‘Ekonomie betaal nou prys vir ANC se oorlogsverklaring’

ekonomie-finansies-geld-sakrekenaar-knyp-spaar

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Volgens Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, is dit skokkend om te sien hoe Suid-Afrika se ekonomie agteruit gaan, alhoewel dit nie onverwags is nie gegewe die ANC se oorlogsverklaring teen Suid-Afrika deur sy swak ekonomiese beleid en inmenging in die ekonomie.

“Die ekonomiese groeikoers van -3,2% vir die eerste kwartaal van vanjaar wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) vanoggend bekend gemaak het, is nogtans ʼn uiterste skok,” het Alberts gesê.

“Die ANC se oorlogsverklaring teen die land het reeds begin met die verskerpte maatreëls rakende swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie (RA). Daarmee saam het faktore soos staatskaping, hoë misdaadsyfers en voorgenome onteiening sonder vergoeding ʼn perfekte storm gevorm om die land se ekonomie te beskadig.

“Dit is die rede waarom buitelandse beleggers wegbly en die ANC het sodoende ook oorlog verklaar teen tradisionele buitelandse vennote soos die Europese Unie (EU) en Amerika en die land kry nie meer die nodige beleggings nie aangesien beleggers geen vertroue het in die ANC om die ekonomie te bestuur nie.”

Alberts meen hierdie skade gaan groot kundigheid en harde werk verg om te herstel en die VF Plus is oortuig daarvan dat die ANC nie die party is wat in staat is om dit te vermag nie.

“Dit is ook skokkend om te sien hoe landbouproduksie geval het. Dit is direk weens die ANC se verskroeideaardebeleid jeens landbou. Daar is geen erns om plaasmoorde te bekamp nie. Die VF Plus bepleit lank reeds die daarstelling van onder meer spesiale eenhede om brutale plaasaanvalle en -moorde te voorkom.

“Die regering het geen wesenlike hulp aan die landbousektor gebied nie en die teendeel het tewens gebeur deur dié sektor verder te teiken deur die konsep van onteiening sonder vergoeding. Dit moet dus geen verrassing wees dat ANC se vernietigende beleid ook in hierdie sektor sy tol eis nie.”

Volgens die VF Plus is dit duidelik dat die ANC ʼn “roekelose organisasie is wat geen ag slaan op die lot van Suid-Afrika se mense nie en wat nie daarin belang stel om ʼn beleid te stel waarin ʼn vrye mark die ekonomie kan laat gedy nie”. “Die ANC bestaan net vir homself en sy kaartdraende lede.”

Alberts het gesê die res van Suid-Afrika se mense sal al hoe swaarder kry, ongeag van watter kleur hulle is. “Daar is net een oplossing hiervoor en dit is om van die ANC ontslae te raak, want daar is geen manier hoe die ANC self kan of sal omdraai en die land red nie. Die publiek moet om hul eie oorlewing hande vat en saam met die VF Plus werk om die ANC en ander partye met ʼn linksgesinde beleid te isoleer sodat die regte partye in ʼn koalisie aan bewind kan kom om die land om te draai en op die herstelpad te plaas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

James ·

Die mense het ANC gestem en is dus gelukkig hoe alles tans is. Dit verbaas my dat die ANC altyd stemme wen maar later brand mense af…

Manie ·

Die land se agteruitgang het begin die dag toe de klerk en sy trawante die klomp trog vreters losgelaat het op die land. Hulle sogenaamde struggle was net om daardie handjies in die geldlaaie van die land te kry

fred ·

@Manie, 10/10 vir jou, niemand kon dit beter stel nie. BRAVO.

Opons eie eerder ·

Ons sam moet wegbreek as ons wil oorleef. VF moet nou hard begin druk vir selfbeskikking.

Kallie ·

Dit lyk my daar is nog blankes wat reken dit sal beter word in SA. Dit sluit die VF+ in.

Oom Jaco ·

In die afgelope 25 jaar het vf+ NIKS gedoen vir selfbeskikking nie, hoekom sal hulle nou skielik??

John Henning ·

Mense did tyd om te besef SA is nou des te meer ñ derde wêreld afrika staat wat die majority wil hê, skryf maar gerus die volkstaat Pipedream op jou pens.As jy die vermoë het pak jou tas en hardloop so ver weg en so gou as moontlik!

Hans Richardt ·

Ons brandstofpryse is naby aan Zimbabwe se brandstofpryse. Brandstofpryse is duidelik enigste konstante bron van inkomste vir stastskas tans en dit maak ekonomie dood.

Merie Perd ·

Ek se al lankal, die Afrikaner was nog nooit, en sal nooit ander volke se knegte wees nie. Die enigste hoop vir Suid Afrika, is blanke selfbeskiking. VF + haal die handskoene af en raak radikaal. Ons staan agter julle. Die meeste blankes is moeg gediskrimineer, asook moeg om swart partye se slaan sakke te wees. Ons sal selfs ophou belasting betaal en tronk toe gaan as dit is wat selfbekikking behels. Laat die regering regkom met hulle eie “black ecconomic capitalistic system”

Gert van Wierdapark ·

Plundering in SA kan nou seker ook al deur afstands-onderrig aangebied word, maar vir sommige kom dit dood-natuurlik – so hul slaag met Vlieende vaandels!!

GP ·

Al die nie stemmers is baie gelukkig met al hierdie stellings.

Henda Myburgh ·

Waar Kallie en ek sit sommer vanoggend net en huil ……. ons land ons boere ons mense …. wat gaan word? My kleinkinders…… my hart voel net in stukke vanoggend ……

thinus ·

Ek stem en ondersteun vf+ maar as hulle dink hul moet/kan die “mense” van hierdie land oortuig om nie ANC te stem nie, dan is jul van lotjie getik. Ons kan maar net onself oortuig om volledig onafhandlik te gaan en nie probeer om net enklawes te vestig nie! Die ANC en sy “mense” gun ons niks, ons sal daarvoor moet veg tot die bitter einde. CR se segsman het klaar gesê dat CR kies om hom nie oor Plaasmoorde en aanvalle uit te spreek nie. Dit beteken hy smile daaroor – en lieg daarby dat onwettige besettings nie sal plaasvind nie – dit gebeur reeds.
Afrikaners hou op om die regering te probeer corner, dit is nou tyd om tot selfbeskermings aksie oor te gaan en sny die fin stroompie af.

Jimmy ·

Ramaphosa gaan seker weer ‘n taakspan aanstel om iets te doen.

Gert ·

Dankie VF+ dat julle die situasie korrek beskryf sonder om doekies om te draai of polities korrek te probeer wees. Soveel beter as DA wat hierdie katastrofiese beleide goedpraat.
Sterkte met die goeie werk!

jaco ·

hoekom werk ek dan steeds in Kaapstad by n buitelandse maatskappy wat gedurig nuwe werkers in diens neem? Ons is tans weer besig met groot werwing en opleiding.

Jimmy ·

Iemand wat in Zimbabwe woon en werk het nou die dag presies dieselfde vir my gesê.

En nou? ·

Sharing is caring! Stuur vir my die detail! Ek sal wat wil gee vir n ordentlike werksgeleentheid!

John ·

Die regime het nog nooit en sal ook nooit oor die ekonomie bekommerd weed nie, hulle is net bekommerd daaroor om aan bewind te bly.
Geen revolusionere beweging in Afrika is al sedert die 1ste een n land oorgeneem het uit die kussings gelig by die stembus nie ten spyte vd ekonomiese toestand vd betrokke lande nie!
Die A N C regime volg net die blousruk – dis al

Renier ·

Skink ‘n doppie, sit agteroor en geniet die agteruitgang!

Elna ·

Renier ek stem saam. Wat kan ons in elk geval doen daaraan om dit te keer?

H.A. ·

Anc het nie boere nie. Hulle gaan alles invoer vanaf afrika en kie. Daar is reeds ingevoerde groente en vrugte in die handel.

Merie Perd ·

Renier en Elna, julle is seker stink ryk, en behoort aan die kanieworrie klub? Nie almal kan sonder werk of geld klaarkom nie. Sit maar julle agterente deur, want dit beteken net dat, julle vere voel vir julle eie mense, net soos die anc.

Ja Nee ·

Die stemme is getel en die Africans wil die anc aan stuur he. Derde werelds sal dit wees, armoede, agteruitgang en korrupsie sal allerdaags bly want die wil om op te bou sal daar nooit wees nie. Maak maar vrede met dit.

FC ·

Danksy ons liewe agbare regering is ons eens pragtige land nie eers meer afgradeer na rommel status nie maar eintlik al die rubbish status bereik. Welgedaan onse regering. Wonder so by myself of is dit soort soek soort..

Donderstorm ·

Kom ons kyk komunisme se strategie in die wereld maak die mense afhanklik van die staat skep meer werkloosheid stel die minder bevooregtes teen die wat bietjie meer het op vat als dan beheer hul als beheer die onderwys stelsel en die gesondheids stelsel maak almal meer afhanklik van die staat.

fred ·

Goed so….laat hulle nou self uitvind wat dit is om deur China “gekoloniseer” te word.
Hulle sal nooit of te nooit hierdie land regruk nie……jammer

Dirk ·

Om te reken dat die revolusioneres die teenrevolusioneres gaan toelaat om die land om te draai en te red tot bevoorregting van die teenrevolusioneres is onrealisties. Die ANC/eff koalisie is nie net n roekelose organisasie nie, hulle is n uiters gewetenlose organisasie vir wie dit gaan oor alles of niks! Mense wat hierdie konsep nie verstaan nie, sal ook nie verstaan dat witmense se bevoorregting nie vir veel langer sal voortduur in SA nie. Bevoorregting vir witmense in SA moet bewerkstellig word in die buiteland en na mense gekanaliseer word in SA. Dit gaan nie andersom kan werk nie. Die ANC/eff sal eerder alles vernietig as wat hulle witmense bevoorregting sal toelaat, daarom moet mense hulle nie blind staar net teen konsepte in SA vir SA nie, maar eerder ook konsepte buite SA vir SA. Vat dus hande in SA vir konsepte buite SA, vir SA.

M.H.B ·

Kom ons doen iets wat ons nog nooit kon doen in die verlede nie.Kom ons besluit om saam te staan en verenig te soek na ‘n moontlike oplossing vir die probleem wat ons so irriteer en wat ons almal dan kan verenig soos Jan Brand gesê het Eendrag maak mag,mits elkeen sy plig doen

KrokodilBotha ·

Wel die DA ondersteuners het mos ook deur die jare gestem vir regstellende aksies ensv. Waars hulle nou?!

Richard Bold ·

Kom ons begin om Helen Zille te ondersteun met haar belasting boicot voorstel as niks sou kom van die ANC se onderneming om almal wat deel is/was van staats kaping te vervolg nie. Zuma en Ace moet van hoogsverraad aangekla word,
Die ANC en sy meelopers wil die blanke wie se belasting verpligtinge die land jaar na jaar deurdra ondermyn, so kom ons slaan hul waar dit seermaak en staan vir eens en altyd op vir ons eie regte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.