Pretoria se ANC-burgemeesterskandidaat, Thoko Didiza, het Donderdag gesê sy voel tuis in die stad en sien uit na haar nuwe verantwoordelikhede in die plaaslike regering.
“Ek is ʼn inwoner van Tshwane, dit is my huis. Ek wil die mense van Tshwane bedank wat my hartlik verwelkom het toe ek die stad jare gelede my huis gemaak het,” het sy aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “Ek voel nie soos ʼn vreemdeling in Tshwane nie.”
Dit is die eerste keer wat Didiza in die publiek praat oor die gewelddadige betogings wat die stad geruk het nadat sy verlede Sondag as die ANC se burgemeesterskandidaat aangewys is. Didiza het gesê die brandstigting en plundery is nie ʼn refleksie van die mense in die streek nie.
“Ek moet sê, dit is jammer om verwoesting in ons gemeenskappe te sien. Dit maak nie saak wat die vlak van ontevredenheid is nie, mense moet nie by geweld betrokke raak nie. Ons beplan om saam met die gemeenskappe en leiers te werk en ʼn einde hieraan te bring.”
Didiza en ander kandidate vir die Gauteng-burgemeesterskap is Donderdag aan die media voorgestel te midde van berigte oor plundery wat in Pretoria voortduur.
Die gewelddadige betogings het Sondagaand begin en Maandag geëskaleer nadat Didiza as die burgemeesterskandidaat aangewys is. Paaie is versper, busse is aan die brand gesteek en winkels is in Atteridgeville, Mamelodi, GaRankuwa, Mabopane en Hammanskraal geplunder.
Betogers eis dat die bestaande burgemeeste, Kgosientso Ramokgopa, moet aanbly vir ʼn tweede termyn.
Op ʼn vraag hoe sy voel oor die gewelddadige gebeure die afgelope week, het Didiza gesê as ʼn inwoner sal sy reageer deur hard te werk om programme voort te sit wat deur Ramokgopa ingestel is. “Die ander verantwoordelikheid van leierskap is om bo omstandighede uit te styg,” het sy gesê.
Lees alle vorige berigte oor Pretoria-onluste opo Maroela Media.
Ek hoop sy het n swembad by haar huis…met n sterk pomp om n vuur te kan blis!
Nee wat maak nie saak wie in beheer kom nie almal van die anc is skelm en verrot. Sy gaan korrupsie net verder aanhelp. Wys my n eerlike anc burgemeester ????? Nul
Dit is reg so laat die wiele afkom.
Hoekom is Didiza nie meer in die kabinet nie? Om nou maar net ‘n burgemeester te word? Sy is hoog in haar noppies. Pretoria sal brand, maar Zuma kry sy sin.
Ter wille van ANC selfsug….ten koste van die land, beginnend by plaaslike instellings. SKAAM JOU DUDU…en as Pretoria inwoner: jy is NIE welkom nie!
Ek verstaan nie heeltemal die situasie nie. Hulle wil nie ‘n zoeloe persoon hê as burgermeester nie, maar geen nie om dat Zuma ‘n zoeloe is nie? Ek dink al hierdie is net ‘n rookskerm vir iets wat hulle probeer wegsteek.
Baie witmense voel vreemd in Pretoria, selfs in die middestad waar die ware Tshwane sy kleur wys.
Wil graag weet waar in Pretoria sy bly, of is dit maar deel van die Kabinetshuise rondom die Unie Gebou. Sy is dan ook n inwoner van Kaapstad. Wat gaan sy doen om enige iets te verander in Pretoria. Die feit bly dat daar geen hoe profiel minister of selfs die President die onlus gebiede besoek het om dinge te kalmeer nie, wat van die besighede, vervoer maatskappye en ander wat miljoene verloor het die afgelope week. Gaan die ANC hulle weer vergoed en help, dit was immers hulle mense wat die skade aangerig het.
As dit nou nie ‘n refleksie is van die mense in die streek nie, wat is dit dan? Niemand is so blind soos die een wat nie WIL sien nie. Dis defnitief nie die buitelanders wat hulle eie besighede geplunder het nie. Dis ons eie onbeskaafde mense,
Dudu wat kruip jy in Jhb weg? As toekomstige burgermeester is dit nie nou al jou plig om die mense is Pretoria toe te spreek oor hul klagtes nie? Dan is jy mos ‘n ware leier.
Niks sal vir haar vreemd wees in Tshwane nie want daar is niks oor in Tshwane behalwe Pretoria.