Eise vir mediese nalatigheid neem toe

Die RK Khan-hospitaal in Chatsworth in KZN. (Foto: Dept. van gesondheid: KZN)

Pasiënte eis nou meer gereeld en groter bedrae weens mediese nalatigheid en wanpraktyke. Die mees onlangse verslag deur die organisasie Health Systems Trust in South African Health Review, wys dat provinsiale gesondheidsdepartemente jaarliks miljoene rande aan mediese eise uitbetaal.

South African Health Review word elke vier jaar uitgegee en die jongste verslag is in Desember beskikbaar gestel.

Volgens dié verslag was die bedrag wat geëis is weens mediese wanpraktyke in openbare hospitale R104 miljard aan die einde van Maart 2019. Dié bedrag het sedert 2014 jaarliks toegeneem met ongeveer R24 miljard.

““Mediese wanpraktyke het ʼn invloed op toegang tot gesondheidsorg. Dit plaas ʼn reuselas op die gesondheidstelsel wat reeds onder druk is en beperk die bedrag wat beskikbaar is vir die lewer van gesondheidsdienste,” lui die verslag. Die verslag dui daarop dat die toename in die getal eise ook toegeskryf kan word aan ʼn verhoogde verwagting aan die kant van pasiënte, asook strenger maatreëls wat pasiënte beskerm, soos vervat in die Verbruikerswet en Grondwet.

Die Oos-Kaap het die grootste bedrag eise verlede jaar gehad (R29 miljard). Eise in die Wes-Kaap het die minste beloop (R110,5 miljoen). Die verslag wys daarop dat die bedrag wat uiteindelik uitbetaal is weens eise vir mediese nalatigheid en wanpraktyke, toegeneem het van R1,4 miljard in 2018 tot R1,9 miljard in 2019. Dit dui op ʼn toename van 34% binne een jaar. Die meeste geld is uitbetaal in die Oos-Kaap (R797 miljoen), Gauteng (R586 miljoen) en KwaZulu-Natal (R438 miljoen). Die provinsies wat die minste uitbetaal het aan eise vir mediese nalatigheid is die Vrystaat (R3,6 miljoen) en Noordwes (R14 miljoen).

“Behalwe Limpopo en Noordwes was daar ʼn massiewe toename in die bedrag wat jaarliks uitbetaal is aan mediese eise,” lui die verslag.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, sê mediese nalatigheid het ʼn menslike faset daaraan wat nie in geldwaarde gemeet kan word nie. “Die aanhoudende styging van eise vir mediese nalatigheid wys dat die behandeling in staatshospitale nie verbeter en dus nie toegerus is vir die implementering van die nasionale gesondheidsverskering nie,” sê Bloom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anel ·

En dan wil hulle die NGS instel, met mense wat slegs 30% slaagsyfer benodig!!!

Janee ·

Skerp Anel….. en so is ons ook “voorbereid” op die virus….

henndrik ·

Die groot probleme in hospitale is personeel wat die lugversorger temp opstel omdat hulle koud kry en dit skep ‘n idiale groeiplek vir virusse en kieme. Personeel is ook swak opgelei en baie stel nie belang om te werk nie want dit meng in met hulle geselstyd

Kobus ·

En……………………enige vervolgings/skorsings? Dalk moet ANC Lesufi oorplaas.

Marie ·

Ek hou niks van Staatshospitale nie. Het in Desember ervaar hoe dit daar gaan…..

JC ·

Ons land is in vervalling………en da gaan niks verbeter nie…….dis verby!!

Die Hekwag ·

MAAR…… ons is gereed vir die groot virus! *lag my dood*

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.