Eis slaag nie ná kleuter in puttoilet verdrink

James Komape. Foto: Mary-Anne Gontsana van GroundUp.

ʼn Menseregtegroep se skadevergoedingseis namens ʼn gebroke familie van wie ʼn vyfjarige seuntjie in 2014 by die skool in ʼn puttoilet verdrink het, is deur die hooggeregshof in Polokwane van die hand gewys.

Section 27 het namens die familie van Michael Komape skadevergoeding van R2 miljoen vir emosionele skok en hartseer geëis nadat Michael destyds by die Mahlodumela Primary School in Limpopo, waar hy in gr. R was, in die puttoilet geval en verdrink het.

Die organisasie het in 2015 die regsgeding namens die familie teen die departement van basiese onderwys en die Limpopo- departement van onderwys van stapel gestuur. Regter Gerrit Muller het egter die Komape-familie se grondwetlike skadevergoedingseis van die hand gewys.

Section 27 het in ʼn verklaring die hofuitspraak veroordeel en gesê hy oorweeg om appèl aan te teken teen die uitspraak. “Na ons mening is hierdie ʼn verkwiste geleentheid om die reg te ontwikkel ten opsigte van grondwetlike skade,” lui die verklaring.

“Die versuim om hier skadevergoeding toe te staan, staan in sterk teenstelling met die skadevergoeding wat deur afgetrede adjunkregter [Dikgang] Moseneke toegestaan is aan die familie van die Life Esidimeni-slagoffers vir die gevoellose behandeling van die slagoffers in daardie saak.”

Section 27 het wel die strukturele interdik verwelkom wat die tersaaklike departemente in Limpopo beveel om voldoende en veilige sanitasiegeriewe aan leerders in die provinsie te verskaf. Die hof het beveel dat die provinsiale en nasionale departemente van basiese onderwys elk R6 000 betaal vir die toekomstige mediese behandeling van Michael se ouer sibbe.

Die organisasie het gesê hoewel hy die interdik oor veilige sanitasie vir leerders verwelkom, is hy teleurgesteld dat die lyding van die Komape-familie rondom Michael se dood nie erken en bevestig word nie. “Section 27 is steeds besig om die uitspraak te bestudeer en sal verdere instruksies by die Komape-familie kry hieroor, maar ons verwag dat ons teen die uitspraak oor die skadevergoeding sal appelleer.”

Maroela Media het vroeër berig James Komape, Michael se pa, het ná die tragiese voorval waarin sy seun gesterf het begin met ʼn veldtog om infrastruktuur by skole in Limpopo te verbeter. Die eerste fase van dié veldtog behels die aanbou van ʼn biblioteek vir leerders in die Chebeng-nedersetting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

KOMaan ·

Wanneer gaan die BOERE se families nou begin EISE INSTEL teen die regering en teen die polisie wat veronderstel is om hulle te beskerm? EN MOENIE vir my se die polisie kan nie al die boere beskerm nie .. almal kan ook nie al die puttoilette dophou nie … DIE BOERE moet met ‘n reuse eis teen die regering begin want AFTER ALL bepaal die grondwet dat ook minderhede in hierdie land die REG OP VEILIGHEID HET, nie net die meerderheid nie. Die polisie en regering draai ‘n BLINDE OOG vir die moorde op witmense, veral op plase .. WAT van ‘n KLASAKSIE teen die regering deur die familie van AL DIE VERMOORDE boere, dan kyk ons hoe braaf is die ANC en EFF!.

bibs ·

infrastruktuur verbeter dan bou hy ‘n biblioteek? What ever!

Johann cb ·

Geen lewe kan in monetêre waarde gemeet word nie! Hoe kan ouers só roekeloos optree?!

Tanzie ·

Ek het baie simpatie vir die mense, regtig. Niks erger om ‘n kind aan die dood af te staan nie, maar is dit nie bietjie belaglik om ‘n eis te wil instel van miljoene rande nie? Hierdie kind was nie ‘n broodwinner nie. Daar is daagliks derduisende rande wat gemors word op partytjies en verskriklike duur motors, maar daar is kindertjies wat nog verdrink in puttoilette. Dit is totaal en al onaarvaarbaar. Maar soos dit gaan in hierdie land, is dit slegs die “fat cats” wat voordeel trek. Daar word nie aan die mense gedink wat vir die regerende party stem nie en daar word nie aan ons boere gedink wat daagliks gemartel en vermoor word, en meeste van die tyd vir niks nie, dalk ‘n selfoon. Ons land is totaal en al in sy dinges in en hier is nou net weer ‘n bewys daarvan.

Theresa ·

Dis vreeslik wat wat die kind gebeur het! Wie moes die kindjie opgepas het? Waarom die biblioteek bou as die toilet juis die oorsaak van al die hartseer is? Die eis kan teen die nalatige persoon ingestel word – wat kan die Department nou daaraan doen – of was daar geld vir ordentlike toilette begroot, maar nooit aangewend nie??

Piet Pompies ·

Sederd my lewe as volwassene het die staat geen diens aan ons gesin gelewer wat waarde toevoeg. Ons moet self inspring en bystaan met die kinders se opvoeding waar die staat versuim om sy pligte na te kom. Daar is net te veel mense wat bakhand staan en betaling soek as wat daar mense is wat inspring en self positiewe bydrae lewer. Nie alles kos geld, persoonlike aandag en liefde vir jou gesin maak groot verskille.

Hendrik ·

Eise teen die staat maak ons almal net armer. Eise moet eerder teen ‘n top verantwoordelike beampte in sy persoonlike hoedanigheid ingestel word. So sal sal ons weer mense kry om hulle verantwoordelikheid te aanvaar en om bevoegde mense onder hulle aan te stel.
Dis jammer dat die artikel so min sê oor wat die regter se oorwegings ten opsigte van die uitspraak was.

Koos ·

Regter Moseneke se gulhartige vergoeding was nie in ‘n hofgeding toegestaan nie, so dit skep nie ‘n presedent nie. R2 miljoen vir emosionele skok? Sak Sarel..

Oom Kalahari ·

‘n Jong kind het met sy lewe geboet deur onveilige omstandighede en swak toesig. ‘n puttoilet kan gevaarlik wees vir so ‘n jong kind en die moontlikheid het bestaan dat ‘n ongeluk mag of kam gebeur. Hul kon ten minste die begrafnis en grafsteen kostes dek en die Ouers vergoed met ‘n R100-R150-000 vir hul verlies al sal dit nooit hierdie jong kind terug bring nie. Die Onderwys Departement het hierdie gesin gefaal en moet betaal. RIV Michael Komape

christa ·

so jammer oor die kindjie, al troos is dat hy in die hemel is. Waar was die kind se oppasser? die kindjie was so klein en niemand vergesel hom nie. Die onderwyser moet mos na sulke kleintjies kyk. Jy kan ook nie sommer 2 miljoen eis vir ‘n lewe nie soos gesien in die plaasmoorde. Dis ‘n lewe ontneem.

christa ·

oom Kalahari niks verhoed jou om ‘n bydra te maak nie. Foeitog, As dit uit jou sak moet kom sal jy ook nie bereid wees daartoe nie. Beboet eerder die toesighouer en laat hy/sy betaal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.