‘Ek is nie ʼn dief nie,’ sê Zuma

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Pres. Jacob Zuma het ontken dat hy ʼn “dief” is wat die staatskas vir sy eie voordeel geplunder het sedert hy in sy amp aangestel is.

Zuma het Vrydag aan ANC-ondersteuners in Pietermaritzburg gesê hy is nie ʼn dief nie, maar hy weet wie die staatskas plunder. “Die waarheid is, ek is nie ʼn dief nie, en daar is geen bewyse om dié bewering te staaf nie. Daarom pla sulke beskuldigings my nie. Die waarheid is dat diegene wat my beskuldig van diefstal, hulself verryk deur diefstal. Ek weet wie hulle is,” het hy gesê.

Alhoewel hy geen name bekend gemaak het nie, het Zuma onderneem om in ʼn stadium te boek te publiseer waar hy ʼn gedetailleerde uiteensetting sal gee van die “geheime” wat hy oor sekere individue het.

“Wanneer ek lankal weg is, wanneer julle oud is, sal julle in ʼn boek lees van dit waarna ek nou verwys.”

Zuma het gesê die beskuldigings pla hom nie, want hy ken die waarheid, en hy voel jammer oor diegene wat sulke uitlatings oor hom maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

D ·

Zuma, vertel ons ‘n nuwe grappie. Jy en jou kornuite het die staatskas brankot gesteel.

Hasie ·

Ai Mr Zuma, jy sê dit is nie jy nie, maar ons almal verdink jou. As jy dan weet wie dit is bring hulle uit en wys wie steel die staat se geld. Nou wil jy dit in ‘n boek skryf. Wonder wie gaan die boek lees, want dit sal mos nie die waarheid praat nie. Ai my oom, daar is seker mense wat jou glo, maar nie ek nie.

Simon ·

Hasie,
Dit wil my voorkom asof Namawhan nie goed op hoogte is met die vereistes van die wet nie. As hy dan nie steel (BTW Wie glo hom hieroor) nie, maar hy weet.wie dit wel doen dan IS DIT SY PLIG OM BETROKKE OWERHEID HIEROOR IN TE LIG. KENNIS.MAAR GEEN OPTREDE IS NOG N OORTREDING WAAR AAN HY HOMSELF NOU IN DIE OPENBAAR AAN SKULDIG GEMAAK HET.

Frederik ·

Jy wonder wie gaan die boek lees. Ek wonder wie gaan die boek skryf, want die ou is blykbaar een wat beide nie kan doen nie.

Jan ·

Nou sien ek ook hy het gesê, hy is nie ‘n hond nie, maar ‘n mens. Dan, ek het ook nou al so ‘n boek of twee geskryf en wil ek vir hom sê, in teentelling met daardie boek van hom, wat hy beduie waarin hy die waarheid wil vertel, is my boeke NIE-FIKSIE.

Louis ·

Sy ondersteuners glo hom, en dit sê alles. Daarom is hierdie land waar hy is.

Glo jou ·

Ek glo jou Zuma. Dis die koloniste wat die land bankrot steel!!!

lettie ·

Louis dis so waar. Ongelukkig kan die veral ongeletterde arm massas nie data bekostig om deurentyd op hoogte te wees van die stand van sake nie en eet als vir soetkoek op wat hy se.

snoefie ·

ek wonder of dit n foto verhaal gaan wees? .mnr Zuma, daar staan nkandla in al sy uhm glorie. het jy regtig geen kennus daarvan gehad nie? nooit daar gekom in die tyd van die opgraderings nie? nooit met jou vroue of personeel gepraat in die tyd nie? dis maar een geval.
anc ondersteuners moet vreeslik naief wees of te heel vertroue in die pres he. maar….. hy ken beslis geheime.

Johannes Christoffel Meintjes ·

Jammer as ‘jy in sy posisie is en jy spreek hierdie woorde dan sal jy onmiddelik van die ontslae raak wat die staatskas plunder. So hy jok maar nog net meer.

Lions ·

Julle is almal verkeerd. Dit gaan ‘n “paint by numbers” boek wees wat veral derdemag kreature gaan uitbeeld.

Jef ·

As hy nou name sou noem dan kom hulle vir hom, ai ai hulle het almal saam die geld spel gespeel en almal van hulle is skuldig aan staatskas plundering. geen uitsonderinge nie.
Nie een van hulle het ooit gewerk om soveel geld te verdien nie,

Nel ·

Die kamma kamtige boek wat hy wil skryf is niks anders nie as ‘n bedekte dreigement om sy medepligtiges se monde gesnoer te hou – die “partners in crime” weet te veel van mekaar af.

Lewies ·

Ek wil hom glo. Hoofstuk een van sy boek: “DIE GEHEIM” As hy praat van geheime lyk my persoonlike filosofie oor sy aanstelling as president ‘n moontlikheid te wees. Tydens Mebeki se presidensie kon niemand dit regkry om met ‘n plundertog te begin nie. Daar moes iemand aangestel word wat hulle kan manipuleer. Iemand wat nie die intellek en leierskap besit wat Mebeki het nie. Zuma het die slagoffer geword. Hy het agtergekom dat ‘n mens nie eers jou eie mense kan vertrou vir raad en bystand oor moeilike besluite nie. Die Gupta’s het op sy pad gekom en hulle het sy dilemma besef. Sy vriendskap met laasgenoemde was uit noodweer, die spreekwoordelike “grashalm” vir die president. Ongelukkig het hy van wolf skaapwater gemaak. Te laat het hy besef dat ‘n mens nie eers jou eie broer kan vertrou as dit oor geld gaan nie. Soos Malema, was die president ook maar net ‘n produk van ‘n disfunksionele gesin waar ouers die rolmodelle vir die kinders moes gewees het.

pieter ·

Dan is die land in elke geval bankrot gesteel so as jy mans genoeg is sal jy se wie steel die geld uit die koffers ma ja soos ons weet sal jy nie Mnr die President want jy is saam met jou maaitjies.

pieter ·

Jan van Riebeeck en sy genote wat die geld steel en land uitvat. IESH

Mooi man! ·

Lmga! Skerp Pieter hehehehe maar sy naam is eintlik Jan Van Nkandla! Hehehehe

Hendrik ·

Oom Zumpie, as dit nou die enigste tyd is wat jy die waarheid praat, jy kan niks doen aan die skuldiges nie want hulle het jou waar dit seer maak. Wat sal dit help om alles in sy kastige boek te skyf. Lyke sal niks kan doen nie.

Theo ·

Jakob, as jy beweer dat jy weet wie al die plundery doen maar jy doen niks daarvan om hulle vas te vat nie, dan is jy mos net so skuldig soos die plunderaars.
Jy is en bly ‘n krimineel. Jou ongeskoolde aanhangers mag jou dalk glo maar daar is al hoe meer mense wat begin om jou nie meer te glo nie.

Lewies ·

Hoofstuk 1 : “Die geheim” Ek besef vandag dat ‘n mens nie eers jou eie broer kan vertrou as dit oor geld gaan nie. My aanstelling as president is so duidelik as daglig. My eie mense wou iemand he wat hulle kon manupileer om met hulle plundertog te begin. Tydens Mebeki se presidensie kon hulle dit nie regkry nie, omdat hy te slim was en ‘n uitstekende leier. Ek het dus ‘n slagoffer geword van die god mammon wat my mense aanbid.

Die gupta’s het my pad gekruis, ‘n grashalm vir my, ek kon my eie mense nie meer vertrou vir raad en bystand nie. Ongelukkig het ek van wolf skaapwater gemaak, omdat hulle in my ook ‘n geleentheid gesien het om geld te maak. Soos Malema is ek maar net ‘n slagoffer van ‘n disfunksionele ouerhuis, waar rolmodelle ontbreek het.

GES ·

Wie glo dit? Hy het al soveel liegstories vertel dat SA op rand van rommel verkeer.

Rabes ·

Jy is heeltemal korrek jy’s nie ‘n dief nie. Zuma is jy nou heeltemal van lotjie getik jy is ‘n belediging vir ‘n dief. Geen skelm kan by jou kers vashou nie.

TM ·

Hy bedoel seker iemand gaan VIR hom die boek skryf en dit gaan groot druk met baie prentjies wees.

Lewies ·

Ek wil hom glo. As hy praat van geheime kan ek dit verstaan. Hy is die slagoffer van mense wat ‘n president gesoek het, wat hulle kan manupileer. Mebeki moes waai, want hy was te slim en te sterk leier om plundering in sy ampstermyn toe te laat. Dit is maar een van die geheime waarna hy verwys. Die gupta’s was die grashalm, omdat hy sy eie nie meer kon vertrou vir raad en bystand nie. Ongelukkig het hy van wolf skaapwater gemaak (hoofstuk 1 van sy boek)

Chris ·

Dit is mos sy plig as president om te sorg dat daar nie mense ons geld steel nie. Wonder nogal wie dink hy sal die boek koop.

Zombie ·

As jy weet wie dit is,hoekom beskerm jy hulle jou “fool” de lux

Tinktinkie ·

Moet iemand nie kan SKRYF voordat ‘n boek geskryf word nie???

Johanna Botha ·

Nou hoe kan ALMAL verkeerd wees …dink maar weer as jy kan !

Jan ·

Maroela, dit is goed dat julle kommentare toelaat. Baie kom uit die mense se hart, emosie. Ek dink julle weet dit en dat dit vir baie van ons ‘n uitlaatklep is, dalk ‘n terapie.

Ben ·

Dis net die soos jy wat jou sal glo. Die hartseerste van als is dat jy by die armstes van die land die meeste vat. Dis hulle wat swaarkry, wat skole nodig het en daar is ‘n vrek lang lys. Waar is jy as jou mense die land plunder en afbrand, of kry jou volgers die kontrak om dit op te ruim en te herstel. Sterkte vir jou – die wiel is besig om te draai.

M'Lady ·

Hy se hy is nie n hond nie (volgens News24). Mnr Zuma jy kom nie naby die opregtigheid, getrouheid en onvoorwaardelike liefde van n hond nie. Dis n klap in die gesig van die mens se beste vriend om jouself met n hond te vergelyk.

Jan ·

Hy weet nie van beter nie, dis hoe na hy aan die werklikheid gaan kom. Skuus ek is lelik, baie lelik, ook vra ek skuus dat ek toelaat dat hy my na sy vlak af trek.

vermeende ·

Man kyk Afrikaans se dit so lekker.

Die deler is net so goed soos die steler, Zuma jy se jy weet wie dit is en jy doen niks en die beste verweer is jy gaan n boek skryf?

Dit is sotlik.

Ben Prinsloo ·

Jy is reg, jy is nie n dief nie, want n rower en n plunderaar is erger as n dief. As jy dan nie n dief is nie wat is jy? Dankie jy het dit eintlik self erken. Sien jy ek noem jou nie eers op jou naam nie, jy verdien nie eers daardie bietjie respek om jou op jou naam genoem te word nie want almal weet na wie ek hier verwys. Min dae, hopenlik is jou tyd gou om.

D.B. ·

Rerig…. Zumpie is maar een maal dom. Hy gee die woord dom ‘n nuwe betekenis. As jy die betekenis vir dom opsoek in die woordeboek sal jy Zuma se foto daar sien!

Nice ·

Ja nee lyk my die veiligste plek om deesdae te wees is in die tronk want al die kriminele is buite

Lance ·

Dat jy op die punt moet kom en vir die mense moet se jy is nie n dief ….goeiste wys jou net watse reputasie het jy sover gelos ….die man en die lui en skelm anc mense het SA die afgrond in en het die onstaan van die rooiparty tot gevolg gehad wat verder tot hulle eie en SA se val gaan lei….jy en die skelm anc het SA en sy mense se toekoms ook gesteel !

Marius ·

Dis hoe die politiek werk… As jy sê jy is nie iets nie, dan is jy juis dit!

Lewies ·

(moontlike inhoud van hoofstuk 2 van sy boek)As die mediaberig die waarheid is en ‘n ware weergawe van sy toespraak, is daar sterk tekens van ‘n erkenning van wat agter die skerms gebeur. Is dit nie die rede waarom een van hulle senior lede en meer gerespekteerde en slim man, gese het dat die hele uitvoerende gesag van die ANC moet bedank nie.?

Woorde in hierdie mediaberig soos “gedetailleerde uiteensetting” “Voel jammer oor diegene wat sulke uitlatings maak”Ek weet wie hulle is” ens ens. maak ‘n mens bekommerd.

Volgens my impliseer hy dat daar ‘n tyd van afrekening sal kom nie net vir sy eie mense wat hom nou in die rug steek nie, maar ook vir hulle wat 50 jaar gelede reeds deel was van die skepping van chaos in SA. Alles oor die verlede is geboekstaaf selfs name en vanne. Baie leef nog, maar meer is ons vooruit.

Waarom reken julle dat die “witman” sy regeermag verloor het, soos die ANC tans ook sy houvas op die politiek begin verloor. Wie besluit oor die kom en gaan van regerings. As jou uitgangspunt die stembus is, (demokrasie), moet jy dieper gaan kyk na alles.

Rynhardt ·

Zuma het in verlede erken dat hy belastingbetalers se geld gebruik het om Nskandla te bou! Wat maak hom dit dan?? Anc het van SA n korrupte, boewe-staat gemaak!! Zuma net jou ondersteuners sal jou boek koop, want jy breinspoel hul al vir jare.Voordat ek vergeet, FW de Klerk sal ook jou boek koop, hy kan nie sy Anc vriende in die rug steek nie.

Sêmaarnet ·

…..en toe Jacob wakker word, is sy koffie koud. Hy is ‘n belediging vir enige dief – hy is vrót!!

John ·

Is hierdie man nie dalk ‘koning’ Mogabe se ‘long lost son’ nie? Albei ly aan die ernstige, skaars en dikwels ongeneesbare geneties-oordraagbare ontkenning-sindroom. In antieke mitiese verhale is kroonprinse dikwels deur wrede vyande ontvoer en moes hulle as bees- of bokwagters eenvoudige lewens lei totdat hul ware identiteit ontbloot word en hul hul wetmatige regte kan opeis. Dink net: Zuma verhuis na sy eie eie koninkryk: Zimbabwe… e… e…

Johandup ·

Hy praat met sy sheeple.
Zuma se enigste doel is om die ANC te laat ondergaan.
Ons kan wag….

Alida ·

Ja Mnr st 3 jy beklee die hoogste pos in die land hoekom dank jy nie die diewe af nie? Gaan sit in jou bokkraal en vertel die snert vir bokke en beeste.

Justice ·

Vir `n slag stem ek 100% saam met Zuma – `n dief kom en gaan maar `n skelm bly klou soos `n neet – hy kry nooit genoeg nie. Indien hy egter weet (by selferkenning) wie die staatskas plunder is hy direk of indirek medepligtig as staatsamptenaar – sekerlik nog `n aanklag wat gaan volg hierdie komende week.

christa ·

Zuma jy is een van die grootse skelms wat op twee bene loop as dit dan nie jy is nie hoekom wil jy dan nie jou ander skelm broers uit wys nie nee magtig ons sal moet n manier gou kry om van Julle gemors ontslae te raak ag en daar is N Hele Paar Maniere.

Hennie Theart ·

My goeie meneer Zuma – as jy nie die land besteel het nie, en jy weet wie het moet jy praat. Dit is jou reg en plig, anders is jy net so skuldig soos hulle, onthou jy die se woord
“die deeler is net so goed soos die steeler”?

Herman ·

Nee mnr zuma— jy is n engeltjie!!!! Vlieg asb met jou engel vlerke uit RSA na sjina of rusland of indie of sommer na enige plek waar hulle jou sal glo . Kyk ook dan of engeltjies soos jy n ruggraat het .

Sue Kruger ·

Duidelik onderskat hy ons intilligensie. Gelukkig sal hy eendag moet gaan rekenskap gee of hy glo of nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.