‘Ekonomiese groei gee hoop’, sê Zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag die Suid-Afrikaanse regering, sake- en arbeidsektor gelukgewens nadat Statistiek SA aangekondig het die ekonomie het in die tweede kwartaal met ʼn verrassende 3,3% gegroei.

Die groei is meer as die 2,7% wat deur ekonome voorspel is. Volgens Stats SA is die onverwagte groei gedryf deur ʼn 8,1% vermeerdering in vervaardiging en 11,8% groei in mynbou en steengroewe. Uitvoere het met 18% vermeerder terwyl invoer met 5% verminder het.

Die beduidende groei volg op ʼn inkrimping van 1,2% van die bruto binnelandse produk (BBP) in die eerste kwartaal nadat die ekonomie negatief beïnvloed is deur ʼn swak rand, ʼn daling in kommoditeitspryse en die landwye droogte. Vervaardiging het grootliks vermeerder vanweë hoë produksie in petroleum, chemiese produkte, rubber- en plastiekprodukte, voertuie, voertuigonderdele en ander vervoertoerusting.

Slegs twee bedryfsrigtings het in die tweede kwartaal afgeneem, naamlik landbou, bosbou en visserye met 0,8% en elektrisiteit, gas en water met 1,8%. Die landbou-, bosbou- en visserybedryf toon al vir ses agtereenvolgende kwartale ʼn afname.

“Die jongste syfers dui daarop dat ons ekonomie sterk is en die potensiaal het om nog meer te groei ten spyte van die plaaslike en wêreldwye uitdagings wat dit in die gesig staar. Dit is baie goeie nuus en gee hoop aan ons mense,” het Zuma in ʼn verklaring gesê.

“Ons wens ons sosiale vennote geluk met hierdie prestasie. Die samewerking tussen die regering, die sakesektor, die arbeidsektor en die gemeenskapsektor het positiewe resultate opgelewer en kan die land verder neem na inklusiewe groei en broodnodige werkgeleenthede.”

Volgens Zuma sal die regering voortgaan om die Nasionale Ontwikkelingsplan te implementeer deur middel van ʼn negepunt-plan wat ontwikkel is as ʼn korttermynplan om groei aan te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Alida ·

Asof hy enigiets daarvan verstaan? Weet nie wat ekonomiese groei beteken nie. Dink seker daar is nou meer om te steel. Pateties.

werner ·

Moenie te vroeg bly raak nie…. die jaar-tot-jaar syfers gaan teleurstellend wees,,,

TM ·

Glad nie te danke aan jou nie. Dit sou meer as 3,3% gewees het as dit nie vir al die skade is wat jy maak nie. Ongelukkig moes jy die toespraak gee so nou lyk dit asof jy het dit reggekry het.

John ·

Ja, die maan is van kaas gemaak. Stat SA se mense gaan binnekort glo ‘n restaurant oopmaak na ‘n cordon bleu-kortkursus, veral kook in noodtoestande wat uitkomste bring in droe toestande en skaarstes by oningewydes. Die resepte is ongelukkig ‘n staatsgeheim. Spesiale uitnodigings aan ere gaste vir ‘n feesmaal is glo al by die drukkers. Die drukwerk, volgens ‘n onbesproke bron, is in suiwer 24 karaat eetbare goudstof.

m ·

Hulle vertel almal wat hulle wil hoor. Kan regtig nie dink dat daar enige groei in hierdie ou landjie kan wees nie. Al wat groei is moord en roof…..

Adonel ·

Die 3,3 gaan nie lank daar bly as hulle al hul koffers en gatsakke volstop en nog stralers wil her nie. Kan nie glo ons grondwet is so dat n mens nie ‘n korrupte Staats president kan laat gaan en hom kan vervang nie.

Henk ·

hierdie is ‘n duidelike bewys dat statistiek sa al wat statistiek in hierdie land is, manipuleer soos dit politici pas.
Tweedens word hierdie statistiek vergelyk met dieselfde tyd in 2015. Kom ek herinner almal aan wat dieselfde tyd laasjaar gebeur het – al wat mynwerker is het gestaak, al wat voertuigvervaardiger is het gestaak , al wat trokdrywer is het gestaak. Dus in kort, alles het amper tot stilstand gekom. Eintlik se logika dus nou vir my dat die wat NIE laasjaar gewerk het nie, hierdie jaar so op ‘n manier by die werk was en dus het produksie oor die tydperk verbeter.
Vergelyk dit met 2 en drie jaar terug en ons is slegter af as wat ons was!

Anti regering ·

Seker vandat die DA in beheer is van die groot Metros

Jan ·

Seker die grooste snert wat ek nog gelees het. Wonder wie was is die toespraak skrywer.

Tong innie kies ·

Ek vra eerder my hond omtrent statistiek.Sy woord is meer geloofwaardig.Statistieke word so gemanupileer om “Aan te pas” dat dit net snaaks is.

Koos1 ·

Is dit nou dieselfde sosiale vernote (Besighede) wat hy en sy regering met alle mag en krag wil probeer stop met al die arbieds en BEE wetgewing. Mnr. Zuma, dink net hoe goed dit sou gewees het as jou regering minder behep was met kotas en die regte van werkers. O ja skuus, as julle minder behep was daaroor was julle al lank al die stemme kwyt van die massas en dan het die ekononie al lankal weer begin groei onder ‘n nuwe regering.

Milan ·

Dit kom van n man way onlangs ge: “… and fourty billion million, i mean four thousand and ten hundred…”

Andrea ·

Hahaha! Ekt gewonder of die toespraakskrywer hierdie keer eerder groot getalle gaan weglaat…

Columbiana ·

Hy hoop seker sy sakke word voller want die liewe Here weet vir hierdie land voel hy en sy trawante net mooi niks. Vir hierdie land is daar geen meer hoop. Ďie boot sink onder die druk van die kriminele wat bedrieg vermoor steel en verniel terwyl hardwerkende burgers (wit swart pink geel groen en blou) spartel soos vrot velle teen die aanslae

christine ·

O is die terug ? Um hy was nie juis gemis nie. Seker gedink dit is iets wat jy kan eet.

PIETER ·

Is ek te na aan die WAARHEID AS EK SE: “HY SAL NIE EKONOMIESE GROEI ERKEN, AS DIT HOM IN DIE AGTERENT BYT NIE

Rynhardt ·

Absoluut verstommend hoe publiek gepsai word met skielike ekonomiese groei.Vandag op Radio Helderberg was die volgende gese deur Zuma:”Die ekonomie toon drasties groei en gaan binnekort heeltemal herstel en werk gaan vilop wees”.Dit wys daar is twee Suid-Afrika’s! Watter een bevind die prez. hom? Wat Zuma se en wat die publiek ervaar, verskil hemelsbreed vanmekaar! Ek het reeds my Mandela beursie in die vorm van n R200banknoot.My beursie gaan uit sy nate peul van die note, ek gaan n glimlag elke dag he op my gesig en lemoensap vir die vale drink.Onthou, jy kan net die skokke oorleef as jy n Mandela-beursie het in die vorm van n banknoot! Die prez het gese dat alles gaan wonderlik uitdraai.Ek is “gecover” met my Mandela-beursie!

Denise ·

Nee Pieter beter kon jy dit nie se nie en al wat groei is hulle bankbalangse dink mos die fonteinjie kan nie opdroog nie!!!!!!

Burger ·

Se n slag dankie en leef in dankbaarheid . Daar is mense wat hard gewerk het vir die resultaat. Die land is ver van perfek af , ander lande ook.

Lance ·

Ag asb asof hy nou iets weet …moet asb eerder niks se nie hy praat soos die wind waai …. as sy mond oopgaan val die Rand ….kom hy dit nie agter nie ? ….BLY NET STIL EN HOU JOU MOND TOE ASB ! Jy stuur SA die afgrond in …en nie almal is verkeerd nie !

Koos1 ·

Iemand het eenkeer gese:
You can fool all the people sometimes.
You can fool some people all of the time, but
You can not fool all of the people all of the time!

Jan maak n plan ·

Nee mense, die sake sukses is deurgans te wyte aan ons eerbare president. Hy werk mos so vreeslik hard. LMGA.

humor ·

H y erken die negatiewe impak van knellende droogtetoestande. Kpm pres help so n bietjie dat dat daar nog n beter groei kan wees.

John ·

‘When in Rome’… Ons prez was op die Sjinese tv. Met teatrale armswaaie en Ingelse verbuigings het hy die onderhoudsvoerder probeer oortuig dat hy net moet keer of dit gaan beter in SA. Ons bewaar glo ook die vrede in die res van die reuse kontinent wat in die verlede deur wrede westerse kolonialiste verwoes is. Die president is op sy stukke in die buiteland maar val in stukke sodra hy tuis aanland in sy gehuurde ruimtetuig. Hoe ‘sad’…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.