‘Ekonomiese beleid lei tot afleggingsbloedbad’

Argieffoto (Foto: Emir Krasnić/Pixabay)

Solidariteit maan die regering om die bestaande ekonomiese beleid wat die vervaardigingsbedryf onderdruk, dringend te herevalueer om sodoende werksverliese hok te slaan.

“Terwyl maatskappye talle uitdagings in plaaslike en internasionale markte voorhou as redes vir afleggings, word daar ook aanhoudend aangevoer dat beter elektriese en vervoertariewe nodig is om met internasionale kompetisie mee te ding,” sê Willie Venter, adjunkhoofsekretaris van metaal en ingenieurswese by Solidariteit. “Die regering maak dit onmoontlik vir maatskappye om met internasionale mededingers te kompeteer as gevolg van sy rol in verhoogde produksiekoste, wisselvallige elektrisiteitsvoorsiening en die verhoging van elektrisiteitstariewe, wat die hoofoorsake vir die afleggings is.”

Ná ʼn rampspoedige 2019 binne die vervaardigingsbedryf waartydens meer as 7 000 afleggings plaasgevind het, duur die afleggingsbloedbad voort met Samancor Chroom sowel as Glencore Alloys wat albei op 17 Januarie 2020 aangekondig het dat hulle onderneem om onderskeidelik sowat 600 en 665 werknemers af te lê.

Solidariteit sal sy lede tydens die afleggingsproses bystaan. “Die regering moet kennis neem van die soveelste aanduiding dat die vervaardigingsbedryf se inkrimping steeds voortduur en dat dringende herevaluering van die bestaande ekonomiese beleid nodig is om verdere verliese hok te slaan,” maan Venter.

Konsultasiedatums met beide Samancor en Glencor sal bevestig word. “Solidariteit sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat ons lede se belange beskerm word en die impak sover moontlik beperk word. Na die ‘afleggingsbloedbad’ in 2019, met talle bekende maatskappye in die Suid-Afrikaanse vervaardigingsbedryf wat duisende werknemers werkloos gelaat het, voorspel die nuutste aankondigings deur Samancor en Glencor niks goed vir wat na verwagting ʼn baie moeilike 2020 gaan wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Selfemployed ·

Hoekom verbaas wees? Die leiers het dan nie n plan nie. Onbevoegdes kry die werk en die met vaardighede word uitgewerk. Laat die BEE hulle byt waar dit dit seermaak, aan hul salarisse, net soos by Telkom, SAL, PRASA en ander staatsinstansies wat bankrot is!

Johanna Botha ·

Anc soek heeltyd beleggings van die weste maar plaaslik word kundige mense verjaag deur bee ….DOM !

Julius ·

Hierdie is net ‘n plan om vir die chinese plek te maak en dan is ons terug by goedkoop arbeid waaroor hulle nou so staak.

Johanna Botha ·

DAVOS DAVOS DAVOS …maar geen krag in SA ….wie by sy posetiewe verstand sal hier kom bele as daar nie krag is en met bee ….WIE ! ? !

remo ·

SEB is weer op die voorgrond.. waarom nie n oop mark stelsel terug bring sodat goedere en dienste wees op tyd gelewer word teen kompiterende pryse, maar nee my maaitjie moet werk kry oor sy kleur

John ·

Toe die ANC oorgevat het en massas wit werkers in die onderwys, verpleging, weermag… in die meeste bedrywe hul werk verloor. Toe was die unies tjoepstil. Massas swart werkers het sonder kundigheid ingestap en sit en wag vir teetyd, bonustyd, vakansietyd. Die regering is outonoom; wil alles vat, nou ook al die grond onder die dekmantel van vrome vrouregte. Cyril speel vir oorlewing. Hy is die baas van ‘n groot vet plaas en voorheen ‘n voorbok in ‘n unie. Wit werkers staan nou onder die kommunistiese sambreel om hul eie baste teen aflegging te beskerm. Kla en dis tickets. SA word Kuba: sosialisties, kommunisties en onderdruk deur een party.

Johan Maritz ·

John ek dink hy is seker die persoon wat die meeste grond in RSA besit hy en sy wit venotte. Ja ou Piet

Fanie ·

Dis om van te lag… die leiers kan nie eers n suip sessie in n drank winker reel nie.

Chris Ws ·

Die president het “belowe” HY gaan werkskepping aan die gang kry.Hy het nie die vaagste benul wat hy gese het nien dis duidelik!As hy sy mond oopmaak dan benadeel dit wat hy kwyt raak die land se ekonomie.Hy en sy comrades is heeltyd net aant bollie praat in plaas daarvan om die land ekonomies op te bou.

Kandas ·

@ John. Uitstekend saam gevat John! Dis som die situasie in SA netjies en presies op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.