Eis van Zuma se kop wys op diktatorskap

'n Optoggganger in Johannesburg. Foto via Twitter.

‘n Optoggganger in Johannesburg. Foto via Twitter.

Bathabile Dlamini, president van die ANC-vroueliga, het gesê diegene wat aan optogte deelgeneem het om pres. Jacob Zuma se bedanking te eis, ondersteun ʼn diktatorskap.

Dlamini, ook minister van maatskaplike ontwikkeling, het gesê enige poging om die president uit sy amp te verwyder voor sy termyn verstryk het, sal ʼn gevaarlike presedent skep.

“Laat hy sy termyn klaarmaak en dan kan julle stem [vir ʼn nuwe leier]. Die ANC het gely as gevolg van diktatorskap.” Dlamini het gesê die stembus is die manier waarop leierskapsveranderinge teweeggebring moet word in ʼn konstitusionele demokrasie.

Op ʼn vraag aan Dlamini oor die moontlikheid dat Nkosazana Dlamini-Zuma, voorsitter van die Afrika-kommissie en pres. Zuma se voormalige vrou, die land se volgende president kan word, het sy gesê vroue het ʼn sentrale deel uitgemaak van die ANC se stryd om apartheid omver te werp.

Dlamini het gesê sy glo die land is gereed vir ʼn vrouepresident wat net so goed kan doen as haar manlike voorgangers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Johann Marx ·

Onder korreksie, maar steeds iets om oor te dink: 49 “regime changes in Africa” sedert 1962. Minder as 10% daarvan deur politieke proses (verkiesing), die res almal deur geweld. En ons is deel van Afrika….ek sê maar net.

Pan ·

Ekskuus Mev. Dlamini, die Zumaisme is dan kenmerkend van ‘n diktatorale stelsel? Nou dat hy en die ANC hom/hulself vasgeloop het, word die vinger na ander gewys. Tipies. Julle het vir julself ‘n lat gepluk. VAT DIE PAKSLAE.

Gemsbok ·

Die vermetelheid.

Die presedent is dan reeds geskep toe Mbeki voor die einde van sy termyn deur die ANC herroep is en Kgalema Motlanthe as toesighouerspresident aangestel is.

Wa maDlamini eintlik sê is dit: “Julle witmense is te min om in ‘n verkiesing van Zuma ontslae te raak, daarom sal hy die president bly totdat ons swartmense anders besluit, en tot op hede hou die meerderheid van ons van wat hy doen .”

Gideon ·

Gerieflikheidshalwe sal daar nou mos so opgetree word, want daar was ‘n paar wittes betrokke!! Nou sien ek daar is swart mense wat sê die wittes sit agter die #Zumamustfall en dit is hoekom hulle dit nie ondersteun! Ons wit mense moes liewers ons uit dit uit hou, dan was dit dalk meer treffend!

anna otto ·

En toe Mbeki ook so verwyder is? Al was die metode anders was dit in beginsel presies dieselfde ding. Mrs Dlamini sit die pos ver mis. Openbare verset is n integral deel van die ANC werkswyse. Hoekom is dit nou in die geval van Zuma onaanvaarbaar? Benoude katte maak benoude spronge.

MJL ·

“Dlamini het gesê die land is gereed vir ‘n vrouepresident wat net so goed kan doen as haar manlike voorgangers.” Net so goed? Nê!

Johann Marx ·

Weet jy? ‘n Mens wil partykeer hier sinvolle kommentaar lewer ter wille van ‘n bietjie gesonde debatsvoering, maar HOE lewer jy kommentaar hierop? Hierdie mense maak net hulle monde oop……en die weirdste gemors val daar uit. Wat was nou in haar koppie aan die gang met so ‘n stelling, en dit in die openbaar nogal? As die ANC vir Thabo uit sy pos uit pluk…en Jakoppie indruk……….dan “ondersteun” dit nie diktatoriale gedrag nie? As die mense van die land, wat daagliks hulle gate af werk, en miljarde Rande voorsien waarmee die politici ‘n lewensstyl handhaaf waarvan die belastingbetalers net kan droom……..begin rug styf maak oor swak regering en ongekende vermorsing……deur ‘n “kamtige president” wat nie die titel werd is nie……….dan ondersteun ons ‘n diktatorskap? Ek is so lus om te sê….”Lek jou lippe af…en proe die ekskrement wat jy praat!!” Doffel….

JoeV ·

Wat meer ontstellend is, is dat die persoon ‘n leier van vele is. Die volwassenheid dui op die intelek van elf jarige of jonger wat opsetlik spreek in die toon van self waardigheid, maar nie besef watse absolute twak daar uitkom nie. Mens weet nie of lag of huil die regte ding is nie, net verbaas!

Berhalet Beukes ·

O my jinne Mev. Dlamini, waar kom jý in die prentjie? Net omdat ons almal Jakobus se kop wil sien waai beteken dit nou regtig nie ons wil jou as president hê nie! Genade ons, is almal van hulle sinne beroof? Bring maar liewer Mbeki terug!

n ·

Ons continent le besaai met gevallestudies en SA sal erens tussen hulle inpas. Niks maak ons situasie unike nie. Die vlak van politieke insig wat die regerende party openbaar is skokkend en voorspel swarigheid vir ons volk.

celeste ·

Ons land raak of is al soos zimbabwe. Hulle wil dit so onhoudbaar maak as moontlik sodat die wittes self moet vlug. As hulle besluite maak (wat gewoonlik nie werk nie) dan is dit apartheid se skuld. Zuma en sy nes vat nooit verantwoordelikheid as sy besluite op n gemors uitloop nie. Tot Barkleys wil Absa verkoop. So ontrek alle buitelanders hulle besighede. En hy sit en lag.

Pieter dp ·

Oor en oor sal jy altyd hoor van die bevryding stryd wat die ANC voer. Hulle het vas ge hak by 1994. Soo jamerlik dat dat hul nog in die verlede leef. Ja soo hunker die Swartes na die verlefe waar die land soos die res van Afrika deur dektators regeer word. Waar geweld en die sterkste en wreedste die regeerder is van n volk.

Die res van ons volk sal moet op staan teen die geweldenaars en ons self op hef vir ons eie behoud.

humor ·

Nee dlamini ons kan nie wag tot die volgende verkiesing wag nie. Ons is Afrika en handel maar nou soos Afrika. En ons gaan nie tevrede wees met n volgende onbevoegde korrupte president deur die anc verkies nie

Dee ·

Jy het die stelling gemaak onder die regte naam want dit klink humoristies om te praat asof ‘ons’ ‘n volgende president gaan verkies.

Ek ·

So ver ek weet en kan sien is dit nie net witmense wat aan die optogte deelneem nie…..

Berhalet Beukes ·

Dis die lens van die kamera wat foutief is…. Onthou, in SA is dit altyd iemand anders se skuld! ;-)

Loeis ·

Waarvan praat sy? Wat op aarde het diktatorskap hiermee te doen?

En onder watter diktator het die ANC gely?

En wat op aarde het apartheid met die volgende pres te doen?! As daar een party is wat aan apartheid vashou, dan is dit die ANC!

Dit sal interessant wees om die uitslae te sien as sy vir ‘n IK toets moet gaan…

carel ·

snaaks my komentaar oor die piesangs in die regering is verwyder?

Berhalet Beukes ·

Maar Carl, jy weet dan mos nou ons moet by die voorwaardes en die bepalings hou ander word ons oor die vingers geraps of verwyder. . Ek bedoel vryheid van spraak is ‘n hoogs gekoesterde voorreg wat net vir die “nar…tjies” in die regering daar gestel word. Ek hoop my keuse van vrug is aanvaarbaar? He hehehe

Dan ·

Motlanthe moes by Zuma oorgeneem het, ek is seker dit sou dan beter met die land gegaan het.

Loeis ·

Baie. Ongelukkig ook met die ANC, want Zuma maak hulle ongewild. Wanneer hy waai, klim hulle steun weer.

Rynhardt ·

Nie net is Zuma die probleem nie, maar ook Anc wat ekonomie doodgemaak het. Vir jare het ek in publikasies gewaarsku dat land op chaos afstuur met Anc wat beloftes maak.Vanoggend, na 21 jaar begin die liberale koerant, Die Burger die waarheid uitspel (maar dit is n druppel in die emmer), Pravin Gordhan kan ekonomie nie meer red nie.Dit se alles.Anc vat SA na n rewolusie.

Pierre ·

Uit die aard van my werk probeer ek soveel moontlik lees veral as dit kom by die politiek en ekonomiese issues van ons land. Soos menige Suid Afrikaners was die Zuma sage ook vir my n belangrike en krissis belaaide saak wat elkeen ongeag ras ernstig geraak het. Baie is gese en vanuit ANC geledere is daar soos gewoonlik weereens n groot gewag gemaak van appartheid en rassisme. Opvallend vir my was dat bykans al die kommentaar uit ANC geledere gekom het van die met beperkte insig en die wat ernstig veg vir n voortbestaan binne n Zuma regering. Ek het egter een vraag, waarom word die leierskorps onder die Adjunk President uit die kommentaar gehou, op geen stadium het ons nog enige iets gehoor van hulle nie. Is dit deel van die Zuma diktatorskap om hulle stil te hou en vir hoe lank gaan dit nog so bly. Ek glo geen oomblik dat Cyril Rhamaposa hom, as n kenner van die ekonomie en besigheidsman hom kan skaar by die Zuma bende nie.

Fanie ·

Ja dit laat mens wonder: Wie trek eintlik die toutjies!! Die hele parlement is zombies!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.