“Ek glo nie Oscar se storie nie,” skryf Reeva se ma

June Steenkamp in die hof Foto: Masi Losi/Pretoria News/Pool (SAPA)

June Steenkamp in die hof Foto: Masi Losi/Pretoria News/Pool (SAPA)

Reeva Steenkamp se ma glo nie Oscar Pistorius het haar dogter per ongeluk doodgeskiet nie en voel Suid-Afrika se regstelsel het haar in die steek gelaat, volgens haar boek wat Maandag uitgegee is.

June Steenkamp skryf in “Reeva, a mother’s story” dat sy glo Pistorius het haar dogter doodgeskiet nadat hulle stry gekry het en dat die paartjie se verhouding besig was om tot ʼn einde te kom. “Ek glo nie Oscar se storie nie,” skryf sy in die boek.

“Niks van sy optrede dui daarop dat hy beskermend teenoor haar gevoel het nie. Hulle het baklei, ‘n verskriklike argument gehad, en sy het met haar selfoon na die badkamer gevlug en die deur gesluit,” skryf Steenkamp in die boek oor wat sy dink op 14 Februarie 2013 gebeur het.

“Ek dink hy het een keer geskiet en toe moes hy voortgaan om haar dood te maak, want sy sou in staat gewees het om die wêreld te vertel wat regtig gebeur het, wie hy werklik is. Daar is geen twyfel in ons gedagtes: sy het besluit om Oscar daardie aand te verlaat.” Volgens Steenkamp het haar dogter aangedui dat sy en Pistorius nog nie seks gehad het nie.

“Ek glo hulle verhouding was besig om tot ʼn einde te kom. Dit was Reeva se slegte geluk dat sy hom ontmoet het, want vroeër of later sou hy iemand doodgemaak het. Ek glo dit.”

Steenkamp het ook die pyn beskryf wat sy gevoel het omdat sy nie haar dogter kon help in haar tyd van nood nie, die medikasie wat sy vir angs moes gebruik en van haar man, Barry, se onlangse beroerte.

“In ons ergste verbeelding, kan ons ons net voorstel hoe bang sy moes gewees het om agter die deur weg te gekruip het, met niemand om haar te beskerm nie.” Steenkamp het bygevoeg dat sy Pistorius graag sou wou ontmoet om hom vrae te vra. “Ek het hom vergewe. Ek moes – dit is my geloof. Maar ek kan nie vergeet wat hy gedoen het nie. Ek haat wat hy aan my kind gedoen het.”

In die boek beskryf Steenkamp die pyn wat sy vir sewe maande tydens die hofsaak moes verduur. “Ek voel die regstelsel het my in die steek gelaat.” Sy beskryf Pistorius se weergawe van die gebeure as “vaag en ontwykend”.

“Ek was so geskok dat hy daar gestaan en onskuldig gepleit het op elke enkele aanklag. Hoe kan hy dit sê as Reeva dood is en hy haar geskiet het? Hy moet vir die res van sy lewe leef met die wete van wat hy gedoen het.”

Klik hier om alle vorige berigte te lees wat met die hofsaak verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Peter Says ·

June, ek is geneig om saam met jou te stem…Feit is…Het o n gewete ???

leon ie ·

Hierdie Oscar en Reeva saak is nou al wragtig holrug gery. June Steenkamp is agter geld aan en dis al. Elke keer wat sy met die media praat kry sy seker geld daarvoor. Haar dogter was ook defnitief nie ‘n engeltjie nie!! Ek kies nie kant van een van hulle nie maar wragtig dis nou ou nuus!

anoniem ·

Ek wens June Steenkamp wil nou ophou en laat sy nou maar boeke skryf om geld te maak. Hy het
sy straf gekry wat wil hulle meer he. Ek gaan definitief nie boeke skryf vir geld as my kind oorlede is nie. Net Reeva en Oscar weet wat daardie aand gebeur het. Hoe kan jy boeke skryf as jy nie daar
was nie.

Dirk ·

Aanvanglik was daar groot medelye met June Steenkamp, toe sy in die hof gese het sy is tevrede met die uitspraak kon ‘n mens nie anders as om haar te bewonder nie. Maar toe kom die eerste bom deur haar bewering dat “Reeva en Oscar was nie seksueel betrokke was nie”. Onmiddelik besef jy die tannie het nie ‘n clue wat aagaan nie. Nou is die vonnis ook nie meer reg nie en sy is in die steek gelaat deur die hof.

Mishka ·

Kan ek antwoord Peter? Nee, OP het nié ‘n gewete nie. Het julle sy gesigsuitdrukkings dopgehou tydens die hofsaak? As dit hom pas tjank hy, dan gryp hy na die emmer en dan is daar ‘n grin op sy bakkies. Hy het al die aandag terdeë geniet en geweet waar sy brood gebotter is. Daarom is my hoop en vertrou dat Gerrie Nel se appél slaag dat hy kry wat hy verdien en beslis nie ‘n vyfster tronkbehandeling nie!

Susan ·

Ja June jou fonteintjie het nou opgedroog… probeer maar boeke skryf..jy was mos daar!!

MartinLJ ·

Ek was vanaf dag een nie beindruk met OP se houding nie. Ek glo hom nie en hy het gekry wat hom toekom.

Ek begin egter nou moeg raak vir June se nonsens.Dis verby, los dit nou. Sy moet maar wag vir haar boek se geld. Lyk my dis waaroor dit gaan.

Ghost ·

Stem saam, min mense glo wat hy vertel, en ja ek sal nie eers dink daaraan om n boek te skryf nie. Sy se haar geloof moet haar laat vergewe. June ek jou eending se, was dit my dogter sou ek nie so maklik vergewe het nie, en ja dis miskien verkeerd maar ek sou wraak wou neem, veral omdat hy so lig daarvan afgekom het. En ek weet klomp gaan se dis verkeerd om wraak te wil neem. Dis tien keer erger om iemand se lewe te neem.

jjobson ·

June die boeke skrywery sal jou in i miljoener ontpop- mammie June respekteer die hof se beslissing. In die berig meld jy van seks- hoe weet jy? i Kind sal nooit i ouer sê dat hy geseks het nie.

Patat ·

Is dit net ek, of is daar ander wat ook soos ek voel oor die woord “seks”?

Hoekom praat ons nie van “omgang” of soos die Bybel “vleeslike gemeenskap” nie? Ook word die daad in die Bybel as volg beskryf: “die man het by die vrou ingegaan”. Wat van “geslags-gemeenskap”?

Die woord “seks” kom tog van die Engelse woord “sex”, wat in Afrikaans “geslag” beteken.

jakoos ·

Maar jy het vergeet van die woord “beken”. Dis darem baie mooier om vir ‘n meisie te se^: “Ek wil jou graag beken”. Daar is van hulle wat sommer se^ ja want hule dink jy wil hulle beter ken. (wel, ja, soort van).

Daai “ingegaan” woord klink vir my baie pornografies – net so erg soos daardie borsbeklouery in Hooglied. Hoe kon die EEN wat die Bybel gskryf het sulke skurwe pornografie toegelaat het?

Patat ·

lol Jakoos… :-)

Beken is ook mooi, ja.

Is dit nie maar net vuil gedagtes wat Hooglied onder pornografie klas nie?

spikkel ·

Ja wat, haal my oor die kole vir die een, maar ek is al so moeg vir daai “pruimgesiggie” ek kan skreeu en wat maak dit saak of Oscar op n goeie troon sit en sy ding doen of nie. Ek dink baie mense is al moeg vir die geldwolf en die tronkvoël se nuus. Sy gaan nog n boek skryf en n “movie” maak, daai vrou sien net geld. Mens kan dink wat jy wil, maar net Oscar en Reeva weet wat daar gebeur het en al huil en spuit hy in n emmer en lag, wat maak dit saak, hy lewe en kan tog nie vir ewig op n hoop sit en nooit weer lag nie.

Leeutjie ·

Spikkel jy slaan die spyker op die kop! Ek het toevallig net vanmore gedink as sy haar mondhoeke kan lig (net effens) gaan sy beter op die foto lyk. Afgeremde mondhoeke spreek ‘n beeld van bitterheid. Dit wat binne in jou aangaan weerspieel dit na buite en ek sien nie iets moois in ‘n afgeremde vrou met mondhoeke wat afwaarts wys nie….

jjobson ·

Mammie June baie het al geliefdes verloor,is begrawe en het net die mooie herinneringe in hulle harte gestoor. Jou hardvogtigheid gaan jou verwoes en dan sal jou boekinkomste nie eens jou kis kan betaal nie- kry vir jou i TEDDIE wat tussen jou en manlief slaap-miskien wakker dit julle hormone aan ipv haat.

Annelie ·

Nie dat die mense se sekslewe kritiek tot die saak is nie, maar sy noem dat hulle nie seks gehad het nie. Die whatsapp boodskappe tussen die twee dui weer iets heeltemal anders.

charmaine ·

Ek stem saam met Marcel,omdat sy haar arm, werklose ouers moes onderhou was sy gedwing om ryk mans te soek. As Mammie so hartseer was en vol haat waar het sy tyd gekry om n boek te skryf? en wie dink sy gaan dit koop en lees, ek lees eeder Mills&Boons!

Die gesegde is so waar: Die een se dood is n ander se brood(al is die brood gemuf). Volgende gaan sy seker vir Leon van Nierop vra om n fliek te maak. Dink solank aan n naam…….

Oodie ·

Genade was sy dan ‘n heilige – sy het dan by so baie boyfirends gekuier – nou word sy as n engel opgehemel – moeg van die storie. Asb. June, jy is nie die enigste wat ‘n kind verloor het nie. Kom by en gaan aan met jou lewe.

moegoe ·

As ek June was,sê ek manlief die OUETEHUIS roep en ons leef op STAATSPENSIOEN. June maak haar naam GAT met haar geldgierigheid deur onwaarhede in i boek te vervat- Ek sal nooit die SNERT BOEK koop nie.

Willie ·

June, as die geld begin inrol van jou boek, sal jy asseblief net iets aan jou haarstyl doen?

taaitoffie ·

June jy is i taai koekie,vind berusting asb. Reeva was i model en eige ryk man sal by Reeva wou ingegaan het (Patat). i Verhouding is menigmal seks (ingegaan) gebonde.

Rieks ·

Mag ek nooit in die situasie wees waar ek een van my geliefdes verloor en die hele wêreld hardloop daarmee rond asof geen mens ‘n hart in hom/haar het nie… Hierdie mense kry nie afsluiting van hierdie hoofstuk wat nou al DEUR gelees is nie. Daar is ‘n begin en ‘n einde vir alles. Om te vergewe is ook die eerste stap om daardie hoofstukke van die lewe te probeer verstaan en aan te gaan met die lewe. Party mense glo om te skryf help – hoop net dit is nie net skryf omdat skryf skryf is nie..

Denise ·

Ja nee wraggies, die June vrou omskep nou al die gebeure in ‘n goedkoop vrolike sirkus roman! Reeva was kwansuis hierdie engel, maar kyk hoeveel lovers het sy nie gehad nie. Boonop as sy so gewild was hoekom het ons eers van haar gehoor na sy geskiet is. Kyk na die fotos wat van haar verskyn het in die tydskrifte, altyd half kaalgat en alles wat uithang. En dan…… hulle het nie seks gehad nie, komaan June, get real!!! Verseker praat ek nie goed wat OP gedoen het nie, maar dis nie enige een, selfs nie eers June se plek om hom te oordeel nie. Ek stel voor jy gaan aan met jou lewe maar soos ander mense ook hier tereg gese het jy sal aanhou en aanhou want geld praat hard!!!

Marie Jacobs ·

Eers tevrede nou nie meer nie. Ek stem saam sy wil nou net geldjie maak.

amelia ·

Al die mense wat hier so graag ‘n eier le………….is jul kind al doodgeskiet deur iemand wat voorgegee het dat hy/sy lief is vir haar/hom. Geen menslike straf sal genoeg wees nie. Vat ‘n lewe en betaal met jou lewe. En almal wat so vergifnis en vergifnis preek en skree…….gaan sit ‘n oomblik stil en dink die gebeure in jou lewe in. Geen geld kan jou kind koop nie! As my dit indink, wil my hart gaan staan! En my kind sorg nie vir my nie, ek leef van elke oomblik se ek is lief vir jou mamma!

Ghost ·

amelia stem 100% saam jou. My kind is my alles en ek dink geen ouer verdien dit dat hulle kinders moet weg geneem word voor hulle nie, wat nog te meer deur so iets. Ek sou van my kop af gaan en wou wraak neem as dit my kind was.

Wonder net ·

Ok ek verstaan hulle het hulle dogter verloor en ja stem nie saam met die straf op legging nie nee maar dis wat die wet besluit en ons moet met dit vrede maak maar dis nou oor en verby. My vraag is die volgende hoekom hou hulle nou aan oor die hele aangeleentheid en bly ou wonde oop klap. Ek persoonlik dink Oscar se gewete sal hom pla en hy moet met dit wat hy gedoen het of dit nou ñ ongelik was of opsetlik, met dit saam leef en op sy eie tyd moet hy met dit vrede maak. Om nou so in die openbaar so te gaan is ñ biekie te veel nou. En ñ mense begin regtig dink of die nie net n geld storie is nie, jammer om dit te sê maar is die nie dalk n “cash cow” nie. Kom ons maak vrede met die verlede en kyk voorentoe en vergewe mekaar al is dit hoe moeilik!

Marie Jacobs ·

Ek stem saam Lana, die geldjies raak min. En na al die opwinding van onderhoude ens soek sy nog vir oulaas ;n bietjie aandag.

Lana Badenhorst ·

Hoekom nou met al hierdie goed uitkom tannie June? Hoekom het jy nie jou saak in die hof tydens die verhoor gestel nie. Nog geld dalkies?

Beroerd ·

Kyk al wat ek sê is dat tannie June vooraf besluit het om nie in die hof te getuig nie, want dan sou sy nie material gehad het vir haar boek nie, wie wil nou betaal om ‘n boek te lees as die media alles uitlap….! Sy is slimmer as wat ons dink. En ek stem saam haar enigste verlies is die feit dat haar fonteintjie opgedroog het die oomblik toe haar kind dood is. Veragtend….!

Drika Kruger ·

Vergifnis gaan jou vry maak June. En dit is onvoorwaardelik. Niks gaan jou kind terug bring nie. Elkeen gaan in elk geval verantwoording doen vir elke woord en daad voor ‘n Hoër gesag eendag. Mag jy vrede vind.

jansen ·

Jul almal mis die punt .hy het nie die reg gehaad om haar dood te skiet nie .wat. Sal jul gese as dit jul dogter was

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.