Ek gaan DA dagvaar oor spioen-bewerings, sê Mkhwebane

busiswe-mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Die openbare beskermer Busi Mkhwebane het Donderdag gesê haar geduld is op met die Demokratiese Alliansie, wat haar daarvan beskuldig het dat sy ʼn spioen is vir die regering. Sy is van voornemens om die party te dagvaar nadat hulle nie om verskoning gevra het nie.

“Ek het hulle genoeg tyd gegee om dit terug te trek en omverskoning te vra, maar hulle het dit nie gedoen nie. Ek oorweeg nou ernstig om regstappe te neem. Die saak het ʼn invloed op die integriteit van hierdie instansie. Ek dink nie hierdie instansie sou daarvan gehou het om deur ʼn spioen gelei te word nie,” het sy tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê.

“Die bewerings is gemaak dat ek ʼn spioen was toe ek in China was, ek het vir hulle geleentheid gegee om dit terug te trek en verskoning te vra.” Sy het gesê sy werk sonder vrees of vooroordeel.

“Ek dink politieke partye het besluit om vir my te stem weens my prestasie en wat ek gedoen het. Ek is steeds toegewyd om sonder vrees of vooroordeel te werk.”

Wat betref ʼn strafregtelike saak teen openbare beskermer Thuli Madonsela nadat sy ʼn klankgreep van ʼn onderhoud met pres. Jacob Zuma uitgelek het tydens haar staatskapingondersoek, het Mkhwebane gesê sy het bloot haar werk gedoen.

“Ons wou hê die polisie moet ondersoek instel wanneer die klankgrepe uitgelek is en wanneer dit na eNCA geneem het, of wie dit ook al was ná adv. Madonsela se termyn verstryk het. Die kwessie van wanneer dit gebeur het, vorm deel van die ondersoek.”

Sy het na bewering ʼn aanklag by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria aanhangig gemaak ná ʼn klag van Zuma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann ·

Ou meisie, jy het nou probleme van jou eie na Madonsela vandag losgetrek het en jou ontbloot het vir wat jy is. Lees gerus wat sy aan die Citizen beduie het, en was sy nie kwaad nie!

Johann ·

Spreek boekdele van haar karakter! Me myself and I voor die belange van Suid Afrika wat bloei onder korrupsie en volksmoord op blankes! Zumaikie uitgeknip!

Vytjie Molefe ·

Ja…né…kleintyd het my ouma altyd vir my gesê :” Jou bek gaat maak dat jou gat slae kry”…dis nou absoluut hier van toepassing…soos Tolla v d Merwe gesê : ” Traai”…

Alida ·

Die hele spul is nou in rep en roer. Hoekom word al die eerlike mense met integriteit nou ondersoek. Die nuwe OB moet haar werk doen en JZ laat ondersoek. Maar nee hulle probeer die aandag aftrek. Los vir Thuli en die polisie kommissaris uit hulle is eerlike mense.

pieter ·

Doen liewers jou werk en vervolg die president en die ANC. Of bedank en doen jou privaat werk dan maar die land se sake is eerste dan joune.

Snuffels ·

Sonder vrees of vooroordeel?
Daar loop ‘n mannetjie rond met std 3 , en 783 klagtes teen hom…. put your money where your mouth is!!!

Yeah Right ·

Siestog en die DA skrik hulle sommer nou morsdood. HOU OP OM ONS BELASTINGGELD TE MORS OP SNERT en bou huise vir die mense wat julle gese het gaan huise kry en skole vir die kinders vir wie julle VERNIET skole belowe het, dan gaan daar minder protesoptogte wees. Maar nee dit gaan weer oor JOU, MADAM GODIVA, niemand mag iets se van jou nie, maar jy spoel kort kort jou mond uit oor ander!

Pietser ·

DA was die enigste party wat teen haar aanstelling was. Waar daar ‘n rokie is,is ‘n vuurtjie.

Bullseye ·

Ek is seker daar is belangriker dinge soos om jou werk te doen?

Leon ·

Doodreg Bullseye…………………of dalk weet sy nie wat om te doen nie, nou soek sy allerlei verskonings.

Alida ·

Los die DA uit en doen jou werk. Ondersoek die miljoene wat gesteel is wat bedoel was vir behuising vir jou eie mense. En moet asb nie No 1 se leêr laat wegraak nie. Daar is 700+ aanklagtes daarin !!!! Bepaal jou aandag aan jou werk sissie.

POP ·

Die DA lede moet net Afriforum lede wees…. dan kan oom Gerrie hulle mos verdedig…. hier kom n ding.

Darius Els ·

Adv Madonsela het nie eis ingestel toe cANCer haar beskuldig sy praat met DA mense oor poltici kriminele nie !Soos so baie ander aanstellings wat in cANCer se stal was en uit die bus geval het,sal jou dag ook kom om uit die bus te val

Sê-maar-net ·

Indien sy regstappe teen DA Neem, hoop Ek sy doen dit op haar eie onkoste en nie op staat se onkoste nie….

Theresa ·

Groot word, hoor! Die hoogste bome vang maar die meeste wind. Moenie tydmors met mense wat om verskoning moet vra nie. Hou jou oë op doelwitte om geregtigheid vir die land en sy mense te behou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.