Ek haat nie wittes nie, maar hulle kan nie alles hê nie – Zuma

Pres. Jacob Zuma Woensdag (31 Mei 2017) in die parlement waar hy die presidensie se begroting ter tafel gelê het. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Pres. Jacob Zuma het Donderdag gesê hy haat nie wittes nie, maar hy het gesê hy sal die waarheid praat – dat wit mense nog steeds voordeel trek uit die land se rykdom, veral wat grondeienaarskap betref.

“Mens kan nie ʼn situasie hê waar daar mense is wat grond het en hulle weet nie wat om daarmee te doen nie. Ander persone het nie ʼn enkele hektaar nie,” het Zuma gesê. “Daar is diegene wat ander beroof en hulle arm laat.”

Zuma het ontken dat die herverdeling van grond deur “Zimbabwe-agtige” grondgrype sal plaasvind, en gesê die regering sal die “ongeregtighede” van die verlede “binne die Grondwet en die wet” regstel.

Hy het egter ʼn deur oopgelos vir veranderinge in wetgewing, en gesê indien nodig sal wysigings aan die Grondwet aangebring word.

“Wat wil ek hê moet wit mense doen? Kom ons sit en kry ʼn oplossing, sodat daar geen Suid-Afrikaner kan wees wat niks het nie, terwyl ander alles het nie. Ons wil hê alle Suid-Afrikaners moet voordeel trek uit die welvaart van die land, ongeag kleur of geskiedenis.”

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, wat by Zuma wou weet wat hy teen wit mense het, het daarna reageer en gesê: “Geagte president, ek aanvaar jou uitnodiging. Ons kan gesels.”

Zuma het gesê hy haat nie wit mense nie en hy dring daarop aan dat sy regering en die regerende party in nie-rassisme glo. “Ek was saam met hulle in die loopgrawe. Ek was saam met wit mense in die oorlog vir vryheid.”

Hy het bygevoeg indien enigiemand wit mense wil doodmaak, sal hy een van die eerstes wees om hulle te verdedig en vir hulle sal baklei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

Annette Stander ·

Die wittes het GEWERK vir dit wat hulle het. Hulle het dit nie GESTEEL nie Zuma!!!

Jan Jooste ·

Van steel gepraat: Zuma moet asseblief verduidelik hoe Guptas biljoene maak uit SA, onder andere die R 5,3 biljoen uit die lokomotiefkontrakte. Ander het niks maar sy vriende versuip in die geld.

Johannes van Rooyen ·

Geen witmens het nog ooit die land en swartmense so beroof soos ZUMA EN DIE ANC nie die feite is algemene kennis

Pieter ·

Die man is ‘n meester in aandag aflei. Die een agter die deur wat die meeste lawaai maak. Hy lieg. Hy haat ons verseker.

Kaspaas ·

Praat die grootste dief van almal. En die staat of Gupta sindikaat sit met die meeste grond in die land so hy praat van sy eie misdaad sindikaat wat die grond het

Annette Stander ·

Jy kan net voordeel trek as jy jou pote uitsteek en werk daarvoor. Nie agteroor sit en wag dat dit uit die lug uit val nie. Mandela se stowe, yskaste en wasmasjiene het toe nie neergereen nie. Die voorvaders het julle gedrop!

LB ·

Is ek net dom van oormoeg wees of sê Zuma hy sal vir die wat wit mense doodmaak verdedig en baklei?? Klink asof hy toestemming gee om te moor? Dat hy vir die witman sal baklei kan dit nie wees nie, hy weet tog seker van plaasmoorde, hy hoor seker van die talle ander moorde soos in Stellenbosch en hy rep geen woord daaroor nie!!!

Martin ·

Duidelik het hy lank laas deut die land se strate gery. Nie alle wittes besit alles en trek voordeel uit die land se welvaart nie. Die ou met die vuil kombers en gombottel op die hoek is wit. Die ou met die blink Dodge wat hom geld gee vir gom is swart. Hoe nou? Witte te sleg om te werk, swarte wat voordeel trek uit die welvaart. Of hy hard werk daarvoor, weet ek nie.

Renier ·

Dis reg soos vorige skrywer se. Ons werk daarvoor en die ander belangerike feit ons breek en verwoes en brand nie af nie.

Snoepie ·

Eks nou dom verby? Ek verstaan glad nie sy laaste stelling nie? As dit waar is; hoekom baklei hy nie vir die wit boere wat so uit gemoor word ni??? vra maar net

Chaparel ·

Hy se hy sal een van die eerstes wees om ons witmense te verdedig en vir ons sal baklei , ag asseblief waar was jy die afgelope jare waar ons witmense aangeval en vermoor is.
Nee Zuma lyk my jy begin agterkom dat jy gefaal het as president en nou wil jy die roer totaal in die ander rigting gooi, snaaks ne eers uitbasuin kill the boer en dan te se jy haat nie wittes nie.

A. Mac ·

So, eintlik wat hy sê is dat hy en sy trawante meer soek om hulle sakke mee vol te stop. Wonder wat sal gebeur as ek sê “ek haat nie swartes nie, maar ……”. Sekerlik sal ek as rassis uitgeskel word. Dit wat die wittes het het hulle voor gewerk, bittermin is gesteel en opgeeis of net gevat.

pieterdp ·

N slang vat sy lesse by Zuma wat met sy gespete tong die kins vol maak het om sy prooi te verlam.
As zuma dink als het uit die hemel op ons skoot neer gereen maak hy n groot fout.
Nie ek wat al reeds 58 is besit grond nie. Sal hy dalk vir my ook gee.
By gesê ek werk dag na dag my self in die grond in.

Apie ·

Dem ou zumpie, jy verwar jouself met al die nonsens wat jy praat. Kry asb tog breins!

Jakobusj ·

Genade, wat ‘n antwoord is dit soos per daardie eerste sin, dan gebruik hy dit as verskoning en rede waarom hy die wit mense so uitkryt. Nou maak hy die wit mense die vark in die verhaal. Is dit nie ‘n ander gesprek nie? Dit mos nou sweet dinges te doen moet of die wit mense het of nie en of die swart mense het of nie. Zuma het nou net die blaam verskuif, dus gaan hy maar net aan op sy ou trant.

En Pieter Groenewald het geval daarvoor, nou aanvaar hy Zuma se aanbod om te gesels. Dus as Zuma gekry het wat hy wil hê, sal hy nou nie meer die witmense slegsê en rassehaat teen die witmense aanblaas nie. Hierdie is mos nou twee aparte gesprekke en het bokker… met mekaar te doen. Waarom het Pieter nie vir Zuma daaroor aangevat nie? Genadige Vader!

Pieter Groenewald ·

Jakobus duidelik verstaan jy nie hoe die parlement werk nie. Jy vra hoekom vat ek hom nie aan nie. Dit is presies wat ek doen deur die uitnodiging te aanvaar. In daardie gesprek sal ek hom juis aanvat. Toe Zuma geantwoord het in die parlement het net hy ń spreekbeurt en niemand anders nie. As jy gekyk het sal jy verstaan hoekom ek ń punt van orde geneem het. Die reëls laat nie toe dat jy in ń debat met hom kan gaan nie en die vorige dag het ek net 4 minute gehad om iets te sê. Met aanvaarding vd uitnodiging gaan ek beslis nie met 4 min hê nie. Ek aanvaar jy verstaan nou

Ai ·

Ja Jong, dieselfde deuntjie oor en oor. Kan iemand asseblief vir my se waar is my rykdom want ek het dit seker misplaas….

Rynhardt ·

Zuma se hy haat nie wit mens nie, maar hoekom volhard hy en Anc met regstellende aksie teen wittes vir 23jaar?? Dan wil ek ook van Zuma weet, daar is 85000wittes die afhelope 23jaar vermoor(almal bly tjoepstil daaroor), hoe verduidelik u dit?? Verder het wittes gewerk vir wat hul het en het hulle SA opgebou.Hulle roof nie alles met roofwetgewing nie! Hul steel ook nie belastingbetalers se geld om luukse wonings te bou nie!

LATIE ·

WAAR WAT JY SE EN DUM GUD KANI DOEN NIE EN WEET NIE HOE NIE

Jakobus ·

Pieter Groenewald, as Zuma hierdie antwoord vir ‘n Regter sou gee, sou die Regter hom gevra het, wat dit met die prys van eiers te doen het, dit gee jou nog nie die reg om witmense in die openbaar die skuld vir als te gee wat nou in die land verkeerd gaan. As ‘n mens haatspraak teenoor ‘n ander persoon uiter, dan gaan die Regter nie vir jou gelykgee indien byvoorbeeld die ander ou jou besteel of gevloek het nie. Hy gaan jou nog steeds straf.

So Pieter Groenewald, Zuma het jou nou waar hy jou wil hê, hy sal nou op sy terme met jou die gesprek voer, oor dit waaroor hy wil, en hy gaan dit voor jou kop gooi. Hy het dit ‘n ander ‘ballgame’ gemaak. nou gaan julle nie meer oor appels gesels nie, maar oor pere.

Phillie ·

Groenewald is ‘n bale liggewig politikus. Eintlik skaam ek my vir hom dat hy boere verteenwoordig

Hendrik 2 ·

ek dink nie hierdie gespek tussen zuma en Groenewald sal ooit plaasvind nie. ek dink Groenewald het die regte ding gedoen .

Jakobus ·

O’ja, en wat ek vergeet het om by te sê: Zuma sê hy haat nie wittes nie, MAAR ….. en dit is toe waar hy homself ‘n gaping gee en oorvat.

Pieter Groenewald ·

Mense soos Phillie hoef nie bekommerd te wees nie, ek sal nie namens hom praat nie en ek aanvaar Zuma lees natuurlik al hierdie kommentaar. So dit is onnodig dat ek dit oor dra

Pieter Groenewald ·

Ek het Jakobus geantwoord. Ek sê weer vir Phillie hy moet nie bekommerd wees nie, ek sal nie namens hom praat nie. Ek aanvaar Zuma lees al hierdie kommentaar en ek sal dit dus nie herhaal nie

Adele ·

Jy mors jou asem Pieter. Party mense kyk net Facebook en Kyknet. Geen idee wat om hulle aangaan nie. Party mense wil ook nie rerig verteenwoordiging in die parlement hê nie. Sit en mor weeg swaarder.

Lollie ·

Spreekwoord sê sien is glo en ek sien niks positiefs wat hy vir een enkele witte doen nie! Hy sê een ding en doen ń ander. Nee wat ou Zuma ons glo niks wat uit jou mond kom nie. Jy kan nie jou eie mense regeer nie nog minder die ander. Doen iets daadwerkliks vir die wittes en ons mag DALK anders oor alles voel maar voor dit nie gebeur nie vergeet die mooi praatjies!

Freud ·

Se die persoon wat een van die is wat alles het terwyl sy volgelinge krepeer.

Jaco ·

Sê Zuma: Mense wat nie weet wat om met grond te doen nie. Ja, dis die opkomende boere wat plase verniet gekry het en dit so laat verwaarloos het dat daar nou niks daarvan oor is nie.
Ook interessant dat baie van die wat grondeise wen, liewer die geld vat. Gee eerder die grond vir boere, wit of swart, wat bewys het dat hulle suksesvol kan boer.

Piet pompies ·

Ek sal alles reg aanvaar as Hy maak soos wat hy sê!

ekke ·

Die Wittes het dan niks.julle het dan alles.land oor bevolk .apartheid net om geswaai .nog steeds apartheid wittes mag nie in diens geneem word nie? Hoe werk dit??????????

Boland ·

Hoe goed is Transkei se grond ontwikkel.Jare in swart besit.Wat gaan die verskoning wees.

Marlene ·

Sê die mens met 800 korrupsie klagtes teen hom …….. sê die mens wat Nkandla gebou het met belasting geld. Sê die man wat die land sommer netso oorhandig het aan die Guptas????????

amelia ·

Nou ek sal nou wil sien hoe Steve en Mr. Zuma nogal mooi gestel van my kant af kan aan n paar name dink die ou gesprekkie kan voorsit. Ek weet nou nie so lekker nie mr. Groenewaldt hoe gaan julle dit bespreek oor n koppie tee

Rein ·

So Zuma sê dis net wit mense wat orals voordeel trek van die land?

Omtrent 30.000 wit boere verskaf werk vir 700.000+ swart plaaswerkers! Vat hulle plase en jy vat die werk van die swartes saam, want die plase sal nie meer aktief wees sonder die boere nie!

Net soos die saak van Mike Campbell in Zimbabwe (die een wat Mugabe vir die hof gedaag het), wat 500 plaaswerkers gehad het. Die swart regering wou maar net sy land vat, en al die swartes het hul werk verloor! Hoe kan dit ooit sin maak?

Gaan so aan Zuma..

TDW ·

Groenewald moes eintlik vir hom die volgende gesê het: Ek stem saam dat daar baie mense met niks sit nie, en aangesien witmense gereeld hul hande uit hul moue steek en fondsinsamelings reël vir einste mense, kom ons begin deur die mense wat niks het bietjie iemand anders se grond te gee, kom ons herverdeel Nkandla.
As jy dit mos praat moet jy bereid wees om dit self te doen, want jy gee mos so baie om.

Phillie ·

Alles Bell Potinger se toesprake en politieke manipulasie

Barry Noble ·

As Pres wil gesels met PG ,en ander mense wat wil gesels ,hoekom Dan nie ,of is dit ook n sonde ,om met mekaar te gesels ,dis juis oor ,daar. nie dialoog in verlede was dis hoekom ons so vervreemd is van mekaar.die bybel seen die wat jou vervloek .

Sarie ·

Kom ons gesels Zumpie, wat ek net graag wil weet as ons nou als so mooi moet verdeel is, hoekom moet ek R9000 ‘n maand vir my huis betaal, water en ligte van oor die R3000 en ander kry dit verniet??? Ja ‘n RDP huis is nou nie glamorous nie, maar as ek ten minste vir die eerste 5 jaar van my getroude lewe nie die bogenoemde hoef te betaal het nie, sou ons ‘n entjie verder in die lewe kon gewees het.

Vrystaat ·

Wit mense het alles. Maar ek moet my dood werk om kop bo water te hou en ja gaan besoek my bank. Ek betaal nog my huis en motor met die rente koets WAT JY bepaal ZUMA. EK WERK julle wil wat? ONTEIN so ja dit hang af hoe jy meen ons het alles. Dis tyd dat jy kyk hoe ons het wat ons het. Die wat nie het nie. Wil salaris trek maar NIE werk nie. Doe gerus bietjie n audit hoeveel buitelanders in onderhoude bo landsburgers gekies word. Skrik Wakker!

Luister ·

Ek is net eenvoudig siek en sat om hierdie man te sien, of sy stem te hoor!

Charlotta ·

My magtig ons het niks meer nie. Wat wi hulle nog nog he. Die stupid ding.

Bullseye ·

Enige snert storie om die aandag weg tel lei van homself…

Dux ·

Praat hy van boere wat plase besit…wat voordeel trek…want wat ek wil weet my sus se huishulp het n RDP huis…haar seun 22j het n RDP huis..haar 25jseun het n RDP huis..nou doen haar 18jarige ook aansoek vir huis…nou verstaan ek nie..hoe is dit dat 80% wat uit swartlandsburgers bestaan huise…krag..water…skole ..en dan nog wil naskool gaan studeer met wie se geld…word als gedoen…wit kinders wat na aparteid gebore was,,kry nie werk,doen hul aansoek vir aambagte dan is dit gese eers swart kinders….kinders na 1994 is in die land n nul op n kontrak en my hart gaan uit na hulle..my kinders in huis tot 27j oud..hul is geleerd maar kon nie werk kry..hul nou oorsee…!!!as dit nie n klap in ons gesigte is nie weet ek nie wat is regverdig nie…dink ook die oumensies het hard gewerk aan die land .nou word als verwoes…kyk in enige afrika land of iets werk!!gee nie om om saam aan die land te werk..maar ons verskil van baie menings as n volk als kry hoekom sal hy werk?

Nita ·

Praat hy van boere wat plase besit…wat voordeel trek…want wat ek wil weet my sus se huishulp het n RDP huis…haar seun 22j het n RDP huis..haar 25jseun het n RDP huis..nou doen haar 18jarige ook aansoek vir huis…nou verstaan ek nie..hoe is dit dat 80% wat uit swartlandsburgers bestaan huise…krag..water…skole ..en dan nog wil naskool gaan studeer met wie se geld…word als gedoen…wit kinders wat na aparteid gebore was,,kry nie werk,doen hul aansoek vir aambagte dan is dit gese eers swart kinders….kinders na 1994 is in die land n nul op n kontrak en my hart gaan uit na hulle..my kinders in huis tot 27j oud..hul is geleerd maar kon nie werk kry..hul nou oorsee…!!!as dit nie n klap in ons gesigte is nie weet ek nie wat is regverdig nie…dink ook die oumensies het hard gewerk aan die land .nou word als verwoes…kyk in enige afrika land of iets werk!!gee nie om om saam aan die land te werk..maar ons verskil van baie menings as n volk als kry hoekom sal hy werk?

J Du Bruyn ·

You Zulu Nation knows exactly where we come from. YOU KNOW THAT WE BOUGHT LAND, WORKED AT ND EARNED OUR MONEY. YOU USE THE EXCUSE OF ‘WHITES’TO HIDE Your corruption, to get the sympathy of the poor people and to get their votes. It’s so dishonorable, cause NOTHING IS DONE FOR THE POOR SINCE 1994. MR ZUMA IT’S A DISGRACE THAT YOU USE WHITES TO GET YOUR WAY. We’re born white, you’re born black.. We don’t hate you, but what you do and allow others to get away with corruption at the cost of your people is unforgivable. They suffer. We look after them and help them. You work with Guptas who’s not your Nation. How can you sleep at night???? PLEASE STOP BLAMING OTHERS FOR YOUR GREEDINESS. REMEMBER MADIBA WHO HAD INTEGRITY. And he worked so hard to get a better life for his people. Look where we stand now.. M

J ·

Die dag kom en die wiel draai …shame dat die jong mense sulke stiksinnige domheid moet aan hoor of lees. Ga sie poe.

Aster ·

Oh please! Hy vir ons sal verdedig en baklei. Nou kom Jacoppie, kom baklei en verdedig bietjie ons boere wat so wreed vermoor word!

Nee. Ek weet regtig nie meer nie .... ·

Ek weet nie hoelaat die berig gepubliseer is nie. Maar dat net 37 mense kommentaar daarop lewer, gaan my verstand te bowe!!!! Lees Pres Gupta se eerste paragraaf en sy laaste. Dis malligheid. Wit boere word elke minuut van die dag vermoor. Maar Pres Gupta se as jy aan n witmens raak … raak jy aan hom! Ek weet sowaar nie meer nie!

Flouste counter attack ·

Ag nee wat Zuma, dit is definitief die flouste counter attack wat ek nog gesien het. Jy is nie n leier, jy is n skelm, Nkandla& Guptas kon vir baie arm mense n hektaar gegee het. Jy is belaglik.

Chilli ·

Shame ou Zumzum daar is nie pille vir domheid nie! Wat n klomp sinnelose kaf!!

Marina ·

Ten minste weet die wittes wat om met die grond te doen en wie sorg dat die “mense” kos op hulle tafels het?

Jacobus Kotze ·

Ek doof al lankal die TV se klank wanneer Zuma praat, of iets probeer lees, en ek kyk anderpad, om die beeld te vermy!

Anoniem ·

Zuma, dit moet seker baie erg wees om aan so ‘n verskriklike minderwaardigheidskompleks te lei. ‘n Baie belangrike punt wat jy nie noem of wil noem is dat die Blankes waarna jy so neerhalend verwys hard werk vir dit wat hulle besit en het niks mahala gekry nie.

ME ·

Dit is reg so Mnr. die President , ek stem met jou saam – wittes kan nie alles wil he ne … maar dit beteken ook nie dat JY, jou 5 vroue en 20 kinders dit moet kry nie. DIt gaan niemand veel help dat ek my R780,000.00 huisie waarop ek nog ‘n verband van R600,000.00 moet afbetaal verkoop om MEER landsburgers te bevoordeel nie. So hoekom begin ons nie by jou Nkandla tuiste waarvan net die VERBETERINGE R280 Miljoen beloop het nie? Kom ons verkoop JOU eiendom – Duisende RDP huise sal met die geld gebou kan word en DUISENDE gesinne wat tans op straat is sal ‘n dak oor hulle kop kan he. Ek bly langs ‘n swart gesin waarvan die man en vrou onderskeidelik ‘n Audi en BMW bestuur. Op hulle ouderdom, selfs in die apartheidsjare waar ek kwansuis so bevoordeel was, kon ek dit nie bekostig nie en selfs nou steeds nie kan bekostig nie! Jy Mnr. Die President is die een wat belastingeld aanwend tot jou persoonlike gewin, nie EK nie!

Andries ·

Baie min positiewe kommentaar!? Dit is een van die laaste geleendhede in n baie slegte situasie om n verandering te maak. Zuma besef hoe erg dit is en vra eintlik vir help. Hy see nee, ons gaan nie land gryp nie! Om wittes dood te maak is nie reg nie. Al is dit net woorde is dit nog steeds goeie woorde. Dit is n stap in n beter rigting en die eerste goeie woorde aan wittes ooit. Dit is n kans om plaas moorde te stop en n kans om slim besluite te beinvloed en wittes kry n kaans om te praat. Seker DIE laaste kans voor n oorlog. Ek se nie oorhandig alles wat openly, ek se praat en gebruik slimgeid om dinge beter te maak vir die wat nie het nie. Ons ignoreer dit al lank, dit is al vir 23 jaar bewys dat die “luiers” nie suksesvol gaan wees nie, ons moet hulp en ons moet die geleentheid gebruik om ons land weer rigting te gee!

Andre ·

Jy sal saam baklei vir witmense wat vermoor word wat van al die plaas moorde?

Peet ·

Welvaart deel? Daar is nie om te deel nie! Zupta het klaar alles gezop!!

Scalla ·

Jakop, hier is vir jou iets om aan te dink maar as jy dink raak dit gevaarlik, soos ek na army begin werk het by n finansiele dienste groep en myself opgewerk het en my aftree geld na 35 jaar diens, wat nie eens 10% van Molefe se 18 maande reuse bedrag was nie, het ek n stukkie grond op skuld gekoop en dit binne 5 jaar kon betaal.
So trek julle hande uit die staat se geldsakke en begin eerlik te arbei. Alles moet mos pasella gekry word volgens kultuur. Probeer, dit is moontlik.

wilma ·

Zuma praat deur sy nek. Wit boere weet presies wat om op hul grond te doen, hul boer.
Die meeste plase wat sedert 1994 deur die staat aangekoop is vir grondhervorming vir die gene wat nie grond het nie is onproduktief en vervalle. Nie eers staats beheerde plase het staande gebly nie. Gaan kyk na die melkplaas in NW by Hartbeesfontein-omgewing. Gaan soek ook die artikel “So sink jy ‘n plaas” van 11 Des 2016. Dit was ‘n hoenderplaas buite brakpan wat wanbestuur is.

Zuma voel niks vir wit mense nie. Hoekom doen hy niks teen die feit dat wit mense alreeds so uitgemoor word nie. Hoekom word die doodstaf nie terug gebring nie. Dit sal die gene wat hierdie moored pleeg twee keer laat dink. Eendag ver vorentoe sal daar in die geskiedenis boeke geskryf word hoe ‘n Staats President en sy cabinet ‘n Land weggegee het aan ‘n kommunistiese geweging en hoe die Blanke bevolking uitgemoor is sonder dat enige weerstand gebied was.

Ekke ·

Ag Wilma, doen almal ‘n guns en lees jou kommentaar en korrigeer eers die foute! Dit is so onsamehangend! Wat wou jy eintlik sê?

SARIE VAN HEERDEN ·

Wat my siek maak is wanneer ek op televisie sien hoe WIT VROUE hul gebreklik werk en bedel om swart kinders te voed, leer en van klere voorsien. Nie een enkele wit kindjie nie. Verklaar dit vir my.

Nita ·

Totdat geboortes nie beperk word tot EEN kind per vrou nie, sal getalle van armoediges bly groei. Wit of swart jy moet weet wat dit kos om n kind groot en selfversorgend te kry. Sonder hand-outs van die regering. Swartes perpetuate armoede. Reddelose kinders wat reddelose kinders grootmaak. Geen regering kan voorbly met werk, huise en skole, voorsien nie. As julle 5 miljoen wittes se geld en goed gevat het, is julle klaar weer 40 miljoen agter. So Good Luck met julle gevattery!!!!

al ·

Die wittes het geen voordeel getrek even onder die Apartheid nie, zums. Almal moes onder begin het, hard gewerk het om te behou wat jy het, of jy was uitgespoeg en armlastig!
Grootouers het in sinkhuise gebly, bietjie vir bietjie sukses behaal deur goeie beplanning en spaarsamigheid tot hul van hul geld kon oordra vir die volgende generasie!
Ons het nie eens munisipale grond gehad om op te bly nie, wat nog te sê van HOP huise gedurende apartheid.
Ons moes op eie stoom regkom, die @*! Sien net die eindproduk, nie dit wat uit niks met bloedsweet opgebou is nie.

HEVW ·

Ek sal regtig graag wil weet waarom maroela nie my kommentaar plaas nie.

Louis ·

Volgens die inleidinde paragraaf tot die artikel:
1.”dat wit mense nog steeds voordeel trek uit die land se rykdom, veral grondbesit” en,
2. “dat daar sekere is wat alles besit,terwyl die meeste nie eers een hektaar grondbesit nie”.

Maggies-
1.mag wit mense dan nie voordeel trek uit die land se rykdom nie, veral nie grondbesit nie? Waaruit mag wit mense dan voordeel trek, as ons by implikasie nie meer sedert 1994 se nuwe bedeling vanuit di erykdom van die land mag voordeel trek nie? Die inwoners van SA kan ook as die rykdom van di eland gedefinieer word en dan mag wit mense nie eers meer dienste lewer om voordeel te trek nie. As ons tussen di elyne lees wat hy spreel, dan sal jul ‘n ander dialoog vind as wat direk op die oor val.
2. Ek besit nie naastenby eers aan ‘n halwe hektaar grond nie, besit u dalk ‘n hektaar grond? So, ons tel dan ook onder die wat mag aanspraak maak op die hektaar grond volgens die geagte Prez; behalwe: punt een hierbo kniehalter my as witmens tot my hektaar grond.

Aai, an unjust law is no law at all- “Martin Luther King”

chris slabbert ·

Kom nou! Werkloosheid is die hoogste in die geskiedenis. Geen departement, munisipaliteit of ander instansies is meer funksioneel nie. 92%van die plase wat hulle het werk nie. Afriforum..waarvan ek lid is moet dit vir Zumpie se. Ek dink nie hy weet dit nie!

broos ·

ek het ‘n idee!! wat van julle WERK vir dit wat julle wil hê??? net soos wat ons moes gedoen het. die bakhandjie-sindroom gaan nie die trick doen nie

Ada ·

Ek kan my nie verwerdig om kommentaar oor so ‘n skobbejak te lewer nie. Hy is dit nie werd nie.

heila ·

Nou wat nou……ek is wit en besit niks! Watse voordeel trek ek uit die land se rykdom????? Ek is seker daar is baie ander wittes in dieselfde situasie as ek

marous ·

Ek haat nie swartmense nie maar …hulle kan nie alles wil he nie

Q Pearson ·

Ek wil net vir Groenewald se hy moet onthou Dingane was ook n zoeloe en hy wou ook met Piet Retief praat. Piet Retief het ook Dingane se aanbod en verduideliking aanvaar

Cato ·

Pieter Groenewald sterkte! Daar is baie punte wat bespreek kan word met ons President. Wat my egter bekommer is die Onteieningswet wat alle eiendomme kan nasionaliseer. Baie mense dink dit is net tot grond beperk, dit is nie. Wie gaan daardeur geraak word? Wel ek het nuus vir almal, dit gaan almal raak maak nie saak wie jy is of watter velkleur jy het nie! Dit raak besighede en kyk hoeveel mense werk vir die ondernemings. Boere wat swoeg en sweet om vir ons kos op die tafel te bring , dit raak ons almal waar gaan ons voedsel vandaan kom in die toekoms, waar gaan daardie boere heen en die werkers wat n deelname het aan die sukses van die boerdery! Onteiening is n gevaarlike wet dit raak ALMAL! Hoeveel grond is nie reeds in die staat se besit nie en kyk hoeveel mense sit sonder werk as gevolg van dit. Alle kleuriges! En kyk hoeveel van daardie grond is nog produktief? Waar gaan ons volgende mielie vandaan kom, uit n dorre land?

Die ANDER worshond ·

Cato, baie ware woorde! Jy noem egter dat dit nie beperk is tot eiendom (grond) nie? Wat dan nog?

Cato ·

Liewe Die ANDER worshond, die heidige wet bepaal dat onteiening net beperk is tot grond: sou die wet verander, soos goedgekeur deur die parlement, beteken dit dat alle eiendomme geneem kan word, dus nie net grond nie maar alle bates. Dus jou motor jou huis ens.

Cato ·

Die ANDER worshond, ek dink nie my vorige antwoord het deur gegaan nie. Die grondwet bepaal dat onteienig beperk is tot grond. Sou dit verander, soos reeds goedgekeur deur die parlement, beteken dit dat alle bates roerend of ontroerend onteien kan word. Dus nie net grond nie maar ook jou motor, jou huis ens.

Han ·

“Daar is diegene wat ander beroof en hulle arm laat”. Hoe UITERS arrogant! Zuma, vee voor jou eie deur! Sowat van selfregverdigend skree ten hemele! Wittes het gewérk vir hul grond en doen nie mee aan die steel-kultuur van die nuwe Suid-Afrika nie. Hier is ‘n kultuur van: “Djy skêld my!” Ek kan in die son dit en bak en dit is die wittes se plig om my ryk te maak. Ek is te sleg om iets op my eie te verwesenlik en dan is ek kwaad vir dié wat het – want “hulle het dit van my gesteel.” Die leuen seëvier en die naïewes glo dit.

Johannes van Staden ·

Wel die regering sit met meer as 4000 plase wat niks mee gedoen word nie. Het iemand al die 100k prysgeld kom opeis wat kon bewys dat die land/ grond gesteel was ….wag nog om te sien …vat nou lank om dit te bewys ne …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.