Ek gaan nie bedank nie, sê Vavi

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu Foto: Werner Beukes, SAPA

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu Foto: Werner Beukes, SAPA

Zwelinzima Vavi, Cosatu se hoofsekretaris, het Sondag gesê hy gaan nie uit die vakbondfederasie bedank nie.

“Dit is ʼn doelbewuste daad van verset, selfs al is dit uiteindelik net simbolies,” het hy aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “Dit stuur ʼn boodskap aan die werkers dat ons nie die organisasie bloot op ʼn skinkbord moet oorhandig nie, en ons moet nie net wegstap wanneer alle alternatiewe om dit te red, uitgeput is nie. Cosatu behoort aan al sy lede, nie net ʼn faksie of ʼn kliek nie.”

Vavi het die perskonferensie gereël om ʼn “belangrike aankondiging” te maak, en talle persone het gespekuleer dat hy gaan bedank.

Vavi het gesê Cosatu is in ʼn finansiële verknorsing. “Die skorsing van die National Union of Metalworkers of SA het ʼn negatiewe impak gehad op Cosatu se finansies,” het hy gesê. “Cosatu leef tans R300 000 buite sy inkomste. Personeellede kon slegs in Februarie en Maart betaal word deur die politieke fonds te stroop, en hierdie bron sal binnekort opdroog.”

Numsa is in November uit die vakbondfederasie geskop. Dié vakbond, met die grootste ledetal van meer as 350 000 lede, weerhou sy maandelikse R11 miljoen-betaling aan Cosatu.

Die sentrale uitvoerende komitee het op 5 Maart aangekondig dat ʼn forensiese verslag oor die beweerde ongerymdhede in die verkope van Cosatu se ou hoofkantoor en die aankope van ʼn nuwe gebou, Vavi impliseer. Die verslag, wat deur die ouditfirma Sizwe Ntsaluba Gobodo opgestel is, het gewys dat die ouditeure, ondanks verskeie pogings, nie in staat was om met Vavi te vergader nie, het die federasie in daardie stadium gesê. Daar was ook bewerings dat Vavi se stiefdogter betrokke was by een van die maatskappye wat aan die hoofkantoor-transaksie gewerk het.

Vavi het nie die komitee se vergadering op 2 Maart bygewoon nie, omdat hy op daardie dag ʼn hofsaak in die Pretoriase hooggeregshof teen die mynmaatskappy Aurora bygewoon het.

Die vakbondfederasie sukkel met vakbonde wat óf Vavi óf Cosatu-president Sdumo Dlamini ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.