‘Ek is skuldig’ – hotelier se weduwee  

Suretha Brits konsulteer met haar regsverteenwoordiger, adv. Barry Roux. (Foto: Anja van der Merwe)

Suretha Brits (31), weduwee van die vermoorde hotelier Leon Brits (41), is Maandag in die hooggeregshof in Upington, Noord-Kaap, gevonnis.

Dié vonnis volg op ’n pleitooreenkoms wat met die staat gesluit is. Brits is deur die gedugte adv. Barry Roux, in die hof verteenwoordig. Hy het destyds ook namens Oscar Pistorius opgetree.

’n Hoogs emosionele Brits het saam met haar medebeskuldigdes, Enrich Williams (34) en Amantle Bareki (24), vlugtig weer in die hof verskyn.

Sy het skuld erken vir haar aandeel in Leon se moord. Sy het ook erken dat sy Leon se moord haarfyn beplan het en verstaan haar rol in die misdaad. Sy het ook getuig dat sy vrywillig ingestem het om die pleitooreenkoms aan te gaan.

Regter Mpho Mamosebo het Brits tot 25 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Die twee vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Bareki en Williams se verhoor is tot Maandag uitgestel.

Leon Brits is op 7 Oktober wreed vermoor en sy liggaam is in die swembad van die egpaar se huis gegooi. Brits het Leon se lyk daarna “ontdek”.

Maroela Media het vroeër berig Brits het glo derduisende rande betaal om Leon te laat vermoor. Dié inligting het uitgekom tydens die pleitooreenkoms wat Jacques van Vuuren in Maart met die staat gesluit het.

Van Vuuren is op 25 Maart in die hooggeregshof in Kimberley ingevolge dié ooreenkoms tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Van Vuuren, Williams en Bareki is oorspronklik vir Leon se moord in hegtenis geneem. Brits is op 29 Maart ook in hegtenis geneem.

Meer inligting oor Brits se pleitooreenkoms volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Toy

Sy kon net geskei het. ‘n Mens het altyd ‘n keuse.

Trotse Boervrou

Ja, deur al jou liegstories het almal het geweet jy is skuldig Suretha, maar wat van jou kinders? Jy het NIKS vir hulle gevoel nie. Nou het jy baie tyd om daaroor te dink.

Aai

Lekker man kyk waar sit Oscar vandag so kry vir jou Suretha.Geld aan Barry gaan jou nie uit die tronk hou.

Misky

Ons het dit lankal geweet. Nou bring dit mens terug na die arme kinders wat sonder beide ouers agtergelaat word. Ai, hoekom nie net skei en aangaan met jou lewe as jy ongelukkig is nie

Johann

In ander artikels beswadder sy haar man se naam en karakter as deel van haar “pleit ooreenkoms”! Arrogante vermeteldheid om iemand wie jy WREED laat vermoor het, in sy afwesigheid SO te beswadder?