‘Ek sál nog president word’ – Malema

Julius Malema spreek Donderdag sy ondersteuners buite die Johannesburgse hooggeregshof toe. (Foto: EFF/Twitter)

“Ek gaan nog president van hierdie land wees, of jy nou daarvan hou of nie.”

Só het Julius Malema aan Mark Oppenheimer, AfriForum se regsverteenwoordiger, Donderdag tydens sy laaste dag in die getuiebank van die gelykheidshof in Johannesburg gesê.

Oppenheimer het tydens die aanhoor van AfriForum se siviele saak oor die lied “Skiet die boer” dit aan Malema gestel dat die EFF waarskynlik nooit aan bewind sal kom nie, aangesien hulle in die afgelope plaaslike verkiesing landwyd maar sowat 10% van stemme gewerf het.

“Ek sal besluit oor die sake van hierdie land en ek sal besluit oor jou,” was die EFF-leier se reaksie daarop.

“Ek dink jy moet begin aanpas by daardie werklikheid. Hoe gouer jy dit doen, hoe minder borspyne sal jy hê wanneer daardie dag aanbreek.”

“Watter borspyne?” wou Oppenheimer toe weet.

“Rassistiese borspyne,” het Malema hom geantwoord.

Julius Malema in die getuiebank. (Foto: EFF/Twitter)

Die politieke leier het in sy getuienis ook erken dat hy wit mense aanspreeklik hou vir die “sondes van hul voorvaders” en dat hy nie kan waarborg dat hy nie vorentoe ’n beroep vir die slagting van wit mense sal doen nie.

Oppenheimer het in die hof spesifiek verwys na Malema se omstrede uitlating in 2016 toe die EFF-leier in KwaZulu-Natal gesê het dat die EFF “ten minste vir nou” nie vir die slagting van wit mense sal vra nie.

“So, jy kan in die toekoms moontlik vra vir die slagting van wit mense?” wou Oppenheimer by Malema weet, wat op sy beurt gevra het waarom hy só iets sal doen. Malema het egter in dieselfde asem erken dat hy nie kan waarborg dat hy dit nié sal doen nie.

“As ek jou vra om te belowe dat jy nooit sal vra vir die slagting van wit mense nie, sal jy daardie belofte maak?” wou Oppenheimer weet.

“Ek sal dit met gemak doen.”

“Maak dan daardie belofte,” was Oppenheimer se bevel.

“Hoekom sal ek dit doen?”

“Ek vra jou om daardie belofte te maak.”

“Ek sal dit nie doen nie.”

“Aaa, ek verstaan,” was Oppenheimer se antwoord daarop.

  • Die saak het Vrydagoggend hervat. Die respondente het hul laaste getuie, prof. Elizabeth oftewel Liz Gunner, ’n kenner van struggle-liedere en Afrika-literatuur, na die getuiebank geroep.

Lees Maroela Media se vorige berigte oor Malema se getuienis in die gelykheidshof hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Hennie J ·

Here gee ons ook asseblief die krag en genade om hierdie euwel te beveg en te oorwin………

Jacques ·

Die begrip is Grootheidswaan en dan lei die knaap aan wensdenkery. Sy terugkom aarde toe gaan ‘n harde slag weed

Vettiemaragartos ·

Jacques jy weet dat Grootheidswaan ‘n baie duidelike aanduiding is dat ‘n persoon ‘n erge graad van die sifilis virus het.

Lourens CFG ·

Ek vlug nie vir dít nie, ek staan, hy en kronies sal vlug.

Daniel ·

Leë blikke maak die meeste geraas, ek dink sy kop raas ernstig

Ferdi ·

Wat snuif/rook hierdie vent?! Is daar nie iemand wat vir hom medikasie kan gee nie asseblief! Genade, hy doen wat hy wil, hy sê wat hy wil, hy kom weg met alles!

Lourens CFG ·

Hulle sal eerste dag al sê “begrawe, hy is lankal dood”.

Jannie van Niekerk ·

En nog steeds swyg Andre Gaum en Chris Nissen oor hulle held.

Jannie van Niekerk ·

MRK kommissarisse wat weier om teen EFF en Malema op te tree bal doen hulle ook wat.

krodedil ·

Dom, Dommer, Domste. Ek dink die ou hanswors het regte talent vir die job.

Anoniem ·

Indien die vent loskom op die klagtes, sal niemand ooit hierna weer vervolg kan word vir haatspraak nie.

Jannie van Niekerk ·

Neewat Ou Andre Gaum en Chris Nissen sal als in hul vermoë doen om te vervolg as jy wit is en teen Malema geaknt is.

JohanR ·

Sal dit maar sonder die land se witmense en hulle belasting moet doen want jou as GROOT KOP wil niemand he nie! Hoekom kry die ou soe baie tyd in die nuus? As selfs die nuus agentskape hom ignoreer, dan sal die land nie eers weet dat Malema bestaan nie!

Henri ·

Dis absoluut die waarheid. Op meer as een vlak. Massamedia is die werklike ekskrement in die drinkwater.

Anoniem ·

Hy gaan maar sukkel om meer as die domste 10% se stemme te kry.

N ·

Hy kry so baie tyd omdat hy n blatante rassis is en die klomp ongeskooldes saam hom opstook

Perdeby ·

Malemmer skiet hom net al dieper in die voet!! Dit is baie duidelik watse groot rassis hy is, en as die MRK dit nie kan sien en hoor nie, weet ek darem nie so mooi nie.

Nette ·

Dit alreeds is haatspraak wat hy sommer so openlik in ‘n hof erken

Vonkprop ·

ANC lag lekker in die agtergrond, want hy werk nog net so lekker vir die ANC en hulle sit agter Malema en sy streke. EFF is net nog ‘n vleuel van die ANC en die dag gaan kom dat hulle gaan saamsmelt. Dat hulle nie mekaar kan verdra nie is net ‘n rookskerm.

Anoniem ·

Korrek, dis net MK onder ‘n dekmantel van rooi pette, dis hoekom hy nooit deur gekaapte howe skuldig bevind sal word aan enigiets nie.

Truthful ·

Ek stem. Helemal saam.. Lankal daaroor gedink..hy werk steeds vi ANC. Dis beplan voel ek ook

Aanhouer ·

Wel, dan weet ons almal nou presies waar ons staan met Malema en sy EFF. Die ANC te verskrik om die EFF in die geheel te verban. Nie in staat nie. Glad en geheel nie in staat nie.
Vrot polisiemag, vrot weermag, vrot alles.

Hettie ·

En soos gewoonlik speel hy sy kinderagtige speletjies met almal, die gereg inkluis ! Hy dink regtig hy is snaaks en trek aandag !

Swerwer ·

Die geskapende moet oppas, sy lugbabbel gaan bars, en hard ook. Nog ‘n Zuma geval. Hy kan sê, maak en doen net wat hy wil, maar toesluit sal hom nie. Dat ‘n blanke sulke uitlatings en aantuigings maak en jy word sumier toegesluit. Gelukkig weet ons lankal dat daar geen vertrouenswaardigheid is nie.

Henri ·

In die videogreep is Julius uiteindelik in ‘n hoek gedryf en het hy uiteindelik sy tande ontbloot. As hierdie nie as ‘n bewys kan dien in die internasionale arena as die begin van ‘n megolomaniak se plan tot rassemoord nie, dan is daar nie hulp nie.

Klein Karoo Loper ·

‘n Vierkante meter stukkie grond beteken meer vir die land as Malkoppie.

Mariaan ·

Malema maak n bespotting vd gereg…hoor hoe praat hy in die hof…geen respek…net n houding van arrogansie en haat…en hy kom weg daarmee

Di ·

NEE wat rooikappie “dream on” jy sal NOOIT die President van hierdie land word nie. Nie almal in hierdie land is so dom om jou te VOLG nie, net die handtjievol dom jonges glo die snert wat jy praat!

anniekiewiet ·

Mr sir Malema sal jy regtig president wil wees van ‘n vervalle, korrupte, afgebrande land vol vernietigende stede en plase met gepeupel wat gaan werk, blyplek en kos soek? Seker ja, want jou aandeel daarin sal jy nie erken nie.

Louis ·

As dit ooit gebeur, sal ons belasting moet weerhou! Wat ookal die gevolge inhou. Dit sal hom magteloos laat.

Misky ·

Ek kan die absolute arrogansie en haat nie verstaan nie. Hier is groot moeilikheid oppad mede SA’ners!!!

JL ·

Blah, blah, blah, blah. Jy’s welkom ou seekoei . (maw ou chomp)

Willem ·

As die hof hom nie skuldig bevind aan haatspraak nie sal ek ALLE respek vir SA se regstelsel verloor. Dan moet die blankes van hierdie land maar hul eie howe begin want geen blanke sal dan n regverdige verhoor in hierdie land kan kry nie.

Johanné ·

Gaan iemand in Suid Afrika hierdie lafaard dagvaar vir doodsdreigemente?!!

Johann ·

Die wetter kry presies wat hy soek en op floreer. AANDAG!!!!!

Francois ·

Hy sal eers vir Duduzane in sy Porsche moet verbyvat…!!

AmY ·

Hoekom stuur hulle ons nie net terug Europa toe nie?
Ons kennis sal ‘n groot aanwins wees daar.
Ons het mos nie gevra om hier te wees nie.

Hansie ·

Ek is hier gebore. My voor ouers het hulle lewe op geoffer vir hier die land. Ons jong manne het alles gegee in die bos oorlog. God het ons hier geplant.

Jacobus ·

Meglomane soos Malema en Hitler, Idi Amin en al die gevaartekens wat bekend is, sal voortgaan om sy ondersteuners te offer vir sy verwronge denke!

Wicus ·

Pasop, ons het almal gelag oor Zuma se aspirasies, en kyk net.

N ·

Al hoe n ongeskoolde nikswerd soos hy so ver in die politiek kan kom is deur n rassis te wees en al die ‘puppets’ volg hom maar blindelings. Hoe het ons hier beland?

annie ·

Hmm… In tronke is daar altyd bendebase… Yes Mr President… wat altyd onderdanigheid opeis van die ander arme drommels… Zuma is ‘n goeie voorbeeld. Adv Raubenheimer sal gelukkig nooit weer in sy lewe so ‘n arrogante skepsel as beskuldigde hoef aan te spreek nie. Malema moet oefen. Die dag wat hy by die Hemelpoort opdaag kan hy sy beste poging aanwend…

Byekonfyt ·

“Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas.” Spr. 19:21

Wielspore ·

My Ouma het altyd gesê die leegste blik maak die meeste geraas…. en daardie waarheid is nog steeds van krag.

Johanna ·

DREAM ALONG JULIUS MALEMA.
YOU ARE THE BIGGEST RACCIST IN SOUTH AFRICA.

TEACH YOUR PEOPLE TO DESTROY AND SET FIRES, YOUR TURN WILL COME AND THEY WILL DO THE SAME TO YOUR LEADERSHIP.

Jr ·

Ek persoonlik dink Afriforum het hierdie vent te veel airtime gegee. As ek M Oppenheimer was het ek so begin. Die judgement wat voorheen gegee was om die lied nie te sing voorhom neerlê. Hom persoonlik gevra om die uitspraak self te lees. Hom dan gevra of hy dit na dit gesing. Niks verduideliking net n JA of NEE. Sny hom af. As die vent sê nee dan wys hom videos. Vra hom het jy nie dan n hof instruksie verontagsaam. JA of NEE.Hy kan NEE sê maar die feite is daar. And then. I REST MY CASE. Dis nie n debaat of dit n struggle lied is of nie. Dis oor hy n hof besluit geminag. Finish and Klaar

Adriana ·

Sy haat vir die witmense sal hom self vernietig. Die Here slaap nie.

Lillian ·

As ek sê wat ek dink van dié suurstofdief, gaan ek tronk toe!

Wessel ·

Mal Emma. Gaan sit eers ook 27 jaar in die tronk dan lieg en droom jy verder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.