‘Ek kan vinniger’ sê nuwe SA-rekordhouer

Simbine tydens 'n vorige byeenkoms. Foto: Reg Caldecott/ANA

Simbine tydens ‘n vorige byeenkoms. Foto: Reg Caldecott/ANA

Akani Simbine, wat ʼn nuwe Suid-Afrikaanse rekord in die 100 m vir mans opgestel het, meen hy kan nog vinniger hardloop.

Simbine het Dinsdagaand, tydens ʼn byeenkoms van Atletiek Suid-Afrika (ASA) in die Pilditch-stadion, die rekord met ’n honderdste van ’n sekonde tot 9,96s verbeter. Hy en Henricho Bruintjies het saam die vorige rekord van 9,97s gehou.

“Ek is seker ek kan nog heelwat vinniger hardloop,” het Simbine na die wedloop gesê. “Die tyd wat ek gehardloop het, voel onwerklik, aangesien dit nog so vroeg in die seisoen is. Ek moet erken ek is verras oor my fisiese vermoë.”

Simon Magakwe het in 2014 die eerste Suid-Afrikaner geword om die 100 m in minder as 10 sekondes te hardloop.

Simbine neem intussen oor die naweek aan die Gauteng-Noord-kampioenskap, wat ook by Pilditch-stadion gehou word, deel. Bruintjies sal saam met Simbine aan die 100 m deelneem. Albei word deur Werner Prinsloo afgerig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

vierkleur ·

sit n pitbull agter hom,dan sien jy wat gebeur met daai tyd :)

Wat-ek-lees ·

Akani staan duidelik nie vir ek-kani. Iemand het iewers gesê “the sky is the limit”. Hou so aan Akani.
Dog laat dit my terugdink aan Josiah Thugwane van Bethal wat op 4 Augustus 1996 die Olimpiese marathon wen in Atlanta, Amerika. Hy plaas die dorp Bethal eensklaps op die wêreldkaart EN KRY NIE EERS ‘n STRAATNAAM NA HOM VERNOEM IN BETHAL. Wys mens maar net wat die stadsindoenas dink van naamgewing.
Hopelik sal Akani nie dieselfde behandeling kry mits . . .

Ben (:-) ·

Baie, baie geluk mater, my 10.7 lyk maar afgewater – wens jou groot sukses toe, geen drugs nie asseblief.

Mossie ·

Ja in vergelyking met hom vat hulle my 100m tyd met n almenak

Chantel ·

Dis fantasties. So goed om te weet ons atlete doen goed Dis harde werk – sterke Akani.

Eliza-beth ·

Fantasties – Olimpiese Spele hier kom ons! Kyk maar uit vir Wayde Van Niekerk ook hoor! Hy het al fatnasties presteer! Baie geluk Akani!

david ras ·

Mooi so Akani–ek hoop jy kan so verbeter dat jy sommer vir die windbol Usain Bolt kan wys hoe lyk die agterkant van jou spikes” !
Hou so aan !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.