‘Ek het gedink Panayiotou was ʼn goeie man’

Derrick Inggs in die hooggeregshof in Port Elizabeth. Foto: ANA

Derrick Inggs in die hooggeregshof in Port Elizabeth. Foto: ANA

Jayde Panayiotou se pa het Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gesê hy het eens op ʼn tyd gedink die moordbeskuldigde, Christopher Panayiotou, is “ʼn baie goeie man” en hy was soos ʼn vriend vir hom.

Derrick Inggs was in die getuiebank op die 17de dag van die moordverhoor van Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko.

Inggs het kwaad gelyk terwyl hy getuig het en het soms direk na Panayiotou gekyk. Panayiotou wou nie met hom oogkontak maak nie en het afgekyk of reg voor hom. Panayiotou het eenkeer rooi geword en sy gesig in sy hande laat sak tydens sy skoonpa se getuienis.

Volgens Inggs het hy gratis kroeg-bybehore by Panayiotou se Infinity-nagklub geïnstalleer omdat Panayiotou familie was. Hy het gesê hy het Jayde R40 000 gegee om uitstaande skuld op haar voertuig te betaal. Daarna het Jayde se ouers ook R200 000 aan haar geleen wat sy later sou terugbetaal.

“Jayde het gesê hulle het die geld nodig vir oordragkoste en daarom het ons besluit om vir hulle die geld te gee en Jayde kon ons terugbetaal wanneer dit vir haar moontlik was. Dit was nie vir hulle nodig om ons dadelik terug te betaal nie,” het Inggs gesê. Jayde se ma, Michelle, was emosioneel en het ʼn paar keer gehuil terwyl haar man getuig het.

Die hof het vroeër gehoor Jayde en haar man het ʼn huis in Lovemore Heights Estate gekoop. Die huis is in Panayiotou se naam geregistreer.

Inggs het Donderdag ook meer vertel oor die dag toe Jayde op 21 April verlede jaar vermis geraak het. Hy het gesê hy het ure lank na sy dogter gesoek en het Kwanobuhle toe gejaag toe die polisie ʼn leidraad ontvang het.

“Ons het soontoe gejaag en ek het [Christopher] gebel. Hy het my gevra hoekom ons soontoe gaan. Hy het ons daar ontmoet. Ek het ʼn hele paar van sy familielede daar gesien en ek het soos ʼn vyfde wiel aan die wa gevoel,” het Inggs gesê.

Hy het gesê hy is gedurende die vroeë oggendure huis toe om ʼn kort rukkie te slaap. “Toe ek wakker word, het ek besluit om weer verder te gaan soek. [Christopher] het daardie aand in my dogter se bed geslaap.”

Adv. Terry Price, vir die verdediging, het Inggs tydens kruisverhoor gekap deur te sê sy vertelling oor die dag was “onakkuraat” en selfoonrekords sal dit bewys. Inggs het gesê die dag van Jayde se verdwyning was ʼn “deurmekaar dag” en hy kon nie die presiese tye onthou wanneer die soekgeselskappe bymekaar gekom het of watter mense hy gesien het nie.

Price het Inggs gevra: “Daar is sekerlik min mense wat jou dogter beter geken het as jy. Was Jayde iemand was sommer net geld bestee het?” Inggs het geantwoord: “My dogter was nie ʼn duur mens nie en as sy iets duur wou gehad het, het sy dit self gekoop.”

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Glynis Jones ·

Ádv Price se woorde ” Was Jayde iemand was sommer net geld bestee het?” Wat de hel maak dit saak? Wil julle nou haar karakter swartsmeer om ‘n moordenaar onskuldig te laat vertoon? Enige iemand wat so laag daal om moordenaars te probeer loskry vir tonne geld verkoop hulle siel aan die satan.

Frans C ·

Wat ‘n belaglike vraag :’Price het Inggs gevra: “Daar is sekerlik min mense wat jou dogter beter geken het as jy. Was Jayde iemand was sommer net geld bestee het?” Inggs het geantwoord: “My dogter was nie ʼn duur mens nie en as sy iets duur wou gehad het, het sy dit self gekoop.”

As was sy ook ‘n duurmens kan dit mos nie ‘n rede wees om haar te laat vermoor nie!

MJ ·

Sit die mense in n sel met fotos van die persone teen die muur van hoe hulle gelyk het in gelukkige tye en nadat hulle vermoor of dood geskop is wat ook al , sodat hulle die heel tyd daarin vas kyk en sien wat het hy regtig gedoen .????????? Net n voorstel .

For you Terry Price ·

Bad words or bad comments does not say anything about the person (whose name was mentioned – Jade) it say much more about the person who mad the comment or asb the bad question. So yes Terry it say a lot more about you, in my view and 99.99% of the world agree. Your question was? Where Jade an expensive person……… implication she was bad and put pressure on Panayiotou………………….. look in the mirror. You can bad handled people as much as you can, you can bad moluth people as much as you wish, you can maybe get a very bad person out for alleged murder with bullying people who are not wise in words, or remembrance, but you can never ever run away from your concience, now you can handle it, but I am 100% sure that will change, have seen many!!!!!!!

Uit my hart ·

Derrick Inggs, baie sterkte vir jul gesin, ek kan sien dat jul nie net die verlies van jul dogter se dood het nie, maar baie meer as dit – nie net geld nie, nie net wie dit moontlik gedoen het nie, maar vriendskap, verraad en heel waarskynlik is jul geld gebruik vir die hartseerste ding wat jul kan oorkom. Ek wil huil as ek dink aan al die verraad teenoor Jade, geen vrou verdien dit nei, en ek praat nie net van die girlfriend nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.