‘Ek kon meer respekvol wees,’ sê Cliff ná rasse-herrie

Gareth Cliff. (Foto: Facebook)

Gareth Cliff, uitgesproke radiopersoonlikheid en aanbieder van The Burning Platform op CliffCentral, het Donderdag erken dat hy onhoflik opgetree het tydens sy gesprek met ʼn lid van die One South Africa Movement.

“Ek sal dit erken. Soms is ek geneig tot uitbarstings en dan kan ek baie afwysend klink. Ek kan ook nogal onbeskof wees, en ek aanvaar myself so,” het hy tydens Donderdag se program gesê.

Cliff het gesê hy neem ook nie die kitskosmaatskappy Nando’s kwalik dat hy sy borgskap van die program onttrek het nie.

Dié aanbieder het verlede week met Mudzuli Rakhivhane en die DA-leier John Steenhuisen gesels oor onder meer die DA se omstrede plakkate wat in Phoenix, Durban, opgesit en later afgehaal is.

Tydens die gesprek het Cliff gesê dat rassisme onderaan Suid-Afrikaners se lys van prioriteite is. Toe Rakhivhane haar opinie hieroor wou lug het Cliff haar herhaaldelik doodgepraat en die gesprek het vinnig ongemaklik geraak.

Dit het daartoe gelei dat SA Natives Forum Cliff by die Menseregtekommissie verkla het.

Cliff sê egter nou hy besef hy het onhoflik teenoor Rakhivhane opgetree.

“Dit is deel van my handelsmerk om so te wees. Dit is hoekom mense na my program luister. Hulle weet die onderhoude gaan moeilik en eerlik wees.”

Cliff het gesê Rakhivhane het goed gedoen om haar man te staan en erken dat hy anders moes optree.

“Ek kon haar heel waarskynlik met meer respek hanteer het, maar ek behandel almal dieselfde op my program.”

Volgens Cliff is daar ook geen kwade gevoelens tussen hom en die voormalige borg van die program, Nando’s, nie.

“Nando’s moes doen wat die beste vir hom is. Soms moet groot maatskappye besluite neem wat moeilik en ongemaklik is.”

Cliff het wel gesê hy dink Nando’s se verklaring maak Rakhivhane af as  ʼn swakkeling wat deur “twee wit mans geboelie is”, terwyl sy deurlopend die teendeel bewys het.

“Sy het haar party goed verteenwoordig en ek is teleurgesteld dat Nando’s haar as enigiets anders afmaak as wat sy is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

RB ·

Om onbeskof te wees is jou handelsmerk? Goeiste, dis baie beslis niks om op trots te wees nie.

Geen wonder daar is baie wat geen respek het vir diè man nie.

Daar is baie ander uiters talentvolle, gerespekteerde onderhoudvoerders wat nèt sulke moeilike en eerlike onderhoude voer terwyl hulle steeds almal met respek hanteer èn hul selfrespek behou. Derek Watts is ‘n goeie voorbeeld.

Sulke manne staan kop en skouers uit bo een wat sy eie beuel blaas en homself die reg toe-eien om ongeskik te wees.

Wonder wat dink sy ouers van sy maniere?

Sakkie ·

Hy vergeet seker dat hy net een naam het en as jou naam deur die modder gesleep is , is dit verby.

Truthful ·

Dis juis waarom ek van Gareth hou…reguit. En eerlik en soek antwoorde…Nando.s volgens my se advertensies. Geniet almal. So sensitief as dit mag wees en ek hoor niemand hul aanvat ..nou kla hulle vi Gareth aan…dit liewe Nandos was dwaas…

Misky ·

Ek is glad nie ‘n groot Cliff aanhanger nie, maar stem soms saam met sy redenasies en sienings. En ja, hy kan soms onbeskof voorkom en ek dink nie in die geval was dit so erg nie. Vat inelkgeval ‘n man met imbors om verskoning te vra as hy verkeerd was. En dis opvallend, dat dit 99% van die tyd vanaf blankes kom.

Herpiet ·

Hy het nie om verskoning gevra nie. Net sy onbeskofdheid erken

JohanR ·

Moenie worry nie Nico. Daar by die Australia Ope gaan al die SA spelers moet buig net voor die wedstryd begin. Die Springbokke in hulle nuwe ANC hemde, kan hulle kniee buig teen Wallis sommer die SA Haka noem. Nie lank nie dan gaan al die skool kinders moet buig.

Hennie Biebouw ·

“Hoflikheid”, of die afwesigheid daarvan, bepaal nie die meriete van ‘n saak nie. Laat ons dit nie vergeet nie.

Frank John ·

Rasisme is holrug gery wêreld wyd en soos ek voorheen gesê het en self ervaar het in ander land, rasisme is nie net tussen wit en swart nie maar tussen “rasse”. Ek het mense van dieselfde kleur maar verskillende rasse sien baklei omdat die een gedink het hy is hoër geklasifiseer as die ander. Dit us rasisme.

Baardman ·

Kyk, as die alewige raskaart gegooi word, bring dit die slegste in n mens uit. Dankbaar ek is nie in sy beroep.

DieKriek ·

Ek is nie n Cliff aanhanger nie want hy weet nie wat goeie maniere is nie. Dink dis cool om onbeskof te wees. Ek dink egter nie hy was enigsins rassisties nie. Party mense moet net oor hulself kom, genugtig.

Charl ·

Vir wat en wie vra jy omverskoning Cliff ? Nie nodig nie ou maat, hulle waardeer dit in elk geval nie en sal jou aanhou kritiseer, slegmaak en uitmaak as ‘n rassis so bogger hulle. Malema kan doen en se wat hy wil en wat gebeur met hom ?? Sweet blou f..all.

Herpiet ·

Nerens het hy om verskoning gevra nie. Net sy onbeskoftheid erken

Althes ·

Moet nooit om verskoning vra nie – Cliff het jy nooit geleer by Zelda la Grange en wie ook al wat om verskoning gevra het nie.
Die werklike rassiste (als behalwe wit) stel nooit in jou verskonings belang nie. Jy bewys net hulle arrogante siening dat jý verkeerd is en hul vertrap jou nog steeds.

Francois ·

En daar buig hy ook sy knieg voor BLM en ANC. Tipies gatkruip

Althes ·

Vir die doodgewone man op straat is rassisme wel onderaan die lys. Die doogewone man se wêreld gaan oor familie, vriende, kinders en werk en finansiële verpligtinge wat nagekom moet word.
Dis net politici en sport soos KSA wat dit lewendig wil hou.
Die politici wat die ou koei van rassisme wil warm hou, daardie kite gaan nie meer lank vlieg nie.
Alle rasse kom gewoonlik goed oor die weg in die daaglikse wandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.