‘Ek sou my honde sélf doodgemaak het’

Argieffoto ter illustrasie

Die eienaar van die twee Rottweilers wat ʼn sesjarige seuntjie doodgebyt het, sê hy as hy daar was, sou hy die honde self doodgemaak het om die tragedie te voorkom.

Jonathan January het met die Cape Times gepraat oor die voorval waarin die sesjarige Kaapse seuntjie Uriel Ockhuis naby sy huis in Hillview, tussen Retreat en Muizenberg in die Suid-Skiereiland, 72 keer deur sy Rottweilers gebyt is.

“Ek wil net vir mense sê hoe ek regtig voel oor wat gebeur het,” het hy aan dié dagblad gesê. “Ek het nog altyd alle voorkomingsmaatreëls probeer [om die honde binne te hou]; daar is groot hekke met slotte wat gesluit word.”

Hy het gesê die seuntjie se lewe is vir hom meer werd as ʼn hond sʼn. “Ek kan nie wat gebeur het, ongedaan maak nie. Ek kan net sê hoe ek voel.”

January sê as hy daar was en dit sien gebeur het – want sy honde het nog nooit enige aggressie getoon nie – sou hy sy eie hond se keel afgesny het omdat hy meer vir kinders omgee.

Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsafdeling en die DBV het die diere dieselfde aand nog kom haal om hulle van kant te maak.

Nadat hy gehoor het Uriel se ouers is in die Retreat-daghospitaal, het hy soontoe gegaan en het die pa hom vertel hul seuntjie is dood. “Die pa het my omhels en ons het saam die hospitaal binnegegaan,” het hy aan die Cape Times gesê. “Dit was toe dat alles om my donker word en my bene meegegee het.”

Ek wil net vir almal, ook die gemeenskap, sê ek is regtig baie, baie jammer.

Nadat hy bygekom het, het hy met Uriel se bedroefde gesin gaan praat. “Ek wil net vir almal, ook die gemeenskap, sê ek is regtig baie, baie jammer.”

Maroela Media het Woensdag berig Uriel het die afgelope week saam met maatjies gespeel toe die twee Rottweilers hom aanval. Sy getraumatiseerde ouboet Morné Ockhuis, ousus Stacey-Lee Adams en ʼn buurvrou het klein Uriel probeer red, maar vergeefs. Hy is meer as 70 keer gebyt.

Morné het aan die koerant gesê hy het nog nie tot verhaal gekom nie en is steeds te geskok om te sê hoe hy voel nadat sy boetie voor hom aangeval is.

Toe Uriel se sibbes en die buurvrou op die toneel aankom, het hy op sy maag gelê en om hulp geskree, maar die honde wou nie laat los nie.

Sy suster het gesê nadat hulle hom hospitaal toe geneem het, kon sy dit nie verduur om na hom te kyk nie omdat dit hartverskeurend was. “Baie mense is getraumatiseer deur wat hulle gesien het.”

Uriel, wat aanstaande jaar skool toe sou gaan, is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die honde het na bewering uit hul eienaar se erf ontsnap nadat iemand die hek oopgelos het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Sarkasties ·

Hou pos is ongevraagd, die eienaar van die honde sou NOOIT weet dat dit sou kon gebeur het nie. Miskien meer simpatie toon as sarkasme!

m ·

Ja Wessel…ek sou nogal wou sien wat jy doen is jy in sy skoenne was. Die arme man rou self ook daaroor.

M'Lady ·

Mnr January, hoeveel liefde het hierdie honde ontvang of het hulle hulle dae in die agterplaas deurgebring? Honde moet altyd volkome deel van die gesin wees. Hulle was tien teen een uiters gefrustreerd met hulle omstandighede. Mense wat nie 100% vir hulle diere gee nie moet beslis nie honde aanhou nie.

WAT??? ·

Wie is jy om net aan te neem dié honde het geen liefde of interaksie met ander mense of kinders gehad nie? Hou post is ongevraagd en baie onsensitief. Snert praat is ook ‘n siekte!

Susanna ·

Met hoeveel liefde het jy die hond groot gemaak? Asseblief! Ons het ‘n opregte Boerboel gekoop. In my huis grootgemaak. ‘n Plot gekoop vir HOM om op te hardloop en speel. Hy het op my bed geslaap elke aand van sy lewe, daar was nie plek vir ons almal nie, maar on het dit maak werk op die bed. Twee keer ‘n maand het daai 80kg hond saam met my gestort. Hy het die kinders gevolg soos ‘n skaduwee. Hy was my ALLES. En wat gebeur? Daai liefevolle dierbare seun van ons draai op ons vriende se klein seuntjie. Dank die Here ek was naby genoeg om te skree en dat hy betyds gestop en geluister het. Toe my man hom wou wegvat toe skeur hy my man se arm oop. Dankie tog die kind het niks oorgekom. Ek het net daar die besluit gemaak dat dit te naby was. Ek het onmiddelik die buurman gebel het hy het daai pragtige hond van ons onmiddelik kom doodskiet. So dit maak nie saak met hoeveel liefde en omgee jy ‘n hond groot maak…. dinge gebeur wat ons nie altyd kan beheer.

O aarde ·

Die man neem ten minste verantwoordelikheid. In ander gevalle die afgelope tyd het die eienaar net sy skouers opgetrek, soos die geval van die politikus in Bloemfontein.

Ekke ·

Regering se skuld……..as ons nie in so n land gebly het nie, was dit nie nodig vir sulke kwaai honde…..

SNERT ·

Hoe is dit die Regering se skuld? Mense het nog altyd kwaai honde aangehou en wat gebeur het was ‘n ongeluk, niemand kon dit voorsien nie. Bietjie meer nuus kyk en minder spekuleer!

Out of Africa ·

Stem 100% saam met Ekke. Was self as kind deur ‘n rotweiller gebyt so ek praat uit ondervinding. Vandag lewe ek in ‘n vreedsame land en het geen behoefte om kwaai honde aan te hou nie.

DS ·

Ag Ekke jy is nou belaglik! Die regering kan wraggies nou nie die skuld kry vir watter tipe hond mense het nie. Glo my voor 1994 het mense ook die tipe honde gehad.

Jb ·

Hy kan maar so jammer wees soos wat hy wil, hy is verantwoordelik vir sy honde. Daar die kind is buite sy erf verskeur want hy kon nie sy honde in sy erf hou nie. Daar be hoort n saak van strafbare manslag teen hom gemaak word en ek hoop die famielie van daar die kind dagvaar hom uit alles uit.

Elsa ·

Jb, byna geen honde eienaar kan sy of haar honde 24/7 oppas nie. Hierdie man het sy plig gedoen om sy honde binne sy erf te hou deur die hekke te sluit as hy nie tuis was nie. Die persoon wat die hek oopgemaak het en oopgelos het, is die een wat eintlik skuldig is aan hierdie kindjie se dood en nie die eienaar nie. My hart gaan uit na hierdie kindjie se familie en geen haat of wraak teen die eienaar van die honde gaan hierdie kindjie terugbring nie.

Manie ·

Jb, jy weet obviously nie hoe honde is nie. Vir n hele jaar kom my honde nie uit nie, nou het hulle uitgefigure hoe om te ontsnap. Ek skarrel die heel week al om nuwe openinge toe te maak. Dink asb voor jy praat. Jy mag dalk jou eie asem wegslaan.

Fanie ·

Geen mens het dit al ooit reggekry om sy lewe deur geen agterlosige vout te maak nie ons is mense vol voute wand ons is nie die Here nie net Hy was voutloos. Ek wonder of enige mens besef met watter selfverwyd daardie man moet saamleef

Blommie ·

Fanie ek stem saam met jou, dit gebeur so gou en ek het al gesien hoe kinders honde terg.
Ek se beslis nie dis wat gebeur het nie. Se net die honde word geterg en sodra die hond kans kry doen hy iets uit verstrasie wat hy nie moet nie. kon gebeur het as hulle hek oopgemaak het en uit gery het, kon gebeur het as iemand inkom…
Dit gebeur so vinnag en my hart gaan uit na diegesin van die seuntie en so ook die eienaars. Ek het gister toe my honde teen hek opspring gaan kyk, klomp klein kinders met stokke teen die hek, dit maak my woedend!
ek sou nooit vrede in my hart kon kry nie.Dis nie lekker vir almal betrokke wat gebeur het nie. Baie sterkte en RIV

Stan ·

Hierdie is ‘n geweldige tragedie hierdie tyd van die jaar en my hart gaan uit na beide families. Sterkte aan beide families en mag julle berusting vind.

Desire ·

N Hond bly n hond. Hul is geneties wild en maak nie saak HOE mak hul is of HOE liefdevol, as daar iets “snap” dan reageer hul op instink.
Dit is bitter sleg dat dit moes gebeur. Kinders moet ten alle tye toesig hê as hul met honde speel. Ons sal nooit weet wat heeltemal gebeur het wat gelei het tot die situasie, maar ek dink dit is iets om van te leer.

Tershia ·

Stem saam Dit is n tragedie My meegevoel met albei families Het self n groot hond Bly oorkant twee skole Die kinders terg gooi klippe na die hond Soms vat hulle stokke en slaan na hom Klim oor die muur om vrugte te pluk Ek moes palisade aan die kante van die huis laat op sit sodat ek hom kan agter hou ma nogsteeds staan hulle voor die huis en terg hom Kinders moet geleer word om meer respek vir diere veral honde te he Honde onthou sulke voorvalle My hond is vir my soos n kind maar ek weet hy kan nie dink en op tree soos n mens nie

Alida ·

Rotweilers is vieslike goed. Self derur een gebyt wat my geken het.

Eugene ·

Gerhard
In die geval het die mense ook nog nooit probleme gehad nie…

Nettie ·

Alida – enige hond kan ‘n vieslike dier wees – as dit verwaarloos word, mishandel word, geterg word, honger ly, nie aandag kry nie. Honde is nes kinders: hulle het alles wat ‘n kind nodig het, ook nodig.

Rottweilers is miskien geneties meer geneig tot aanvalle, maar het jy geweet dat dat jou Chihuahua, worshond en Chow eerste, tweede en derde plekke op menige wêreldlyste vir mees-aggressiewe honde vul? En dat Rottweilers en Alsatians ondermeer sesde en sewende op daardie lyste is?

Jou hond is wat jý hom maak. Nes enige kind – as jy dit nie opvoed nie, moenie van dit verwag om aanvaarbaar op te tree te alle tye nie.

Hansie ·

Alida, Rottweilers is ook goeie karakter lesers, dalk hoekom jy gebyt is?. Mense, dis nie die ras wat die probleem is nie, maar opleiding. Almal vergeet seker die omlangse voorval waar n boerboel sy mense verskeur het, en van die kleiner ras honde byt gereeld mense maar die omvang is nie so groot nie. Ek voel baie jammer vir albei families

Andrea ·

Stem saam. Dankie ook aan Nettie vir haar sinvolle bydrae. Alida het n probleem met honde. Nettie is realisties en objektief.

coreen ·

@Alida.. hulle is nie vieslike goed .. nie nodig om alle rottweilers in een kraal te sit .. wat vandie polisie wat rottweilers gebruik om skelms te vang ?. as mm nou geskryf het van rottweiler het skelms gevang sou jy ook seker gese het “mooi so ” ..

Karen ·

Maak nie saak of kinders in hul erf of straat was nie. Iemand het die hek oopgelos en die honde het uitgekom. Of dit een is wat daar moes werk of iets doen of iemand is wat daar bly; dis die een wat nie die hek behoorlik toegemaak het se skuld. Die eienaar het voorsorg getref dat die honde nie uit kan kom nie, maar hoe moet mens ook nou vir ander dink. Honde kan hoe vriendelik wees, maar as hulle iemand nie ken nie, tree hulle op en raak aggresief. Sekere rasse is maar net vir aanval en byt as hulle nie mense ken nie. Selfs klein honde kan geniepsig wees. Ek gee nie om wie wat sê nie, n hond kan hoe baie liefde kry, hy sal as dit in sy aard is aanval. Dis vreeslik wat hier gebeur het en ja, meer mense het deesdae gevaarlik honde oor die misdaad al het mense sulke honde voor 1994 aangehou. Ek het beslis nie my honde vir ander redes nie, sou graag n teacup woef wou hê, klein en pas in enige sak om saam te dra, maar hul gaan niks aan n aanvaller doen nie. Die dat ek wrede goed het wat weet om te gryp en byt en ek glo baie ander mense het ook hul ras honde vir die een rede.

Lydia Steyn ·

Honde reageer en tree op in die huis wat hul in groot word.

Uiltjie ·

Desire kind, waar val jy uit? Lees die berig oor ASB. Die kinders het NIE met die honde gespeel nie!!!

MH ·

Ek ken nie die besonderhede van hierdie tragiese voorval nie, en daarom kan ek nie hierop kommentaar lewer nie. Net ‘n algemene stelling: Kinders is soms geneig om honde te terg wanneer hulle in die straat verbystap. Ek het al self gesien dat honde heeltemal mal word wanneer hulle kinders in die straat sien terwyl hulle vreedsaam en liefdevol is met kinders in die huis. Dit kan daartoe lei dat ‘n onskuldige kind beseer of gedood word. Dit is ouers se plig om hulle kinders van kleinsaf te leer om diere met respek te behandel.

Fourie ·

Kind sal kind bly, veral n laaitie van daai ouderdom, as hulle die hond geterg het kan mens nou ook nie dink ja dis hoekom hy nou aangeval was nie…amper asof mens nou die skuld op die dooie seuntjie wil plaas…kind sal kind bly en diere terg is soos speel vir hulle. Mense moet soos met n geweer n lisensie kry vir gevaarlike diere, sekere voorsorg moet in plek wees en jou yard safe proof. Dis bitter gevaarlik as enige jan rap en sy maat pitbulls en rotweilers aanhou veral in townships waar heinings en strukture uitmekaar val…lisensies vir groot honde soos vir n vuurwapen en training dis al way

Dina ·

Dis tragies wat gebeur het en niemand se skuld nie. Mag die ouers en eienaar van die honde vrede in hul gemoed vind. Rotweilers staan bekend as gevaarlike honde.

Jemma ·

Enige hond is gevaarlik. My pekingese het my ñ tyd gelede in die gesig gehap en ek moes steke in my lip kry.As sy ñ rottweiler was, was die skade definitief baie erger.Alle rasse honde kan maar oor dieselfde kam geskeer word.My klein hondjies is baie meer agressief as my groter honde dit kan ek jou sè

Maria ·

Gits hier is n persoon wat net almal se kommentaar aanval, regtig? Ek voel jammer vir alle partye

Omw ·

Hoe oud is julle almal wat hier so oordeel met comments? Julle wat so oordeel se comments is regtig ongevraagd. As jy niks goed kan se nie, bly eerder stil en gaan verby.

Andrea ·

Watse goeie ding is daar oor hierdie tragiese geval te sê?

Hanna Hoekom ·

Ek het lank in n ER gewerk (Gauteng en Limpopo) en het daardie tyd reeds besluit dat daar twee tipe honde is wat ek nooit op my erf sal toelaat nie: Boerboele en Rottweilers! Elke dag moes ons hondbyte behandel. Meesal die eienaars self… Boerboele heel bo-aan die byter-lys gevolg deur Rottweilers. Nee dankie, ek het net te veel trauma gesien! Daar is baie ander honderasse wat nie so onvoorspelbaar is nie.

Ook groot honde ·

Ek het self twee groot honde en wil net graag noem dat ek elke dag kinders vra om nie my honde te tart deur die heining nie. Ek ken die kinders baie goed, gee vir hulle skool elke dag. Maar ongelukkig is die betrokke kinders nie opgevoed deur hul ouers rakende honde en agressie nie. Ek het al sover gegaan om verklaring by SAPD te maak oor die voorvalle, want sou my honde wat baie liefde en aandag kry, uitkom, en die kinders byt, ek nie verantwoordelik sal wees nie. Dalk moet ons verstaan waar daardie honde se agressie begin het. Is dalk nie tekort aan liefde of frustrasie nie, dalk was hulle ook elke dag met klippe en bottels gegooi deur kinders.

Praat jy ·

Ons het ‘n hings gehad wat as vulletjie deur kinders gegooi is met klippe. ‘n Paar jaar daarna moes hierdie spesifieke gesin se kinders in bome opvlug toe hy vir hulle kom. Hy’t darem net ‘n pop uit een van die kinders se hande gebyt, maar nie opgehou toe die pop flenters was nie.

honourable member ·

Rotweilers is lieflike diere so ek sal graag wil probeer verstaan hoekom hulle so skielik besluit het om die kind aan te val. Dis baie tragies wat hier gebeur het.

Antionette ·

Ons het self n rottweiler wat saam met ons 4 jarige groot word. En die band tussen hulle is so uniek, maar ongeag word my kind nooit alleen gelos met hom nie. Kinders kan in n oogwink iets verkeerd doen en die hond het net een manier om te wys as hy nie van iets hou nie. Ek sal wel herken dat hy geen vreemdes in ons erf duld nie ongeag kleur, hy het n hok waarin ons hom sit wanneer mense hier is. Maar hy is deel van ons gesin, honde soos die moet respekteer word en ongelukkig goed verstaan word deur hul eienaars. Klein hondtjies byt ook, as hul kon sou hul baie meer doodgebyt het as enige groot ras. Honde klein of groot het het almal die instink om hul omgewing en hul mense veral te beskerm. Ongelukkig met hierdie dinge sal mens nooit regtig verstaan hoekom so iets gebeur nie, baie dinge kan rede gee aan hul gedrag. Dit is so hartseer en afgryslik n kind is dood!!! Maar tog wil ek dat mense verstaan hierdie honde is so vol liefde maar eienaars van hierdie groot rasse moet goed navorsing doen en presies weet hoe om hulle te hanteer voordat hul so hond aanhou. Gister het iemand kommentaar gelewer oor honde wat geterg word, grootliks moet ek herken dat hierdie ook die rede is waarom ons hond geen vreemdes duld nie. Wat presies gebeur het sal ons nooit weet nie!!!!

GM ·

Spelling is vir my ook baie belangrik, maar my magtig, is dit regtig nodig om iemand uit te haal oor hul spelfoute as hul probeer simpatiseer met die slagoffer se familielede? Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles. Sing volgende keer eerder ‘Let it go’ saam met Frozen se prinsessies.

RG ·

Stem saam met MH. Kinders is ook geneig om te begin hardloop wanneer hulle vreemde honde teekom, baie gevaarlik. My ervaring in die algemeen is dat ouers nie hul kinders opvoed oor hoe om vreemde honde te benader nie. Soveel keer kom kinders uit die bloute en steek hul arms uit om ons honde te omhels of onmiddelik aan hulle te vat. Dis baie gevaarlik in enige geval, of met enige hond. Leer kinders om hulself aan vreemde honde voor te stel. Die regte manier is om eers die eienaar te vra of hulle die honde mag nader (moet nooit ‘n vreemde hond nader indien die eienaar nie teenwoordig is nie). Dan steek mens jou hand stadig uit sodat die hond daaraan kan ruik. Eers dan en indien die hond wys dat hy jou aanvaar is dit veilig om nader kennis te maak (aan hulle te vat). Hierdie was ‘n frats ongeluk en niemand is te blameer nie, baie hartseer. Het self met Rotweilers groot geword. Soos met Jack Russels is hulle net wreed in die verkeerde hande.

Inge ·

Ek voel bitter seer vir die gesin en vir die honde se eienaar! Dit is n vreeslike ding om oor te kom. Ek self is n eienaar van Rottwilers en ek moet self sê dat hulle soms onvoorspelbaar kan wees. Ons gee baie liefde en hulle is gehoorsaam en beskerm goed, dit gaan nie oor die ras van die hond nie, ander rasse byt ook. Sterkte met die trauma verwerking vir elkeen van julle!

HPV ·

Onopgeleide honde maak so, reageer op hul instinkte. Opgeleide honde reageer slegs op bevele. Opgeleiding soos by hondeskole deur bevoegde instrukteurs.

JohanL ·

HPV – dit is moontlik dat jy redelik korrek is. Maar ongelukkig is daar realiteite ter sprake.

Nie almal kan honde deur “bevoegde” (in jou woorde) instrukteurs laat oplei nie. Laat ons nou maar eerlik wees, van hierdie bevoegde instrukteurs “beroof” mens in hul tariewe (en selfs wat hul doen). Dit is die realiteit. Nou weet ek gaan die reaksie wees – “Maar dan moet jy nie hond kry nie”. In daai geval dink ek gaan daar duisende honde wees wat nie huise kry om by te bly nie. Wat gaan van al daardie honde word? Weer – dit is die realiteit.

Ek wonder ook net of daar ‘n verskil is tussen “opgeleide honde” (watter opleiding praat ons hier van) versus “sosialisering klasse” (wat ek terloops dink baie belangrik is)?
Ek dink daar kan gerus meer gedoen word om honde in ‘n buurt te akkomodeer met sosialiserings “aksies” – maw waar daar op ‘n meer georganiseerde basis “byeenkomste” op ‘n oop stuk grond is waar honde in die buurt en hul eienaars bymekaar kom en net loop, speel, ensovoorts. As honde van kleins af sulke blootstelling het, dink ek dit kan baie help om aggressie aan te spreek.

Maar ja, op die ou einde kan enige iets gebeur op ‘n gegewe oomblik. Ek s^e nie my oplossing is die oplossing tot aanvalle deur honde nie.

HARTSEER ·

My innige simpatie aan albei gesinne. Dis my grootste vrees dat my honde ook kan uitkom en iemand byt. Ons het heining voor met elektriese motorhek. Nou met Eskom se beurtkrag kan enigiemand die hek oopstoot omdat dit op manuel is anders kan ons nie in of uit nie. Dit beteken my 2 honde moet agter toegemaak word terwyl die krag af is, (gelukkig het ek groot agterplaas), baie gerieflik vir die rondlopers om te peuter by my huis, want as my hekke oopgaan en daai 2 boerboele kom uit is ek in dieselfde moeilikheid as hierdie eienaar.

Gesiggie ·

Ai hoe hartseer laat ‘n kind sy lewe moes verloor. Net so hartseer om almal se comments te lees. Rotweilers is wat mense hulle maak, enige diere ras kan byt en verskeur. En ‘n dier bly ‘n dier! Kinders moet ook goed opgevoed word, ekt ‘n persoonlike geval gehad waar ‘n klein seuntjie my diere geterg het, elke liewe dag verby geloop het die hek gegooi het met klippe, met stokke geslaan. Ons kon nie verstaan hoekom ons vrede liewende hond die kind nie kan verdra nie totdat ons op die kameras gesien het wat bedags aangaan as ons nie tuis is nie. Al wat ek probeer se is, moenie te gou oordeel nie. Bly steeds tragies!

JohanL ·

Weer eens my opregte meegevoel aan die Ockhuis familie en ook die eienaar Mnr January wat ten minste aanspreekliheid aanvaar en nie “weggehardloop” het nie. Wat ‘n uiterste tragiese gebeurtenis.

Jemma jy is heeltemal reg in wat jy skryf. Kleiner honde is ook aggresief en is vir meer bytaanvalle bekend as die groter rasse. Hanna Hoekom – ek sien wat jy skryf, maar ek dink hoekom jy juis Boerboele en Rotties uitsonder is bloot omdat die skade wat hul aanrig erger is as die skade van ‘n kleiner hond se byt. So jy sou nie noodwendig by ongevalle die slagoffers van die kleiner honde gesien het nie – alhoewel statistieke wys dat sekere kleiner honde vir meer byte verantwoordelik is. Die slagoffers van ‘n klein hond se byt gaan of huisdokter toe of doen selfversorging by huis.

Mariana ·

Dit is ‘n tragedie. Ons moet net altyd onthou alle diere is onvoorspelbaar. Simpatie met ouers van seuntjie.

% hondeliefhebber ·

My honde (baster weggooihonde) is ‘n trop. Ons as gesin is deel van hulle trop. Hulle is baie beskermend teenoor almal op die erf wat deel is van die trop. Geen honde kan ook ‘n beter lewe he as my baster-brake nie. Word in die huis toegelaat en slaap op die beddens as hulle wil. As ek besoekers kry, laat ek hulle nooit alleen naby enige besoekker nie, en defnitief nie kinders nie. Ek weet hulle mag aanval om hulle trop te beskerm, en tree dus te alle tye pro-aktief op om tragedies te voorkom. Hulle is die beste beskeming wat ‘n mens kan he in ons wettelose land. ‘n huisrower gaan op sy moker kry met ‘n trop van 6 wolf grotes en 2 base met ‘n vuurwapens …. “Die moral of the story” is dat ons troeteldiere deesdae meer moet wees as dit; ons verwag dat hulle sal kan doodbyt indien nodig. Dit bring ongelukkig ook baie risiko’s mee, soos honde wat kan uitbreek en dan baie hartseer veroorsaak. Ons as mense vergeet ongelukkig ook dat honde bly diere, afstammelinge van die wolf. Hulle reageer nie op rede soos ons, maar op instink. Ons moet leer om soos met ‘n vuurwapen, verantoordelik te wees as jy honde besit. Dit kos werk en opoffering.

Henry ·

Opvallend hoe talle eienaars van die woeste en gevaarlike honde in ontkenning leef.

“Ou Waaksaam en sy boetie ou Saggies is die vriendelikste, vreedsaamste ou ingeltjies wat jy ooit in die Rotweiler gemeenskap mag vind.” En so het twee “lieftallige” Dobermans my vrou op onverwagse wyse aangeval en groot pyne veroorsaak.

Rotweilers het reg of verkeerd, die status in Brittanje verwerf as die mees gevreesde honde ras. Hoe ookal, my gesin en ek het laaaaankal reeds besluit dat siele wat gevaarlike brakke aanhou, nie langer op ons besoekerslysie verskyn nie.

Nettie ·

@Henry – Dobermanns “happens to be the 4th most aggressive dog in the world”. Nog erger as Rottweilers en Alsatians, wat die meeste mense beskou as die aggressiefste honde. Ek sê weer: as iemand in my erf kom, my of my honde/huis/eiendom bedreig of my honde terg en my Rottweiler byt hom/haar, sal NIEMAND tussen my en my Rottweiler kom nie. Ek sal haar met my lewe verdedig.

Anneke ·

Jy kry twee tipes mense (in hierdie geval). Honde mense en kind mense. Ek is n honde mens.

En ek kan sommer dadelik aan baaaanja mense dink wie se lewens nie naastenby soveel werd is soos n hond s’n nie. Bekende mense nogal.

sue-ann ·

Beter kon ek dit nie stel nie. Anneke. Ek sekondeer. Dankbaar die DBV het die diere kom haal en dat hulle nie in die eienaar se hande gelaat is nie

Andrea ·

Anneke, jy praat my taal. Bly daars nog mense wat soos ek voel.

SeNet ·

Die sogenaamde iemand wat die hek oopgelos het moet van moord aangelka word, dis nie die hone se skuld nie, julle kon hulle maar vir my gebring het, ek sou hulle beter opgepas het…

Josua Keys ·

Mense is darem selfsugtige goed of hoe, mense is gou om eienaars van honde te blameer as so iets gebeur soos in die geval, ek dink die eienaar is heeltemal opreg gewees in sy verskoning en was net so uit die veld geslaan soos die ouers van die seuntjie. Ek will jul stomp siende mense graag n vraag vra!!!! Jy ry in jou motor, versigtig en binne die spoedgrens skielik hardloop n kind voor jou motor in en die kind word deur jou dood gery, almal op sosiale media blameer jou dat jy beter kon opserweer, stadiger gery het of was seker op ‘n selfoon besig terwyl jy in jou hard weet jy was werklik onskuldig hoe sou jy dit dan hanteer het. Die ouers van die kind het n juweel verloor maar nerens sien julle enige beriggewing dat die ouers die eienaar van die honde blameer nie inteendeel mekaar by die hospitaal omhels, jislaaik mense dink voor julle iets plaas, more gebeur iets soortgelyks my jou, ider aan die ontvang of verloor kant hoe gaan jy reageer, is dit hoe laag ons mense in SA gedaal het?????? Jou Suster kyk gou na jou kind want jy gaan gou winkel toe, die kind speel en struikel oor n trappie en val hom of haar perongeluk dood sal jy jou sussie hof toe sleep en haar kaal wil uittrek, aai ja jaai man. Sterkte aan alby gesinne met die tragedie .

Lenette ·

Ai, Josua ek stem so saam met jou, as ek die kommentare so lees dan kan ek maar net my kop skud…

Yvonne ·

Ek bevestig weer: honde tree op afhangende van die omstandighede waarin hulle groot word , aangehou en behandel word. Ons het self ‘n liefdevolle Rottweiler maar my kinders word geleer om haar met die nodige respek en liefde te hanteer. Ons is deeglik bewus dat sy , nes enige ander hond kan byt en ook sal byt. Enige besoeker word aan haar voorgestel en indien haar optrede vyandig is , word sy in ‘n ander deel van die erf toegemaak. Glo my , sy het ‘n baie goeie sesde sintuig.

Dit is ongelooflik hartseer wat met hierdie seuntjie gebeur het en om hierdie ras as vieslik en nog ander name te noem gaan niks verander nie. Grootmense en kinders moet eerder geleer word dat, al is dit ‘n dier , dit steeds met respek behandel moet word.Niemand op hierdie platform weet presies wat daar gebeur het nie en wat die omstandighede was waarin hierdie honde hul self bevind het nie. Daarmee se ek geensins dat dit die seuntjie se afsterwe regverdig nie , maar daar is vir seker meer aan die storie as wat ons in die media lees. Almal van julle wat die Rottweiler so sleg maak, gaan doen moeite en kyk waar kom hulle vandaan en waarvoor word hulle aanvanklik gebruik was, dalk net dalk verander julle van opinie (dogtime.com)

Andrea ·

Dankie vir jou intelligente en 100% akkurate bydrae. Diere moet met respek grootgemaak en hanteer word. Frustrasie, stres, vrees, of pyn is bepalend van hoe die hond kan optree in situasies waar daardie snellers teenwoordig is.

alida ·

Hansie dink hy is baie slim. Ek het vir 2 jaar by die hond se baas gewerk en die vieslike hond het my elke dag vriendelik begroet tot op ‘n dag toe byt die gemors my uitmekaar uit.

Hondloos ·

Ek stap op ‘n sypaadjie, ‘n dierasie wat uit sy erf ontsnap het, wat aangehou word om oortreders dood te byt, om die huismense te beskerm, bestorm my. Hoe respekteer ek hom? Daar is alweer ‘n kind dood!! Koop vir jou ‘n vuurwapen om julle te beskerm. Wrede honde kan nie afgerig of beheer of intoom gehou word nie!! Instink neem oor en die ander party kom altyd die slegte daarvan af. Troetel maar julle “woefters”, kyk hoe die kleinkinders met hulle speel, moet nooit spyt wees oor iets wat voorkom kon gewees het nie. Elke honde voorval maak my siek tot in my wese.

Hanlie ·

Ekself het 2 pragtige Rotweilers gehad saam met ‘n skaaphond. Al drie was pragtige liefdevolle diere teenoor kinders. Hulle was ook kwaai honde want hulle het ons teen vreemdelinge beskerm. Almal het geweet wanneer jy by my kom kuier kom jy by die voordeur in dan weet hulle jy is welkom….by die agterhek – wel dan moet jy seker weet hulle sou jou skep. Hulle al drie het oud geword en speel nou in die honde hemel. My ma het ‘n klein hondjie – fox terrier/jack russel kruising. My man en kinders gee baie aandag aan hom – my ma en broer nie. Maar hy het nou al my man 3 keer gebyt dat die bloed loop en my 2 kinders elkeen 1 keer dat die bloed loop. Hy raak aggressief oor niks. Klein of groot honde kan albei gevaarlik wees.

Esta ·

Ek moet my Rottweiler se hek met n ketting sluit anders maak sy al die hekke oop, dis my plig. Het 7 kleinkinders maar sy kan nie die èeñ kleinkind hanteer nie , omrede die kind lief is vir skreeu. So dinge kan gebeur as die mensdom net aandag aan sulke tipe gedrag van diere betyds optel. GESKREEU IRRITEER ENIGE HOND

vmg ·

en weer tiepies. amal sal met amal stry oor alles…. sterkte an die familie en eienaar van honde

Louise ·

Ons het met Rottweilers groot geword. Ek het nou nog fotos waar ons op hul rug ry, ore trek en “stoei”. Nooit ooit was ons gebyt of aangeval. Maar, geen vreemde werkers mag naby ons gekom het, of in erf nie, sy het een keer ‘n smous deur heining probeer byt wat sy arm na ons uit gesteek het om te wys wat hy verkoop. Ons honde het ons orals gevolg en beskerm.

Kleiner honde het ons al gebyt, selfs ons kinders al na gehap. Ek sal eendag as groter erf het beslis Rottweilers weer kry en regte opleiding verskaf.

Enige hond wat geirriteerd is, sal daarop op verskillende wyses reageer.

Ek is jammer vir die verlies van die seun, mag God jul dra in die tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.