Ek het nie met Sassa se werk ingemeng nie, sê Dlamini

Minister Bathabile Dlamini (Foto: ANA)

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Maandag bewerings ontken dat sy ingemeng het by die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) om seker te maak dat Cash Paymaster Services (CPS) steeds die maatskaplike toelaes kan versprei.

“Het jy ten doel gehad dat CPS ʼn langer kontrak moes hê as wat die konstitusionele hof bepaal het? Het jy op enige manier ingemeng by Sassa se werk om self die betalings teen April 2017 te doen?” wou haar prokureur Ishmael Semenya weet.

“Nee,” het Dlamini geantwoord. “As ek het, sal ek bly wees as iemand dit kan uitwys.”

Afgetrede regter Barnard Ngoepe is die voorsitter van die ondersoek oor Dlamini se rol in die Sassa-debakel. Die menseregtegroep Black Sash het tydens die departement oor die toelaagkrisis voor die konstitusionele hof gedaag om seker te maak dat meer as 17 miljoen begunstigdes steeds hul toelaes sal ontvang, nadat die hof in 2014 beslis het dat die CPS-kontrak om toelaes te versprei, ongeldig was.

Die konstitusionele hof het in Maart 2017 opdrag gegee dat CPS egter nog ʼn verdere 12 maande met die betalings moet voortgaan, nadat daar bevind is dat Sassa nie in staat is om die betalingstelsel oor te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chantall ·

99% van die mense wat Sassa kry het in elk geval nog nooit n sent bydrae gemaak nie.

Johann ·

Ja shure… syt niks verkeerd gedoen nie. Om die waarheid te se syt NIKS gedoen nie. ANC ZUMAIKIE NOMMER EEN!!!!!

Dawie ·

Sy het ook nie haar werk gedoen nie waarvoor sy n aardige bedrag betaal is. Plaas sy haar salaris terug gee aan die staat.

Von ·

Natuurlik sal sie niks erken nie snaaks hoe hulle aan selektiewe gehue verlies kan lei. Ek glo daar is iemand wat in staat is om die pos te beklee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.