‘Ek kan hulle nie vergewe nie,’ sê ma van Coligny-tiener

Agnes Mosweu. Foto: ANA

Agnes Mosweu, die ma van die vermoorde Coligny-tiener, Matlhomola Mosweu, het Woensdag in die Noordwes-hooggeregshof in Mahikeng gesê dat sy nooit haar seun se moordenaars sal kan vergewe nie.

Mosweu het Woensdag gedurende die hofverrigtinge vertel dat die verdediging glo wou hê sy moet die beskuldigdes se familie ontmoet.

Adv. Celice Zweigelaar, vir die beskuldigdes, het ʼn brief aan die staat se regspan gestuur waarin Mosweu en Sakkie Dingake, Matlhomola se pa, gevra is om die beskuldigdes, Pieter Doorewaard en Philip Schutte, se families te ontmoet sodat hulle hul medelye met die Mosweu-familie kon betoon. Zweigelaar verduidelik dat die onderskeie ma’s asook Doorewaard se vriendin en Schutte se vrou Mosweu wou ontmoet.

“My kind is weg, dit sou beter wees as hy hier was. Al wat ek wil hê, is dat die staat sy plig moet uitvoer,” het Mosweu egter Woensdag geantwoord.

Mosweu getuig in die saak teen Doorewaard en Schutte wat skuldig bevind is aan die moord op Mosweu van die Scotland- informele nedersetting naby Coligny op 20 April 2017 nadat daar getuig is hulle het hom van ʼn bewegende bakkie afgegooi. Dít het gevolg nadat die twee Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe gesteel het op Rietvlei, die plaas van hul werkgewer en Doorewaard se oom, Pieter Karsten.

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard. Foto: ANA

Mosweu het ook aan die hof gesê dat geen familielid van die beskuldigdes haar soos versoek genader het nie. “Nie een van hulle het ons genader nie. Hulle sê hulle het nie my kind doodgemaak nie, maar hulle vertel nie die waarheid nie,” het sy bygevoeg.

“Dit is te laat. Dit is lank ná my seun begrawe is. Ons stem nie saam met hulle nie,” het Mosweu gesê.

Mosweu het Woensdag in haar getuienis vertel dat sy nie die dood van haar kind kan verwerk nie. “Ek was diep seergemaak toe ek hoor hy is dood.” Sy het vertel dat haar kinders ook swaar kry ná hul broer se afsterwe.

Zweigelaar het aan Mosweu verduidelik dat hulle haar nie vroeër kon ontmoet nie omdat die borgtogvoorwaardes bepaal het dat hulle nié met getuies kontak kon maak nie. Mosweu was ook toe nog nie as sy ouer geïdentifiseer nie.

“Die beskuldigde en hul families wil graag met jou byeenkom, hul medelye uitspreek en ondersteuning bied,” het sy gesê.

Mosweu het in reaksie vir Zweigelaar gevra hoe sy sou voel as dit haar kind was wat vermoor is.

“Jy het my vroeër ʼn vraag gevra. Dit sal nie gepas wees vir my om jou hier in die hof te antwoord nie. Ek is bereid om buite die hof te wag as jy met my wil praat,” het Zweigelaar geantwoord.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Johan ·

As hulle werklik skuldig sou wees.het ek nie ‘n probleem met ‘n swaar straf nie. Maar as die getuie gelieg het, moet hulle onmiddelik vrygelaat word.
Party mense wil hulle straf omdat hulle wit is, en nie omdat hulle noodwendig skuldig is nie.

Frik Swanepoel ·

Nou wat word nou van die sogenaamde ooggetuie wat uitgevang is dat hy omgekoop is om te lieg? Mis ek iets?

Meisiemens ·

Hulle moet nogsteeds gevonnis word, want die hofsaak is reeds afgehandel.
Hulle gaan dan na die vonnis verigtinge appeleer.
Dis so hartseer saak die.

Oeps Nee! ·

shame waar was jy toe jou kind dood is???? 2 weke dood en jy het dit nie eers geweet nie, nie omgegee waar jou kind vir 2 weke was nie. Nie na hom gesoek nie.

LHS ·

Die staat se hoof en enigste getuie erken hy het gelieg, waarom nog al hierdie storietjies gebruik?

Paul ·

Die regter het dan in sy skudigbevinding tyd gelede al bevind daar is nie kraters in die maan nie, die oppervlak is so glad en duidelik soos die enigste ooggetuie se getuienis verdoemend teen die beskudiges was. Nou wag ons op die vonnis waarop Afriforum en hul span reeds regstaan om te appéleer. Appéleer gaan hulle, ongeag wat die vonnis gaan wees, want ons weet die maan het kraters in, sommer grotes.

Giel ·

En die EFF rui die mense op, so hoe kan dit dan anders wees?

Wessel ·

Maar het julle al agtergekom, dit wil voorkom of die wit mense van so ‘n week of so gelede nie meer as rassiste uitgekryt word nie, dis asof die EFF se effe in daardie departement bedaar het. Miskien praat ek te vinnig.

ek sê maar ·

As sy genoeg geld kry sal sy hulle vergewe. Jammer dit is maar so. Soos iemand boontoe opgemerk het hoe het sy nie eers na die kind gesoek toe hy weg was nie. dis erg om ‘n kind te verloor ja, maar as jy so min omgegee het dan moet jy liefs nie nou krokodiltrane huil nie.

Marie ·

Wat ek nie verstaan nie……die ma het vir twee weke nie geweet waar is haar kind nie. Maar nou gaan sy so te kere. Kan ook nie verstaan dat hulle skuldig bevind is…….. Daar waws so baie teenstrydighede in die getuienis!,,,,, hoop regtig dat die waarheid sal seevier.

Chantelle ·

Na berigte van die ooggetuie wat gelieg het irriteer dit my om te sien daar word steeds verwys na die seun as “vermoor”; dit was selfmoord, indien dit nie sy eie ongeluk was nie. Die EFF sou alankal ‘n bohaai gemaak het as die rasse omgeruil was en dit die wit man was wat gelieg het. Daar moet sommer ‘n saak van meineed teen die ooggetuie gemaak word!

Ander Koos ·

Nie net enigste staatsgetuie wat lieg wat probleem is nie, regter is ook probleem Hierdie saak is so deurspek van onwaarskynlikhede en klaarblyklikke leuens / teenstrydighede dat dit van die hofrol geskrap moes gewees het lank voor enige uitspraak.

James ·

Daar was mos gevra aan haar oor haar ander kinders, waar is hulle en so. Die regter het vinnig net gese dis nie relevant nie. Weet die vrou waar haar ander kinders is, selfs nog leef?

Is dit normaal vir n moeder om niks van haar kind vir meer as twee weke te weet nie en nou na n groot soek na haar. Is dit hell los. Syt blykbaar 7 kinders…

Abe ·

James,
Alles wat jy hier se is soos die regter aangetoon het, irrelevant.

Elna ·

Wel dan moet sy ook nie verwag om eendag vergewe te word deur iemand wat sy lwed aangedoen het nie. Waar was sy toe haar kind dood is? Ek dink dis weer n geknoeiery deur die EFF wat haar voorse wat om te se. Dit sal ook nog uit kom eendag. Nes dit uitgekom het dat die getuie gelieg het.

Maljan ·

Hoe het sy haarself vergewe? Haar kind het langer as n week as n onbekende in die lykshuis gelê. Sy het nie eers geweet waar haar kind was nie. In skooltyd. Nee wat, jy as ma was verantwoordelik vir jou kind.

Jannie ·

Ek is seker ‘n gedelike vertroosting sal haar sommer baie gou weer simpatiek maak!!! Dit het nog altyd gewerk!!!

Esme ·

Het jy die berig gelees waar die vrou sê haar kinders kry ook swaar na hul broer se sterfte… so hoekom vra jy of sy weet waar haar ander kinders is?

ai tog ·

@Esme, die vraag was bloot gevra omdat sy nou kamtig n vreeslike besorgde verantwoordelike ouer is, maar nie eers gemis het dat haar seun weg was nie, so die ander wou weet of sy regtig weet waar al haar kinders is of is dit nou maar net nog iets wat maar net gese word vir effek….

Ch ·

Jy weet wat my dronkslaan is die gedagte wat heers dat daar vergewe moet word as dit andersom is, maar glad nie vergewing ter aprake is as dinge regs om gedoen word nie. Die Woord sê doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê. Maar as die goed in SA gebeur is dit net van een kant af verkeerd. Besef die mense wat so moor wat hulle doen? Maak nie saak wie op wie nie. INDIEN daar skuld is, en dis moontlik………..hoe doen mens dit? Hoe vermoor mens n ouer Oom en tannie, n tiener, n 5jarige of net sommer n persoon op straat……..maak dood, stop sy/haar reg op lewe desnieteenstaande. Geen wonder ons Vader se toorn breek los by tye nie. Hoe bly die mens so in woede gedompel dat sy uitkyk op “lewe” en die waarde van Sy genade so goedkoop is? Hoe maai ons mekaar af sonder om te dink? Dis die vrae wat ek mee worstel in hiersie situasies. Hoe baklei ons onder mekaar sonder om te besef ons verloën Jesus en Elohim oor en oor elke dag net oor ons kan en wil. Wat van Sy Wil??

Dries du Toit ·

Kan nie glo dat die regter nog n vonnis kan uitspreek as hy nou ingelig is dat die enigste getuie gelieg het. Het niemand meer n gewete nie. Stuur 2 mense dalk onnodig tronk toe is nie eers so erg soos wat dit is vir hulle afhanklikes wat agter bly nie

Pieta ·

Die hof pleeg institusionele rassisme om steeds na moord te verwys en aan te gaan of daar geen probleme met die uitspraak van die regter was nie

Maak die waarheid saak? ·

Hoe weet sommiges dat die twee mans onskuldig is? Wat is dan reg en wat is dan verkeerd indien die twee mans wel skuldig is? Miskien is die waarheid inderdaad irrelevant en moet altyd gebruik word soos dit mens pas. Meeste mense gebruik in ieder geval die realiteit, die waardheid en oortuigings soos dit hule pas om die grootste voordeel uit enige situasie vir hulself te kan kry.

Cherokee ·

Dìt is die ander kant van hierdie muntstuk. Is hulle onskuldig omdat hulle wit is en ons gewikkel is in ‘n rasbehepte geskil? Watter rede het ons werklik om hul weergawe te glo? Maar kommentator, hoeveel maak die waarheid vir jòu saak? Mense wat vir elke kommentaar ‘n ander gebruikersnaam kies kan nie bo verdenking staan nie.

Willie ·

Ja ek stem die regter moet die eers ter syde gestel het.. Nog n vraag, het een bestuur? Of het altwee agter op die bakkie die man sodanig vermoor?

Abe ·

Willie,
Die feite voor die hof was volgens die hofstukke, dat Doorewaard bestuur het, Schutte het die oorledene van die bak afgestamp en die hof het albei aan moord skuldig bevind want hulle het gesamentlik opgetree (in collusion). Dis nie ek wat so se nie, dis wat die hof se.

Kediksie ·

Wel Popsie. Dink aan jou woorde as jy weer hoor van plaasmoorde. Ons moet maar vergewe en aan foeter.

Db ·

Die ma is kwaad omdat sy nou nie meer sy toelaag van die staat gaan ontvang nie.

Heksie ·

En hoe dink sy moet die res van ons blankes voel wat vermoor word deur haar landsgenote? Ons moet mos ook maar net altyd vergewe, nou weet sy hoe voel baie van ons wat deur diep water gegaan het met die moored op ons familielede.

ALLIE ·

Die staats getuie het gelieg ja…maar moet ook nie vergeet van die AUTO-PILOT bakkie nie…..

Pieter ·

Van hulle kan jy enigiets verwag, soos byvoorbeeld kan sy bewys dat dit in die eerste plek wel haar kind is, of vat die klomp net n kans. Wil dalk net geld maak uit die gebeure.

Madels ·

Niks van hierdie hele saak maak sin nie. Eerstens was die twee mans VOOR in die bakkie! Hoe op deesdae aarde kon een van hulle die seun afstamp?
Tweedens het die valse ooggetuie bely dat hy gelieg het? Nou hoe nou??? Hierdie saak is totaal belagy verby! :-(

Abe ·

Madels,
Daar was nooit getuie gelei dat altwee mans voor in die bakkie was nie. Lees my antwoord aan Willie. Dit is wat in die hof getuig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.