‘Ek het my pen gekry’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa onderteken die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

“Ek het uiteindelik my pen gekry,” het pres. Cyril Ramaphosa geskerts voordat hy Woensdag die omstrede Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) as wet bekragtig het.

“Ons is hier byeen om getuies te wees van die ondertekening van hierdie wetgewing oor die NGV wat, met die haal van ʼn pen, op pad is om ʼn wet van die parlement te word.

“Hierdie transformerende gesondheidsorginisiatief gee verdere gestalte aan toegang tot gesondheidsorg vir almal.

“Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is ‘n verbintenis om die skerp ongelykhede uit te wis wat lank reeds bepaal het wie voldoende gesondheidsorg in ons land ontvang en wie aan verwaarlosing ly.

“Die voorsiening van gesondheidsorg in hierdie land is tans gefragmenteerd. Dit is onvanpas en dit is heeltemal onaanvaarbaar,” het Ramaphosa gesê kort voordat hy met ’n breë glimlag die dokument onderteken het.

Pres. Cyril Ramaphosa onderteken die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Volgens die president lê die uitdaging in die inwerkingstelling van die NGV nie by ʼn gebrek aan geld nie, maar “in die wantoewysing van hulpbronne wat tans die private gesondheidsorgstelsel ten koste van openbaregesondheidsorgbehoeftes bevoordeel”.

“Die doeltreffende inwerkingstelling van die NGV berus op die gemeenskaplike wil van die Suid-Afrikaanse mense. Ons moet almal ʼn toekoms verwelkom waar gesondheidsorg ʼn gedeelde nasionale skat is; ʼn weerspieëling van die waardigheid en waarde wat ons aan elke Suid-Afrikaanse lewe heg.”

Pres. Cyril Ramaphosa nadat hy die Nasionale Gesondheidsversekering as wet bekragtig het. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die ondertekening van die wetsontwerp is ʼn aanduiding van die “vasbeslotenheid om die grondwetlike reg op toegang tot gesondheidsorg te bevorder”, het Ramaphosa bygevoeg.

“Die deurvoer van die wetsontwerp lê die grondslag vir die einde aan ʼn parallelle, onbillike gesondheidsorgstelsel waar diegene sonder geld verban word tot swak gesondheidsorg.”

Die president hou ook vol dat die NGV armoede gaan help pak. “Die stygende koste van gesondheidsorg maak gesinne armer. In teenstelling daarmee, sal gesondheidsorg wat deur die NGV gelewer word, hulpbronne vir families beskikbaar stel vir ander noodsaaklikhede.

“Die NGV gaan gesondheidsorg in die land in die geheel meer bekostigbaar maak.”

Pres. Cyril Ramaphosa nadat hy die Nasionale Gesondheidsversekering as wet bekragtig het. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Ramaphosa het vanmiddag na diegene gekap wat teen die wet gekant is.

“Diegene wat ons probeer terughou … is heeltemal buite voeling met die globale visie waarvan ons deel is.”

Ramaphosa het gesê sy regering wil “die Rolls Royce van gesondheidstelsels in Suid-Afrika in werking stel”. ʼn Gefasseerde benadering met sleutelmylpale sal glo tydens elke fase gevolg word om hierdie doelwit te behaal.

Hou Maroela Media dop vir meer oor dié benadering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Euodia ·

Ja jy kan maar lag ou man en jou “conrades” julle gaan nog lekker afchop. Gaan seker weer lenings aan by almal. Moet maar by Rusland en Palestina gaan aanklop by hul tjommies NGV een van die grootste rampe wat voor die CancCER se deur moet gelê word!!!

Johan ·

Nou van wanneer af gaan ek nie meer mediese fonds bydraes betaal nie
Alles is mos nou verniet

annie ·

Ons dog toe hy sê: Ek gaan aan die pen ry. Cyril moet duideliker jok.

Jan Jacobs ·

Die beste is die ngv was nie eers hulle idee nie, dis n Wef gesondheids plan om mense siek te hou en arm te maak.”You will own nothing and be happy.”

Eugene ·

Nog ‘n massiewe gemors en pad vir korrupsie….
Aangesien alles en almal die reg mag en moet hê tot privaat mediese behandeling (waarvoor die meeste van ons vir jare duisende rande betaal), mag en moet ek seker dan die reg hê om ‘n nuwe 4×4 te kry ook?
Teen gesubsidieërde pryse, natuurlik.
Die reg om in ‘n landgoed te gaan bly.
Die reg om te gaan biltong oes in Phala Phala….dit is my ontneem die afgelope paar jare.

Absoluut verregaande en belaglik!!!
cANCer!!!

Johan ·

As die staatshospitale gewerk het en goed bestuur was, sou dit nie nodig wees om privaat instansies te skep nie.

Yolandie ·

Hulle sit omtrent ‘n show op vir die verkiesing. Duidelik is hulle bekommerd oor wat kom. Nou wonder ek maar net hoe lank dit gaan vat voor die die privaat sektor medies ook in sy glory is…..want die staatsdiens is klaar. En gratis medies vir almal, oh wag nie gratis nie ons belasting betalers gaan hoes. En wat maak die regerings amptenare want hulle is mos spesiaal, hulle vlieg oorsee vir hulle mediese sorg……oh ja ook op ons rekening. Ag dis lekker……teken maar wat jy ookal wil ramparra……..die NGS gaan nie werk nie.

Hussin ·

Rolls Royce is toe nooit in Suid-Afrika vervaardig nie. Dit sou gebeur maar ons “leier” Nelson was te treurig om dit te maak gebeur. So, kalmeer Cyril, geen Rolls Royce enige iets gaan ooit hier gebeur nie… Globale visie sê hy, nee ons weet daarvan, dit is die probleem.

Republikein in die Wes Kaap ·

@Johan, voldoende openbare geld word begroot om kwaliteit onderwys en gesondheidsdienste te lewer. Ongelukkig is daar korrupsie en onbevoegde personeel. Die dokters word baie goed betaal en doen hul werk, maar die bestuur is swak.

Mari ·

@Jan Jacobs,

Ek vermoed ook dat dit ‘n opdrag is wat kom van die WEF en WHO.

Ystervark ·

Nobel prys wenner. Hyt sopas al die wêreld se probleme opgelos. Dis nie ń tekort aan geld nie, dis ń wan toekening van hulpbronne. Dit kan geld vir armoede, vir behuising en alles soort gelyks.

Aai ·

En die miljoene onwettige buitelanders is dit nogsteed vernuut vir hulle maar nou kan hulle na privaat hospitaal gaan?

Theresa ·

@Kobus, maak geen fout, hulle het verseker 1000’e en nog 1000’e stemme gekoop Woensdagmiddag om 2uur!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.