‘Ek gaan nie hul lam ter slagting wees nie,’ sê ANC-LP

Dr. Makhosi Khoza, ANC-LP (Foto: Facebook)

Makhosi Khoza, ANC-LP, het haar party Vrydag veroordeel ná ʼn verklaring deur die hoofsweep van die party wat gesê het sy is “buite orde” nadat sy met ʼn publisiteitsveldtog begin het ná die party se nasionale beleidskonferensie.

“Ek sal nie hul lam ter slagting wees nie,” het sy aan die African News Agency gesê tydens ʼn telefoongesprek in reaksie op die verklaring deur Jackson Mthembu, wat Vrydagmiddag uitgereik is.

Khoza het gesê Mthembu het haar Vrydagoggend gevra of sy bereid is om “die gevolge te dra” van haar optrede by die beleidskonferensie.

“Ek weet hulle gaan my aankla, hy het dit vir my gesê, maar hy het nooit gesê dat hy dié verklaring gaan uitreik nie,” het Khoza verduidelik.

Mthembu het in die verklaring gesê die party veroordeel die feit dat Khoza “besluit het om haar eie perskonferensie te hou op die kantlyn van die beleidskonferensie”.

“Comrade Khoza is as ʼn lid van die ANC se parlementêre koukus na die beleidskonferensie uitgenooi en is dus buite orde om deel te neem aan parallelle aktiwiteite op die kantlyn van die beleidskonferensie oor inhoud wat niks met die konferensie te doen het nie,” lui die verklaring.

Khoza het by die konferensie aan eNCA gesê sy het ʼn brief aan Baleka Mbete, speaker van die parlement, gestuur en versoek dat sy “mooi sal dink” wanneer sy besluit oor ʼn geheime stemming wanneer die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma gedebatteer word. Sy wag nog steeds vir ʼn reaksie, het sy aan ANA gesê.

Mthembu het in Vrydag se verklaring gesê die party het dit reeds duidelik gemaak dat daar van LP’s verwag word om teen die mosie van wantroue te stem. “Ons het dit deurgaans bekend gemaak dat ons nie saam met die opposisie sal stem om ons ANC-regering uit die amp te verwyder nie, ongeag of dié mosie deur ʼn geheime of oop stemming gehou word.

“ANC-LP comrade dr. Makhosi Khoza het intussen die afgelope week met ʼn publisiteitsveldtog begin waar sy sê dat sy nie in ooreenstemming met die ANC gaan stem tydens die mosie van wantroue nie.”

Mthembu het gesê Khoza het ANC-LP’s in ʼn “negatiewe lig gestel” met haar onderhoude deur te sê dat sy twyfel of die ANC-LP’s die “nodige moraliteit het om hul eie besluite te maak”.

Hy het gesê die party neem “ernstig aanstoot” deur die verklaring, aangesien dit die kaliber van ANC-LP’s bevraagteken.

Khoza het aan ANA gesê sy respekteer Mthembu en bevraagteken nie sy outoriteit nie, maar dat hy nie die omstandighede van haar uitlatings in ag geneem het nie. “Ek het reageer op dit wat [polisieminister Fikile] Mbalula gesê het,” het sy verduidelik.

Mbalula het tydens die konferensie diegene in die ANC, wat teen die ANC stem, met “selfmoordbomaanvallers” vergelyk.

Khoza het gesê uitsaaier eNCA wou by haar weet of sy kommentaar het oor Mbalula se uitlatings en sy het haar reaksie gegee.

“Indien ʼn lid van die ANC en die minister van polisie dit wat ek gesê het, of mense soos ek wat deurgaans doodsdreigemente ontvang en deurgaans geïntimideer word, met selfmoordbomaanvallers vergelyk, wie gaan my beskerm as die polisie nie eers reageer op die twee kriminele sake wat ek aanhangig gemaak het nie?” het sy gesê.

Ondanks versoeke vir lyfwagte, het Khoza gesê Mbete het nog nie hierop reageer nie.

Sy het gesê Mthembu het nêrens in sy verklaring genoem dat hy ook met Mbalula oor sy uitlatings sal praat nie. “Ek gaan nie die lam ter slagting wees nie – waar mense my as ʼn ongedissiplineerde persoon beskou nie,” het Khoza bygevoeg.

Sy het gesê dit wil voorkom of Mthembu onder druk is om uitsprake teen haar te maak om ʼn rede te hê om ʼn klag teen haar te lê. “Ek het vir hom gesê ek is gereed om die gevolge te dra en het vir hom verduidelik wat die konteks van my uitlatings was.” Sy het gesê sy sal ook op haar Facebook-blad reageer, “want dit is die enigste platform wat ek kan gebruik”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

MissDemeanor ·

Dankie tog dat daar iemand is wat bereid is om op te staan vir dit wat reg is ( een van min in die ANC). Besef die ANC nie dat dit juis in hul voordeel is om van Zuma ontslae te raak nie?

Chris duPreez ·

Sy gaan geskors word omdat sy dit durf waag om haar eerlik,en opregheid teen Zuma uit te spreek

Rich ·

Respek Dr.Khoza…jy kan maar solank jou CV uitstuur…jou ou “buddies” gaan jou wegsmyt soos gister se ou bad water…kan jou integriteit gebruik in my besigheid.

Jacques Venter ·

In n geheime stemming mag van die opposisie vir Zuma stem omdat hy vir hulle n groot stemwerwer is.
Hoe sal ons weet.

Ander Annie ·

Dr Khoza is ‘n vrou van format. Ons het baie van haar nodig.

Eish ·

Obedience without question!
Loyalty above all!

Die film Riddick met Vin Diesel.

Albert Juergen ·

Dis ‘n vrou met murg in haar pype en sy besef sy is in die parlement daargestel deur die kiesers van die land en sy is daar om haar kiesers en die land te dien, en haar land se belange eerste te stel, nie haar party se belange nie!

MissDemeanor ·

Presies en as die ANC dit sal besef en as die eerlike mense kans kry om te lei dan ssl die ANC nog baie baie nuwe stemme kan werf.

Werner ·

Dit klink so bekend. Waarvoor het instansies beleide, as dit nie toegepas word nie?

Werner ·

Dit klink só bekend. Waarom het firmas/instansies/partye beleide as dit nie toegepas word nie?

MCH ·

Dit sal jammer wees indien sy die duurste prys moet betaal vir haar optrede. Sy het beïndruk as voorsitter van die parlementêre komitee vir staatsdiens en administrasie. Goed geleerd en bekwaam.

Ben ·

Stem Saam met Willem hierbo. Die mense will nie noodwendig van die ANC onstslae raak nie, maar let wel die Korrupsie, “State Capture”, Leuens vand die leiers en die Rassisme. Die ANC beskik nie oor goeie leiers nie. ‘n Goeie begin punt sal wees om die eienskappe van ‘n goeie leier te identifiseer. DIe ander term “White Man”sluit in baie ander nasies, onder ander Britanje, Duitsland, Portugal, Spanje,Frankryk,Rusland,Australia, Noord Amerika,New Zealand ens. So beledig en dreig jy die “White Man”, raak jy aan al die ander Nasies. Begin ‘n bietjie dink ANC.

al ·

Ek het die grootste respek vir jou dr Khoza.
Jou wysheid, kundigheid en integriteit kan van onskatbare waarde wees vir ander politieke partye.
ANC het klaar gewys aan wie se kant hul is, en dis nie aan die kant van die mense nie.

Ander Annie ·

Ek stem saam met jou @Mielie. Hierdie land het haar baie nodig.

Johanna Botha ·

Die poletieke wereld is die Hollywood vir dom lelike mense !

John ·

Beweeg die ANC nou in die rigting van Noord-Korea met totale onderdanigheid en aanbidding van die leier, of… Of was dit nog maar altyd die rewolusionere groep se bestuurstyl… vandaar die baie grafte van uitgewekenes wat glo agtergelaat is in die opleidingskampe in Noord-Afrika… ?

Vryheid ·

Ag tog Khoza sê n paar “regte ” woorde nou dink almal sy is ons maaitjie. Wanneer die paw paw die fan strike sing sy n ander deuntjie

al ·

Sy het nog nooit haar deuntjie verander nie. Sy staan by vir wat reg is. Wat ñ vrou! Sy is ñ ystervrou soos Thuli Madonsela!

LB S ·

Ek het al met die SAUK kommissie baie respek vir hierdie vrou gekry. Daar het sy hulle reeds aangevat. Baie regverdig en opreg. ‘n Vrou van staal, inderdaad. Sy kan maar President word.

Ronell ·

Ek vertrou sy sal op haar regte staan en nie toelaat dat die intimidasie haar onderkry nie. Belaglik dat sy nie ook vryheid van spraak mag geniet nie.

Gerrie ·

Ou Jackson Mtembu’s nie bang,
Maar sal na sy paycheck verlang.
Dus speel hy maar saam
in die ANC raam
en bly so deur Zuma gevang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.