‘Ek was verkeerd oor Zuma-klagtes’

Willie Hofmeyr, adjunk- Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV) by die Mokgoro-kommissie (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Willie Hofmeyr, adjunk- Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), het Maandag gesê hy was verkeerd toe hy ʼn besluit ondersteun het om korrupsieklagtes teen oudpresident Jacob Zuma terug te trek.

Hofmeyr getuig tans voor die Mokgoro-kommissie wat die bekwaamheid van twee geskorste advokate, Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi, ondersoek. Hy moes vrae beantwoord oor klagtes wat teen Zuma teruggetrek is, wat later in die hof as irrasioneel beskryf is.

Hy wou aanvanklik nie die vraag beantwoord nie, en gesê dit strek buite die omvang van die ondersoek.

Advokaat Norman Arendse, vir Jiba, het aangevoer dit is belangrik dat Hofmeyr reageer op kritiek teen die besluit om aanklagte teen Zuma terug te trek.

Die kommissie het gehoor die besluit, in 2009 om Zuma nie te vervolg nie, is geneem deur die voormalige hoof van die NVG, Mokotedi Mphse, en Hofmeyr het dié besluit ondersteun. Hofmeyr het ontken dit was ʼn politieke besluit. “Ek dink nie dit is gebaseer op my politieke oortuigings nie. Ek het nooit aan partypolitiek deelgeneem nie: ek is weg by die ANC ná ek in 1999 aangestel is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Challa ·

Jaaa Willie. Ons glo elke woord wat jy se. Veral die woorde rakende jou besluit wat nie beinvloed was deur jou politieke oortuigings nie.

Boet Fasie ·

O hy was by die ANC, dit verklaar alles , guns wat terug betaal moes word met rente

Dries du Toit ·

Al hoe hy daai pos gekry het was omdat hy ANC was. Altyd gewonder . Nou weet ek. Siek land waar ons n lewe moet maak

Erwee ·

Uit die artikel – “Hy wou aanvanklik nie die vraag beantwoord nie….” Willie, willie praat nie!!!!!

Dries du Toit ·

Hy het al lankal gemik vir Abrahams se pos. Ek het altyd gedink hy is baie braaf om te dink daar is enige kans vir hom om dit te kry. NOU verstaan ek

Dries du Toit ·

Hy is n ou ou ANC kader. Wolf met skaapsklere. Nou wil hy se hy was verkeerd met Zuma. Aag toggie hy het goed geweet wat hy doen vir sy eertydse baas. Nou dat Zuma weg is nou wil hy hom byt.

Henk ·

Hofmeyr was in zuma se sak en Hofmeyr behoort aangekla te word vir regsverydeling en hoogverraad

Johanna Botha ·

Nee wat ou Willie jy het maar net gese en gedoen soos die wind gewaai het !

Koos de Meyer. ·

Nog een wat bo die wet verhewe is. So kom dinge een vir een uit.

Fanie ·

Nou vind ons uit Hofmeyr is eintlik ‘n tandarts…wel, hy lieg soos ‘n tandetrekker!

Cherokee ·

Dan frons ek oor wittes wat DA stem.. daar’s wittes wat ANC ondersteun!

HPV ·

Dit is om van siek te word. Kla hom ook aan en maak hom deel van die ondersoek wat soos alle ander ondersoeke weer op niks gaan uitloop. Nimmereindigende sirkel.

aj ·

As Hofmeyer nie ‘n fout gemaak het nie met Zuma se vervolging, dan was Zuma nou reeds 10 jaar in die tronk, ….. m.a.w. geen staatskaping,! … biljoene rande nog in die staatskas, Eskom nog op skedule, SAL nog in die lug …. en so voorts!

En die ANC sou dan 2019 se verkiesing wen ….!

Riaan Etsebeth ·

Willie het rondom 1991/92 vir paar weke gevas tot hy net vel en been was vir die ANC se ontbanning. Ek kan/wil nie glo hy praat goed en ondersteun die huidige ANC se optrede nie. Sker maar onder die druk geswig, want anders was hy op sy jis uit in die wapad. Steeds nie aanvaarbaar nie, waar is sy waardes nou as hy voorheen 3 weke kon vas en in die hospitaal beland het?

marco polo ·

Willie is n ou ANC meeloper vanuit die apartheidsdae. Ek hoop hy en al sy mede boeties is tevrede met die gemors wat hulle help skep het. Dis nou te laat om te huil.

JoeV ·

Dalk meer besorg oor sy werk as die aanklagtes… nie werklik ‘n groot ding om jou land uit te verkoop vir jou posisie nie. Wys maar tot waar die blanke heen verval het met sy agterlike selfsug en polities “korrekte benadering”, bied jou aan, veraai ‘n volk vir n selaris!
Die is dalk wat die ou mense “handsoppers” en “joiners” sou noem, is dit?

dirk bosman ·

Die brawe muis kader wil ons laat glo hy het vreesloos en onbevoordeeldopgetree

Db ·

En so val die verraaiers! Wonder of hy trots is op homself toe hy sy eie mense verraai het en nou wil huil soos ‘n babatjie omdat sy speelgoed gevat is. Kry vir jou my maat

Gemaskerde Sopbeen ·

Ai, die arme Afrikaner Volk darem…..val so rond van die een Hofmeyr tot die volgende Hofmeyr……hahahahahah….

Ingilsman ·

Ek is seker hy en FW de watsenaam is ook groot pelle? Sies verkoop almal uit…mag jou gewete jou pla!

Ja swaer ·

Rerig mnr Hofmeyr? Nou as dit nie politiek was nie, wat was dit dan? Kry jy maar sulke irrasionele insinkings? Dan is jy mos ook nie geskik om in jou pos te dien nie. Of was dit maar wie se brood jy eet die se lied moet jy sing? Ek hoop daar kom n ondersoek teen Hofmeyr ook om sy geskiktheid te bevraagteken. As mens erken jy steun irrasionele besluite is jy self mos irrasioneeel? Of korrup? Dis hoogtyd dat Hofmeyr gaan, hy is soos ou brood wat se rakleeftyd al jare verby is en sit en muf

Janee ·

Pensioen muf … belastingbetaler betaal sy salaris al jare der jare, dan ondersteun hy ‘n irrasionele besluit, erken dit en sit en muf en wag op sy pensioen wat die belastingbetaler ook betaal

jakes ·

Maak nie saak wat ou Willie se nie, een ding is verseker dat JZ nooit tronk toe sal gaan nie net so min as wat die korruptes in SA tjoekie sal gaan. Korrupsie en diefstal op regeringsvlak is verpligtend vir hierdie diewe.

Janee ·

Net soos Torie Pretorius wat al donkiejare sit en muf by die NVG se kamstige prioriteits litigasie eenheid (probeer om mense wat nie amnestie vd WVK gekry het nie te vervolg). Wat is sy jongste claim to fame? Vra maar vir Shaun Abrahams. Torie het die besluit geneem om vir Praving Gordhan te vervolg vir bedrog in die SARS manne se pensioen sage. En ons almal weet dit was ‘n verkeerde besluit wat omgekeer is en toe gaan kruip Abrahams agter Torie weg. En lg is slim genoeg om so laag te le dat niemand ooit n vinger na hom wys nie. Nog een wat sit en muf en sy seile draai na die wind vd regerende regime

Pierre ·

Nee Mnr. Hofmeyr jy was nie verkeerd, jy het bloot nie ‘n ruggraat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.