‘Ek hanteer dit’, sê Ramaphosa oor Mkhize

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die omstredenheid waarin Zweli Mkhize, minister van gesondheid, vasgevang is rakende ʼn beweerde tenderskandaal, sal nie onder die mat ingevee word nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag joernaliste by die parlement toegespreek en die versekering gegee dat die kwessie hanteer sal word.

Die president het met Mkhize byeengekom en volgens Ramaphosa gee Mkhize sy volle samewerking. “Die kwessie gaan hanteer word.” Volgens Ramaphosa wil hy verseker dat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek afgehandel word.

Hy het gesê hy begryp dat mense ongeduldig is en sou verkies dat die aangeleentheid reeds gehanteer moes wees. Ramaphosa het gesê hy wil egter wag dat die volle proses sy gang gaan.

Op ʼn vraag of die kwessie die land se inentingsprogram kan beïnvloed, het Ramaphosa “nee” geantwoord en gesê die inentingsprogram word deur die interministeriële taakspan bestuur.

Talle partye en organisasies het reeds geëis dat Mkhize die trekpas kry te midde van die bewerings teen hom.

Die DA het gister strafregtelike aanklagte teen Mkhize en die direkteur-generaal van gesondheid, dr. Sandile Buthelezi, oor die Covid-19-korrupsieskandaal van Digital Vibes ter waarde van R150 miljoen aanhangig gemaak.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Mkhize het na bewering persoonlik die dokumente onderteken wat die kontrak bevat dat dié maatskappy deur nabye vennote van hom bestuur en besit word.

Die jongste bewerings lui nou dat Digital Vibes glo ʼn tweedehandse Toyota Land Cruiser vir Mkhize se seun, Dedani, gekoop het. Daar word ook beweer dat Digital Vibes vir instandhoudingswerk aan een van min. Mkhize se eiendomme betaal het.

Philip van Staden, VF Plus-LP en woordvoerder oor gesondheid, het gesê Mkhize moet nou met eerlikheid na vore tree oor die vrae rakende Digital Vibes en oor aanstellings wat in sy kantoor en departement gedoen is.

“Die VF Plus doen ʼn beroep op min. Mkhize om vroegtydig na vore te tree en om eerlik te wees met Suid-Afrikaners oor al hierdie sake voordat ʼn verslag van die SOE teen einde Junie uitgereik word wat dalk ernstige gevolge vir Mkhize en die departement van gesondheid kan inhou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Snowball ·

Niemand lyk my is bang genoeg vir Cyril nie; al die korrupsie (van Zuma se tyd, Ace se skandale, Covid fondse wat verdwyn, dwarsdeur tot nou by Mkhise) gebeur so onder sy neus…Sê veel van sy gesag in die ANC; sê nog meer oor die dieptes van die vrot in die ANC.

Persheks Adri ·

As jy so ernstig is oor korrupsie maak ‘n voorbeeld van hom Cyril! Met Ace ja

Fritz ·

En as hy afgedank word? Dan word hy maar net met nog n korrupte en nuttelose ou vervang. Maar ek veronderstel daar is seker mense wat dink daar is nie-korrupte en/of effektiewe mense in die ANC se topstruktuur.

Skillie ·

Daar bestaan nie meer iets soos 1 April nie dit is nou April fool’s day 365..

melaney ·

Mense wat aanhoudend lieg glo later hulle eie stories. CR het net ‘n bietjie tyd nodig om ons ‘n goeie rat voor die oë te draai.

annie ·

… and mp’s have trouble making ends meet… Om met so ‘n vrome gesiggie die maak van ‘n miskoek op die plaas aan ‘n stadskind te verduidelik. Die baie raadsale was goeie leerveld van hoe om inflasie/rentekoerse/kragonderbrekings/misdrywe se effek op hul omset te verduidelik aan blink menere wat wag vir whisky en soutighede. Hmmm….

Jr ·

Ja net soos jy alles hanteer in hierdie land – met die “ostrich syndrome”. As ek my kop in die sand begrawe en nie die probleem sien nie sal dit miskien verdwyn. Maar as dit nie werk nie blameer die witmense wat rassisties is omdat hulle nie n swart man wil sien presteer

Chris ·

More, ‘n week, ‘n maand, jaar …. Nee wat, hy gaan of ‘n lieg storie spin en geglo word, of hy tree uit met volle betaling, asook voordele. Rammy gaan sy tyd gebruik. Dis te na aan verkiesing.

Michal ·

wat hanteer jy, is jou polisie en hawks NVG nie veronderstel om dit te hanteer nie ???????????????????????

Robert ·

Nogal opvallend dat ministers van gesonheid en direkteure wereld wyd nou onder die soeklig is oor covid bedrog…

TO ·

Die een van wie ek dit die minste verwag het, dr mkhize, en ha onskuldig tit skuldig bewys, maar hoekom dan nie opdaag om te getuig. Nee regtig waar gaan dit eindig, die stelende regering, en kyk of hulle nog smtrits is daarop ook

Genis ·

Kyk ek moet Malema dit gee, hy het mos gese dat CR n papbroek is…. was die teiken raak geskied?

Fedup ·

Here comes the boom.
Shame, he cannot be nasty to his friends.

Heinrich ·

Jy kan nie knor teen ‘n donderstorm nie, selfs nie eers Tom Cruise sal dié Mission Impossible kan voltooi om korrupsie uit die ANC en EFF te kry nie. Van kop tot tone sal moet vervolg word.

gpsa ·

Tot so week of 2 later waneer die volgende skandaal uitkom dan is die weer ou nuus waarvan hulle maar net nie verder oor praat nie.

Hoekom ·

Cyril, asseblief wys my een eerlike lid van die ANC.

Die ANC is vrot, en het verrot vanaf die binnekant. Daar is nie meer hoop vir die ANC nie. Die ANC moet uitgegooi word soos laasweek se oorskiet.

Jacobus ·

Probleem is dat die man dadelik kwalifiseer vir promosie – binne raamwerk van ANC agenda! Wag en kyk!!!

JohanR ·

Cyril – ek begin twyfel of jy ‘n rol toilet papier kan hanteer!

Mariana ·

Kom ons kyk hoe hy die saak gaan hanteer en hoe lank dit gaan neem en hoeveel komitees of ondersoekeenhede aangestel gaan word. Niks net mooi niks gaan hiervan kom. Almal ewe korrup en dit is hoe our people dit wil hê.

Francois ·

Aanvanklik was gesê dat die inentingsprogram deur die minister van gesondheid hanteer word – nou is dit die interministeriële taakspan…. Nou wat nou? Ongeag wie hulle aangestel het en die bedrag wat betaal is en wie voordeel daaruit getrek het, is dit steeds belaglik dat hulle ENIGSINS aangestel is terwyl daar staatsamptenare is wie se werk dit is om presies te doen dit wat Digital Vibes R150 m betaal is om te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.