Ek sal minderhede beskerm, sê Zuma

Pres. Jacob Zuma op 19 Februarie 2015 tydens die parlementêre debat oor sy staatsrede Foto; Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma op 19 Februarie 2015 tydens die parlementêre debat oor sy staatsrede Foto; Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Die ANC sal steeds minderhede beskerm, het pres. Jacob Zuma Donderdag gesê.

Zuma het reageer op die parlementêre debat oor sy staatsrede.

Hy het Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, gekritiseer nadat hy Woensdag vir Zuma gewaarsku het hy “speel met vuur” deur minderhede uit te sonder.

“Ek baklei teen diegene wat minderhede onderdruk,” het Zuma aan die gesamentlike sitting gesê.

Hy het gesê die ANC is steeds verbind aan die beginsels wat deur die land se eerste demokraties verkose president Nelson Mandela neergelê is. “Toe hy [Mandela] deur die wit verdrukker in hegtenis geneem is, het hy in die hof aan hulle gesê: ‘Ek het baklei teen wit oorheersing. Ek het baklei teen swart oorheersing’,” het Zuma gesê. “Wat ons in die regering doen, word gelei deur daardie beginsels en beleide.”

Hy het na Mulder gewys en gesê die ANC sal nooit witmense uit die land jaag nie.

Hy het egter volstaan met sy uitspraak wat hy verlede maand tydens ʼn fondsinsamelingsveldtog van die ANC gemaak het dat al die probleme in die land in 1652 begin het toe Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het. “Ons kinders moet weet waar hulle vandaan kom sodat toekomstige generasies nie die foute van die verlede sal herhaal nie.”

Mulder het Zuma Woensdag van “sondebok-politiek” beskuldig om hul verlies aan lede te verduidelik. “Die agbare president sê ʼn man genaamd Jan van Riebeeck het hier aangeland, en dit was die begin van die probleme in die land. Ek kan bewys dat die president verkeerd is. Maar wat het hy in gewone taal gesê? Hy het gesê toe witmense hier aangekom het, het die probleme begin. Wat begryp gewone ANC-ondersteuners? Hulle verstaan dat indien jy ontslae raak van die witman, sal al die probleme opgelos wees. Raak ontslae van die kokkerotte en al die probleme sal iets van die verlede wees.”

Mulder het die ANC se toewyding tot die grondwet bevraagteken en of die regerende party die mag vreedsaam sal oorhandig indien hy ʼn verkiesing sou verloor. “Glo die ANC regtig in die grondwet en demokratiese beginsels? Ek sê nee.” Hy het aan Zuma gesê: “Jy is tans die probleem. Laat staan asseblief die sondebok-politiek. Respekteer demokratiese waardes en hou op om aan te val en om my, as ʼn Afrikaner, en ander groepe, uit te dryf.”

Intussen het die burgerregte-organisasie AfriForum op president Jacob Zuma se onderneming dat die ANC minderhede in Suid-Afrika sal beskerm, gereageer deur te sê dat dit leë woorde sal bly solank die president historiese feite verdraai om by sy ideologiese agenda te pas.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, is die feit dat die president met sy bewering volstaan dat probleme in die land met Van Riebeeck se aankoms begin het, uit ʼn historiese oogpunt beoordeel so onwaar, dat dit belaglik is. Oorloë het lank voor die koms van Europeërs na die suidpunt van Afrika geheers, so ook maatskaplike probleme.

“Wat die president nou doen, is om Afrikaners as enigste sondebokke uit te sonder en sy weergawe, wat op ideologie en nie historiese feite geskoei is nie, as ‘geskiedenis’ te verkondig,” het sy gesê. “Die president het beweer stryd, mag- en grondverlies is alles die gevolge van Europese kolonialisme in Suid-Afrika. Na die stryd en verliese van die Khoisan na die koms van swartmense uit die noorde na die suide van die kontinent, het hy nie verwys nie, nog minder na Mzilikazi se skrikbewind wat die wrede dood van derduisende mense in die binneland veroorsaak het.”

Sy het gesê oor die positiewe bydrae wat gelewer is sedert die koms van Van Riebeeck, rep die president geen woord nie. “Solank erkenning daarvoor ontbreek, bly sy verklarings betekenislose en verdelende woorde, gestroop van erkenning en respek vir Afrikaners,” het Bailey bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Drieks ·

Ja ons is minder in getalle, maar so trots wat ons bereik het en nog steed bereik.
En ons verbeter nog steeds om net die beste te wees Mnr Zuma.
Begin met opvoeding, nie af branding nie.

Naas ·

JA, sure ou Zums en jou neus is hoeeee laaaank,? Effoff man, dink jy ons is stupid ou?

ig ·

Stem saam Adriaan,en hulle grootste frustrasie is natuurlik ook dat wat ookal na ons gegooi word om ons af te breek ,ons net sterker word en moenie vergeet van ons vermoe om finansieel die planmakers en werkskeppers die leiers te wees nie.Daardie spoor het ongelukkig vir gieterkop saam met Jan van Riebeeck begin.

Swanna ·

Stem saam ig. As ou Jan nie aan die Kaap geland het nie het Gieter kop ook nie nou sy lieflike Inkandla gehad nie en moontlik in ‘n gehugie onder ‘n boom gesit en magou drink en nog steeds ‘n klomp twak kwyt geraak soos hy nou doen. Viva Jan.

jacques ·

As hy ons nie beskerm het nie was ons al in die see in gejaag.Dis nie hy wat agter die plaas moorde sit nie,dis Mal ema.Julle moet pasop dat daai ou nie ons presedent gaan raak nie en sy kaanse is goed om eendag oor te vat.Ek bid dat dit nie eendag gebeur nie want ons gaan verander in n Irak.

Eish! ·

Sorry en ek glo dit gaan nou delete word. Maar vanmore kan ek regtig nie anders nie Almal vergewe my sommer byvoorbaat!
ZUMA JOU MUR!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.