Eis van miljoene teen Pippie-chirurg

Dr. Ridwan Mia saam met Pippie en Celiwe. Foto: Facebook

Dr. Ridwan Mia saam met Pippie en Celiwe. Foto: Facebook

‘n Eis van R9 miljoen vir beweerde onetiese gedrag staar Dr. Ridwan Mia en die Netcare-hospitaalgroep in die gesig, het City Press berig.

Volgens die berig het regsverteenwoordigers wat namens die brandslagoffer Celiwe Maseko (6) se ouers optree, Vrydag aanmaningsbriewe aan Mia en die hospitaalgroep gestuur.

Die eis hou glo verband met die trauma, pyn en risiko waaraan hul dogter blootgestel is toe sy vir vier maande lank met oop wonde in die Garden City-kliniek moes lê en wag vir gekloonde vel van die VSA af.

Celiwe se liggaam het die gekloonde vel verwerp, maar ’n gewone veloorplanting is later suksesvol uitgevoer.

Mia het bekendheid verwerf nadat hy in 2012 suksesvol gekloonde vel op die brandslagoffer Pippie Kruger (4) oorgeplant het nadat sy derdegraadse brandwonde opgedoen het toe ʼn bottel aansteekjel in haar pa se hande ontplof het.

Maseko se ouers voer egter aan dat hulle nie voldoende ingelig is oor die behandeling wat hul dogter ontvang het nie.

Mia het aan City Press gesê hy het niks verkeerd gedoen nie en dat Maseko die “beste moontlike behandeling” ontvang het. Hy het gesê hy is gereed om die saak in die hof te beveg.

Jacques du Plessis, besturende direkteur van Netcare se hospitaalafdeling, het gesê die hospitaal kan nie verantwoordelik gehou word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
Maronel

Het die ”agtergeblewenes” nou weer n vinnige manier gevind om ryk te kan word…

Lindie Lourens

Lyk my ook so. Skaam hulle nie vir hulle nie?

Erica

rerig? Gaan Pippie se ouers ooit eendag ophou? Hoe ondankbaar en selfsugtig is hulle nie! Hulle was die oorsaak van haar trauma en nou soek hulle vergoeding vir hulle eie nalatigheid. Geld maak toe monsters van n mens!

Elmarie

@ Erica dit is Celiwe se ouers wat die dr dagvaar nie Pippie se ouers. Ieder geval die dr het goeie behandeling toegepas en kan ek nie dink om watter rede die ouers dagvaar nie, behalwe vir geldgierigheid

Gerhard Bezuidenhout

ja dit is tog so tipies van n sekere bevolkingsgroep. Mens moet hulle nie help nie want hulle soek n geleentheid om n vinnige paar ” bucks ” te maak . Self wanneer hulle werk soek kan suiker nie in hul monde smelt nie totdat hulle op die betaalstaat is , dan begin die probleme.