‘Ek is ʼn rassis’, sê Agrizzi

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Angelo Agrizzi, die voormalige Bosasa-bedryfshoof en fluitjieblaser, het Dinsdag erken hy is ʼn rassis nadat ʼn opname waarin hy die k-woord gebruik om na sy oudkollegas Papa Leshabane en Johannes Gumede te verwys, aan die Zondo-ondersoekkommissie voorgestel is.

Paul Pretorius, wat die getuienis lei, het gesê die kommissie se regspan het die uitlatings deur Agrizzi in die klankgreep as “blatant rassisties en hoogs aanstootlik” beskryf.

Agrizzi was in die getuiebank op die laaste dag van sy getuienis. Hy het gevra dat die kommissie die hele drie uur lange video speel om te verstaan “waar dit alles vandaan gekom het” en bygevoeg hy is uitgelok.

Hy het getuig hy was “half aan die slaap” tydens die vergadering met Bosasa se uitvoerende hoof, Gavin Watson, se broer Jarred, wat Gavin se twee kinders saam gebring het. Agrizzi het aan die kommissie gesê hy het vroeër drank gedrink nadat hy deurnag gewerk het.

Die opname is wyd op sosialemediaplatforms gedeel.

“Ek is rassisties … oordeel my daarvoor … Dis in die haak,” het Agrizzi gesê voor hy verskoning gevra het vir sy uitlating en gesê het hy is “verleë en skaam”.

Hy sê hy het geweet hy word opgeneem en dat diegene wat die opname gemaak het, hulself waarskynlik wou beskerm. In die opname kan gehoor word hoe Agrizzi tekere gaan en herhaaldelik die k-woord gebruik.

Pretorius het gesê Agrizzi se rassistiese uitlatings hou gevolge vir almal in en vir die res van die land.

“Dit sal aan jou gestel word dat jou hele motivering om die fluitjie te blaas rassisme is. Wat dink jy daarvan?”

Agrizzi het geantwoord: “Ek erken ek was verkeerd; ek het die prys daarvoor betaal. Die twee mense na wie ek met die k-woord verwys, is Papa Leshabane en Joe Gumede. Ek was verkeerd en daar is geen verskoning nie.

“Wanneer mense jou dreig, vang ʼn mens sulke simpel goed aan. Dit was op my gerig en in die privaatheid van my huis gesê.”

Regter Zondo het aan Agrizzi gesê dat sy antwoord geen verskil maak aan wat hy in die opname gesê het nie. “Probeer u sê u is daarop geregtig om rassisties in jou huis te wees?” wou die kommissie se voorsitter weet.

“Voorsitter,” het Agrizzi geantwoord, “daar is geen verskoning nie. Ek vra dat u na die feite kyk. Ek het gedoen wat ek gedoen het. Ek kan nie u besluit beïnvloed nie, maar ek kan vra dat u toelaat dat die fluitjieblasers na vore kom.”

Zondo het gesê Agrizzi se getuienis sal ondersoek word soos van ʼn regter verwag word.

“Wat ek u hoor sê het, is uiters aanstootlik en onaanvaarbaar, maar dit beteken nie ek sal nie u getuienis ondersoek, oorweeg en dit hanteer soos ʼn regter veronderstel is om te maak nie.”

“Dit is al wat ek vra,” het Agrizzi geantwoord, maar later beweer die opname is ʼn poging om hom in oneer te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Thinus Erasmus ·

En daar val alle aantuigings deur die mat, die man sal heelwaarskynlik ook nie die vrywaring teen vervolging kry soos hy belowe is nie, WANT HY IS ‘n RASSIS en het die gevreesde .. word gebruik.
Dit is mos die allerhoogste, onverskoonbare en onregverdigbare misdaad (sonde) in SA.

Msp ·

Ag tog, jy het niks om oor sleg te voel nie.. malema het met sy vuil en rassistiese uitsprake al die hele Suid Afrika in rassisme gedompel. Tog loop hy vry rond en iemand raak aan hom nie want die regering en howe, met alle respek gesê, bewe as hulle hom sien.

IK ·

Verskriklik die tronkwoord maar vloek en bespotting van God deur o.a. met uitroepe daarvan is aanvaarbaar. Natuurlik ‘n kommunistiese staat waar dit gebeur.

Johann cb ·

Is hierdie die eerste krake in sy verdoemende getuienis teen Staatskaping?

Apie ·

En omdat hy n selferkende rassis is, word hy nie meer geglo nie. Zuma en kie moet beskerm word.

Wonner ·

Die hele k woord ding raak nou belaglik…gelukkig mag mens dink wat jy wil(of mag ons dit ook ni meer doen nie?)Hulle kan ons beledig en slegse nes hulle wil …dis niks.Ek kyk gisteraand op die nuus hoe n EFF n blanke vrou uit jou in die hof…sy vinger voor haar rondswaai en haar openlik met haat in sy oeë beledig,dis reg maar moet netni die k woord gebruik nie ,lyk vir my jy kan eerder moord pleeg as om dit te sê.

Martie ·

Jy kan maar honderde duisende rande omkoopgeld ontvang en spandeer. Dit is soveel meer aanvaarbaar as om n rassis te wees. Red nou n volk!

Johanna Botha ·

Minste is hy eerlik en dit maak sy getuienis net nog meer geloofwaardig !

Adam ·

Baie geldige punt Johanna. Hy huiwer nie om homself te inkrimineer nie. Of dit aanvaarbaar is of nie, is ‘n heel ander vraag, maar soos ek dinge tans sien is daar ten minste 50 miljoen rassiste in SA.

jaco ·

hy het hoe lank ingecash en ryk geword uit dieselfde mense wat hy beledig. iets maak nie sin nie…

Dries du Toit ·

Jaco ek glo nie hy wou by hulle incash nie. Hulle HET by hom in gecash. Ek glo dit was wat hom laat crack het. Dit is al hoe hulle met hom kon besigheid doen. Dit is Afrika kultuur. Hy het maar net gedwonge terwille van oorlewing saam gespeel totdat hy genoeg gehad het. Hy was vasgevang deur korrupsie

Ekke ·

Tronk toe met jou. What is good for the geese is good for the gander.

Johan H. ·

Ek was nie een nie, maar danksy zuma en malema en die partydige howe tesame met bbbee is ek ook n rasis, so what!!!!

Geregtigheid ·

Hy klink na n ou wat plein gatvol is vir nuwe SA met sy korrupsie wat goed gepraat word… Gatvol vir die lot kommuniste. Gatvol vir mense wat nie kommensense het nie. Nog niemand is vervolg vir korrupsie nie. Daar word net gepraat. Maar hulle het soveel mense se lewens op gemors met hulle rassisme.

Dries du Toit ·

My kleinseun spring hoog. Hy is die 2e beste en baie mal die beste. 3 springers moet interskole toe gaan. Twee moet swart wees. Vandag vertel hulle hom hy kan nie gaan nie. Hoe moet ek hom dit verduidelik. Hy is gebreek. Gelukkig getuig ek nie by die Zondo kommisie nie

ZAR ·

Jammer Dries. Dit gaan ook so met die swem hoor ek. Die land dryf mens tot ‘n punt.

JohanL ·

Dries, simpatie aan jou kleinseun en julle in hoe julle dit verwerk. Ek het regtig gedink in atletiek waar die INDIVIDU deelneem en hy/sy se tye/prestasies GEMEET kan word, sal sulke kwota-keuses nie gebeur nie. Ek is geskok.

Dit laat my bloed kook en as ek enigsins iets verder moet tik, gaan MM dit nie publiseer nie. So laat ek eerder hier stop.

ShiverZA ·

Wat maak dit saak of hy ‘n rasis is. Die feite bly steeds staan en ek sien geen rede hoe dit enige invloed op die saak kan hê nie. Rasis is in elkgeval die nuwe woord vir blanke so wat gee mense nog om?

Alida ·

Ons is almal in n sekere mate rassiste. Met wat alles hier in SA aangaan kan mens nie anders nie maar daar is baie baie goeie anderskkeuriges tussen ons wat mens kan respekteer. Mens het n keuse met wie jy wil meng en wie nie.

Dries du Toit ·

Marius jy is reg. Selfbeskikking is die enigste weg na vrede in die wereld. Alle oorloeë het gegaan oor begeerte om jou eie te he. Eie regering, eie polisiemag, eie belasting gaarder, eie grond gebied, eie kultuur lewe ens. Vandag word jy gebrandmerk as n rassis as jy sulke edele begeertes het. Wat my betref is rassisme in elk geval n onwillekeurige gevoel wat onbeheerbaar in jou binneste begin groei as jy net sien wat gebeur in die land. Ons word in alle tereine verwoes en seergemaak. Ry jy net deur die land en deur die verwoesde dorpe raak die pyn in jou hart ondraaglik as jy sien hoe alles wat dierbaar vir jou was vernietig word in die naam van apartheid. Warmbad nou Bela Bela, Nylstroom nou Modimolle, Naboomspruit nou Mokgopong. Wat het dit nou te doen met apartheid

Thinus Erasmus ·

Dis reg Dries, en die rede hoekom daar so baie oorlog gevoer word is: Daar is altyd die een groep wat nie die ander groep sy reg op bestaan wil erken nie. Die res gaan oor die en land wat net nie die ander land se goed kan uitlos nie.
Michelle, Agrizi is nie bo die wet verhewe nie, maar die ooreenkoms i.v.m. sy getuienis voor die geregtelike kommissie is dat hy nie vervolg sal word oor dit waaroor hy eerlik en volledig oor getuig nie – dit is sy belonging om met die sak patats uit te kom.

SjN ·

Die gebruik van die gewraakte woord gaan hul seker nou kwydskeld van vervolging.

Peter Holmes ·

Rassisme is n wereldwye verskynsel. Nie net in Suid Afrika. Onthou Burundi, Bosnia, Irak, Afghanistan, Myanmar, Bangladesh, India. Amerika, Engeland. Duitskand, Israel. DRC, Sentraal Afrika Republiek, Mosambiek. Ek lees laas week is 890 lede van een stam in die DRC doodgemaak deur n ander stam. Die rede? Gestryery oor n hoofman van een stam se dood. !!!!

Michelle ·

Daar is ‘n vrou wat in die tronk sit oor die k woord wat maak hom verhewe bo die wet hy kan ook nou tronk toe en kan aangery word soos wat hy benodig word om te getuig.

Gaitsigubib ·

Sy is lank reeds uit Michelle. Daar was nog nie n wet in plek om haar te vonnis nie en die staat weet dit. Mens behoort eintlik haar apelsaak internasionaal te beveg sodat die regter persoonlik skadevergoeding betaal, anders gaan hierdie piesang republiek regters die wet toepas soos hulle wil sonder om enige bestaande wette te volg. In SA word stadions dan na die grootste rassiste vernoem.

PJC ·

Vir al die inligting wat hy al verskaf het kan hulle hom gerus maar al sy sondes kwytskeld. Ek geniet dit as hy so die klomp skelm so ontstel met al sy onthullings.

Annamarie ·

Ek is nie ‘n rassis nie, net ras eg!! Is dit dan nou ‘n sonde?

John ·

Hierdie hele Zondo-spel neem die aandag weg van Zuma en die Guptas; veral nuttig so voor die verkiesing. Nou val die klem op slegte wittes en hul rassisme en pogings om die arme ANC-leiers met grootgeld te korrupteer. Simpatie vir die swartes word so gekweek. Die slimste set ooit van die ANC. Geen vervolging van Zuma & vriende gaan ooit plaasvind nie. En die SABC gee voldagtyd aan ANC-verontregting tussendeur staatsbegrafnisse met ‘n politieke strekking.

Helena ·

Die woord rassisme word net gebruik as mense in ‘n hoek is. Alles in hierdie land wat verkeerd is word reggedokter met rassisme. Ek het nooit velkleur raakgesien nie en elkeen met respek behandel wat my met respek behandel, maar nou begin ek ook kleur raaksien. Jy mag nie kla oor iets nie, dan is dit rassisties, jy moet altyd hoor, dit is nie jou land die nie. Ek gee nie om vir jou land of my land nie, ek het baie hard in my lewe gewerk in hierdie land en alle rasse gedien en bedien, maar, jy word veroordeel voordat jy nog jou mond oopgemaak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.