Ekonome: SA in groot moeilikheid

dawie-roodt-begrotingsrede-2018

Dawie Roodt. (Argieffoto: Reint Dykema/AfriSake)

Hoewel Tito Mboweni se mediumtermynbegrotingsrede “brutaal eerlik” en “uitstekend” was, is die veranderinge wat hy daarin voorgestel het sowat vyf jaar te laat, sê Dawie Roodt, hoofekonoom by die Efficient Group.

Hy vertel aan Maroela Media dat die voorstelle wat die finansiesminister gemaak het goed was, maar die kanse dat dit geïmplementeer gaan word, skraal is. “Die voorstel rondom regeringsamptenare se salarisse wat gesny gaan word, is goed, maar onhaalbaar. Dit is juis hoekom die mense daar is, vir die groot salarisse en byvoordele.

“As ek ʼn voorspelling kan waag, dink ek Tito gaan nie meer lank daar wees nie. Niemand gaan doen wat hy sê hul moet nie. Hoe gaan hulle mense kry om die tolpaaie te betaal? In beginsel is dit ʼn goeie idee, maar as die regering nie sy huis in orde kry nie, gaan niemand daartoe instem nie.”

Maroela Media het vroeër berig dat die regering nie sy e-tol-projek gaan skrap nie en dat dit meer regulasies gaan instel om betaling af te dwing.

Roodt waarsku dat verbruikers hulself moet regmaak vir verdere belastingverhogings wanneer die fiskale begroting in Februarie ter tafel gelê word. “Ons kan verwag dat alle vorme van belasting sonder twyfel verhoog sal word, behalwe maatskappybelasting. Die regering sal net dwaas wees om dit hoër te stoot. Inkomstebelasting sal opgaan, en nie net vir die rykes nie, maar vir almal.”

mike-schussler-irr-pensioene-2018-03-07-verwerk

Mike Schüssler. (Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.)

Mike Schüssler, die hoofekonoom by Economists.co.za, stem saam oor die belastingverhogings en sê die prentjie wat tydens die begrotingsrede geskets is, is kommerwekkend. Die land se bruto skuld-tot-BBP (bruto binnelandse produk)-ratio bly styg en soos wat dit nou staan, sal dit teen 2022-’23 71,3% beslaan, die hoogste nóg.

“Die skuldvlakke is reeds die hoogste wat Suid-Afrika in die geskiedenis van ons BBP aangeteken het. Ons is in groot moeilikheid, die markte sê dit vir ons, die effektebeurs sê dit vir ons, die rand sê dit vir ons.”

Die rand het reeds vroeg in die toespraak begin tuimel. Toe Mboweni die land met ʼn winterseisoen vergelyk, het dit met 1,5% teenoor die dollar gedaal. Teen die einde van die toespraak was die rand al 1,93% swakker, en het dit teen R14,90 teenoor die dollar verhandel. ʼn Paar uur later, teen die einde van die sakedag, het die rand na R15,05 teen die dollar geval.

Bianca Botes, tesourievennoot by Peregrine Treasury Solutions, het verder gesê dat die lande se fiskale posisie aansienlik versleg het sedert Februarie, wat nie die graderingsagentskap Moody’s gaan paai nie. “Maar die feit dat reddingsboeie nou in die vorm van ekwiteite eerder as lenings toegestaan gaan word, moet tog in die land se guns tel. Dit beteken dat die staatsinstansies gaan moet leer om vir hulself te baklei.”

Wat wou die ekonome hoor?

Roodt eggo Schüssler se sentimente. “Ons is in baie diep moeilikheid en daar is ernstige aanpassings wat gedoen moet word. Mboweni moes gesê dat hulle 20 000 mense by die staat gaan afdank, dat hulle 100 000 mense by Eskom gaan afdank en dat daar nog tien ministers uit die kabinet gesny gaan word.  Hierdie stappe sou ʼn resessie tot gevolg hê, maar dit is absoluut noodsaaklik vir ekonomiese groei.

“Noodmaatreëls moes aangekondig geword het, maar geen noodmaatreëls is ingestel nie.”

Die Nasionale Tesourie het in sy mediumtermynbegroting twee scenario’s geskets oor waar Suid-Afrika homself in die volgende drie jaar kan bevind.

Volgens Scenario A sal die regering nie volhoubare hervormings in plek kan sit om die staatsbeheerde maatskappye reg te ruk nie, sal die leningskoste wat die regering moet aangaan net verder beleggings afskrik, vertroue laat daal, indiensneming laat daal en lei tot huishoudings wat minder kan bestee. Dit sal om die beurt tot gevolg hê dat die begrotingstekorte net verder vergroot en skuld verder groei.

Teen 2020 sal die land se groei dalk beredder word, en tot 1,4% per jaar styg, maar hierdie groei sal net aan hoër lewenskoste te danke wees. BBP per kapita-inkomste sal ook daal.

Soos dinge nou staan, sê ekonome, is dié scenario hoogs waarskynlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Johan Pretorius ·

Mboweni, net soos die res van hierdie onbevoegde regering is clueless

Gert van Wierdapark ·

Die agbare mini-ster van Finansies kan beplan ens, soos wat hy/hulle wil, maar die Belasting-“perd “wat die wa deur die drif Moet trek, is lankal voos “geslaan”! Die kaders en fak-bonde gaan hul waarskynlik ook nie aan sy versoeke steur nie! Shame

$ ·

Jy sal eers Eskom se werksmag moet verdubbel voordat jy 100 000 mense daar kan afdank; daar werk nie eens 50 000 mense nie maar jy wil 100 000 afdank.

Of dalk het Maroela jou verkeerd aangehaal, Roodt?

Victor ·

Met Eskom en Roschkon angesluit deelvan Eskom is daar well oor die 100,000 mense

Eddie ·

Moenie vergeet van die Vakbonde wat ook Mboweni aan die korthare beet het en die bietjie ruimte wat hy het sal dwarsboom !!

Hagar ·

Maak gereed nou is die landstoestand ryp vir die buitelanse muishondlande om soos aasvoels toe te sak.

Suzette Geringer ·

Dit is hoekom die wereld sanksies teen SA ingestel het jare terug want hulle het gesien dat dit moeiliker sal wees om te kom aas as daar ‘n wit regering aan bewind is.

Vlagman ·

Mboweni is soos sekere spelers wat vir die kantlyn skop – speel net vir tyd

Gerrit ·

Nêrens het n kommunistiese regering nog ooit iewers suksesvol regeer nie. En wat doen ons in 1992? Gee die land vir kommuniste. En nou is almal verbaas dat dit n flop is.

KO ·

Die wat dit veroorsaak het wil nie verantwoorlikeid vat vir hirdie gemors nie, maar troos jouself hulle dag kom, vinniger as wat ons dink.

Chris Ws ·

Die hele toedrag van Suid Afrika se swak ekonomie en hemelhoe werkloosheidsyfer is te danke daaraan dat sedert 1994 “klaas ” “baas ” geword het en “baas” uit sy werk geskop is.Wie wil se ek is verkeerd.

Chris ·

Chris Ws. Ek wil se jy is 100% reg!!! Kundigheid, kennis, jare lange ondervinding, en opgeleide mense in hul onderskeie poste, is verlore nadat klaas vir baas uitgewerk het. “Affirmative action” en “ANC” gaan nog eendag net sulke groot vloekwoorde word soos wat “Apartheid ” deesdae is.

KrokodilBotha ·

Pragtig, so hulle sal nie meer Bentleys en Jags kan bekostig nie. Soos anner ou toppie se, dit is belasting geld wat hulle in weelde laat leef. Nie die massas se stemme nie. Belasting geld. Tyd vir minder of geen belasting.

schaun ·

Skrap diskriminerende wette teen wit minderhede ,privatiseer Escom en Sal en stop die bevolking aanwas ontploffing en die ekonomie sal vanself regkom

Rexleigh ·

So glad we are packing our bags. We will give our kids a better future.

Ferdie ·

Die land behoort reeds aan die Chinese. So vergeet van die regering se beloftes . Die Chinese is in beheer en besit al amper alle soorte besighede en alle drankwinkels op elke dorp in die land.

Vrydenker Vlakvark ·

En die DRAAK VAN WÊRELDKOMPETEERBAARHEID pynig en verniel die Suid-Afrikaanse “nasie”!

Dit is nou ‘n stryd tussen die ANC/EFF se “Nasional Democratic Society” (sosialisties-kommunisties) en die DRAAK.

Die ANC-leierskap kan nie eens die Eerste Industriële Revolusie (lees Eskom) onder die knie bestuur nie, wat nog van die nuwe Vierde Industriële Revolusie!!!

Die Suid-Afrikaanse jeug bedank sekerlik die ANC/EFF-vakbonde vir hul visionêre leierskap en daadwerklike optrede om die SA-nasie die afgelope 25 jaar te lei tot vrede en voorspoed. Amen.

Elda-Marie ·

Scenario A soos genoem is ons voorland, kom wat wil. Daar is NIKS wat ons kan doen om dit af te weer. Hierdie spul narre van ‘n regering sal nooit die mas opkom en ons land effektief kan bestuur nie.

Belastinggeld finansier staatsamptenare se weelderige leefstyle terwyl die massas honger ly en by die dag meer word en van staatstoelae afhanklik raak. Dit terwyl die belastingbetaler reeds vuisvoos is…

Hierdie “resep” kan nie anders as om te flop nie. Die bestanddele vir gesonde ekonomiese groei is afwesig.

Genadiglik is ek en my man in die proses om land te verlaat met ons twee kinders met die hoop dat ons hierdie piesang-republiek kan ontsnap.

Willie ·

Wonderlike woorde en daai smiles gee alles weg???? so asof hy weet niemand in die regering gaan doen wat hy voorstel nie. Wanneer gaan die mense die erns besef. Ons word net armer.

jaco ·

skaf net regstellende aksie af en stel die beste aansoekers in vakatures aan. dan sal die werk weer behoorlik gedoen word en sal die ekonomie begin regkom. en AS daardie aanstellings wit is, ONTNEEM hulle dan van hulle stemreg. Kos op die tafel en dak oor die kop is vir ons VEEL belanriker as om elke 5 jaar n kruisie op n stembriefie te maak.
dis hoe die wit mense in Zimbabwe oorleef het voordat hulle so stupid was om die MDC te financier: Mugabe se ongeskrewe ooreenkoms met hulle was ÿou stay out of politics and I will take care of you”. hulle kon wel stem, maar hulle het uit die aktiewe politiek gebly en hulle monde gehou.

Judge Dredd ·

Sosialis?
Liberalis?
Optimis?

Uiteindelik gaan realiteit jou nogsteeds kry.

Neels ·

SA is bankkrot. Selfregering vir minderhede in eie state is die enigste oplossing. Indien nie, gaan ons verder wegsink tot by ‘n punt waar ons alles verloor het.

Renier ·

Ek vind dit eienaardig dat die AUD en die NZD op ‘n jaar tot jaar grondslag meer as die Rand gedaal het, tog die pers ter plaatse niks daaroor te sê het nie, maar in Suid-Afrika word dit voorgehou as ekonomiese katastrofe.

Peter Parker ·

NZ het n surplus van 7.5 biljoen dollar gehad in die laaste begroting.

Jimmy ·

Australië en NZ is ontwikkelde ekonomië. Hulle speel in ‘n ander liga as SA.

wiehan ·

Kom ek gooi ‘n stuiwer in die hoed, as ons deur die Chinese regering regeer was het die land geblom, bedoel GEBLOM, want dan was unies onwettig, stakings onwettig, minimum lone onwettig, leeg le onwettig en vir korupsie kry jy sommer die doodstraf. Mense sou geweet het wat die woord doeltreffendheid beteken het.
Maar ja, dis maar net ‘n droom.

Bess ·

Ag jy droom daars niks goeds aan china nie. Om mee tebegin sal die chinese jou en al die blankes se werk wegvat…

Anni ·

Die staatsamptenare se salarisse ??? Mboweni begin sommer by jouself en die ministers asb!!! Dep Openbare Werke, wil staatswonings opgradeer. Hoeveel gaan dit kos?? Sommige staats kantore se toilette werk nie eers behoorlik!! Nou wat nou???

Wonder ook ·

Dankie @Anni. In ons Dept in Pta CBD werk baie min dinge. Toilette v maande stukkend, scanners bd Sekuriteit werk nie selfs n hele paar brandblussers weg na verlede week se probleem.

Andre ·

Mense mense. Julle verstaan nie mooi nie, Hulle enigste doel is om alles teverwoes en almal gelyk te maak. Hulle het besef jy kan nie almal ryk maak nie so nou maak ons maar almal arm.

Sam Brookes ·

Die regering het beloof om salarisse te verhoog. Volgende maand sal gewone arbeiders ten minste R1 miljoen per jaar verdien soos die rand nou verswak. Ek is so trots op die regering wat so mooi getrou aan hul beloftes getrou was.
Alles wat die ANC kon afbreek het hulle in geslaag om af te breek. Die hoi polloi sal nou almal ly terwyl die plebs steeds in weelde sal leef soos afgestorwe Robert Mugabe, nie lank gelede nie. Ek verstaan die gevoelens van die gepeupel tydens die Franse Revolusie soveel beter.
Viva ANC!

Gert R@Midstream ·

Ek dink terug aan die dae toe munisipale werknemers met Volkswagen Beatels gery het. Vandag R1M voertuie en nuutste LUV’s. Voorheen voldag produktief teenoor huidige 10h00 – 14h00. Ons probleem is dat werkloses se enigste bron van meelewing eerder skuif na oorlewing deur middel van soeke na noodsaaklike lewensmiddele. Die landbou met sy probleme gaan moeilik so verbeter om aan die verwagtinge te voldoen. Ek is bevrees dat die onnodige en buitensporige salarisse nie die uitsette regverdig nie. Swak bestuurskundigheid en die vestiging van ‘n sub standaard kultuur verlaag vorderingvan dienslewering. Toekoms maar duister.

Johanna Botha ·

Die anc wil n IMF lening he ….en hy kom ! Net mooi NIKS wat die anc anpak in die laaste 25 jaar is n sukese nie …..NIKS ! Alles vak letterlik uitmekaar ….kry hulle nie skaam nie !

Johan Maritz ·

Daar word so baie gese van die Chinese maar dit is ons wat hulle die geleentheid gee om die land oorteneem. Gaan eendag na China-town en gaan kyk wie is die kopers meerderheid is toe nie ANc ondersteuners nie. Ons koop hulle gemors want die made in Germany is te duur ons hou daarvan om dieselfge produk meer as een keer n jaar te vervang. Die Snap-on produk hou vir jare die Chinese gemors 10 sekondes dit is hoekom die kwaliteit so swak is hulle wil voorraad draai en op die wyse lande oorkoop.

Bess ·

Nie een van julle verstaan wat besig om te hebeur nie. Die anc weet presies wat hulle doen en hulle doel om julle rykdom tr vernietig en alleen ryk te wees. Hulle is dus suksesvol en die blankes is n klomp loosers…

I. Demand ·

Hoekom is ons ekonomie in die moeilikheid as migrante van ander Afrikalande hier suksesvolle besighede kom begin, maar ons eie mense, wat met beurse gestudeer het en met grade rondloop, staan in die strate en soek werk. Die probleem is die mense se siening dat die staat als verniet moet voorsien. Niks gaan verander voor mense nie nie hul hulpelose ingesteldheid verander nie en nie kinders het, wat deur ander mense se belasting gevoed en opgevoed moet word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.