos mos n uitbreek van ” COVID ” gesien het so doen maar gerus jou huiswerk.

Pietertjie ·

Ons regering is onderworpe aan die IMF, WHO, UN en kan die covid – verwante protokolle slegs aanpas volgens hulle voorskrifte. Of daar nou covid pandemie is of nie.

Michael ·

Teen die tyd is dit mos duidelik hierdie is ‘n plandemie om die mense te beheer. Gesondheid is net die voertuig om mense deur vrees te onderwerp

Blikkies ·

Op hierdie stadium sal ek (my eie mening) enige ander party aanvaar om die land te lei behalwe die ANC en EFF. Maar wie kan jy glo en wie sal regtig doen wat hulle belowe?

VaalDonkie ·

Raak maar gewoond aan die “nuwe normaal”. Die enigste manier wat ons hier uitkom is as ons ‘n nuwe regering het. En hulle gaan mos regeer tot Jesus weer kom. En niemand weet wanneer dit is nie.

Anoniem ·

Ons hier in die Wes-Kaap wat deur die DA bestuur word, is baie beter af as die ander provinsies wat deur die ANC bestuur word, maar dit kom teen ‘n taamlike premie. Die DA sal egter nie met die VF+ saamwerk nie, aangesien die VF+ as te wit en te Afrikaans gereken word. Die VF+ op sy eie sal nooit genoeg steun kan werf om ‘n politieke party van formaat te kan wees nie, ongeag hulle goeie werk en bedoelings. Indien hulle egter kan saamwerk, sal dit ‘n beduidende verskil maak. Ongelukkig het die verlede al bewys dat politieke koalisies in SA nie suksesvol is nie. Die enigste oplossing sal wees wanneer die stemgeregtigdes besef dat die ANC absoluut niks vir hulle voel nie en hulle dan die koue skouer by die stembus gee. Ek kan egter nie sien dat dit in my leeftyd sal gebeur nie, die ANC sal eerder alles vernietig as om afstand te doen van hulle heerskappy.

VaalDonkie ·

Ja jong. Ek woon self hier in die Noordelike Voorstede. Ons is baie gelukkig om nog water uit ‘n kraan te kan drink en om skoon parke te he (in my omgewing in elk geval).

battleaxe ·

Jack Jy is heeltemaal reg! Die regering hou ons “hostage” terwyl Hulle met hulle korrupsie voortgaan.
Dan het Hulle die “cheek” om oor werkloosheid te praat asof dit een van hulle “Sukses” stories is. Maak due ekonomie oop veral toerisme en Airlines sodat mense kan voortgaan met hulle lewens.

Piet parys ·

Ons is nog nie eens ontslae van die eerste plaag die Anc nie en dan is hulle bekommerd oor die 4 de vlaag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.