‘Ek is hier gebore, en ek is hier om te bly’

Argieffoto Foto: www.saccess-project.eu

Terwyl talle Suid-Afrikaners dalk voel daar is geen hoop op voorspoed in die land nie – te midde van geweld, wetteloosheid, ʼn swak ekonomie, verlies aan werksekuriteit en etlike ander probleme – het een man met ʼn plan vorendag gekom om die groeiende pessimisme oor die land te stuit en die massa-emigrasie onder vaardige en opgeleide Suid-Afrikaners in sy spore te stop.

Jarette Petzer, ʼn inwoner van Kaapstad, het onlangs die #ImStaying Facebook-groep gestig met die idee om landburgers te bemoedig en hoop te gee oor die toekoms van die land.

Die idee het soos ʼn veldbrand versprei en dié blad het binne twee weke meer as 181 000 lede gekry en is dit steeds besig om te groei. “Ons kry omtrent 30 000 na 35 000 mense wat daagliks aansluit. Dit is uitstekend!” het Petzer Woensdagoggend in ʼn video op die blad gesê.

Hoewel die groep se teikenmark meestal Suid-Afrikaners is wat dit dalk oorweeg om die land te verlaat, sê Petzer dat dit ook vir Suid-Afrikaners is wat in die buiteland woon en die land mis. “Ons wil lewe gee aan die moeisame werk wat talle burgers doen om weer ekonomiese voorspoed in die land te bring. Die hutsmerk verteenwoordig al die mense wat die land vooruit wil laat boer. Ons vra ook dat dié wat reeds die land verlaat het, net verdere bystand en positiewe sentimente deel.”

Opdaterings in die groep strek van grappige inskrywings, resepte vir tradisionele geregte, inskrywings oor hoe ʼn mens hoop bring in ander se lewens en hoe mense mekaar elke dag help, tot hoekom mense by die blad aangesluit het, inskrywings oor verhoudings wat oor kultuur- en kleurgrense strek wat die beeld van die reënboognasie ten toon stel en selfs die dinge wat jy van ander kulture groepe in Suid-Afrika bewonder.

“Ons is tans besig om ons netwerk verder as die Facebook-blad uit te brei. Ons het pas ons domein, www.imstaying.co.za geregistreer en is besig om ons webtuiste aan die gang te kry. Daar is baie dinge wat tans aan die gang is. Ons gaan selfs goedere bemark met die #ImStaying-hutsmerk om geld in te samel vir projekte wat ons graag wil aanpak. Ons hele inisiatief draai rondom die ou gesegde van, as jy ʼn man leer om vis te vang, sal hy nooit weer in sy lewe honger ly nie.”

In ʼn televisie-onderhoud met eNCA, wat op Erfenisdag uitgesaai is, het Petzer verder verduidelik dat hy die blad begin het omdat hy nie meer vir lief neem met die situasie in Suid-Afrika nie en ook nie al die slegte nuus wat daagliks oor die land se media en op sosiale netwerke versprei nie.

Kaapstad (Foto: Heinrich Botha/Pixabay)

“Dit het alles begin met ʼn video waarin ek my dankbaarheid oor al die mooi goed in Suid-Afrika uitgespreek het.” Hy sê nadat hy die video op sy Facebook-blad gedeel het, het een van sy vriende voorgestel dat hy die groep begin. In dié video het Petzer gesê dat Suid-Afrikaners geseënd en gelukkig is om in so ʼn mooi land met natuurskoon te woon. “Ons is nie die enigste land wat probleme het nie, baie ontwikkelde lande het probleme, baie ontwikkelende lande het probleme. Ons is nie alleen nie.

“Die woorde wat ons sê, het soveel mag. Ons besef dit nie altyd nie, maar woorde kan oorloë begin. Dit kan breek of bou,” sê Petzer.

Dié eiendomsagent, wat nou meer van sy tyd op die #ImStaying-groep gaan moet toespits, het gereeld in sy bedryf gehoor dat die mark besig is om te verswak en het gesien hoe ʼn negatiewe sentiment verder begin uitkring. “Ons is nie besig om vertroue te skep nie, nie in die inwoners van die land nie, nie in die beleggers of in die plaaslike mark nie. Ons moet aanpas. As ons uitdagings het, moet ons aanpas, maar ons kan nie net ingee en sê dis klaar nie. Ons moet positiwiteit oor ons lewens en ons land uitspreek.”

Petzer glo dat Suid-Afrika weer sy struikelblokke kan uitoorlê. “Ons het dit al voorheen in die land gedoen. Ons sal weer seëvierend wees.”

Die #ImStaying-blad is maar net een van die jongste en talle blaaie op Facebook wat daaraan werk om Suid-Afrika se beeld te poets en wat daarop gemik is om inspirasie in die land se mense aan te wakker. Ander blaaie van die aard sluit die Beautiful News-blad in, wat geborg word deur Mercedes Benz Suid-Afrika en daarop fokus om positiewe stories te versamel en aan te bied met video’s wat elke middag op dié blad gelaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

117 Kommentare

Marius ·

Go for it!!! Ek stel lankal nie meer belang in hierdie land nie!!!!

Boerboel ·

Totale waansin. Ek het vertrek in 2010 en dis die beste besluit ooit. My dogters vloreer en het n uitmuntende toekoms in n veilige, skoon land met ordentlike, hoflike mense. Ons sal nooit terugkeer nie. Sterkte vir diegene wat nie kan trek nie.

Corrien ·

Ek wil deel wees van ‘n Volkstaat. Nie van ‘n regenboog gemorst nie.

Kiskar ·

Kan nie sien hoe ‘n Facebookblad gaan keer dat die rykes gaan migreer nie. Ongelukkig is daar baie van ons wat dit nie kan bekostig nie.

Anoniem ·

Stem 100% saam!
Hoe gaan die mooi van ons land vergoed vir ont eiening van pensioen fondse, NGV, korrupsie ens ens. Wanneer ons nie genoeg geld gaan he om die mooi plekke te besoek nie en dit in elk geval te gevaarlik gaan wees. Hoe maak die mooi vd land op vir families wat geliefdes in geweld en misdaad verloor het?!

Stormjaars ·

Die wat kan moet landuit. Ek weet nie hoe ek dit met my gesin gaan doen nie. Ons wil padgee. Iemand moet ons wat nie kan nie help.

Sven ·

Die land het mooi natuurskoon, ja. Daar is armoede en ongelykheid en dit kan reggestel word. Trouens dit kon al lankal reggestel word. Maar die groot probleem is die ANC politici en hul kaders. Raak van hulle ontslae mnr Petzer, en ek is met jou. Tot dan bedrieg julle almal met vae hoop.

Daphne ·

Ons kinders kyk nie 1 dag terug.. Die kleinkinders floreer oorsee..as ons kon sou ons ook baie graag SA wou verlaat..

Pieter ·

Nee broer bly jy maar in die land as jy wakker skrik is dit te laat jy het te doen met n klomp terroriste

Johan ·

Mag ek die dag nog leef om weer ‘n vrye en onafhanklike Boere Republiek te sien!

ANC ·

Daardie Rupebliek sal nooit bestaan nie. Jy diskrimineer teen ander bloot omdat ons God hul n ander velkeur gegee het. Sies. MM behoort die tipe kommentaar te blok. Dis n flippen disgrace

HouHoop ·

@ANC, dit is nie n sonde of “disgrace” om graag in die toekoms n Boere republiek te wil sien wat gebaseer is op die norme en waardes wat God ons leer, in plaas van n republiek wat gebaseer is op die heidense, goddelose waardes vd wereld nie. Daar is niks fout mee om te droom van n vredige, florerende staat wat as hoof ons Here sal he. Niemand het gese dat spesifieke mense uitgesluit sal word, tensy hulle ons gemeenskap vergal met goddeloosheid. Ons droom van n staat waar die kinders van God saam in vrede kan lewe, volgens Sy waardes, ongeag die velkleur.

@HouHoop ·

Hoe kan ‘n “Boere-republiek” oop wees vir anderkleuriges? Weer soos voor 94, met anderkleuriges as die slawe (sonder regte, sonder menswaardigheid?) Nee dankie, droom aan. In hierdie SA sal dit nooit gebeur nie. Ons sal dit nie toelaat nie.

Dries ·

Die land het sy gat gesien en klaar is reg bly jy maar hier broer sterkte

Jan ·

Wensdenkery. Sulke bewegings is uiters onverskillig en lewensgevaarlik. Julle moedig mense om positief te wees en die blink kant bo te hou terwyl ons in ‘n hinderlaag inloop. AAA, BEE, NIV, plaasmoorde en martelings, stadsmoorde, viktimisasie en aanranding. Uiters onverskillig.

KaterinaKat ·

@JA – Nee, Jan is perfek korrek. Of was jy in n koma vir 25 jaar?

Liewe Hemel ·

Weet werklik nie waarom die wat wil bly nou deesdae so perd opsaal om die wat wil emigreer of reeds weg is te moet oorreed om ook te bly nie. Laat elkeen doen wat vir hulle goed en reg is. Mens sien nie dat daar elke dag artikels in die Media verskyn van mense wat ander probeer oorreed om te trek nie. Buitendien, die wat so veg om te bly, is nie daar wanneer ‘n gesin in die nag moet veg vir hul lewe of om vir jou 5 jarige te verduidelik waarom mamma weg is en nie weer terugkom nie. Moenie selfsugtig wees nie.

Johan ·

Die feit van die saak is dat dit juis liberale linkes soos Petzer is wat ons land aan terroriste weg gegee het, nou wil hulle groepies stig om ons “verkrampte regses” hier te hou.

Valerie ·

Sulke oppervlakkige, pie-in-the-sky propaganda kan nie die vrot werklikheid toesmeer nie. My kinders in New Zealand; fantasties, word binnekort burgers daar en ek is so verheug. Die wat van Boere republiek en diesmeer praat, is duidelik uit voeling met die realiteit. Ek simpatiseer met jul wense maar dink aan ‘n ander plan.

Petrus ·

Ek is ook nie seker van die herlewing van die Boere republieke nie, maar wit en bruin minderhede kan wel saamwerk om die westelike dele van die land te laat afstig van SA. Die VVA het uitstekende voorstelle in die verband.

Maro ·

Is jy ook in New Zealand? Bly dit gaan goed met jou kinders. Maar as jy nog hier is huil jy jouself seker aan die slaap van verlange. Dis wat alles SO hartseer maak. Daar is werklik nie n perfekte uitkoms hier nie. Die opofferinge alkant toe is maar swaar.

Wim ·

Ek is ook in die kamp wat nie kan emigreer agv my ouderdom maar diegene wat wel kan het die welstand van hul familie en kinders in ag geneem. Solank as die ANC in beheer is met Ramaphosa as President sal Blankes 2de Klas Burgers wees en diskriminasie sal toeneem soos ons mense dit daagliks ondervind. Ek is bevrees dat dit net ‘n “pipe dream” is on te kan dink of hoop dat Ramaphosa die lewensomstandighede van Blankes en ja alle rassegroepe sal kan verbeter. Hy het nie die durg en moed van ‘n ware staatsman nie – kortom hy is ‘n swak leier en ‘n draadsitter.

Tobie Klarens ·

Daar word voorspel dat die wit bevolking uiteindelik tussen 800 000 en 1.1 miljoen sal stabiliseer. Enigiets minder as 800 000 behoort die groep te bekommer. En natuurlik, meeste in die groep, is mense wie nie kan emigreer nie- ouderdom, finansies, gesondheid, vaardighede—

Geleenthede ·

Maar dis fantastiese nuus!! Dink net hoeveel werk sal daar dan wees vir die bekwame blankes in die land!

Geurt ·

Ai, lanklaas so klomp klein gelowigeS bymekaar gesien! Die wat reeds weg is, mag dit goed gaan by jul plek van keuse en los ons nou uit asb. Die wat wil gaan, werk om dit te laat gebeur! Ons ander bly werk met klein stappies en met sterk geloof in onse Vader, om die plek te maak werk en met klein suksesse is ons moer trots op wat ons reg kry!

Karinda ·

Ek stem 100% saam met jou Geurt. Ek is mal oor die groep dit wys almal dat daar so baie mense is wat nie rassisties is nie. Mens lees heeldag net oor rassisme en so raak almal net meer negatief. Ek is mal oor die blad en voel meer positief oor ons land en as ons jong mense (ongeag van kleur) kan sien dat almal nie net die ander rasse in die see jaag nie sal daar verseker verbetering kom. Die klompie wat so negatief is …… sterkte en mag julle geluk vind waarheen ookal julle gaan.

Piet ·

Nonsens man!!! Wat sal n facebookblad met saampraters doen? Hoe sal dit die totale gemors waarin die land verkeer, kan verander? Hoe!!?? Dis mos nou tydmors man. Die tyd van ons blankes in die land is verby. Ons mag nie meer hier bly nie. Alles van ons lewe, ons geskiedenis mag nie meer hier wees nie en word dood gedruk.

Onssalbly ·

Ons Sal bly! My voor ouers het nie bang kinders groot gemaak maar ons wel geleer om op offerings temaak en hard tewerk aan planne vir n plek in Suid Afrika vreedsaam. Gaan nie maklik wees, maar was ook nie maklik gewees vir ons voor ouers. In alle vlakke van samelewing moet ons saam Staan en saam werk.

Pieter ·

Nee broer dit is nou een ding wat ons blankes nie kan doen nie en dit is saam staan dit is hoekom ons is waar ons is

Andrew ·

Ons sit ook in die buiteland. Ons is nie bang nie, ons lewens buite SA is net beter.

Love it or hate it, dis die waarheid.

rg ·

Ek verstaan nie waarom die wat wil bly nou deesdae so perd opsaal om die wat wil emigreer te probeer oorreed om te bly nie. Elke dag is daar ‘n propoganda oor ”dis jou plig teenoor jou land’ ‘bly en bou’, ‘veg en bou’ ens ens. Bly dan, en laat die wat wil, gaan. Elkeen doen wat vir hom reg is. Buitendien, die wat wil bly is nie daar wanneer ‘n gesin een nag moet veg vir oorlewing teen booswigte nie, net om ‘n geliefde of geliefdes aan die dood af te staan.

humor ·

Stel nie belang in hierdie sg. reenboognasie wat al vir25 jaar lank bewys het dat dit nie haalbaar is nie. Net die engelse naam sit my af. Wil maar eerder swoeg en sweet, ly en sterf vir een of ander vorm van onafhanklikheid al duur dit ook vir geslagte lank.

Gert ·

As mens kyk na die kommentare hierbo, dan besef mens dat die ANC/DA/EFF die gevolge gaan pluk van hulle anti-Afrikaner optredes. Ons was die meerderheid van belastingbetalers, sien nou die dag dat Johan Rupert die enkele grootste belastingbetaler in die land is, en hy word so geteiken dat hy nou beplan om te waai. Hulle sal maar moet sien waar die geld vir hulle sosialistiese herverdeling vandaan gaan kom as daar geen belastingbetalers oor is nie.

Realis ·

‘n Ruk terug lees ek oor ontkenning – soms het die verstand reeds besef wat die waarheid is, maar die hart wil nog nie luister nie en bly hoop…

Denial ·

“Denial – it’s not just a river in Egipt” Weet nie waarom daar nou daagliks artikels verskyn om die wat besluit het om die land te verlaat te probeer oorreed om te bly nie. “dis jou plig teenoor jou land” “bly en bou” “veg en bou”. Laat elkeen doen wat vir hom /haar en geliefdes goed is. Buitendien, diegene wat bly, veg en bou sal nie daar wees om saam te veg wanneer jou gesin een nag oorval word deur booswigte nie en nog minder om die stukke op te tel wanneer mens ‘n geliefde verloor in so aanval. Mens gun dit tog vir die wat kan en wil. om te emigreer, of nie?

hendrik ·

Daar het aanvanklik ook n klomp optimiste in Zimbabwe besluit hulle sou bly en kyk hoe gaan dit nou. Die helfte van hulle het toe eindelik besluit hulle gaan maar padgee, Hiernatoe!!

Stem saam ·

Ek en my gesin kwalifiseer vir permanente burgerskap in Aus en NZ. Het kwotasie gekry en kan dit bekostig, maar na baie gedink, gepraat en gebid besluit om net hier te bly.
Elke ou se storie verskil en ek oordeel nie die wat gaan nie. Deur genade leef ons ‘n wonderlike lewe hier in SA en ek kan nie gaan uit vrees vir ‘n moontlike donker toekoms gaan nie.
Gaan kyk bietjie die moordstatistieke – dit was erger tydens apartheid! Gaan vra bietjie jul ouers waardeer hulle als is in hierdie land en nogtans is hul hier.
Vrees kom verseker nie van die Here af nie…
Dit is vakansie en my kinders het die heel dag buite in ons groot tuin gespeel. Hulle was veilig. Inteendeel, deur genade, is ons nog nooit deur ernstige misdaad getref nie. En moet asb. nie vir my sê dit kom nie. My grootouers en ouers was ook nog altyd beskerm – weereens deur genade van Bo!
Laat die wat wil bly, die wat positief is, asb. toe om hul keuses uit te oefen en verstaan dat die wat wel gaan goeie rede het!

Anoniem ·

Jy sê woord vir woord wat ek wou tik…..Sal net gaan as ek gebid het en ek die antwoord kry om te gaan. Anders bly ek.

Frans C ·

MM wou nie die volgende kommentaar plaas nie.maar hier is dit weer.
Die gemiddelde moordsyfer onder die ou Regering was 7000 per jaar.Dit het egter
toegeneem in die laaste jare van apartheid,omdat die ANC- die land onregeerbaar wou maak en is het talle swart inwoners die slagoffer van halssnoermoorde en gevegte tussen ‘stamme’ geword.

Jy kan nie onregeerbaar saai en dan nie verwag dat jy die huidige toedrag van sake gaan maai nie.Die feit is dat baie min Blankes enige benul gehad het van dit wat besig was om te gebeur by Kodesa en onderhandellinge op plaaslike vlak en dan soos ‘n familielid sê:’Ons het nie geweet nie.’

Laat ek dit nou duidelik stel,Blankes het in ‘n waan gelewe en die onderhandellaars vetrou,min geweet dat die dikwels op die hoogste vlak uitgelag is en op plaaslike vlak verkleineer is.Ek weet waarvan ek praat want was op plaaslike vlak daar.

So los mekaar uit en laat die wat wil gaan,gaan en die wat wil bly laat hul bly maar neem
enige besluit wat jy neem in belang van jou gesin en nie uit oordrewe vaderlandsliefde nie.Geen regering gaan jou help om jou lot te verbeter nie-dit is met die genade van bo in jou eie hande.

Derf ·

Jy moet bietjie weer gaan loer hoe maklik jy nou permanente verblyf in Australië gaan kry, jou opsie het uitgeloop.

lewies ·

Ek wil net aansluit by sommige kommentare: Amos 6:1–7 word asvolg verklaar in “Die Bybel in Praktyk” Valse gerustheid word ontnugter. ’n Uitspattige lewenstyl is die bewys van ’n vals sekuriteitsgevoel. In Sion (Jerusalem) en Samaria, hoofstede van Juda en Israel, woon die aristokrasie onbekommerd in weelde. Dit is nie in sigself verkeerd nie, maar hulle word nie aangeraak deur die nood van mense, hulle volksgenote, nie. Twee Aramese en een Filistynse stadstaat word as voorbeelde genoem van hoogmoed wat tot ’n val gekom het. Oor hulle selfvergenoegdheid sal geweld die oorhand kry oor hulle (v 3) en sal hulle in ballingskap weggevoer word (v 7). As die weelde aanhoudend toeneem, begin mens naderhand dink jy is ’n god…
Wil Vosloo, Fika J van Rensburg, et.al., Die Bybel in Praktyk, (Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy) 1993. (Wil Vosloo, Fika J van Rensburg, et.al., Die Bybel in Praktyk, (Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy) 1993) As ons regering en inwoners van Suid-Afrika nie ‘n hartverandering gaan ondergaan nie (bekering) is ek bevrees dat hierdie stukkie geskiedenis ook op ons van toespassing is.

Sven ·

Jy kan maar skreeu of mooipraat, die regering sal nie ‘n hartverandering ondergaan nie.

Inge ·

Sou nie “ryk” daar ingooi nie. Ons gebruik elke sent wat ons het om uit die land weg te kom.
Nadat ons vir jare ons hard en aanhoudend teenoor enigeen met ore uitgespreek het TEEN immigrasie, het ons nou genoeg gehad van altyd die “rassiste” wees as iemand nie hou van ‘n “nee” antwoord nie. Ek sien nie kans om NOG te offer (NHI & Pensioen) nie, en terwyl ons graag ons “mooi land” se beuel geblaas het, is die totale gebrek aan respek vir LEWE nou net genoeg. Van ons 5 kinders sal ons binnekort 4 in die buiteland wees – soveel so dat ons, ons ouers saamneem.
#CannotTakeAnymoreRSA

Stem saam ·

Net nog iets… Indien jy wil emigreer en werklik gelukkig in ‘n ander land wil wees sal jy moet aanpas. Jy sal nie daar ‘n boere kolonie kan vestig nie en jou nageslag gaan verseker nie Afrikaans wees nie. Inteendeel, statistiek gewys (gaan doen gerus navorsing) is die kans goed dat jou nageslag nie Christene gaan wees nie. Ateïsme groei in meeste ontwikkelde lande.
Net so, om hier gelukkig te wees, sal jy ook moet aanpas en ophou terug hunker na die verlede. Jy sal maar Nkosi Sikelele moet sing, en jou naaste moet liefhê, anders gaan jy jou hele lewe lank ‘n ou suurknol wees wat met klagtes. Dit sal jou nêrens bring nie.

X SA'ner ·

“Stem saam”, ek stem nie saam jou. Hier’s baie Christene in Amerika bv en in Texas amper 10, 000 Suid Afrikaners, inteendeel wereldwyd sal jy baie kry, en ek kan een ding sê hier staan ons bymekaar en praat nie net daaroor. Ja dis nie maklik, maar alles is beter en jy hoef nie jouself elke aand in jou tronk op te sluit en jouself te bedinges elke slag as jy iets hoor, en daai wat jy praat van moord getalle is bog, om nie te praat van al die ander kriminele statistieke soos verkragting, bedrog en diefstal in die algemeen.

Dolf ·

Afrikaans sal ook hier uitsterf en jou nageslag sal waarskynlik aan neen of ander boskerk behoort.

Nederkaner ·

@Stem saam So wat jy sê is, as ek hier bly of as ek op ‘n ander plek gaan bly, moet ek aanpas. Dus het ek net ‘n keuse van waar ek wil aanpas.

Wat jy ook noem oor atiësme is ook waar in Suid Afrika. Baie mense is atiëste net bang om uit die kas the kom.

Hahaha ·

Maar net nóg ‘n desperate poging van liberaliste om te probeer keer dat hoogs-gekwalifiseerde mense die hool verlaat. Te vergeefs. Mense emigreer op strepe. Al ons vriende het. Ons gesin het ook. Sal nooit weer ons voete in daardie hool sit nie.

Danien ·

Ek is ook hier om te bly. Ek sal ook bloed trek as ek moet maar hardloop sal ek nie.

Knapsekêrel ·

Sodra die massas oor die vlaktes kom sal jy moet hardloop. Gaan net net na die berge. Daar sal jy redelik veilig wees.

Karlahari ·

ANC dit gaan nie oor kleur nie. Dit gaan oor bou plaas van afbreek.
Dit gaan oor wedersydse respek.
Ons dorp het water krag en teerpaaie gehad. Nou is net die helfte van alles oor. En almal suffer. Wit Indier Kleurling en swart mense en al die onwettig immigrante.
Wat Johan voor vra is n land vry van korrupsie waar daar wet en orde en vooruitgang is.
Sonder dit en die leiding van God gaan enige persoon, enige gesin en enige land agteruit.

@X-SA'ner ·

Amerika is die uitsondering op die reël met groot getalle Christene (veral die wat voorspoedsgodsdiens aanhangers is). Maar Amerika is glad nie so veilig nie. Nie naastenby so veilig soos Aus of NZ nie.

Klippies ·

Die kinders kry toelae en dit moedig hulle aan om nog kinders te kry. So word verkiesings gewen, maar die massas gaan n toets dop, want die bevolkingsaanwas groei buite beheer en die ooievaar het die ploeg al in 1972 verbygesteek.

Hartsiek ·

Die probleem is dat die blankes vir alles moet baklei, selfs in die howe! Alles wat witmense aanpak soos bv. Sol-Tech & sy nuwe kampus sal die ANC mee fout vind & probeer weg maak!

Stof ·

Die kommentaar drup van negatiwiteit. So min spreek lewe en die meerderheid, gedrewe deur narcistiese eiebelang, is geblinddoek vir elke dag se seën en guns.
Dankie aan die enkelinge wat nie val in die slaggat van doodspraak nie. Julle verstaan iets wat getuig van buitengewone integriteit.
‘n Kollega deel onlangs die volgende waarheid. Ons is een van min lande, waar ons nie met groot uitgawes en lang reise, heen hoef te gaan na die nasies om dissipels te maak nie. Ons is bevoorreg dat die nasies sommer na ons toe kom. As ons so ‘n geleentheid wat ons op ‘n goue skinkbord aangebied word, nie aangryp nie, is ons ondankbaar en ongehoorsaam.
Deel bietjie in die notas by http://www.geraamtekas.co.za/art00058 , en wanneer die hete kole op jou hoof te warm begin raak, spreek net lewe na jy bely het. Lewe lewe. En jy sal verstom staan oor die guns wat jy ontvang, net hier waar jy geplant is met ‘n doel.
Sela.

Frans C ·

Beste Stof
Ek het gou die skakel geaktiveer en dit gelees.Die skrywer maak mi ‘n radikale denkfout.
Wat hy skryf is van toepassing op die volke wat wel bekend was met God en sy gebod
maar daarvan afgewyk het.
Dit is nie die geval in Suid Afrika nie.Christene is nie inbeheer van hierdie land nie,maar wel mense wat vere voel vir God en sy gebod en jou sal uitlag as jy hulle probeer oortuig
dat hul regeermag eintlik ‘n gedelegeerde mag is.

Gaan lees hyl Vryheidmanifes en jy sal sien dat daar nêrens enige verwysing na God ,die skepper van hemel en aarde en alles wat daarin is,is nie.Die God waarna verwys word in die voorwoord van die grondwet en die God wat aangespreek word in die volkslied is
nie die Verlosser wat aan die kruis gehang het en gesterf het terwille van versoening van die mens met sy Skepper.Dit kan enige god eintlik afgod wees.Wanneer ekstreme Islamiete skreeu ‘Allahu Akbar’ ‘God is great’ voordat hul, hul afskuwelike gruweldade
pleeg is die die God,wat in die Bybel geopenbaar word nie,want in Islam is Jesus niks meer as ‘n profeet nie.

Natuurlik help ons mense ,maar dan doen ons dit versigtig, want teveel goedbedoelendes het slagoffers geword en hier praat ek van ondervindinding want skelms is weg met swaarverdiende geld, wat bedoel was vir die bestryding van kanker.

Anoniem ·

Die GALGTOU is klaar om ons nek….ons word dit wel gegun om met ons voete te skop soveel ons wil…..

JC ·

My maat, Ons is al 15 jaar gelede uit moord land. Ons sal nooit weer terug gaan SA toe nie. My familie floreer hier en my besigheid groei. My raad, maak plan en verlaat die land. Waarmee gaan jy my positief maak oor die land met n facebook page ? Streel mense se gevoellens om in die winderlike SA te woon todat dit te laat is?
Sterkte.

Johanna Botha ·

Ek gaan verseker nie die laaste ene wees wat die ligte afsit nie …..eerste geleentheid is ek weg ! Al wat nog lekker is is die weer …maar dit raak nou ook net te warm !

Vra net ·

Johanna, waarheen wil jy gaan? Jy sal daai geleentheid moet skep, niemand gaan jou kom haal nie? Mense wat nie kan gaan nie wil almal, totdat hul die geleentheid kry en die realiteit hul tref dan skrik hul groot!

KrokodilBotha ·

Ek soek n plaas by die warm Oos Kaap see. Sal bly tot ek hom kry. Een Suid Afrika se agter ent.

Annie ·

Ek wonder hoekom al die expats wat nou hulle geboorteland so slegsê nog so lekker saamlees aan Maroelamedia…..

Maro ·

Annie, vra ek ook. Glo my ek wens partydae dat ek kan gaan…maar ek kan nie. So eerder as om vir ons klomp hier te bid…kry jy mense met die hahaha houding. Ek ken ook die anderkant. Vriende van ons was oor gewees. Sak en pak terug. Hoekom so ñ bohaai maak oor dit. Elkeen moet doen wat vir hom die beste opsie is.

@Annie ·

Vra jouself af of hulle SA slegsê, of bloot die waarheid praat oor wat hier aangaan. Positiwiteit is een ding, ontkenning is iets heel anders.
Elkeen moet bly of gaan na sy goeddunke, nie een besluit is net maklik nie. Dalk word dié wat gegaan het, dié wat bly se uitkoms en hulp vorentoe, moenie brûe verbrand nie.

Ja wat ·

Annie, die expats volg daagliks die SA media (en neem selfs deel) om selfregverdiging te kry vir die rede(s) hoekom hul die land verlaat het. Dis soos n wonderlike FB-lewe wat hul van daar oorkant beskryf. Hul weet meer van wat in SA aangaan as ek en jy. Maar eintlik mis hul SA.

Jerry ·

Of jy nou mense moet smeek op facebook om te bly en of jou motief is om nog n paar rand te maak, maak nie regtig saak nie. Jou roeping is jou roeping en die wat sal bly sal bly en die wat sal ry sal ry, geen poging gaan dit kan verander nie. SA is in die moeilikheid en selfs jy besef dit, daarom dat jy die poging van stapel stuur. Jou poging mag dalk nou lyk na die gewenste poging, maar dit mag ook die teenoorgestelde tot gevolg he soos wat mense mekaar se desperaatheid begin raaksien en besef die skrif is aan die muur, selfs die weskaap gaan nie gespaar bly nie. Die Weskaap is heel bo aan die rewolusioneres se lysie vir verswelging deur getalle, daarom dat rewolusioneres in groter getalle aanhou om suid te beweeg. Grootskaalse plundering en besoedeling van riviere, damme en bewaringsgebiede deur menslike getalle en wettige en onwettige mynbedrywighede soos in die noorde, Gauteng en Noordwes, blyk ook die Weskaap se voorland te wees en om dan nie eers te praat van die droogte nie. Suid Afrika is in groot moeilikheid wat niks goeds vir die Weskaap, wat tans nog nie eintlik in die moeilikheid is nie, voorspel. Een van hierdie mooi dae gaan die branders wat met die hooggety inkom om te breek, die branders van verswelging deur getalle wees. Hoe dit ookal sy, mense weet dat verandering oppad is en ook dat dit alles behalwe ten goede gaan wees!

Manie W ·

My wortels is hopeloos te diep gevestig om te probeer oorplant. ‘n Boesemvriend van my het in 2006 na NZ getrek met ‘n goeie werksaanbod. Hy is egter in 2012 afgelê en moes as ‘n hoogs gekwalifiseerde tegnikus los werkies doen om die pot aan die kook te hou. Was dit nie vir sy 2 seuns wat na hulle omsien nie, sou hulle krepeer het. Hy en sy vrou het al telkemale oorweeg om terug te kom, was dit nie vir die kinders wat getroud en gevestig is nie. Dis nie altyd maanskyn en rose oorsee nie. Soos hulle in Engels sê: ” Better the devil you know than the devil you don’t know”.

Raar nie waar ·

Dit is by verre die uitsondering en nie die reël nie. Die meeste wat gewaai het sal nooit weer terug kom nie en jy weet dit goed. Uitsonderings maak nie die reël nie.

Hartseer ·

Mensies al 2 my sussies het die SA verlaat, ons kry baie swaar van verlange ouma en oupa het hulle dogters verloor asook hulle klein kinders en skoonseuns, tog doen beide baie goed en my oudste sussie boer selfs in NZ. Enigste rede hoekom ons bly is omdat ons nie ons ouers op hulle oudag aleen wil los nie. Ons het self op die plaas groot geword in Marikana NW met ons eie begrafplasie ons is te bang om te gaan kyk of die grafte nog daar is. En ek en my man wil baie graag ‘n pienkvoetjie he maar wat hou die land vir ‘n wit kind 20jaar van nou af in as die land so lyk na 25jaar…. Kom ons wees realisties.

ChrisE ·

Ek sit met ‘n verwarde gemoed. Ek kan nie my gedagtes agtermekaar kry nie. Wat my vraag is, is die mense wat die land verlaat het, werklik gelukkig. Wat vir my opvallend is, is dat die mense wat wel die land verlaat het gou is om die land af te kraak en te verguis. Asseblief mense moenie dit doen nie. Ons wat hier is het besluit om nie pad te vat nie en of kan nie beskostig om dit te doen nie. Die lot wat nog hier is en kla, wat doen jy om ‘n bydrae in die land te lewer. Gaan sit en trek ‘n balanstaat op. Wat het jy. Wat is jou lewensstandaard wat maak jou gelukkig. Hou op murmereer en los asseblief die mense uit wat ‘n wilsbesluit gemaak het om iets positiefs te doen en bydrae te maak. Tel jou seëninge wat jy onverdiend verniet en gratis kry. Gelukkig is ons nie soos die Israeliete van ouds wat in 1994 moes begin trek het nie. Ons sou nou nog nie eers die grens bereik het nie. Ons is bederf. Hou op kla. Ons voorvaders het groter uitdagings as ons in die gesig gestaar. As elke SA persoon in die buiteland eerlik met homself is, sal die meerderheid hier wil wees.

Lynn ·

Ek verstaan dat mens realisties moet wees, en dis nodig. Maar gesindheid dra ook baie gewig, en soms is ek nogal geskok oor die passimisme en gekla in kommentaar afdeling. Ons Afrikaners kan soms regte ou suurknolle wees. Met witbrood onder die arm…

DI ·

Ons moet as volk saam op ons knieë gaan en ons Vader vra om ons te help deur al hierdie moeilike tye en vir ons ‘n uitweg bring. Daar is te veel klein gelowiges onder ons. Ek glo en vertrou met my hele hart en siel dat God ons nooit in die steek sal laat nie.

Hoekom ·

Ai, ons roem tog so graag daarop dat ons Afrikaners is terwyl ons met ons Fortuners om die slaggate ry en om die vuur kla oor hoe vrot die paaie is met ‘n lange in die hand en ‘n duk stuk vleis op die rooster.
Wat het geword van die gees wat ons voorvaders gehad het? Ek wonder of hulle gekla het toe hulle met ossewaens die relatiewe vreemde ingeneuk het oor klippe en dorings. Dalk moes hulle toe maar tou opgegooi het en terug Europa toe gegaan het, dan het ons nie nou nodig gehad om hieroor te kibbel nie.
Ek is een van die wat te lank gewag het (tot na 45) en nou nie meer kan gaan sonder om eers werk anderkant te kry nie. My swaer is in die dieselfde bootjie en kom eersdaags terug na hy werk gaan soek het.
Gesels ook maar gerus met die wat pad gevat het oor wat dit vir hulle kos. Dis nie net vliegtuigkaartjies en nuwe meubels nie. Permitte kos ‘n groot klomp geld, en dan begin jy van voor af in ‘n land waar eiendom baie duurder is as hier.
As jy nog jonk is en nog nie regtig hier begin werk en bou het nie, gaan oor en geniet die avontuur. As dit vir jou lekker genoeg is bly daar. Maar as jy in jou 40’s of ouer is vra jouself hoekom God jou hier geplaas het en doen jou deel om die land te verbeter.

Trojaanse Donkie ·

Kyk net na ons buurlande, Mosambiek, Zimbabwe , Angola ens.
Dan vertel jou gesonde verstand jou mos hier is nie plek vir wittes in Afrika. By 2050 sal daar nie meer ‘n wit gesig in Afrika wees nie.

SM ·

Ek het ‘n week terug aangesluit by die groep en glo dat dit baie “goodwill” versprei. Sluit aan en kyk voordat julle ‘n goeie initiatief afkraak.

Andre ·

Ek bly oorsee en sal nooit weet in SA bly nie want ek love dit waar ek nou bly. Ander SA’ners wil nie trek want hulle love SA.

Laat elkeen bly waar hulle wil bly. Kom ons (in die buiteland) gooi nie klippe na die wat bly nie, dan gooi die wat kies om te bly nie klippe na die wat gegaan het nie.

#iLeftAndLoveIt

Ekke ·

Kom nou mense. Jul lewe in n droom wereld. Kyk die riool wat oral in strate af loop. Johannesburg oorstroom as dit erg reen want dreine werk nie. Riviere en damme is besoedel. Kyk om raak te sien. Ons is besig met plan om te gaan. Ek wil nie meer hier wees nie. Die vuilheid raak nou te erg om na te kyk. En ons is ook aangehou en beroof. Dit was n nagmerrie. ANC het n monster geskep want hul gee mos als verniet, skool, huis, krag, water. As ons nie betaal verloor ons als. Nie net nou 30 jaar terug moes ons ook betaal al word daar gese ons het als verniet gekry(ANC leuen).

Wonder ·

Sjoe, om soveel baie geld en moeite te doen om dreine te hê wat werk? Hoop maar julle het ander motivering ook as die ‘vuil’.

Attie. ·

Ek neem die pers kwalik, en dit sluit MM in, omdat hulle vir eie gewin nuus oor Malema en ander, versprei. Wat Malema sê oor die naamsveranderings va oa die Krugerwildtuin, is nie nuus nie maar MM glo dit is nuus. Die tipe nuus maak blankes bang en dan watts app hulle vir mekar die vreeslikste stories en dit laat almal morbied agter en dan is daar net verloorders. In 1875 was baie Afrikaners bang die Engelse gaan oorneem en het hulle geen vertroue in Pres Burgers gehad nie. Hulle het die woestyn van Botswana ingevaar en geeindig in Angola, net om later deur Genl Hertzog se regering gered te word en hervestig te word in die huiduge Namibie. Tydens en na die 2 de Vryheidsoorlog het baie getrek na Argentinie waar Spaans hul huistaal vandag is. Danksy Malema-nuus sal baie van ons ook die hasepad kies. Min families het nog nie kinders en kleinkinders in die buiteland nie. Die jong mense wat nog hier is besmeer hul lywe met tattoos en praat ‘n taal wat vir my duidelik toon dat hulle in elkgeval Afrikaans eenkant toe gestoot het. so in korte, ek stem saam dat Blankes en Afrikaanses oor jare nie meer gaan bestaan nie want onsself en ons pers is ons grootste vyand.

Hoop ·

Ons moet almal saamwerk om hierdie land te verbeter, maar dit maak mens hartseer om te sien hoe pessimisties hierdie nasie van ons is. Werklik! Ons het steeds baie om oor positief te wees en ons het steeds ons geloof, maar om die kommentaar te lees klink dit soos ‘n treurmare, sonder plan, sonder raad. Kom aan mense, ons is sterker as dit.

Wingman ·

Gee die pessimiste ‘n lys van dinge waaroor hulle positief moet wees.

Aineeman ·

Ek is bitter. Bitter vir n land en mense wat veroorsaak dat my kinders einde Oktober emigreer om n veiliger lewe en n werksgeleentheid te kan he. Bitter vir n gesondheidstelsel wat waarskynlik inmekaar gaan val. Vir diefstal van pensioene. Vir grond wat teruggeneem gaan word sonder vergoeding. Vir flenter paaie en flenter mense wat nie weet watter kant toe met moord en verkragting nie. Vir huise en plase wat lankal nie meer n veilige hawe is nie. Vir buitensporige belastings en brandstofpryse wat ons almal wurg. Vir my generasie wat weet hoe n goedbestuurde land behoort te lyk is hierdie afdraande pad onaanvaarbaar, want ons weet van beter.

Bly as julle wil. Ek bly omdat ek moet. Ten minste gaan my kinders en kleinkinders in n baie veiliger en stabliele omgewing bly as enige van ons wat nog in hierdie ashoopland is.

Nettie ·

Ons almal weet wat fout is in die land. Mense soos dié ou wat steeds die positiewe in vandag se SA sien (en soek), is sekerlik gelowenswaardig. Maar mense wat die land verlaat – betyds – om ‘n nis vir hulleself en hul geliefdes in ander lande te gaan uitkap, is wyser. Ons wéét wat fout is in die land en ons raas, blaas, stoom, kla, kners, huil en steun, maar ons hande is afgekap. Ons is die minderheidsras. Ons kan ‘sweet blue all’ omtrent alles wat verkeerd is in die land, doen. En die meerderheidsras weet dit.

Deon ·

Indien jy emigreer gaan een van twee dinge gebeur: Jy gaan of gelukkig wees en ‘n sukses wees of jy gaan misluk en hoop jy kan terugkom. Maar dan moet jy weer jou gesin ontwrig. Emigrasie is ‘n risiko, want jy verruil die bekende met die onbekende. Wees dus ook voorbereid vir die mislukking. Baie emigrante wat ek ken is gelukkig, maar nie noodwendig finansieël sterker nie. In lande soos Australië en Nieu Zeeland woon hulle in baie kleiner huise. Emigrante in Amerika verloor ook maklik hul werk want daar het jy min beskerming. Om huise te daar te verloor gedurende donker tye is algemeen. Vir SA emigrante bly so iets steeds ‘n skande. Nietemin, emigrante is dapper mense.

Sven ·

Emigrante moet ‘n sterk ondersteuningstelsel hê, in die nuwe sowel as die ou land. Dan kan mislukkings makliker verwerk en hanteer word.

Tiekie ·

Elkeen se keuse om te gaan of te bly, maar een ding is verseker elke land het sy eie probleme. Verder lyk die gras aan die ander kant altyd groener! Groener dalk van al die bollie (probleme). Bid eers en vra die Vader wat HY vir elkeen van julle wil hê. . Sterkte vir almal wat voor so ‘n keuse staan.

m ·

Dis ‘n joke, julle!! Ou Petzer is ‘n eindomsagent, en volgens wat ek verneem val die eiendoms mark in die Kaap op die oomblik tussen se eie bene deur!! Moet dit vir die ou gee vir inisiatief, maar dis ‘n bietjie sieloos (net meeste eindomsagemte) om met “the band is playing while the Titanic is sinking” sentimente mense te kry om op te sign op sy website…

Kallie ·

Petzer is moontlik besig om ‘n databasis van potensiële kliënte op te bou. Baie slim.

Jerry ·

@ Attie, ons gaan juis bestaan en voortbestaan met nageslagte in die buiteland, net nie in SA waar ons geliefdes en witmense se lewens minder as enige van hulle besittings meer werd is nie. Besef jy dat witmense in SA vir hulle besittings vermoor word en dat dit elke jaar erger gaan raak. Waar het dit net vir een dag die afgelope 25 jaar gelyk of dit die volgende dag gaan beter gaan. Dit het nie en dit gaan nie, nie met die ANC en die eff aan bewind en met n parlementere twee derde meerderheid nie. Vandat Zupta aan bewind was en ook nou smee hulle duistere planne teen belastingbetalers, pensioenarisse, teen die Afrikaner, teen die boere, teen wit en swart anti rewolusioneres. Attie niemand wil SA verruil vir die buiteland nie, maar tog is daar elke liewe dag wit en swart Suid Afrikaners wie SA vir die buiteland verruil, nie omdat hulle wil nie, nie omdat almal van hulle regtig kan nie, maar omdat hulle met geen ander keuses meer teenoor hulle geliefdes gelaat word nie. Teen die tyd wat jy my kommentaar lees is die kanse goed dat iemand wat graag ook by #ImStaying wou aansluit, soos Gert van Vryheid, reeds vermoor is!

Attie. ·

Jerry, ek hoor wat jy sê maar indien al ons mense gaan weghardloop dan is dit mos die slimmes wat eerste vlug. Ek weet daar is baie plaasaanvalle en moorde op ons mense en ek weet dis hoofsaaklikagv ‘n nikswerd polisiemag in sy geheel. Ek wag noual maande vie ‘n vuurwapenlisensie en niemand kan vir my verduidelik hoekom dit sloer nie. Maar gaan sit en dink mooi, Daar word perporsioneel meer swartes vermoor per dag. Kleurlingbendes is hul eie ras se grootste gevaar. Helfte van die boere se moorde is agv ‘n paar feite nl hulle was nie gewapen nie, hulle het nie honde nie, hulle besef nie dat ‘n trop ganse op die werf waardevol is nie. Hulle het nie “beams” om hul huise nie. hulle het nie motorhekke by die grootpad nie. Hulle gaan ongewapen gim toe net na dagbreek. Ons kan onsself beter beskerm en ons kan ‘n goeie lewe lei in SA. Seuns moet nie neersien op tegniese hoërskole nie want ‘n ambag is die toekoms vir ons jeug. By die skole kan ons kinders ook dokters word. Ek dink wat die pers as nuus beskou het ‘n groter impak op die vrese van ons mense. Bly op hoogte van nuusgebeure maar kyk die sensasie en bangmaakstories mis.

Ekke ·

Natuurlik word daar meer swart mense vermoor. Hul is baie meer. Jou redinasie maak geen sin. Dis nie boere se skuld dat hul vermoor word nie. Jy se jy weet. Wat weet jy? Dat ons uitgemoor word? Moet ons in tronke bly en se dis maar reg? Ons word in lokvalle oral gelei en beroof en vermoor. Nou begin hul jou inwag by jou hek of deur as jy uitgaan. Dis nie bang maak stories nie, dis wat elke dag gebeur. Jys duidelik nog nie beroof of aangeval nie. Ek wens dit nie vir jou, maar glo maar die stories want dit gebeur. En laat ek jul se dis wit mense wat ook betrokke is by die misdaad. Dis nie rasisties of bang maak stories nie. Dit gebeur elke dag. En ja God het ons beskerm toe ons beroof is. Ons het geloof en ons wil hier bly maar ons kinders kry nie werk om n toekoms mee te bou nie.

Ekke ·

En nog n ding. Gaan kyk wie kry die ambag poste. Beslis nie wit mense. Net as jy iemand ken of gelukkig is. Daar word reguit gese by maatskappye as n wit mens bedank moet n indier of swart persoon sy pos kry.

% Plegers? ·

@Attie: Jy vergeet gerieflik om te noem wie die meerderheid plegers van misdaad is, nê?

Deon twee ·

Dis reg @%Plegers. Sekere mense ignoreer altyd die relevante statistiek, naamlik wie die plegers van misdaad is. Tipies van libbies.

Interessant ·

Soos mens deur die kommentaar lees is dit opvallend hoe die wat gaan die bal speel terwyl die wat bly die man speel. Wonder waarom?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.