‘Ek glo ek is geloofwaardig’, sê NDOV-kandidaat

Simphiwe Mlotshwa, voormalige waarnemende DOV in KwaZulu-Natal. Foto: Jacques Naude/ANA

Die paneel wat op die been gebring is om aanbevelings aan pres. Cyril Ramaphosa te doen oor wie die volgende nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) moet wees, het Vrydag adv. Simphiwe Mlotshwa, voormalige waarnemende DOV in KwaZulu-Natal, gepols oor sy geloofwaardigheid tydens sy onderhoud vir dié invloedryke pos.

“Ek dink ek is geloofwaardig met betrekking tot die NVG-waardes waarna die voorsitter [Jeff Radebe] verwys. Ek voldoen al die afgelope 18 jaar tydens my werksaamhede by die NVG ten volle aan hierdie waardes,” het Mlotshwa gesê.

“Ek glo ek is geloofwaardig, want al die besluite wat ek by die NVG geneem het, is nog nooit betwis nie. Geloofwaardigheid lei daartoe dat ʼn mens op ʼn persoon kan staatmaak. In daardie aspek sal ek sê ek is ʼn geloofwaardige persoon en ʼn mens kan altyd op my staatmaak, elke keer as ek ʼn besluit moet neem.”

Die paneel het tydens die onderhoud deeglik deur die Pietermaritzburg-advokaat, wat in 2015 by die NVG weg is, se CV gegaan. Die CV is ʼn aanduiding daarvan dat Mlotshwa ʼn ver pad gekom het sedert sy dae as skoonmaker by ʼn paneelklopper in 1993.

Mlotshwa het herhaaldelik die pos as vervolgingshoof in KwaZulu-Natal verloor nadat hy in 2012 geweier het om toe te gee onder druk om aanklagte teen senior ANC-leiers in die provinsie te laat vaar.

Ná Mlotshwa was daar slegs een kandidaat oor wat deur die paneel ondervra moes word. Die laaste onderhoud was met adv. Shamila Batohi, nog ʼn voormalige DOV in KwaZulu-Natal. Batohi was sedert 2009 ʼn senior regsadviseur vir die aanklaer van die Internasionale Misdaadhof.

Die paneel moet ná hierdie onderhoude minstens drie kandidate by die president aanbeveel waarna Ramaphosa die finale besluit en aanstelling sal maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SC ·

Skoonmaker seker beter as gevangenes wat tans dien in die kabinet

Meester Manupileerder ·

Tragies om op te merk dat ons minderheid nie eens meer vorder van advokaat tot skoonmaker nie…

John ·

Staatmaker van wie en van waar al vir 18 jaar… en ons met sekerheid se ons ou landjie is kaput en klaar. 007 is ook baie geloofwaardig, ou swaer, en Superman en Batman en Tarzan en en… self my papagaai praat die waarheid as ek so se. Miskien moet ons die ndov afskaf. Dit kos net geld en die waarheid bly so onsigbaar soos ‘n spook in die dag.

zoom zoom ·

Vra my broer Jack hy lieg net soos ek.
Almal het gedink dat ou Cyril ook okay is en geloofwaardig is en toe lieg hy vir die wêreld en vir die parlement oor R500 000.

So wat is die man se claim for fame.

Gert ·

Leuens en nogmaals leuens Dis waarop Parlement gebou is. Geen integriteit, geen moraliteit, geen Patriotisme, ens. Alles waaraan hulle vat kom uit n gemors.

Hanna Hoekom ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid… En dis hoekom die land in sy kanon in is! As jy swart is, is jy blykbaar net die regte ou vir die job. Wie wil nou kundigheid he?

Kierie ·

Die President gaan een van die vrouens aanstel. Nie dat enigeen van hulle noodwendig die regte keuse is nie. Hulle het in die onderhoude die regte goed gesê. Soos die huidige OB. En kyk wat het ons gekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.