‘Ek is nié ’n rassis’ – Schuster oor verwydering van films

leon-schuster

Leon Schuster. Foto: Leonschuster.com

“Ek is waaghalsig, ek tart mense en ek vat die klappe, maar ek is nié ʼn rassis nie.”

Só het die Suid-Afrikaanse komediant en rolprentmaker Leon Schuster Dinsdag aan Maroela Media gesê in reaksie op die stromingsdiens Showmax se onlangse besluit om ses van sy films van Showmax se platform te verwyder in die lig van die #Blacklivesmatter-betogings in die VSA.

Die films You Must Be Joking! (1986), You Must Be Joking Too! (1987), Oh Schucks … It’s Schuster! (1989), Sweet ʼn Short (1991), Schucks! Pay Back The Money! (2005) en Frank & Fearless (2018) is verlede week vir hersiening van Showmax verwyder om te bepaal of dit moontlik “rasse-onsensitief” is.

Sosialemediagebruikers is verdeel oor dié besluit met sommige wat voel dat Schuster se films geen kwaad doen nie en dat dit juis rasse met mekaar vereenselwig op ʼn humoristiese wyse. Ander is egter ten gunste van Showmax se besluit aangesien hulle voel dat Suid-Afrika meer bewus moet wees van die euwels van die gebruik van “blackface” in rolprente. Kenners meen egter die samelewing moet versigtig wees om films te verdoem bloot omdat dit aanstoot gee.

“My flieks verenig mense, dit dryf nie mense uitmekaar nie,” verduidelik Schuster nou. “My doelwit was nog altyd om mense sover te kry om saam te staan as een.”

Schuster vertel hy was uit die veld geslaan toe ʼn joernalis hom verlede week bel oor sy films wat van Showmax se platform verwyder is. “Ek het amper ʼn hartaanval gekry. Ek is in die gesig gevat. Dit is my beroep. Dit voel asof alles tevergeefs was. Dit is asof jy byna 40 jaar lank aan jou droomhuis bou en dan eendag kom ʼn tornado en verwoes daardie huis,” verduidelik hy.

Schuster sê hy is kwaad oor Showmax se besluit. “Hoe is dit ʼn demokrasie as hulle met jou kuns moeilikheid soek? Dit is onregverdig. Ek is die slagoffer van wat in Amerika aangaan,” verduidelik hy.

Schuster hou vol dat hy geen rassistiese bedoeling met sy films het nie, maar slegs een doel voor oë: om sy kykers, van alle rasse, te vermaak. “Ek doen dit vir die fun, om die mense te laat lag. Die lewe en hierdie land is so swaarmoedig. Ons het veral nou hierdie soort flieks nodig.”

Hy verduidelik dat Mama Jack, waarin hy hom as ʼn swart vrou voordoen, een van sy gunstelingfilms is. “Daar was ʼn hart en liefde in daardie fliek en báie humor. Dít is die soort flieks wat mense nodig het.”

Dié film is ook nie meer op Showmax te sien nie. Dit is nie duidelik wanneer dié film van die platform verwyder is of wanneer, indien wel, dit weer beskikbaar gestel sal word nie.

Die bekende rolprentresensent Leon van Nierop verduidelik aan Maroela Media dat dit nie die eerste keer is dat films van stromingsdienste verwyder is weens sosiale kwessies soos ras of wit akteurs se vertolking van swart karakters – die sogenaamde gebruik van “blackface” – nie.

Van Nierop wys daarop dat die epiese film Gone With The Wind (1939) ook onlangs van die stromingsdiens HBO verwyder is in die lig van George Floyd se dood in Minneapolis in die Amerikaanse deelstaat Minnesota.

Volgens Van Nierop is dit egter belangrik om na die spesifieke tydperk te kyk waarin die betrokke film vervaardig is. “Gone With The Wind is ʼn baie goeie voorbeeld hiervan. Dit is belangrik om te herbesin oor waar ons in 2020 staan. Ons moet nie ʼn film voor die voet veroordeel nie.”

Hy verduidelik dat die rolprentvervaardiger se motiewe bevraagteken moet word wanneer dié soort besluite geneem word – of die rolprentvervaardiger bedoel om rassisties te wees, indirek kommentaar lewer op sosiale kwessies soos ras en of die vervaardiger bloot probeer vermaak.

“ʼn Mens moet sensitief wees oor hoe jy ander uitbeeld, maar ek dink ook ʼn mens moet daarteen waak om die baba met die badwater uit te gooi,” verduidelik hy.

“Schuster spot in sy flieks met almal. Almal loop deur – van verkeersbeamptes tot sakemanne. Ek dink glad nie Schuster het bedoel om aanstoot te gee nie. Ek dink wel dis nodig dat die vergrootglas opnuut op blackface geplaas word in die lig van Floyd se dood.”

Die rol van die kunste

Hennie Bierman, hoof van die Solidariteit Beroepsgildes, verduidelik dat die rol van die kunste oor die algemeen altyd in ag geneem word wat die beoordeling daarvan betref.

“Die kunste se rol is tog om vrye denke op ʼn doek te plaas. Dit is juis om ons anders te laat dink en ons eie mening te laat vorm. As ʼn mens daaraan begin karring, is dit baie gevaarlik,” meen Bierman.

Volgens Bierman is enigiemand natuurlik geregtig daarop om sy of haar ongemak of misnoeë met kuns uit te spreek. “Maar is dit nie soms goed om ontsteld of ongemaklik te wees nie?

“Is dit nie juis dan wanneer jou mening verander óf versterk word nie? Ek dink dit is selfs goed om inhoud te lees of na inhoud te kyk waarmee jy nie saamstem of waarvan jy nie hou nie,” sê Bierman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Wilhelm ·

Kyk mense nog DSTV ? Witmense befonds DSTV, en in ruil daarvoor diskrimeneer hulle openlik teen witmense… so hou eerder net op om vir hulle geld te gee.

Pierreli ·

Solank die witmense tog net nie hulle dstv moet opgee nie, waar gaan hulle tog rugby kyk?

Sonia ·

Showmax is nie DSTv nie maar ek het ook al laaaankal van DSTv ontslae geraak

Wilhelm ·

Dis reg, showmax behoort aan multichoice en so ook DSTV… ek sien dit maar as een maatskappy, en persoonlik het ek my DSTV saam met showmax gestop.

Michael 1 ·

Miskien nie n rassis nie maar baie polities korrek veral in die laaste films wat jy gemaak het en dit het grootliks die humor wegevat en dit is jammer.

Piet Pompies ·

my ma het gese dat still bly ook ‘n antwoord is so geen kommetaar nie – ek word dalk toegesluit

Pierreli ·

Wel ek dink mense moet dalk showmax sien vir wie hulle is. Hulle is veronderstel om onpartydig te wees. Wys maar net, selfs shomax is onder die invloed soos die res van die wêreld media.

Sobymykoolkop ·

Jy mag nie “blackface” nie maar as jy swart is mag jy ” whiteface” in die naam van tradisie. Hoekom het Leon omverskoning gevra AS dit aanstoot gee? Politiek korrek

JohanR ·

Sterkte Leon ons staan bank was agter jou. Weet jy is nie ‘n rassis, en het nog nooit gedink jy is een. Selfs MARMITE is nou taboo, seker omdat dit nou swart is as jy die botteltjie oopmaak en sal blykbaar die naam sal moet verander. Swart stink hout se naam sal ook moet verander. Swart kole vir die vuur? Oe wy hoe gaan ons, en waargaan ons, wit kole kry? En soe aan en soe aan en soe tot on nie meer van ons stoele kan afval van die lag nie!

Mariana ·

Nee regtig Showmax!!!!????? Hierdie ewige rassisme waarna die mense so gryp is besig om als vir almal te bederf. Die feit dat Floyd dood is en dit deur ‘n witman is nou wat die hele debat aan die gang het. Almal verloor ook uit die oog dat hy eintlik ‘n krimineel was, ja die manier waarop hy dood is was nou wel verkeerd maar so sterf duisende swartes reg oor die wêreld ook deur die hand van ander swartes maar omdat dit juis ‘n witman was, is die herrie los. Almal moet nou gestraf word vir een ou se daad. Niemand praat oor die manier waarop boere en hulle gesinne in SA uitgewis word nie, niemand praat van bendes wat kinders op die Kaapse Vlaktes doodskiet nie, niemand praat van klein kindertjies wat verkrag en dan vermoor word nie en as ek sê niemand bedoel ek juis die regering en die wat so baklei vir die regte van kriminele. Regoor die wêreld is daar moorde en onregverdigheid en in die oë van die wêreld is als reg…..behalwe wanneer daar wittes betrokke is. Los Leon se flieks uit.

Roebs ·

Wel eers DSTV nou showmax kanseller. Well done showmax well done!!!

Michael ·

Dit lyk nou dat mnr Floyd as n god beskou word en alle wat nou gebeur kom ons kyk of dit nie Floyd se karakter aan raak nie en hy sit en lag vir hulle mannewales.

JohanR ·

Sal seker nooit weer ‘n Pink Floyd wees nie Michael. Moet nou maar luister na Beyonce en Kanye West, met hulle twee akkoorde liedjies.

Sonia ·

Nouja, daar gaan my Showmax ook – daar is in elkgeval bitter min ordentlike inhoud – meestal kru taal en Godslasterlike gemors.

Jacobus ·

Ou Schus jamer om te hoor van die twak. Dit is ‘n simptoom van verrotheid van breinselle. Die aksies spreek van ‘n deurdringende sensuur deur mense wat kamtig deur sekere dinge beledig voel. Dink dis ‘n psigatrese kortsluiting. Dis ook ‘n geval van inkomste diefstal. Seker iemand sal jou met die wetlikheid kan bystaan. As mens sien die drek wat ongesiens deurglip kan jy dit net aan politisering toeskryf.

Boortor ·

Jy is nie n rassis nie, maar jy is wit. Dit is die probleem.

Danie ·

Maak nie saak wat ons as witmense doen nie jy sal altyd n rassis bly. As jy nie n rassis wil wees nie dan moet jy jouself verwyder uit die samelewing. Ons witmense kan al ons geld vir hulle gee. Jy kan sy voete was van die more tot die aand. Jy kan die swartman ophemel en selfs verklaar dat hy jou koning is, maar rassis sal jy bly omdat jou vel wit is. Ek is n trotse Adamiet. Ek is n bleekwordende, blosende wese en skaam my nie vir wie ek is nie en as ek uitgewys word as n rassis so be it. Ek weet ek is nie. Ek loop nie rond met slagspreuke nie en vloek en skel nie ander mense nie maar ek weet waar ek vandaan kom en waar ek heengaan en SA is my land net soos enige ander een se land, maar ditaak seer as ons mense vermoor word en dit onskuldig. Alle mense het reg op lewe en dit moet ons president besef en daarvoor sal ek veg.

Isabella ·

Mense ons kan elke dag kerm en kla …BESEF NET EEN ding jy kan hoe goed wees vir hierdie land en sy mense jy as blanke gan altyd beskou word as n rasisst …ons land is daarmee heen deur korrupsie plaasboere wat vermoor word strukture wat uitmekaar val regstellende aksie begin vir jou eie mense te sorg plaasboere veral
Leon ek weet jy in nie n rasisst en kan my indink wat jy deurmaak veral met jou goeie intensies in die film bedryf

Heinrich ·

Ons weet mos almal dat DSTV en Showmax se beleid slegs op een ras ingestel is, dit sien ons tot vervelens toe met al hulle advertensies, en hulle het self al gesê dat hulle self een ras verkies vir hulle programme. Moenie worry nie Leon, alle rasse lag lekker vir jou kaskenades en weet jy is nie ‘n rassis nie, ons almal weet wie het regte rassistiese agenda hier.

ES ·

Ek skud maar net my kop. Mense is deesdae so sensitief – as mense aanstoot neem hoef hulle dit mos nie te kyk nie. Daar is niks in sy flieks wat in elk geval aanstoot gee nie, dis bloot ‘n heksejag.

Kiewiet ·

ES, Ek is nie meer n jong man nie, maar ek het in my lang lewe al baie gesien. In my jong dae het n anders kleurige nie een skewe woord aan n blanke gese nie of hy was aangerand. So ek erken dat ons voorouers nie altyd reg was nie. ek will ook net vir Leon se, Leon jou hande is ook nie skoon nie, vat jou pak. “O how the mighty has fallen.”

Deon ·

Waarom doen hulle nie n opname onder al ons rasse en kyk wat dan die uitslag is voordat hulle sulke goed doen nie? Hoeveel mense het die besluit geneem, in die een ou se oee is dit rassisme in die volgende persoon se oee is dit komedie… Dis baie teleurstellend.

wimpie ·

Als word deurmekaar uit verband uit geruk so kom ek ruk ook dan die eend onder die dam se gat uit.
Een van dae mag jy ook nie meer swart klere drae na n begrafnis toe nie agv wat dit simboliseer maar wit mag na n troue to gedra word deur enige ras.
In die lig van flieks THE GREEN MILE en BLOOD DIAMOND 2X flieks wat enige een van watse ras ookal a knop in die keel sal laat kry gaan ook seker nou verban word
Leonardo DiCaprio sal moet pasop dat hy nie vervolg word oor daai word wat hy in die fliek gebruik het nie

Charles ·

Ook maar goed toiletpapier is nie swart nie, iemand sou dalk gegrief gevoel het.

Adam Adriaan ·

Hierdie is maar die begin van al ons smarte. gelukkig is ons nog nie almal in ‘n kraal gejaag en op ons begin skiet nie.

Willem ·

Jys wit….. so natuurlik is jy n rasis want GEEN WIT MENS mag waag om homself uit te druk of enige opninie te lewe nie, ook nie dmv enige grap of vryheid van enige spraak nie. Let wel, enige ander ras mag doen en se net wat hulle wil

Magda ·

Ag Leon – moet jou nie eers aan die klomp steur nie – Jy is ongelukkig WIT en dit staan klaar vir n Rassis – Hoe gouer ons ons GAT aan almal afvee – hoe rustiger gaan ons slaap. As dit hulle pla – Nou ja tot daarna toe – verwyder dit – Showmax is in elk geval nie n goeie App nie, myne gekanselleer want wanneer jy dit moet update gooi hy jou uit, en na vele eposse na Showmas vir help – het ek myne gekanselleer – en MIS niks – Alles is op Netflix/ Cinema / Theatre / Beetv / Typhoon – kyk alles op my Blackbox en MIS absoluut niks – met geen betaling elke maand nie – Net die Blackbox gekoop, en verder kyk ek alles- DSTV – NOOIT WEER VIR MY NIE – DANKIE MAAR NEE DANKIE

Eish ·

Hier by die verkeerslig naby my werk is daar iemand wat se kleur nie genoem mag word nie, wat sy gesig wit verf en dans vir ‘n geldjie…….. is dit ook rassisties?

Andre ·

Dan moet ons maar die 95 wereld beker ook terug gee. Want die man het baie gedoen met gees bou

Jannie ·

leon vat hulle hof toe hulle moet bewys dat jou films rase haat aan hits
So ver ek weet was geen swart person te na gekom deer jou films nie in teen deel jy het mog altyd lekker saam hulle in jou films gewerk

BoerSonderRoer ·

Ek staan agter oom Leon.

Oom Leon ek is jammer hierdie rassistiese onbevoegde kommuniste is so lelik met oom.

Peet ·

Ja, die begin van die einde. DSTV en Showmax is net ‘n geldmors vir witmense.

Kiewiet ·

Ou Leon. “you could have fooled me” Dis lekker in die bollie terwyl dit warm is, maar dit is vinnig besig om koud te word en sleg te ruik. Draai maar die ander wang en vat jou pak.

Gerra ·

Toe Steve byvoorbeeld van alle kante aangeval, verban en verbied is om op sekere plekke op te tree, het die grootste groep akteurs en sangers doodstil weggekruip en nie opgestaan en hul stem dik gemaak oor wat gebeur. Toe was daar nie demokrasie vir Steve wat ook op vryhied van spraak geregtig is, in sy privaat lewe en in sy kuns. Nou huil Leon oor sy flieks…….. hy is in die gesig gevat……. hoe is dit demokrasie….. dis sy lewe……… Siestog!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.